Die prosa van die twede Afrikaanse beweging (Afrikaans) P. C. Schoonees 495 downloads.pdf

325 pages · Make another flipbook

Page 1

Page 2

Page 3

The Project Gutenberg eBook of Die prosa van die twede
Afrikaanse beweging
This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most
other parts of the world at no cost and with almost no restrictions
whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms of
the Project Gutenberg License included with this eBook or online at
www.gutenberg.org. If you are not located in the United States, you will
have to check the laws of the country where you are located before using
this eBook.

Title: Die prosa van die twede Afrikaanse beweging

Author: P. C. Schoonees

Release date: April 18, 2006 [eBook #18203]

Language: Afrikaans

Other information and formats: www.gutenberg.org/ebooks/18203

Credits: Produced by Christine D., Michael Ciesielski and the Online
Distributed Proofreading Team at http://www.pgdp.net

*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK DIE PROSA VAN
DIE TWEDE AFRIKAANSE BEWEGING ***

DIE PROSA VAN DIE TWEDE
AFRIKAANSE BEWEGING.

Page 4

AKADEMIES PROEFSCHRIFT

TER VERKRIJGING VAN DE GRAAD VAN DOCTOR IN DE
LETTEREN EN WIJSBEGEERTE AAN DE UNIVERSITEIT VAN
AMSTERDAM, OP GEZAG VAN DE RECTOR-MAGNIFICUS DR. P.
ZEEMAN, HOOGLERAAR IN DE FAKULTEIT DER WIS- EN
NATUURKUNDE, IN HET OPENBAAR TE VERDEDIGEN IN DE
AULA DER UNIVERSITEIT OP VRIJDAG 17 NOVEMBER 1922, DES
NAMIDDAGS TE 3 UUR
DOOR

Page 5

PIETER CORNELIS SCHOONEES,
GEBOREN TE UNIONDALE, ZUID-AFRIKA.

AMSTERDAM Drukkerij en Uitgeverij MCMXXII
J.H. DE BUSSY.

Aan my vrou
en kinders.

Page 6

VOORWOORD.
Wanneer ek van die laaste skof op die akademiese pad terugblik, dan is dit
my 'n aangename plig om die Here Hooglerare van die Fakulteit van
Lettere en Wysbegeerte te bedank vir die onderwys wat ek gedurende enige
jare kon ontvang. Besonderlik wil ek U, hooggeleerde Prinsen, my geagte
promotor bedank vir u voortreflike leiding, waaraan my dissertasie veel te
danke het.
Ook aan U, hooggeleerde Boer, Brugmans en Stoett wens ek my opregte
dank uit te spreek vir die inleiding in die hoëre taal- en historiese
wetenskap. Die welwillende belangstelling wat U steeds in my studie getoon
het, sal altoos vir my 'n aangename herinnering wees. Aan U, hooggeleerde
Six, Swaen en Scholte betuig ek ook my erkentelikheid.
Dat ek my proefskrif in my moedertaal kon skryf, is 'n voorreg wat ek baie
op prys stel.
Aan die hulpvaardigheid wat ek steeds by die Universiteits-Bibliotheek en
by die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Vereeniging ondervind het, is ek
veel verskuldig; ook aan die direksie van die Nederlandsche Bank van Zuid-
Afrika vir opestelling van hul argief.
Met opoffering van eie belange het die heer en mevrou Spier, die heer J.
Ingwersen Sr., mevrou Schaberg-Kemink en die famielie Nierkens aan my en
my gesin in die tyd van die groot woningnood 'n rustige woon- en
studeerplekkie gegee. Dat ons dit ten hoogste waardeer, spreek vanself.
Sonder die daadwerklike steun van die Unie-regering en die Herman-
Coster-Fonds sou ek my studie nie kon voltooi het nie. Aan almal ons innige
dank! Dié dank kom ook toe aan ons Hollandse vriende, wat soveel gedoen
het om ons verblyf hier te veraangenaam deur hul gasvryheid en hul
bereidwilligheid om ons steeds met raad en daad by te staan. In die sonnige
suide sal die glimlag van hul vriendskap nie vergeet word nie!

Page 7

INHOUD.
VOORWOORD Bls. VII
HOOFSTUK I.
DIE TWEDE AFRIKAANSE BEWEGING Bls. 1-28

§ 1. Historiese Inleiding (1-4). § 2. Teëstelling tussen die
Eerste en Twede Beweging: (4-6). § 3. Die Twede Beweging
veel meer dan Taalbeweging (6-7). §4. Gevaar vir Isolasie (8).
§ 5. Kultuur-toestande (8-14). § 6. Kalvinisme en Kuns (14-
18). § 7. Die Prosa.—Algemene Karakteristiek (18-25).
Krietiese Standpunt (25-27). § 9. Beperking van Onderwerp.—
Indeling (27-28).

HOOFSTUK II.
POLEMIESE PROSA Bls. 29-40

Adv. J.H.H. de Waal (29-30). G.S. Preller (30-31). Dr. D.F.
Malan (31-32). Prof. N.J. Brümmer (32-33). Die Brandwag
(33). Prof. J.J. Smith (34). Dr. T.B. Muller (34-35) Ons
Moedertaal (36). Adv. C.J. Langenhoven (37-40).

HOOFSTUK III.
PROSA UIT DIE TYDSKRIFTE Bls. 41-61
§ 1. (a) De Goede Hoop (41-43). (b). (43-45). § 2. Die
Brandwag (45-55). Jan F.E. Celliers (48-53). Hettie Cillié en
E.H.F. de Roubaix (53-54) Iz. van Heerden (54-55). § 3. Die
Huisgenoot (55-60). § 4. Ander Tydskrifte (60-61).

HOOFSTUK IV.
G.R. VON WIELLIGH, "Die Laaste stem uit Die Genootskap
Bls. 62-99
van Regte Afrikaners"

Page 8

Lewensskets (62-63). Eerste Skrywers (63-66). Jakob Platjie
(67-71). Huis en Veld (71-74). Staan jou Man (75-77).
Boesman-Stories (77-82). Styl en taal (82-99).

HOOFSTUK V.
Bls. 100-
ROMANS, VERHALE EN SKETSE
230

§ 1. Adv. J.H.H. de Waal: Lewensskets en inhoud van sy twee
romans (100-103). Is Joh. van Wyk 'n historiese roman? (104-
108). De Waal se romans is intriegeromans (109-111).
Karaktertekening (112-117). Natuurbeskrywing (118-119). Styl
(119-125). Dialoog (126). Anglisismes (127-130). Taal (130-
132). Stompies (132-133); § 2. J. Lub (133-135). § 3. J.G.
Engela (135-136). § 4. Adv. C.J. Langenhoven: Lewensskets
(136-137). Ons Weg deur die Wêreld (II en III) (137-140). § 5.
Christian Zinn. (140-141). § 6. Dr. D.F. Malherbe: Vergeet
nie, inhoud (141-143). Bettie se "offer" (143-148).
Karaktertekening (148-150). Gebrek aan objektiwiteit (150).
Styl (151-158); § 7. Mej. Chris. C. Euvrard (158-159). § 8.
Joubert Reitz (159-161). § 9. Jochem van Bruggen:
Lewensskets (161-162). Teleurgestel (162-171). Op Veld en
Rande (171-174). Ampie (174). Die Burgemeester van
Slaplaagte (174-176); § 10. Gordon Tomlinson (176-180). §
11. Adv. H.A. Fagan: Lewensskets: Uit 'n Studente-Album
(181-182). Uitgesogte Afrikaanse Verhale (182-183). § 12.
Reenen J. van Reenen: Lewensskets; Celestine, Verborge
Skatte (183-185). Die Lokaas (186-188). § 13. Léon Maré:
Die Nuwejaarsfees (188-195). Ou Malkop (195-197). § 14.
D.P. du Toit (197-199). § 15. A. du Biel: Getrou (199-202).
Die Misdade van die Vaders (202-205). § 16. Mevr. M.
Jansen-Pellissier: Lewensskets; Die Veldblommetjie; Verskil
tussen goeie en slegte tendenswerk (205-207). Sedeprekery
(207-208). Styl en taal (208-209). § 17. J.H. Malan:
Lewensskets (209-210). Die Swerweling as historiese roman
(210-212). Karaktertekening (212-14). Styl en taal (214-219). §
18. Ds. J.H. Kruger: Lewensskets en inhoud van Twee Rampe

Page 9

en twee Gelukke (219-220). Die kenmerke van goeie dialoog
(220). Karaktertekening (220-223). Styl en taal (223-225). §
19. Mej. Sadie Bosman (225-228). § 20. G.J. Otto (228-229).
§ 21. Wolla (229). § 22. Slypsteen (230).

HOOFSTUK VI.
Bls. 231-
SATIERIES-HUMORISTIESE PROSA
248

§ 1. Ds. Willem Postma (Dr. O'Kulis): Lewensskets (231-
232). Die Eselskakebeen (232-233). § 2. Reenen J. van
Reenen: Die Agterstevoortrekkers (234-239). § 3. Adv. C.J.
Langenhoven (Sagmoedige Neelsie): Sonde met die Bure
(239-243). Doppers en Filistyne (243-248).
HOOFSTUK VII.
Bls. 249-
DIDAKTIESE PROSA
261
§ 1. Adv. C.J. Langenhoven: Ons Weg deur die Wêreld I, IV,
VI, IX (249-253). Aan Stille Waters.—Langenhoven se
letterkundige opvattings (253-259). § 2. Dr. C. Louis
Leipoldt: Praatjies met die Oumense (259-261). § 3. G.
Jordaan (261).

HOOFSTUK VIII.
Bls. 262-
DIEREBESKRYWING
269

§ 1. A.A. Pienaar (Sangiro): Lewensskets (262-263). Sketse
uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld (263-269). Hans Anton
Aschenborn (269).
HOOFSTUK IX.
Bls. 270-
REISBESKRYWING
273

Page 10

§ 1. A.J. Jacobs (Dómine): Reisavonture op Land en See (270-
273).
HOOFSTUK X.
Bls. 274-
HISTORIESE PROSA
325
§ 1. Inleiding (274-276). § 2. Gustav S. Preller: Lewensskets
(276-278). Voortrekkermense I en II (278). Dagboek van Louis
Trigardt (279). Piet Retief (279-282). Kaptein Hindon (282-
283). Baanbrekers (283). Twee Geskiedkundige Opstelle (284).
Genl. Botha (284-285). Letterkundige Opvattings (285-288). §
3. J.H. Malan: Boer en Barbaar (288-291). § 4. Dr. S.P.E.
Boshoff: Vaalrivier, Rebellie-Sketse (292-293). § 5. J.A.
Smith: Brit en Boer (294-295). Naar Bloedrivier en
Paardekraal (295). § 6. Dr. J.D. du Toit (Totius): Ds. S.J. du
Toit in Weg en Werk (296-300). §7. Ds. W. Postma (Dr.
O'Kulis): Doppers (300-301). Die Boervrou (301-304). § 8.
Thos. Blok: Grensboere (304). § 9. Ds. G.B.A. Gerdener:
Sarel Cilliers (305-307). § 10. A.J. van der Walt:
Lewensskets (307). Noordwaarts (308-310). Vastrappers I
(310-311). § 11. Senator G.G. Munnik: Kronieke van
Noordelike Transvaal (311-313). § 12. Ds. J.D. Kestell:
Lewensskets (313), Die Voortrekkers (314-315). Christiaan de
Wet (315-317). § 13. Dr. N.J. van der Merwe: Marthinus
Theunis Steyn (317-324). § 14. Mevr. Lenie Boshoff-
Liebenberg: Moedersmart en Kinderleed (324-325).

Bls. 327-
NAAMREGISTER
330

Page 11

HOOFSTUK I.
Die Twede Afrikaanse Beweging.

§ 1. Historiese Inleiding.

Meer as sestig jaar gelede het die eerste Afrikaanse geskrif verskyn, die
Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twijfelaar over het
onderwerp van Afscheiding tusschen de Oostelijke en Westelijke Provincie
(1861). Merkwaardig genoeg is dit 'n Engelsman gewees, wat allereers tot
die tans so vanselfsprekende gevolgtrekking gekom het, dat Afrikaners
Afrikaans praat en bygevolg dié taal ook sou kon lees en beter verstaan as
Hollands. Prof. J.J. Smith het onlangs ontdek, dat die skrywer van die
politieke vlugskrif die Cradockse magistraat L.H. Meurant (1811-1892)
was.[1]
Ongeveer tien jaar na die verskyning van die eerste Afrikaanse boek word
Ds. S.J. du Toit oortuig van die deugdelikheid van die volkstaal deur die
Hollandse onderwyser Arnoldus Pannevis. Wanneer laasgenoemde op 7
September 1872 in De Zuid-Afrikaan 'n artiekel skryf oor De Bijbel in het
Afrikaansch, dan begint die Eerste Beweging, wat op 14 Augustus 1875
vaste vorm kry deur die oprigting van Die Genootskap van Regte
Afrikaners.[2]
Die verdienstelike werk deur die Eerste Beweging, nie alleen op taal- maar
ook op nasionale gebied verrig, is deur verskillende skrywers behandel.[3]
Reeds vóór die anneksasie van die Transvaalse Republiek (1877) het Die
Patriot al roering in die Kaapprovinsie veroorsaak;[4] "en in die jare van
lydelike verset wat daarop gevolg het, kom die patriottiese ontboeseminge
vinnig in verset teen die nasionale druk; 'n oorkropte gemoed stort hom
dikwels uit in bittere versugtinge, of die digter verdiep hom in blye
bespieëlinge van 'n mooier môreskemer, eendag."[5] Maar die groot stoot,
wat gelei het tot 'n nasionale herlewing deur die hele land het eers gekom
met die Vryheidsoorlog. Op 15 April 1881 verklaar Die Patriot: "Die

Page 12

Afrikaners, veral die jeug, het nou 'n afkeer gekrij teën vreemde tale en
sede, veral teën Engels, en daar is 'n ambisie opgewek ver ons eie volk en
ons eie taal.... Die verwijt dat ons, Afrikaners, gen nasionaliteitsgevoel het
nie, is oek nou beskaam."[6] Dit was die eerste kragtige ontwikkeling van
die volksbewussyn, waarvan in die stryd teen Willem Adriaan van der Stel
al duidelike kieme te sien is.[7]
Tot volle rypheid het die volksbewussyn egter in 1881 nie gekom nie. Die
Jameson-inval veroorsaak in 1895 weer 'n sterk opflikkering van die
volksgees, maar in die tyd kwyn ook die Patriot-beweging dood, weens die
on-Afrikaanse politiek van die leier, Ds. S.J. du Toit. "Die genadeslag aan
die vooruitgang van ons taal is toegedien deur die politieke volte face—en
gevolgelike onpopulariteit—van die persoon, die aan die spits gestaan het
van die beweging wat, in die oë van die publiek, onafskeidelik aan hom
verbonde was."[8] Heeltemal dood was die Afrikaanse Beweging egter nie,
en in die volgende periode het o.a. die bloemlesing van Pres. F.W. Reitz,
Twee-en-Sestig Uitgesogte Gedigte, asook die talryke bundels van Melt
Brink goeie dienste bewys. Seer juis is die opmerking van Prof. J.J. Smith:
"Dat Melt Brink in sy tyd 'n kultuurfaktor van betekenis was, val nie in die
minste te betwyfel nie.... In later jare het beoordelaars sy taal as onafrikaans
en sy kuns as onaanneemlik bestempel; maar die feit bly dat Melt Brink se
optree—al het hy dit self nie bedoel en self nie eens geweet nie—een van
die sterkste aanvalle op die vesting van die Hoog-hollandse skryftaal van
Suid-Afrika was: hy het immers die mense gewend gemaak aan 'n taalvorm
wat nie meer Nederlands was nie; en toe die afwykinge eers begin het,
moes die eindresultaat Afrikaans wees." (Die Huisgenoot Mei 1922.)
Geen gebeurtenis het soveel bygedra tot die eenheidswording van die
Afrikaanse volk nie as die oorlog van 1899-1902. "Die Transvaalse
Vryheidsoorlog van 1881 was maar 'n begin, en die Jameson-inval van 1895
maar skrikmaak, vergeleke met die ontsettende jare tussen 1899 en 1902....
Die kloof tussen Kolonialer, Vrystater, Transvaler en Nataller (was)
toegespoel deur 'n vloed van wee en ellende. Die hele Afrikanerdom het
gevoel, asof hulle verlate was deur die ganse beskaafde wêreld.... Waar hul
vroeër, teenoor die naturelle, hul stamverwantskap gevoel had, het hul nou,
teenoor Engeland, leer besef, dat hul lede van een nasie is.... In smart en
angs is ons nasie gebaar geword. Die swaard het ons geboortemerk op ons

Page 13

voorhoofde geskrywe. Maar ook by ons het die dood die lewe gevoed. Die
puinhope van die twee Republieke het die vrugbare bodem geword, waarin
die nuwe Afrikaanse Nasie wortel, van die Kaap tot in Kongoland, en van
Duits-Suid-Wes tot Brits-Oos-Afrika!"[9] "In die oorlogsjare.... is die
vaderlandsliefde in lewendige ligte uitgelaai. Op die oorlogsveld en in die
vreemde kom besinning en inkeer tot menige Afrikaner. En na Vereniging is
dit oopgegaan, saggies-seer, en beginne drup-drup, soos bloedtrane uit die
geheue drup."[10]
Met ons het dit gegaan soos Tennyson so mooi sê:

If a state submit

"At once, she may be blotted out at once
And swallowed in the Conqueror's chronicle.
But in wars of freedom and defence
The glory and grief of battle won or lost
Solders a race together—yea—tho' they fail,
The names of those who fought and fell are like
A banked up fire that flashes out again
From century to century, and at last
May lead them on to victory,—I hope so—
Like phantoms of the Gods."

Na die oorlog word die stryd vir die erkenning van Afrikaans hervat deur 'n
jonger geslag en is die Twede Beweging al gou aan die gang, eers in die
Kaap en later in Transvaal en Vrystaat. Nog sestien jaar sou dit egter duur,
voordat die volkstaal deur staat, uniwersiteit en kerk erken word.[11]

§ 2. Teëstelling tussen die Eerste en Twede Beweging.

Besonder skraal was die letterkundige oes van die Patriot-beweging. Maar
dat die Regte Afrikaners met taaie volharding en groot opoffering gestry en
so die pad vir 'n jonger geslag skoongemaak 't sal iedereen erken. Teen alle
vooroordeel in het hulle die durf gehad om 'n volk sy eie taal te leer lees, en
afgesien van hul prestasies op ander gebied, verdien hulle al daarvoor alleen
die dank van alle Afrikaners. Dat die hele beweging feitlik doodgekwyn het

Page 14

deur die politieke omswaai van een talentvolle leier is 'n bewys van die lae
trap van ontwikkeling waarop die volk toe nog gestaan het. Selfs vandag
nog belemmer verskil van politieke insig ons vooruitgang op kulturele
gebied, maar gelukkig het die volk tans so 'n beskawingspeil bereik, dat
selfs vyf of meer renegaatleiers die Twede Beweging nie sou doodkry nie.
Primitiewe letterkundige begrippe en die gemis aan leidende
persoonlikhede was naas die reeds genoemde oorsake aanspreeklik vir die
gedeeltelike mislukking van die Patriot-beweging. Wanneer daarby die
maatskaplike toestande in aanmerking geneem word, dan blyk dadelik, dat
'n opluiking van nasionale kuns in die laaste kwart van die neëntiende eeu
allermins te verwagte was. Aan die Kaap het wel betreklike rus geheers,
maar daar het ook 'n deur-en-deur verengelste onderwyssisteem alle
vooruitgang op kulturele gebied ondermyn. In die republieke het die
Trekkers 'n stryd op lewe en dood gevoer teen die inboorlinge en die insluk-
politiek van 'n magtige wêreldryk, terwyl hul intussen nog die land
bewoonbaar gemaak het. By al die faktore kom nog die ontdekking van die
goudvelde, met die daarop volgende instroming van uitheemse elemente,
wat 'n landelike bevolking voor geweldige ekonomiese en kulturele
vraagstukke gestel het. "Wij zien in de jaren 1884 en 1900 in Zuid-Afrika
een reeks van gebeurtenissen voorvallen, zóó buitensporig van karakter, dat
men in de nieuwere geschiedenis te nauwernood de wedergade zal vinden."
[12]
In so 'n woelige tydperk kon die kuns nie opbloei nie. Daar was geen
tyd vir rustige besinning nie en die vinnige loop van die gebeurtenisse het
alle geleidelike ontwikkeling onmoontlik gemaak. Voeg ons daarby nog die
stryd op taalgebied en die gebrekkige eenheidsbesef, dan hoef dit niemand
te verbaas nie, dat die kunsontwikkeling gering was, en die Patriotters
alleen voortrekkerswerk kon verrig.
Wanneer dan na die oorlog van 1899-1902 die vaste wil van die volk
kenbaar word om die stryd vir nasionale selfstandigheid met geestelike
wapens voort te set, dan ontbreek die leiers ook nie en word die geskiedenis
van die Twede Beweging gekenmerk deur 'n gestadige vooruitgang, wat
sedert die laaste jare met verrassend snelle tempo toeneem. Die "nou-rym-
ons-lekker"-periode[13], waarin iedereen, van Generaal Joubert af tot die
skaapwagtertjie in die veld versies inmekaar gedraai het, was verby en al
dadelik word op die ernstige strewe van die Twede Beweging nadruk gelê.
In 1906 sê Preller al: "Afrikaans het tot hiertoe groteliks gedien als 'n soort

Page 15

van trog, om al die o'erloop vulgariteit van die nasie op te vang";[14] en Jan
Celliers verklaar in sy brosjure, Doel van Ons Tydskrif: "As ons let op wat
in hoofsaak tot nog toe gelewer is in die Afrikaanse taal ... dan kan dit ons
nie verwonder nie as baie mense dink: die Afrikaanse taal is nou net geskik
om mekaar grappies te vertel en mekaar lekker te laat lag. Alhoewel erken
moet word dat sommige van die grappies en grappige versies goeie werk is,
is dit ons tog duidelik dat van die Afrikaanse taal meer ge-eis word....
Omdat toevallig die vrolike kant van ons geaardheid sig die sterkste
geopenbaar het in ons letterkunde, moet dit die vat-plek wees vir ons om
die Afrikaner te vang, moet dit die aanknopingspunt wees om hom in te lei
tot hoëre dinge."[15]

§ 3. Die Twede Beweging veel meer dan Taalbeweging.

In die eerste jare neem die taalkwessie alle aandag in beslag, maar al gou
blyk dat die Twede Beweging, nog veel meer as die van Die Patriot nie
uitsluitend 'n taalbeweging is nie. Generaal Hertzog begroet Die Brandwag
as volg in die eerste nommer: "Het Afrikaanse volk ontwaakt tot het gevoel
van mannelik eigen kracht, eigen waarde en zelfrespekt, verlangt zichzelf te
zijn.... Te lang reeds is 't volk begocheld geworden door de luister van
vreemde reklame en bedrogen geworden door 't hooghartige ener
aangematigde uitheemse meerderheid. Evenals op industrieel en
maatschappelik gebied, zo ook op intellektueel gebied willen wij onszelven
zijn. Wij willen zijn zoals wij zijn en niet zoals anderen zijn...." En al
gaandeweg groei die besef, dat die grondslag van alle beskawing is die
ontwikkeling van die hele volk volgens die noodwendigheid van sy eie siel
en sy eie geaardheid. "Ons praat vandag van 'n Afrikaanse volk en ons werk
vir 'n Afrikaanse toekoms. Ons min ons eie land, en ons stry vir die
erkenning van ons eie taal. Ons begin waarde te heg aan die erfenis wat die
vadere aan ons nagelaat het en ons raak gesteld op dié sake wat ons as 'n
volk van ander volke onderskei.... Die skokkende gebeurtenisse van die
laaste twintig jare het baie Afrikaners wakker geskud. Hul het begin besef
dat hul lede is van 'n Afrikaanse volk—'n volk met eie tradiesies en sedes en
gewoontes, 'n eie taal en 'n eie roeping onder die volke van die aarde."[16]
Die bedrywigheid van die laaste jare is van veelsydige geaardheid. Daar
word nie uitsluitend gestreef na politieke mag nie, maar ook pogings

Page 16

aangewend om op ekonomies gebied onafhanklik te word. 'n Teken van die
kulturele manbaarwording van die volk is dit ook, dat met liefdevolle ywer
gewerk word om die geestelike erfgoedere van die voorvaders teen
verwaarlosing en verbastering te beskerm. Op kultuurgebied is die leuse
orals: "oneigene, ik late u, ... gaat reizen!" Die laaste boodskap van
President Kruger, waarin hy die volk aanspoor om uit die verlede te neem
wat goed is en daarop voort te bou vir die toekoms het in goeie aarde geval.
'n Eensydige betragting van die mooi leuse lewer egter groot gevaar op. Die
strewe na 'n eg-Afrikaanse kultuur mag nie lei tot 'n skrikkerige afwering
van alle vreemde invloede nie. Geskiedenis beteken juis verandering, en as
ons vandag probeer om 'n beskawing te ontwikkel uitsluitend uit wat ons as
goed Afrikaans in die verlede voorkom, dan moet dit op mislukking uitloop.
Hoe hoog ons ook al die tradiesies van die voorgeslag skat, ons moet nie
vergeet nie, dat ons tans voor ander probleme as ons voorvaders staan. Jan
Celliers het in 1913 al gewys op die onmoontlikheid van isolasie: "Die dag
sal nog kom dat Suid-Afrika net soos enige beskaafde land gelyk-op sal
deelneem aan die wêreld se beweginge en worstelinge op geestelik gebied,
aan die wêreld se vergaderde kennis. Die idee, wat sommige mense nog
koester, om van S.A. 'n soort alleenstaande Israel te maak—bang en wars
van uitlandse inmenging en invloede—is 'n droombeeld wat met die dag
reeds vaer word."[17]

§ 4. Gevaar vir Isolasie.

Ook onder ons kunstenaars is daar wat met bangerige angsvalligheid alle
buitelandse invloede van ons wil weer, wat hul krag soek in 'n benoude,
stikagtige isolement. Hul hoop om op dié wyse 'n suiwer Afrikaanse kuns te
kan opbou, vry van alle basterdelemente. Ons moet maar aansukkel op ons
eie doringpaadjie, omdat ons toestande so glad anders is as in die ouere
kultuur-lande. Dat hierdie rigting totaal verkeerd is, word al dadelik bewys
deur die feit, dat ons beste kunstenaars juis onder die inwerking van
buitelandse invloede hul skoonste werk geskep het. Die egte kunstenaar laat
hom nie verbaster deur 'n vreemde kultuur nie. Hy ontleen daaraan wat vir
die volle ontplooiing van sy gees diensbaar is, en vervorm en verwerk die
vreemde bestanddele dan tot 'n suiwer nasionale kunswerk. 'n Volk wat nie
sy man kan staan teenoor vreemde invloede nie, gaan te gronde en so ook
die kunstenaar. Maar met reg kan ons van hom eis, dat hy ons blik sal

Page 17

verruim en ons in intieme aanraking bring met die kuns ook van ander
lande. Isolering op letterkundige gebied sou beteken opdroging, sou
aanleiding gee tot 'n eindelose herkouery. Laat ons kunstenaars dus gerus
van alle oorde hul gees verryk. As hul mans genoeg is, sal hul
selfstandigheid niks daaronder ly nie en ons kuns sy nasionale stempel
behou. In elk geval geen Chinese muur rondom Suid-Afrika nie!

§ 5. Kultuur-toestande.

Dit sou seker te optimisties wees om te beweer, dat daar by ons al 'n
waaragtige diep-wortelende kultuur is. Maar so 'n kultuur is in elk geval in
wording en die kieme van 'n Afrikaanse skilder-, bou-, toon- en
beeldhoukuns maak al ons harte bly. Wie dan nog let op die wondere
ontluiking van ons letterkunde binne 'n tiental jare weet, dat daar inwendige
kragte aan roere is, wat tot die skepping van nog grootser skoonheid sal lei.
Ook by ons wag die jeug "het hoofd vol duistere glories en de handen
bevend van voorgevoel."[18]
"Het zijn eerst de dichters, die een volk ontdooien. Het zijn de dichters,
waar zij muziek gaande maken en gezongen worden; of waar zij, vanaf het
tooneel, de groote gevoelens ontboeien; het zijn de dichters, die een volk,
aan zichzelf ontdekt, één maken."[19] So het ook ons digters die dinge, wat
daar roer en woel in die hart van die nasie, vertolk en die solidariteitsgevoel
versterk, terwyl die prosaïste ons gevoel van nasionale eiewaarde verhoog
het deur die skildering van grootse dade uit die wordingstydperk van die
volk.
Moeilik is dit om die kulturele lewenshouding te bepaal van 'n volk, wat
nog altyd moet stry vir die verowering en behoud van 'n nasionale kultuur.
Vas staat egter, dat geskiedkundige en ekonomiese faktore 'n egalige en
natuurlike ontwikkeling onmoontlik gemaak het. 'n Groot gedeelte van die
volk—miskien kan die werklike toestand benader word deur te sê die helfte
—leef nog voort in byna volslae onkunde van die kultuuropenbaring, wat
orals om hul opbloei. By so 'n besondere gebeurtenis as 'n Dingaansviering
b.v. merk hul wel dat daar 'n roering is, maar die dieper betekenis van die
kultuurbeweging bly onbegrepe, omdat hul deur 'n agterlike ontwikkeling
die orgaan daarvoor mis.

Page 18

'n Dikwels oordrewe belangstelling in die efemere politieke kibbelarye is
die toppunt van hul geestelike inspanning. So 'n groot persentage agterlikes
het natuurlik 'n ingrypende invloed op die letterkunde. Daaraan moet
toegeskryf word die sterk didaktiese en moraliserende elemente in ons kuns.
Op die platteland doen die talryke debatsvereniginge veel om meer as een
versufte siel, vir wie die lewe nouliks meer dan 'n plantebestaan van dowwe
verveling is, op te beur en langsamerhand enige aandeel te laat kry in die
intellektuele beweging. Maar hoeveel kosbare energie word nie verspil op
debatte van die: "Wat is sterker: vuur of water"-tiepe nie? As 'n mens so
maand na maand die notule van baie vereniginge, (gelukkig nie almal nie)
deurlees, dan kan jy jou verbaas oor die deurtrapte advokate-listigheid, wat
aan een of ander beuselagtige onderwerp bestee word, en die geesdriftige
koppigheid waarmee die kwessie eindelik uitgebaklei word. Triomfantelik
word dan die uitslag aan die pers meegedeel, asof dit 'n belangrike
probleem is, wat nou vergoed opgelos is! Op baie plekke is daar gelukkig
mense wat leiding kan gee, en daar bereik die vereniging of lees- en studie-
sirkel dan ook sy doel, maar dit is 'n feit dat meer as een persoon, met
behulp van 'n bietjie gladheid van tong 'n posiesie inneem, waartoe sy
geestelike ontwikkeling hom geen reg gee nie. Op die manier kry ons
kunsdespote in onderbaadjie-sakformaat, wat, ondanks hul goeie
bedoelinge, remmend werk op die ontwikkeling van 'n algemene
kunsbegrip en die opbruisende energie van die jong mense op
niksbeduidende sakies laat verflenter.
Aan die spits van die intellektuele gedeelte van die volk staan die
wetenskaplik gevormde leiers, ten volle toegerus met al die geestelike
goedere van die buiteland. En òm hulle, die steeds groter wordende skare,
wat deur 'n verbeterde onderwysstelsel in staat is om aktief deel te neem aan
wetenskap en kuns. Veral in die laaste jare het dit duidelik geblyk, dat
skoonheid vir ons nie meer 'n weelde-artiekeltjie, 'n goue rand aan die bord
waaruit ons die daelikse brood eet, is nie. Kuns het vir ons geword 'n
noodsaaklikheid, en gelukkig is ons kuns van so 'n geaardheid, dat dit nie
op die bergtoppe van ongenaakbare afsondering alleen enkele begenadigdes
ontroer nie, maar verstaan en gewaardeer word deur 'n groot gedeelte van 'n
volk, wat jare lank al soek na skoonheid in eie taal, skoonheidsuitinge van
eie kultuur.

Page 19

As dit waar is dat die materiële posiesie van die kunstenaar 'n simptoom is
vir die kulturele peil van 'n volk, dan kan ons op een inspirerende voorbeeld
wys. Jan Celliers is uit die geesdodende sleur van 'n regeringskantoor verlos
deur 'n spontane uitbarsting van algemene waardering. Dit is 'n erkenning
van die waarde en onmisbaarheid van kuns, wat moed gee vir die toekoms,
'n bewys dat die gemeenskap belang stel in ideële goedere. Die suksesvolle
reise van Lauwerijs en Hullebroeck is ook aanduidings in dieselfde rigting.
[20]
Naas al die tekens van groei, deur Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie
opgesom[21] kan nog gewys word op die oprigting van die Tydskrif vir
Wetenskap en Kuns in Bloemfontein (1922).
Eensydig sou egter bostaande oorsig van ons kultuurtoestand wees, as daar
nie op gewys word nie, dat selfs by die ontwikkelde lae van die volk nog
tallose spore van gebrekkige kunssin aanwesig is. So verklaar Dr. H.J.
Steyn: "Ons volk is wel prakties en berustend van aard, maar te min
idealisties. Sy eie geestesstryd en die van stamverwante laat hom meesal
koud. Die laat hy oor aan 'n paar in sy oog eksentrieke idealiste.... Daar is
nie 'n innerlike drang wat hom aangryp om naar 'n verafgelege horison te
kyk nie; daar is by ons nog 'n gebrek aan liefde vir die abstrakte en
bespiegelende, ons is nie genege om te werk vir resultate wat alleen deur
ons nageslag gepluk sal word nie."[22] Die skilderskrywer Reenen J. van
Reenen beweer: "In Suid-Afrika bly, by die meeste van ons, die
bontgekleurde wand-kalenders wat die naaste smouswinkel aan ons stuur,
nog die maatstaf wat ons gebruik by die beoordeling van skilderye."[23]
Wanneer Jan Celliers ons vertel: "Sommige korrespondente het my soveel
per les aangebied, as ek hulle wil leer hoe om digters te word", (Die
Huisgenoot, Aug. 1921) dan twyfel 'n mens aan die gehalte van die geesdrif
vir letterkunde. In die Kersmisnommer van Ons Land, 1919, beveel Ds. J.P.
van Heerden vir 'n ekstra prys aan 'n verhaal, getietel: De Dronkenschap
van Dokter Dirkse, waarin alle woorde met die letter d begin. Dat dit tot 'n
aaneenskakeling van onsin aanleiding gee, blyk uit die volgende: "De drank
doet duizenden dwaasheden. Daarom drinkers, die de drankduivel dienen,
denk diep daaraan. Doorziet daardoor de dwaasheid der dronkenschap, de
droevige doodslag der drankzuchtigen. Doodt dus dadelik, doch degelik de
drankduivel. Doet dus de drankduivel deerlik delgen...." Sedelike
oorwegings het sy eerwaarde hier inderdaad 'n "droevige doodslag" op die

Page 20

kuns laat pleeg! Dat so 'n rederykers-aardigheidjie nog in 1919 kan bekroon
word, is 'n aanduiding dat ons kunswaardering soms nog uiters gebrekkig
is. Ook die opvoering van so 'n kykspel as die Medea van Jan Vos op
Pretoria[24] deur die "Afrikaans-Hollandse Toneelvereniging" is 'n
bedenklike teken.
Oor die gehalte van ons leesstof het Jan Celliers 'n opmerking gemaak, wat
seker tans ook nog waar is: "In ons stede ... behoor baie van die mense wat
so los in hul skoene staan—en wat hulself tog vir erg beskaaf hou—tot die
wat weinig meer lees, of kan lees dan sulke goed soos Tit-bits en die Strand
Magazine."[25] En veel uit die volgende, wat in 1911 geskryf is, bly vandag
ook nog waar: "As ons let op wat tot nog toe (hoofsaaklik) in ons land
geskryf is, as ons sien wat vernaamlik ... gelees word, dan moet ons sê, dat
die awontuurlike en romantiese—die soort soos Captain Kettle en Sherlock
Holmes, die soort wat sig besig hou met die growwe feite van die lewe—
nog altyd die meeste in die smaak val.... In 'n jong land is dit amper nie
anders te verwag nie—ons hele bestaan is hier prakties, geestelik
oppervlakkig, woelerig en alledaags. Vraagstukke en gevoelens en gedagtes
waar die groot wêreld daarbuite al moeg van is, daar het ons nog nie eers
aan geroer nie."[26]
Dr. G. Cillié gaat selfs so ver om te beweer, dat ons al ons kultuur
"oorgeneem (het) van ons ingevoerde medeburgers. Dis nie ons eie nie, dis
geleen. Ons sogenaamde nuwe kultuurvorme is 'n suiwere na-apery ... As
ons so vuurwarm word oor ons eie tradiesies en gewoontes en sedes, dan
praat ons so ongemerk ... 'n hele boel nonsens." Tog erken hy: "Op die
gebied van ons geskiedenis, van ons boerdery, ons nywerheid en veral ons
taal en letterkunde het ons verbasend vooruitgegaan. Op taalgebied het ons
waarskynlik in die afgelope twintig jaar 'n groter ontwikkelingsproses
deurgegaan as die Engelse taal in vyf eeue, van die tyd van Chaucer tot
vandag toe. Dit alles getuig van 'n vitaliteit, 'n groeikrag, 'n energie, 'n lewe,
wat ons met verbasing en blydskap vervul."[27]
Optimisties is Dr. D.F. Malan: "Ik geloof ... dat het Afrikaanse volk op het
gebied van de kunst een schone toekomst tegemoet gaat. Voor die
verwachting meen ik goede gronden te hebben. Ik bedoel niet alleen het feit
gedurende de lange wachtensmoede uren in de kampen ontdekt, dat ons
volk even kunstig kan zijn met het mes als dapper met de Mauser.... Ik

Page 21

bedoel ook het feit dat de kunst ons volk ongetwijfeld aangeboren is.... Ons
volk is samengesteld hoofdzakelik uit drie elementen—het Hollandse, het
Franse en het Duitse. 't Zijn juist die volken van Midden-Europa, die
uitblinken in kunstgevoel en kunstprodukten, de natuurlike erfgenamen van
de beschaving en de kunstzin van de oude Grieken en Romeinen."[28]
Van belang is ook die volgende: "Hier in S.A. kan ons nog nie praat van 'n
spesifiek Afrikaanse toonkuns nie, hoewel ook hier die eerste druppels na 'n
langdurige droogte begint te val.... Ons vernaamste musiek-eksamens word
afgeneem deur 'n Engelse liggaam, wat elke jaar sy eksaminatore uit Groot-
Brittanje naar S.A. stuur. Dit bewys hoe primitief die opvatting van ons
outoriteite van die doel van die toonkuns is, dat hulle sulke verouderde
toestande laat voortduur.... Ons volk is kultureel nog nie ontwikkel nie, en
geldelik nie sterk genoeg om hom ontberings te getroos of groot somme uit
te gee vir goeie skilderstukke nie."[29]
By die beoordeling van die letterkundige waardering kan ook gewys word
op die soms hoogs eienaardige keuse van werke uit die Nederlandse
letterkunde, wat vir publieke eksamens voorgeskryf is. Dikwels het dit
geblyk, dat daar 'n besondere voorkeur was vir minderwaardige skrywers
soos Justus van Maurik en ander, wat in Holland, òf totaal onbekend, of nog
alleen deur die onderste lae van die samelewing gelees word. Tereg het dan
ook die Akademie daarteen protes aangeteken[30] en in die laaste jare kom
ook hierin verbetering.

§ 6. Kalvinisme en Kuns.

'n Belangrike faktor in ons kultuurlewe is die feit, dat die Afrikaner volk
Kalvinisties is. "Als wij de ziel van dit volk wensen te bepalen zonder zijn
religie 'n prominente plaats in te ruimen, zou het zijn 'n opvoeren van
Hamlet zonder de prins erbij", verklaar Ds. N.J. Brümmer.[31] "Geheel ons
Afrikaans-Protestantse religie is gebaseerd op 'n zeker Godsbegrip zoals in
de (Dordse) Canones omschreven." Die "teugelloze willekeur" van die
Afrikaanse natuur was "'n school voor de beoefening van de deugd der
onderworpenheid, ... was genoeg om de Afrikaner tot ernst, ja tot
somberheid te stemmen, en voorwaar de weemoedsschaduw der oude
Germanen valt nog bij de besten onder ons volk op te merken." Daar mag

Page 22

wel 'n kern van waarheid in die laaste opmerking wees, maar laat ons veral
die somber stemming nie oordryf nie. "Om den wat stroef gesloten mond
van den Calvinist heeft Cats vaak een gezonden lach doen spelen", sê Dr.
Kuyper.[32] Dit was by ons nie nodig nie, want 'n guitige humor is juis een
van die kenmerke van die Afrikaner volk. En in die "meedogenloze" natuur
van Suid-Afrika is die stralende son tog steeds 'n simbool van blyheid
gewees, wat ons uit die bedompige huise gelok 't na jag- en veldvermaak.
Prof. J.J. Smith het daarop gewys, dat sekere kunsuitings al agterdog
veroorsaak het. "Ons volk is by uitstek Kalvinisties en die geroep om die
kuns ter wille van die kuns self te bewonder, wat die kunstenaar ook al mag
voorstel, het heelwat argwaan teen die kuns verwek. Om 'n agterveldse
patriarg 'n skilderstuk voor te hou of 'n beeldhouwerk te toon wat 'n
voorstelling gee van Voortrekkersdogters wat in die Oranje-rivier baai, sal
by hom nie juis liefde vir die kuns wek nie, want as afstammeling van die
Hugenoot en Geus het hy alreeds met die idee vertroud geraak, dat die
beeldhoukuns 'n werktuig in die diens van die afgodedienaar is en die
skilderkuns 'n instrument om Roomse kerkvensters mee te versier."[33]
Op die Bloemfonteinse Taalkongres is daar in 1909 'n skermutseling gewees
oor die vraag of die Akademie die opvoering van toneelstukke moes
bevorder.[34] "Dit voorstel werd echter hevig bevochten" in 'n voorlopige
komiteevergadering al, en hoofsaaklik deur kerklike teenstand verwerp.
Merkwaardig is egter, dat daar tog ook predikante ten gunste van die
voorstel was. In Die Banier (Des. 1921) bepleit Dr. H.J. Steyn die oprigting
van beroepsgeselskappe op goeie gronde. "Die tyd is verby om die toneel te
bestry op grond dat dit teen ons sedes is. Die Engelse toneel is nie alleen 'n
gevaar vir ons sedes nie, maar ook vir ons nasionale gevoelslewe."[35] In die
taalstryd het die liefhebbery-toneel uitstekende dienste bewys en ook tans
nog is daar geselskappe, wat groot gedeeltes van die land afreis. Jan
Celliers sê in 1910 al: "Dis op ander plekke ook duidelik gebleke dat die
toneel 'n magtige middel kan wees tot sedelike opvoeding, deur aan die
mens 'n spieël voor te hou van sy drifte, hartstogte en ydelhede. En die
toneel boesem eerbied en liefde in vir die landstaal. In ons land, veral, waar
so min gelees word, kan die toneel 'n groot rol speel ..."[36]
Hoe die Kalvinistiese gees reageer op die moderne Nederlandse letterkunde
blyk o.a. uit die jaarboeke van die Akademie. In 'n voordrag De Dichter als

Page 23

Ziener sê Dr. J.D. du Toit (Totius): "Bij overvloedige tol van eerbied, die gij
zeker met mij aan de nieuwe Hollandse dichters betaalt, moet toch
bejammerd worden het waarlik arm-zijn van hun verzen aan dat ideëel-
zienlike, dat logies-objektieve. Hun subjektievisme doet hen omdwalen in
een ijle, onlogiese, zinledige wereld." (II p. 57). Ter stawing van sy oordeel
voer hy aan Belpaire, Kunst- en Levensbeelden. Van l'art pour l'art wil
Totius nie hoor nie. Met instemming haal hy Prof. Woltjer aan: "Het begin
en einde van alle poëzie is de ere Gods in het woord Hem toegebracht uit en
door zijn schepsel".
In 1912 spreek Dr. I.J. Marais (✝ 1919) sy professorale banvloek uit oor
"De Nieuwere Richting in de Nederlandse Letterkunde",[37] waarmee hy
hoofsaaklik die Tagtigers bedoel. "Zij verheerliken de kunst; zij zijn
artiesten, die woordkoppelingen dulden, vaak door geen mens verstaan ..."
Beets, Da Costa, Van Lennep, Bosboom-Toussaint, Bilderdijk, Van
Koetsveld en De Genestet—die noem hy almal "sterren van de eerste rang"!
"Met hun heengaan nam de middelmatigheid bezit van het terrein"! Dat Van
Deyssel dit waag om manne soos Vosmaer en Jan ten Brink die les te lees
word genoem "verwaandheid, die alle perken te buiten gaat". En dan volg
die uitspraak: "De Opstellen van Van Deyssel, de Letterkunde van Kloos, de
Studies van Van Eeden zijn geen letterkunde die veredelt." Veral die
wêreldbeskouing van die Tagtigers prikkel tot teëspraak. "Het èsthetiese
neemt de plaats in van het etiese. Het schone wordt verheerlikt tegenover
het goede en het ware, en het heilige." Steunende op Taco de Beer en Ds.
Hulsman word die wêreldbeskouing dan veroordeel. Johan de Meester en
Vermeylen val onder die skrywers "van mindere rang" en alleen enkele
sonnette van Perk vind genade. En eindelik kom die volgende sug van
verligting: "Goddank dat onze Zuid-Afrikaanse schrijvers ons een andere
weg hebben aangewezen ... Couperus, Van Eeden, Van Deyssel en anderen
kiezen wij niet tot model in Z.A. Daartegen waarschuwen wij ..." Prof. A.
Moorrees breek 'n lansie vir Bilderdijk in sy dankwoord en prys die kritiek
van Beets teenoor die "van sommige latere kritici, wier kritiek grotendeels
schijnt te bestaan uit geïdealiseerde viswijventaal."[38] Ook Ds. J.D. Kestell
verklaar dat "ondanks de moderne neiging om de schrijvers van 1880 te
volgen, men zich hier bij ons nog steeds vastklemde aan 'n oudere
generatie, en inzonderheid aan Beets."[39]

Page 24

As "men" beteken die ou garde, dan is die bewering in hoofsaak juis. Onder
die jongere is daar seker niemand, wat die sonderlinge kritiek van Prof.
Marais sal aanneem nie. Ons het in die woorde van Prof. Moorrees geleer
om "het goede uit alle tijden en alle richtingen ... te waarderen"[40] en weier
om 'n metode te volg, wat die meeste egte kunswerke op die Kalvinistiese
indeks sou plaas, 'n metode, wat tot sulke ongerymdhede lei as om Van
Koetsveld en Van Lennep o.a. onder "de sterren van de eerste rang" te
reken! Prinsipiële voorligting by die moderne literatuur is ongetwyfeld 'n
dringende eis, veral in 'n Kalvinistiese gemeenskap, maar dit moet iets
anders wees as 'n veroordeling met een breë armswaai. Daar is ook in Suid-
Afrika nog mense wat glo dat kristelike beginsels teenoor egte kuns nooit
vyandig hoef te staan nie. Raak Jan Celliers in sy takvolle lesing oor Kuns
en Sedelikheid nie die wortel van die kwaad nie, waar hy sê: "Ons
opvoeding in alles wat skoonheid en kuns aangaat, is te seer verwaarloos....
Word daar nie te veel "angsvallig bedek (ge) hou (nie), wat deur eerlike,
openlike behandeling die aantreklikheid van verbode vrug en geheim sou
verloor en gevaar sou voorkom"? (Die Huisgenoot Jan. 1922.) Aangesien
daar nou al tekens is, dat die voetpaadjie van ons Afrikaanse kuns uitdraai
na die internasionale grootpad, word dit 'n aktuële kwessie.
Prof. J. Kamp het die verskil in geestesgesteldheid tussen Europa en S.A.
goed geformuleer: "Van de problemen die daarginds de moderne ziel
bewonen, schokken en folteren, horen wij hier nog maar 't verre gerucht.
Voor 't grootste deel wandelen wij nog maar op de traditionele paden ... En
op emotioneel gebied, op 't terrein van de kunst? Wij zijn vermoedelik nog
ver van Oud-Europa z'n tegenwoordige koers op dit gebied.... We zijn nog
eenvoudig, nog natuurlik, ja zelfs nog tamelik naïef. En aan onze kunst
komt dat ten goede. Maar de vraag is of diep onder de oppervlakte van
Jong-Zuidafrika z'n geestelik leven niet reeds kiemen zijn aan te wijzen,
van dat modern-europese. 't Kontakt tussen hier en daar wordt al
veelvuldiger en al intenser ... Ik meen, dat grondige kennis van, en diep
inzicht in de getijen van hedendaags Europa, niet te vroeg onder ons
bevorderd kunnen worden. Opdat wij weten, en gewaarschuwd zijn, en niet
overrompeld worden."[41]
Van groot belang vir die letterkunde sal die Afrikaanse Bybelvertaling wees.
As die vertalers daarin slaag om deur verhewe eenvoud 'n waardige

Page 25

vertolking van die gewyde teks te lewer, sal dit veel bydraag om vastigheid
te gee op stylgebied.

§ 7. Die Prosa.—Algemene Karakteristiek.

In die letterkundige voortbrengsele van die periode wat ons die Afrikaanse
Renaissance kan noem, sit daar ongetwyfeld sterk militante elemente—en
geen wonder ook, want die letterkunde van alle volke is 'n weerspieëling
van die geestelike strominge wat die volksiel diep geroer het. Vir tientalle
van jare voer ons al 'n taalstryd—'n stryd wat feitlik elke indiwidu dwing
om grondig na te dink oor allerhande taalkwessies, waaroor hy hom onder
normale omstandighede nooit sou bekommer nie. En die taalstryd is
terselfdertyd 'n stryd vir ons volksbestaan, vir ons volkseenheid. "Ons jong
Afrikaanse taal moet win en sal win", is die vlammende passiekreet van die
herlewende volk; en, eweas die manne van die Pleïade in Frankryk,
verdedig ons kunstenaars met heilige ywer die moedertaal, deur die
opheffing waarvan 'n lang periode van geestelike knegskap beëindig word;
vol van die besielende weelde van 'n pasgewonne vryheid, slinger hul
manifeste teen die wikkende, weënde twyfelaars wat nog lus het om 'n
vreemde taal aan ons op te dring, maar wat nou vasgekeer is tussen die
langsaam maar seker sluitende sirkel, waarin die asgaai van die jeugdige
stryders blink in die skittering van 'n nuwe son.
Juis die roes van 'n toekomstige maar sekere oorwinning is dit wat 'n rustige
objektiewe beskouing van ons literêre kuns so erg moeilik maak. Baie
boeke wat in die taalstryd kragtige wapens was, sal later nog alleen van
kultuurhistoriese belang wees. Ons loop groot gevaar om in die hitte van die
stryd 'n literatuur voort te bring wat die karakter van fabriekwerk draag. Die
tot vervelens toe herhaalde geroep van die teenstanders: "Afrikaans het g'n
letterkunde nie!" het prikkelend gewerk en 'n atmosfeer geskep, waarin wel
'n kragtige strydliteratuur kan ontstaan, maar slegs by uitsondering 'n uiting
van stralende skoonheid wat deur alle tye heen sal geniet en gewaardeer
word. Die uitdagende houding van die voorstanders van Hollands, wat hul
steeds beroep het op 'n eeue-oue letterkunde, het ons opgehits tot dade van
durf. In jeugdige oormoed het ons aan skrywe gegaan—nie altyd omdat hier
binne ons 'n magtige worsteling van ideë was wat tot vertolking gedwing 't
nie, maar ook om te bewys dat ons taal sy man kan staan. In die laaste paar

Page 26

jaar het daar 'n oorweldigende aantal boeke in Afrikaans verskyn; en omdat
in die taalstryd juis dié wapens so uiters belangrik was, kon die kritiek
dikwels nie onvoorwaardelik veroordeel nie. Maar nou begint die tyd verby
te gaan waarin ons 'n boek gaan aanbeveel eenvoudig omdat dit in
Afrikaans geskryf is. Vir ons jong skrywers is daar nou geen aanleiding
meer nie vir dié oorhaasting waardeur in die verlede veel middelmatigs op
die pers gekom 't.
Egte kuns kan nie ontstaan nie omdat dit geëis word as bewys vir die
manbaarheid van 'n jong taal—net so min as wat die goue erepennings van
die talryke Nederlandse diggenootskappe van die 18de eeu egte poësie
uitgelok het. Egte kuns moet spontaan voortkom uit 'n innerlike
onweerstaanbare drang, waaraan die geroepe kunstenaar, die "begenadigde
eenling" eenvoudig moet gehoorsaam. Nasionale eersug het nog nooit 'n
letterkunde van blywende waarde gefabriseer nie, eenvoudig omdat dit iets
is wat nie gefabriseer kan word nie. Gun die kunstenaar die tyd om met
rustige toegewydheid sy taal te troetel en te streel totdat hy daarin die fynste
roersele van sy siel kan uit, die teerste opwellings kan verklank.
Laat die koorsagtige strydstemming van die laaste tyd ons hoofde nie op hol
bring nie. Die fiere, lewenskragtige eienskappe van ons volk is die
waarborg vir die langsame, gestadige opbloei van 'n gesonde nasionale
letterkunde. So was dit in alle lande, en so sal dit ook by ons wees. Maar nie
in één nag sal daar 'n katedraal uit die velde opdoem nie, soos Albert
Verwey êrens sê. Die waardelose ou timmerasie het ons omgesmyt, die
wanordelike periode van die afbrekery het ons deurgemaak, maar die tyd is
nou ryp om ernstig en rustig te bou aan die nuwe lewende kuns. Ná die
omwenteling moet en sal daar iets groots kom—maar as vanself.
Naas die militante element is daar, soos reeds by die beskouing van die
kultuurtoestande opgemerk, 'n sterk didakties-moraliserende stroming.[42]
Die toenemende sedebederf, "wat saam met 'n bioskoopbeskawing tot ons
oorgewaai het"[43] laat meer as een skrywer 'n preektoon aanslaan of
traktaatjies in verhaalvorm skryf.
Die kunstenaar wat ons 'n didaktiese roman in goeie sin kan gee ontbreek
nog. Carel Scharten sê tereg: "Het (is) ongetwijfeld mógelijk, dat ... een
strekking, mits tot een bezielenden hartstocht gegroeid, een gróót talent tot

Page 27

de hoogste en tevens voor ieder verstaanbare kunst opvoert...."[44] By ons
het die didaktiese stroming op die gebied van die roman nie veel meer
opgelewer as soetsappige vermanings nie, wat heeltemal los en uit die
verband staan, of anders verhale, opsetlik só saamgestel, dat die strekking
die enige doel is. Langenhoven, wat aanvanklik sy lewenswysheid op
betogende wyse meegedeel het, begin dit nou in verhaalvorm te verwerk en
by hom is daar seker kans, dat die strekking tot besielende hartstog sal
vergroei en mettertyd 'n opbloeiing van gemeenskapskuns bring. Hy en
ander skrywers teken die kultuurverbastering op satieries-humoristiese
wyse, terwyl die mentaliteit van die arme blanke en sy agteruitgang in die
stede realisties geskets is deur J. van Bruggen en Lub.
Die romanties aangelegde skrywers volg die voetspoor van historisie soos
Preller en J.H. Malan en verheerlik die nasionale verlede. Die
Voortrekkerperiode veral word met liefde bestudeer, maar ook die Anglo-
Boere-oorlog lewer stof vir 'n paar romans en talryke sketse. J.H. Malan en
De Waal gaan terug na die vroegste tydperk van die Kaapse geskiedenis,
terwyl ook resente gebeurtenisse, soos die opstand van 1914 behandel
word. Die invloed van Van Lennep is duidelik merkbaar by sommige
skrywers. Dikwels moet die historiese agtergrond hoofsaaklik dien om 'n
hele reeks awonture meer waarskynlik te maak. Die digterlike gees, wat die
historiese feite moet interpreteer, en deurdring tot die innerlikste kern van 'n
tydperk, sonder versmoor te raak onder noukeurige argeologiese gegewens
is alleen af en toe aanwesig. Daarom is die resultaat meestal nie veel meer
dan "'n gekleurde historieprent" nie.
'n Aaneenryging van kakelbonte awonture, wat die nuuskierigheid prikkel
deur al die konwensionele kunsies van 'n vernuftige intriege vind nog groot
byval, selfs by die ontwikkelde klasse. Dit is 'n voorkeur, wat deur die
tallose minderwaardige Engelse ontspanningsromans aangekweek en in
stand gehou word.[45] As 'n skrywer maar behendig die draadjies kan trek
van 'n klompie houtpoppies, liefs met 'n stukkie vierkleur om die hoed, en
hul 'n paar ingewikkelde dansies laat uitvoer, waarby 'n paar "rooies", of 'n
klomp Soeloes in die stof getrap word, dan vind hy lesers genoeg! Op
karakterontwikkeling kom dit minder aan as daar maar genoeg aksie,
beweging en verrassinge is.

Page 28

Jan Celliers het die oorsake van die toestand as volg geformuleer: "Hoe kan
verwag word dat 'n jong kultuur, wat, so te sê, gister eers ontwaak het,
onder 'n jong volk, wat van die begin af 'n harde stryd om sy bestaan te stry
gehad het teen 'n hardhandige natuur, teen honderd-duisende barbare, teen
'n vreemde oorheerser van buite, sou ooreenkom met die van ouer lande?
Hoe kan verwag word dat ons vir ons besonder sou verdiep het in 'n studie
van die mens en sy omgewing vir filosofiese of vir kunsdoeleindes? Ons het
die mens en die natuur bestudeer met die oog op die praktiese vrae van die
dag, wat gou en goed opgelos moes word, waar ons bestaan van afgehang
het. En dié stryd hou nog altyd aan.... Ons bloed is nog aldag te veel in
beweging, jaag ons aan, ons het te veel te doen, ons moet gou klaar wees,
het nie tyd om veel te droom of te peuter nie.... Om een en ander rede is ons
romans nog veel meer op handelinge en vermenigvuldiging van
gebeurtenisse aangelê as op karakterstudie van 'n persoon of versameling
van persone. Dis vir ons onmoontlik om soiets doodkalm te behartig en ons
grote stryd te vergeet; onwillekeurig straal die stryd, en alles in verband
daarmee, in ons werk deur—romans, toneel, alles."[46] Dat die opvatting
van 'n goeie roman, soos deur Jan Celliers in dieselfde voorlesing
uiteengeset nog lang nie algemeen is nie, blyk uit 'n pleidooi in Die
Huisgenoot (Okt. 1919), waarin ongetwyfeld die gevoelens geuit word van
"die grote gros van fatsoenlike mense, wat.... 'n pittige, boeiende verhaal
belaai met "kunsies", verkies bo 'n sielkundige studie van mens en natuur."
[47]
En dit sal seker nog lank duur voor al die "fatsoenlike mense" tot juister
kunsbegrippe kan opgevoed word en leer insien, dat Hollanders, wat iets
van letterkunde afweet al lank al nie meer op Van Lennep "roem as 'n egte
en groot romanskrywer" nie.
In die laaste tyd is daar egter 'n reaksie gekom op die awontuurlike rigting.
J. van Bruggen, Léon Maré, Kruger, Van Reenen en ander verdiep hul in
karakterstudie en ook in talryke tydskrifverhale word die mens meer en
meer hoofsaak. Deur die genoemde skrywers is realistiese werk van goeie
gehalte gelewer. Oor die algemeen moet egter geseg word, dat ofskoon ons
goeie vertellers het, wat die kuns van aanskoulike voorstelling verstaan,
daar nog uiters selde 'n karakter geskep is, wat deur plastiese uitbeelding en
fyn, menskundige aanvoeling 'n blywende indruk maak. Daar is meer as een
skrywer met 'n raak opmerkingsgawe, maar ons voel telkens asof die dinge
meer deur 'n soort projeksie-apparaat bekyk word, as deur die oog van 'n

Page 29

kunstenaar. Wat Van Deyssel "de oppermacht der intuïtie" noem, ontbreek
nog.
"The depiction of the external, objective, carnal, precedes in every form of
expression of which we can have records, the consideration of the internal,
the subjective, the spiritual. We go from shapes, and forms, and bulk, and
externals, to the presentation of the life within."[48]
Daar is al genoeg aanduidings dat by ons die ontwikkeling dieselfde weg
sal volg. En Stoddard toon aan dat dit ook op ander terrein die geval was.
So het die skilders eers die Madonna met 'n oureool geskilder; later pas
"illumined and glorified by a light from within."
Verskillende skrywers het op gelukkige wyse die inboorling geteken en ook
hier is die strewe merkbaar om van die skildering van uiterlike
eienaardighede oor te gaan tot die uitbeelding van dieper menslikheid. En
naas die jagstories met hul bonte awonturereeks staan Sangiro se Sketse,
waarin hy probeer "om die diere se gewaarwordinge uit hulle uiterlike
beweginge te verstaan."[49]
Die groot behoefte aan leesstof in die moedertaal het meer as een skrywer,
veral in die begin, uit pure vaderlandsliefde na die pen laat gryp. "Ons het 'n
volk om te behou, ons het 'n nasie om op te voed, ons kan nie wag nie!"[50]
was die wagwoord. In baie voorredes kan mens dan ook sien, dat die
enigste doel van die skrywer was om die leeslus aan te moedig. So verklaar
De Waal van sy Stompies, dat hulle "van geen besonder gehalte op
letterkundig gebied (is) nie", "die enigste doel van die skrywer is om te help
voorsien aan (lees in) 'n nasionale behoefte".[51] "Ons kan nie ons volk laat
agterbly nie", sê Langenhoven by die verskyning van Stukkies en Brokkies
(1911) en selfs in 1918 heet dit nog: "Die hele boek is maar 'n
noodshulpie". Ook D.P. du Toit reken homself maar onder die "handlangers
en knoeiers, wat somar roustene aandra vir die binnemure".[52] Onder sulke
omstandighede hoef die groot gebrek aan tegniek, waarop in die volgende
hoofstukke herhaaldelik sal gewys word, geen verbasing te wek nie.
Vandag is die toestand só verander, dat ons met die volste reg van alle
aspirant-kunstenaars kan eis, dat hulle goed georiënteer is in die
wêreldletterkunde, dat hul ten minste 'n begrip het van die algemeen

Page 30

erkende tegniese reëls, voordat hulle aan skrywe gaan. Ons kan ook met reg
verwag, dat hulle geen uitgediende, outydse modelle navolg nie, dat hulle
steeds in voeling bly met die literêre vooruitgang in ander lande. Maar aan
die eise het nog net enkele voldoen en daarom het ons letterkunde
allesbehalwe 'n moderne cachet.
Op taalgebied heers daar by die meeste skrywers groot onsekerheid. Daar is
nog 'n soekery, 'n rondvallery om die juiste vorm te kry, wat natuurlik
maklik verklaarbaar is, by 'n geslag wat gister eers geleer het om sy eie taal
te skryf. By meer as een is die taal nog stroef en onbuigsaam, wanluidend
en sonder ritme. Ander weer, soos Preller, wat goed op die hoogte van die
moderne stylkuns is, skryf al in 1906 'n gekultiveerde taal, klankvol
wegdeinend op bevallige ritme en telkens verrassend deur oorspronklike
beeldspraak, ontleen aan Afrikaanse volk en bodem.[53] Uit tallose
voorbeelde in die volgende hoofstukke sal blyk hoe gevaarlik diep die
vreemde parasiete al deur die bas van die taalboom geknaag het, en hoeveel
speurende sorg daar sal nodig wees om hulle uit te vroetel.
By enkele skrywers is daar 'n welbewuste strewe na mooiheid van klank en
frisheid van segging, by die meeste egter 'n gedagtelose naskrywery van
geykte Hoog-Hollandse beeldspraak. Gelukkig is daar ook al prosa geskryf,
wat bewys, dat Afrikaans in smydigheid, in seggingskrag en klank alleen 'n
kunstenaar nodig het om tot sy reg te kom. Wanneer ons let op die stroom
middelmatige verse, dan blyk dit hoe nuttig Jacob Geel se uitspraak ook vir
ons kan wees: "Laat ons het Proza bewerken: de echte Poëzie zelve zal er
bij winnen".

§ 8. Krietiese Standpunt.

In die volgende hoofstukke word 'n poging gedoen om die letterkundige
waarde van ons vernaamste prosawerk te bepaal. Wie bekend is met die
toestande in ons land sal toestem, dat by die estetiese kritiek 'n verwysing
na die kultuur-historiese waarde van die besproke boeke noodsaaklik is. In
enkele gevalle word dit afsonderlik gedoen, maar hier kan met nadruk
daarop gewys word, dat die meeste behandelde werke, wat ook al hul
gebreke mag wees, en hoe primitief hul ook dikwels mag skyn vir iemand,
wat op die hoogte van die moderne Europese lettere is, tog almal, byna
sonder uitsondering, voortreflike dienste in ons taal- en kultuurstryd bewys

Page 31

het. Daarom pas dit ons om 'n eresaluut te bring aan al die
voortrekkerskrywers, wat ons volk van 'n geestelike hongerdood gered 't,
deur wie se liefdevolle ywer ons nie langer as doofstomme bywoners in ons
eie land hoef te sit en swyg nie. 'n Eresaluut, nie alleen aan die begaafde
artieste nie, maar ook aan die, wat in alle eenvoudigheid houtkappers en
waterdraers was, toe die meeste nog stil gesit 't, of niks anders as spot oor
had vir 'n beweging, wat 'n einde aan ons lang periode van geestelike
knegskap gemaak het.
Die gevoel van piëteit hoef egter ons krietiese vermoë nie te verlam, mag
ons nie belet om sonder doekies omdraai 'n estetiese oordeel uit te spreek
nie. Dit sou 'n verkragting van ons gewete wees en 'n fatale uitwerking hê
op die verdere ontwikkeling van ons jong letterkunde. Nou dat die taalstryd
feitlik afgeloop is, word dit tyd om vas te stel, wat ons tot dusverre bereik
het; om te waardeer wat skoon is, om te laak wat gebrekkig is. Tyd ook, om
die voortbrengsele van ons kuns te meet aan die meesterstukke van die
buiteland. Want ons wil vorentoe beur! Ons wil Suid-Afrika "hoog
opstooten midden in de vaart der volken". Ons wil nie 'n pieperig-bleek
kasplantjie hê nie, wat alleen 'n sukkelbestaan kan voortsleep in 'n
vaderlandse broei-atmosfeer. Dit moet 'n kan-nie-dood wees, wat ook die
kritiek van ons Dietse stamgenote nie kan ontwortel nie, in vaderlandse
bodem geplant, maar tog bestand teen alle wind en weer.
Op dié gedagte is ook die krietiese beskouing in die volgende hoofstukke
gebaseer. Wie dit daarmee nie eens is nie, sal op meer as een skynbaar
onbillike oordeel stuit. Maar laat diegene bedenk, dat ons op kuns-, net so
min as op ander gebied 'n laer kan trek en met doringtakke inmenging van
buite afweer. Op die gevaar van isolasie is reeds in 'n vorige paragraaf
gewys. As ons digters reeds so 'n hoë peil bereik het, dat selfs Europese
fynproewers hulle werk kan waardeer, dan hoef ons prosaïste ook nie met
minder tevrede te wees nie. Jong Suid-Afrika streef ook op kunsgebied
vooruit en die kunstenaar wat laag mik, sal in 'n paar tiental jare skoon
vergeet wees. Daarom moet ook ons prosakuns op 'n kosmopolietiese plan
kom te staan, wat geensins denasionalisering hoef te beteken nie. In die
stadium van ontwikkeling, waarin ons tans verkeer, kan 'n gemotiveerde
kritiek, waarin breedvoerig op prinsipiële kwessies ingegaan word nuttig
wees en daarna is ook in hierdie werk gestreef. As dit lei tot 'n ruimer

Page 32

belangstelling in ons prosakuns, tot meer vergelykende studie en 'n juister
insig in letterkundige verskynsele, dan is die doel van die skrywer bereik.
Op die ooreenkoms tussen ons toestand en die Vlaamse is al dikwels gewys
en dit geld ook van die kritiek. August Vermeylen sê: "Elke flamingant
achtte het zijn plicht zijne algemeene gedachten in de godentaal weg te
brullen of uit te kwinkeleeren. In het begin onzer herwording, na het jaar
1830, was de literatuur het voornaamste wapen der Vlaamschgezindheid
geweest, en lang nog meende ieder taalstrijder dat wapen te moeten
hanteeren. Het vergde dan ook meer dan gewonen takt van den kritikus, om
zich niet schuldig te maken aan landverraad, als hij den rijmelenden
taalbroeder wat minder "puik" moest verklaren."[54]

§ 9. Beperking van Onderwerp.—Indeling.

Die volgende bespreking is beperk tot oorspronklike prosa, wat meer of min
tot die terrein van die skone lettere behoort. Buiten beskouing bly dus (a)
suiwer wetenskaplike prosa, waaronder 'n groot aantal Afrikaanse
dissertasies en die Populêr-Wetenskaplike Serie van die Nasionale Pers; (b)
godsdienstige prosa, soos die kinderbybel van Ds. Conradie en 'n hele paar
preekbundels; (c) vertalings en omwerkings; (d) kinderboeke. Daar word 'n
poging gedoen om te bepaal in hoeverre ons historiese prosa, deur
versorging van styl en ander artistieke kenmerke tot die gebied van die kuns
behoort.
In § 7 is 'n algemene karakteristiek van ons prosa gegee. Op enkele
strominge word daar gewys, maar tewens blyk ook hoe alles by ons nog in
wording is. Veral by die romans en verhale is dit moeilik om tot 'n
bevredigende indeling te geraak. Waar daar nog net vae aanduidings is van
enkele hoofgroepe, en die meeste skrywers nog in verskillende rigtings
rondsoek, word dit onmoontlik en ongewens om nou al kampe af te baken.
Om dié rede is die voorkeur gegee aan 'n kronologiese indeling, wat onder
ander die voordeel bied, dat die meeste skrywers as 'n eenheid kan bespreek
word en, waar nodig, die ontwikkelingsgang in hul werk kan aangedui
word. Op die manier is die verbrokkeling van 'n skrywer se werk soveel
moontlik beperk. G.R. von Wielligh word in 'n afsonderlike hoofstuk
bespreek, omdat hy in baie opsigte "'n Laaste stem uit die Genootskap van

Page 33

Regte Afrikaners" is. Vir die ander hoofstukke is geen opheldering nodig
nie. Op enkele uitsonderings na word hier die Akademie-spelling gevolg.

VOETNOTAS:
[1] Vgl. Die Huisgenoot, Jan. 1922: Eerste Skrywers en Eerste Geskrifte in
Afrikaans.
[2] Die vyftigste verjaardag van die Genootskap in 1925 mag seker nie
ongemerk verbygaan nie.
[3] Dr. L. van Niekerk: De Eerste Afr. Taalbeweging (1916); Ds. S.J. du Toit in
Weg en Werk, deur Dr. J.D. du Toit (1917); Eerste skrywers deur G.R. von
Wielligh (1918); S.J. du Toit, Geskidenis van die Afr. Taalbeweging (1880).
[4] Vgl. Ds. S.J. du Toit in Weg en Werk, p. 203.
[5] Preller: Inleiding tot Die Vlakte, 5de druk, p. 7.
[6] Gesiteer deur Dr. J.D. du Toit: Ds. S.J. du Toit, p. 210.
[7] Vgl. Dr. S.P.E. Boshoff: Volk en Taal van Suid-Afrika, p. 62.
[8] J.H.H. de Waal in Die Burger, 12 en 13 Aug. 1921.
[9] Dr. T.B. Muller: Die Geloofsbelijdenis van 'n Nasionalis. (1913), p. 8.
[10] Preller: Inleiding tot Die Vlakte, 5de druk, p. 12.
[11] Die taalstryd het Dr. E.C. Pienaar beskryf in: Taal en Poësie van die Twede
Afr. Taalbeweging. Vgl. daarby egter Hoofstuk III.
[12] Dr. W.J. Leyds: Het Insluiten van de Boeren-Republieken I, p. XI.

[13] Vgl. L. v. Niekerk: De Eerste Afr. Taalbeweging1, p. 64.
[14] De Volkstem, 18 Aug. 1906.
[15] Ek kursiveer.
[16] Die Huisgenoot, Julie 1919.—Prof. J.J. Smith. Vgl. ook Hoofstuk III, § 3.
[17] Neerlandia, Sept. 1913.
[18] Vermeylen: Verz. Opstellen.
[19] Carel Scharten: De Roeping der Kunst, p. 5.

[20] Vgl. my artiekel: Kuns regeringsaak,2 Die Brandwag, Jan. 1921.

[21] Taal en Poësie2 ens. p. 110-117.

Page 34

[22] Die Banier, Aug. 1921. Dr. Steyn se verdienstelike artiekels oor Die Dietse
Bond het seker reg op meer algemene belangstelling en behoort herdruk te word.
[23] Die Huisgenoot, Nov. 1921.

[24] Dr. E.C. Pienaar: Taal en Poësie2 ens., p. 47.
[25] Die Brandwag, Junie 1917.
[26] id. 15 Aug. 1911, Skrywers en Gekrifte, deur N.N. (Jan Celliers).
[27] Die Banier, Okt. 1921. Het Geleerde Jong Suid-Afrika 'n Program?
[28] Akademie-Jaarboek I, p. 94.
[29] Dr. H.J. Steyn: Die Banier, Des. 1921.
[30] Akademie-Jaarboek V, p. 89.
[31] Id. I, p. 83. Die Afrikaanse Volksziel.
[32] Het Calvinisme en de Kunst.
[33] Die Huisgenoot. Feb. 1919.
[34] Vgl. Jaarboek I, p. 49 vlg. en p. 14. Vgl. ook Dr. G. Besselaar: Z.A. in de
Letterkunde, p. 95.
[35] In die pers is aangekondig, dat D.J. Smal, die bekende yweraar vir gelyke
taalregte na die buiteland gaan vir tegniese toneelopleiding.
[36] Akademie-Jaarboek I, p. 92.
[37] Jaarboek III, p. 54 vlg.
[38] Jaarboek, p. 67. Vgl. ook sy oordeel oor Beets in V, p. 95 vlg.
[39] V, p. 103.
[40] III, p. 68.
[41] Die Banier, Okt. 1921 na aanleiding van die tydskrif: Het Getij.
[42] Vgl. § 5.
[43] Dr. W.M.R. Malherbe in 'n voorwoord by Die Veldblommetjie.
[44] De Roeping der Kunst, p. 399.
[45] Vgl. Jan Celliers: Die Roman. Die Huisgenoot, Aug. 1919.
[46] t.a.p.
[47] Die skrywer is J.W. van Kaapstad.
[48] Stoddard: The Evolution of the English Novel, Chapter I.
[49] Voorwoord.

Page 35

[50] Jan Celliers in Die Volkstem, 19 Junie 1907.
[51] Voorrede 2de druk.
[52] Voorrede: Sy Pa se Skuld.
[53] Vgl. b.v. sy Persoonlike appresiasie van Joh. van Wyk, De Volkstem, 18
Aug. 1906.
[54] Verz. Opstellen II, p. 149

Page 36

HOOFSTUK II.
Polemiese Prosa.

"Ik houd van woorden, die op mij neêrbonken als vallende balken, van
woorden, die mij voorbijsissen als kogels", sê Lodewijk van Deyssel. Sulke
woorde van "roode gramschap" en "gele spotternij" sal in die volgende
oorsig telkens aangehaal word met die doel om daarop te wys, dat enkele
van ons strydskrifte oor die taalkwessie, nie alleen van histories, maar ook
van letterkundig belang is. Hier word dus geen gedetailleerde geskiedenis
van die taalstryd gegee nie—dit het Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie
gedoen[55].
Met die oprigting van die tydskrif, De Goede Hoop, in Julie 1903 onder
redaksie van Adv. J.H.H. de Waal, 'n algemeen erkende voorstander van
Afrikaans, wat al sedert 1897 bydraes in dié taal gelewer het in Ons
Land[56] kry die Twede Beweging vaste vorm. As eindpunt van die taalstryd
kan beskou word 7 November 1919, die dag waarop die Kaapse Sinode
Afrikaans as offisiële kerktaal naas Nederlands erken het. Wat Ds. N.J.
Brümmer in 1909 gesê het geld ook tans nog: "Dit is wel waar, dat so nou
en dan nog een of ander Rip van Winkel uit syn slaap opflikker en teen
Afrikaans uitvaar, maar dit is maar die stuiptrekkinge van 'n slang wat
swaar vervel."[57]
In die sestienjarige stryd het daar 'n groot aantal polemiese geskrifte
verskyn, aanvanklik in Hoog-Hollands weens die groot vooroordeel teen
die moedertaal, maar later meestal in Afrikaans. Reeds in die twede
nommer van De Goede Hoop[58] moet De Waal "'n geachte correspondent
uit Stellenbosch", wat gekla het oor "te veel Afrikaansch" daaraan herinner,
"dat Kaapsch-Hollandsch bij velen bijval vindt en hoe langer hoe meer als
zelfstandige taal erkend wordt." By sulke kalme teregwysings het dit
natuurlik nie gebly nie en De Waal het later onder die skuilnaam Jan van
Rosenburg die teenstanders meer as een kopskoot gegee.

Page 37

Twee jaar later, op 19 April 1905 begint die stryd ook in Transvaal, wanneer
Gustav Preller sy reeks artiekels Laat 't Ons Toch Ernst Wezen in De
Volkstem publiseer. Dit is 'n kloek, goedgedokumenteerde manifes, wat met
onverbiddelike logika al die argumente van die teenstanders ontsenu en as
gevolg gehad 't die stigting van Die Afrikaanse Taalgenootskap, op 13
Desember 1905. In Julie 1905 word Preller se artiekels met weglating van
die eerste gedeelte en voorsien van 'n nuwe inleiding in brosjure-vorm
uitgegee, met die ondertietel: Gedachten over de aanvaarding ener
Afrikaanse Schrijftaal.[59] Afgesien van die historiese betekenis van Preller
se brosjure verdien dit, ofskoon nog in Nederlands opgestel, ook uit
letterkundig oogpunt 'n ereplaas onder die polemiese literatuur van die
Twede Beweging. Met 'n forse stem verkondig hy die waarhede, wat
vandag so vanself sprekend lyk, maar sestien jaar nodig had om algemeen
ingang te vind.
In die polemiek van dié jare klink daar uit meer as een artiekel 'n warme
oortuigingsdrang op. Met die stryd vir die vereenvoudigde spelling (1904)
het dit krioel van spellingdeskundiges en nou was weer iedereen filoloog!
"In ons vaderland kan het gebeuren dat uw schoenmaker meer theologiseert
dan uw zoon, die student is in de theologie," sê Allard Pierson in Intimis.
Lees mens filologie in plaas van teologie, dan was dit presies ons toestand.
Onder al die dilettante-wysheid en verwarde taalbegrippe kom egter ook
telkens brokstukke van entoesiastiese welsprekendheid voor, waaruit blyk
dat heel die volk in roering was. Naas die lekeredenasies staan dan die
kalm-wetenskaplike betoë en ernstige pleidooie van die leiers, wat so stadig
aan met hul mokerslae alle opposiesie vergruisel het.
Van die begin af was daar al sekerheid van die uiteindelike oorwinning. "'n
Mens kan net sowel perbeer om die see met 'n besem te keer as die
Afrikaanse taal met sulke klein dingetjies", sê Preller op 9 Augustus 1905 in
De Volkstem. Met groot erns pleit Jan Celliers twee jaar later vir 'n eie
letterkunde: "Maar dit is tog voor elke Afrikaner duidelik dat slegs 'n eige
letterkunde, uit Afrikaanse grond opgeskote, deurtrokke van die Afrikaanse
gees en v'r Afrikaners verstaanbaar, deur en deur in taal en inhoud, dat so 'n
letterkunde alleen bereken is om hier werkelik doel te tref. Wie wil ons help
om so 'n letterkunde voor ons mense op te bouw? Ons het 'n volk om te
behou, ons het 'n nasie om op te voed; ons kannie wag nie!"[60]

Page 38

En in die volgende jaar roep Dr. D.F. Malan: "Dit is ons Ernst!" "G'n
taalgeleerde kan 'n werkelik lewende taal maak nie, ewemin als 'n
skeikundige op syn laboratorium di lewe kan skep. Di taalgeleerde kan di
taal alleen vind en analiseer. Iedere lewende, kragtige taal word gebore op
di bodem van di volkshart en di volksgeskiedenis en leef alleen in di
volksmond. G'n volk kies ooit syn spreektaal of, voor lange tyd selfs syn
skryftaal nie, op raad van eksperte. Volke en tale word saam gebore en sterf
saam."[61] Op helder wyse set hy uiteen, dat Nederlands nooit ons volkstaal
kan word nie, dat Afrikaans onuitroeibaar is. "Di Afrikaanse Taalbeweging
is niks minder nie dan 'n ontwaking by ons volk tot 'n gevoel van eiewaarde
en tot di roeping om 'n waardiger plaas in te neem in di wereldbeskawing."
[62]

Hoe die "gevoel van eiewaarde" al sterker word, blyk uit die brosjure Die
Afrikaanse Nasie (1908) waarin Prof. N.J. Brümmer 'n uiteensetting gee
van wat hy as 'n nasie beskou. Hy konstateer, dat tot nog toe alleen die
Hollandse Afrikaners met die benaming kan aangedui word "omdat hulle 'n
eie en aparte volkssiel besit en hulle daarvan skerp bewus geword het". Hy
ontken alle "nasionale eenheid" tussen Nederland en Hollands Suid-Afrika.
"Om die eerlike waarheid te sê, is daar meer soortgelykheid in
wereldbeskouing, gees en strewe tussen die Afrikaner en die Skot, dan
tussen die Afrikaner en die Hollander....[63]. Wat die Hollandse letterkunde
betref, die veelbesproke kultuurskat—die bestaan nog vir enkele spesialiste
onder ons volk, en sekere uittreksels daarvan bestaan ook soms vir studente,
solank as hulle vir 'n eksame of prys werk. Ons volk as volk dra van Hooft,
Vondel, Cats of Bilderdijk net so min kennis as van die man in die maan.
Van Couperus, Van Eeden, Perk en Kloos wil ek nie eers praat nie. Of hierin
ooit verbetering kan kom, betwyfel ek sterk. Die Hollandse skrywers skryf
nie vir ons nie, en al sou hulle ook vir ons skrywe, dan raak hulle tog ons
volkssiel nooit." Dit is verstaanbaar, dat sulke opmerkings in die hitte van
die taalstryd gemaak is, maar Brümmer gaan in sy militante ywer tog té ver,
al sit daar natuurlik 'n kern van waarheid in die bewerings. Die werk van
sulke geestelike aristokrate soos Hooft en Vondel kan nooit deur die hele
nasie gewaardeer word nie. Sonder ons Cats uit, dan sou dieselfde bewering
met die grootste stelligheid van die Nederlandse volk self kon gemaak
word. Carel Scharten sê b.v.: "Het leelijke, het onwegwerkbare feit is juist,
dat Vondel vergeten worden kon, en ongelezen blijft en ongelezen blijven

Page 39

zal.... Er zijn altijd de dichters voor weinigen naast die voor heel een volk
geweest."[64] En in ander lande gaan dit net so. Edward Garnett sê b.v. van
Engeland: "Ons toneel is het grofste in Europa en onze verwaarlozing van
het drama van Shakespeare is werkelik een schandaal."[65]
Clément Vautel het nog onlangs in verband met die Molière-herdenking
opgemerk, dat die Franse dié kunstenaar alleen met die lippe eer. "Ieder
doet alsof hij Molière op zijn duimpje kent. Maar, in gemoede, is al dat
fraais, en is al die wierook nu wel echt? Is die geestdrift die op een
vastgesteld uur losbarst, niet veeleer zelf ook komedie?"[66]
Met 'n pleidooi vir 'n Afrikaanse letterkunde sluit Brümmer sy betoog. "Ons
het lang genoeg ons sielkos in blikkies ingevoer en die ingelegde en
ingevoerde kos vergewe 'n mens dikwels." Maar die manier waarop hy hom
die ontstaan van 'n letterkunde voorstel, getuig van weinig insig. "As elkeen
van nou af aan begin om vir sy boek stof bymekaar te maak, dan sal dit wel
nie te lang duur nie of ons het 'n eie letterkunde"! Dis maar gelukkig dat al
die Stellenbosse studente nie die raad opgevolg het nie!
Saam met die Unie gebore, staan Die Brandwag vanaf 1910 trou op die
uitkyk en telkens as artiekel 137 van die grondwet veronagsaam word, het
sy waarskuwingsienjaal weerklink. "Die Afrikaner moet beleefd wees en
ware beskawing voorstaan, in woord en voorbeeld, maar nie tot so 'n mate
dat hy syn eige taal verwerp, nie tot so 'n mate dat hy aan Filistijne die
wapens in hande gee waardeur juis die hogere beskawing en
verdraagsaamheid vernietig sal word, deurdat die Afrikaner-aard met die
Afrikaner-taal vernietig word." (Die Brandwag, 1 April 1911.) Van maand
tot maand het die redakteur, Dr. W.M.R. Malherbe die stryd vir Afrikaans
voortgeset en 'n hele reeks warm pleidooie is daar te vinde in die
redaksionele kolomme, veral van die eerste jare.[67]
In 1911 verskyn Leipoldt se digbundel Oom Gert Vertel, voorafgegaan van
'n weldeurdagte, besadigde pleidooi van J.J. Smith, tans professor in
Afrikaans aan die Stellenbosse Uniwersiteit. "Die werk van die Afrikaanse
Beweging is.... 'n oortuigingswerk; en 'n oortuigingswerk moet dit altoos
bly. 'n Vyand kan jy beveg, en desnoods dwing, maar 'n vrind en 'n
bloedverwant, met dieselfde belange en dieselfde ideale as jyself, moet jy
oortuig—as jy ten minste nie jou eie ondergang wil bewerkstellig nie."[68]

Page 40

Die oortuigingswerk doen Smith op meesterlike wyse. Hier is 'n geskoolde
filoloog aan die woord, wat met kennis van sake praat. "Ek grond my
mening op die geskiedenis van die wording van ander tale en op die
herlewing in ons volk."[69] En met onverbiddelike logika bewys hy, dat die
argumente van die teenstanders "alles maar slim praatjies" is!
Ook Die Geloofsbelydenis van 'n Nasionalis deur Dr. T.B. Muller is 'n
pragstuk van logiese redenering. Hy skets die ontstaan van ons nasionale
bewussyn. "Die puinhope van die twee republieke het die vrugbare bodem
geword, waarin die nuwe Afrikaanse Nasie wortel, van die Kaap tot in
Kongoland, en van Duits Suid Wes tot Brits Oos Afrika." Hier word die
vaste stem gehoor van een wat na 'n goedomlynde doel streef. "In plaas van
na-praat, wil ons nou saampraat en met ander nasies meewerk in die
algemene taak van die mensheid." En op oortuigende wyse bepleit hy die
middele om die doel te bereik, terwyl alle jeugdige voortvarendheid
getemper word deur die besadigde erns van een wat sy verantwoordelikheid
as leier voel. "Die karaktervorming van 'n nasie moet plaasvind deur 'n
langsame groeiproses; deur voort te gaan op die weg reeds ingeslaan; al wat
goed is, te ontwikkel en al wat nadelig is weg te kap.... Die gevaar van die
oormoedigheid van 'n jong nasionale entoesiasme is ek my wel bewus van;
maar ek weet ook, dat sonder entoesiasme niks groots op aarde tot stand
kan kom nie...." 'n Warm entoesiasme klink dan ook heerlik op in sy hele
betoog en met gloedvolle oortuiging leg hy sy "geloofsbelydenis" af: "Ek
self sou my erfenis as lid van die Afrikaanse nasie vir geen ander burgerreg
in die wereld wil verruil nie. Die grote nasies van Europa is wel oud en
sterk en ervaringsryk, ... maar hul dra ook reeds die spore van hul
ouderdom, en rypheid begin al op meer dan een plek in afgeleefdheid oor te
slaan.... By ons is dit so anders. As 'n jong nasie sien ons amper ons hele
loopbaan te gemoet. 'n Jong volk leef vorentoe. Sy leuse is die hoop; geduld
en moed sy wagwoorde; 'n jeugdige entoesiasme sy dryfveer; en sy ywer is
nog ongekoel deur die ontnugterings van mislukking. Vir my altans is dit
veel heerliker my druppeltjie te probeer bydra by die self-bewuswording en
karaktervorming van 'n jong nasie dan om te help dokter aan; die kroniese
kwale van 'n oue ... Misluk ons pogings en moet ons ondergaan, neergedruk
deur 'n vrag van onoorkomelike moeilikhede, dan is dit in elk geval beter
om te sterf as eerlike stryders op die slagveld, dan om te versink in 'n
bedwelmende luilekker eentonigheid van niksdoen.... Laat Jong Suid-Afrika

Page 41

sy nasionale geloofsbelydenis onderteken, nie met sy naam, maar met sy
lewe en dan het ons niks te vrees vir die toekoms nie!" Hoeveel erns daar in
die woorde lê, blyk uit die feit, dat Muller in 1905 'n Rhodesbeurs van £
300 per jaar om in Oxford te studeer van die hand gewys 't, omdat hy
"eenvoudig nie geld kon aanneem nie van 'n man wie se politiek hy verfoei
en wie hy beskou as die aartsknoeier teen die vryhede van die Afrikaner-
volk."[70] In 1918 is hy aan die griep oorlede in die ouderdom van 34 jaar.
Om die warm idealisme, gesonde argumente en forse styl is Muller se
brosjure een van die beste stukke van ons polemiese prosa.
Namate die Afrikaanse Beweging sterker word, neem die stryd ook in
felheid toe. In Julie 1914 word die maandblad Ons Moedertaal opgerig as
orgaan van die A.T.V., onder redaksie van J.J. Smith, T.B. Muller en G.C.
Tomlinson. Spoedig moes die teenstanders uitvind, dat die blad "geen
heuningtou" was nie, "waarop allerhande soorte goggas hulle kan kom
vergas.... Ons Moedertaal is veeleer 'n eselskakebeen soos die wat Simson
met sulke dodelike gevolg op die Filistynse vyande van syn volk gebruik
het ..." (15 Okt. 1914). Die offisiële erkenning van Afrikaans deur drie
Provinsiale Rade het die redaksie oormoedig gemaak. "Nou behoef die
Afrikaanse Taalbeweging nie langer te stry nie als Ismaeliete, teen wie alle
man se hand gekeer is; hul veg nou met die steun van die landswette agter
hul rug" (15 Julie 1914). En op kwaai-sarkastiese wyse het hul geveg! Veral
in die kolom Taalnuws en Opmerkings word nydige klappe uitgedeel. Die
beste Nederlands van Afrikaners noem hul nie meer "amper-Nederlands"
nie, maar "stertjie-Afrikaans", en as Ons Land per ongeluk "het universiteit"
skryf, dan sê Ons Moedertaal: "Werkelik dis treurig dat daar in ons verligte
dae nog soveel deurgekapte erdwurms is wat doelloos in twee rigtings
tegelyk spartel." (15 Okt. 1914). Maar later word die redaksie moeg om die
"gebasel" van teenstanders te "verpletter", omdat hul "ander werk het als
om slapers en dromers te probeer wakker maak." (1 Nov. 1915.)
Die "ander werk" was dan ook van meer ernstige aard. B.B. Keet pleit op
oortuigende wyse vir 'n Afrikaanse Bybel. "Daar is ontsaglik veel
onderskeid tussen 'n taal waarmee ek my kan behelp en 'n taal wat ek
liefhet; en al was daar g'n ander rede nie, sou ek hierdie rede afdoende
beskou om te streef naar die doel wat ek my voorstel." (15 Sept. 1914.)
Fagan en Tomlinson se belletristiese bydraes word onder 'n ander hoofstuk

Page 42

bespreek.[71] Smith set sy werk voort in Die Huisgenoot, waarin Ons
Moedertaal in 1916 opgaan.
Tot die polemiese prosa moet ook gereken word G.S. Preller se twee Taal-
Tiepes, Die Engelse Afrikaner en 'n Predikant (Die Brandwag, 15 Feb. en
15 Maart 1914.) Jiems, 'n Engelse Afrikaner, wat saam met die Boere veg,
raak aan stry met sy maats oor Afrikaans, wat volgens hom "te arm (is) om
te bestaan".
"Wat is 'n "stoep" op Engels, Jiems?" wou een van die seuns weet ... Dit
was ráak. Almal is tjoepstil.—"En wat bedui julle vir koppie, spruit, veld,
kommando ...?"
Nou was 't Koen se kans om in te vryf: "Dáar het jul dit," sê hy, "die
skatryke mooie Engelse taal leen selfs woorde uit ons armoedige
Afrikaans." So raak Jiems getroef deur die Boereseuns, wat selfs vir die
lastige sportterme raad weet!
Ook sy eerwaarde, wat al die populêre argumente teen Afrikaans aanvoer,
kry goed op sy baadjie. Hy wil: "Gij zult de dorschende os niet muilbanden"
vertaal met "Jy moet die os wat koring trap die bek nie toebind nie". Maar
sy optimistiese teenstander weet vir alles raad: " V i r o n s i s
Afrikaans die taal van die Toekoms in ons
wêrelddeel, ons glo daarin, ons werk en
leef daarvoor."
"Ons skryf tien jaar na bowestaande gedagtewisseling. En, kyk,—'n mens
moet jou oë vryf om séker te maak dat 't regtig só is! Maar dit is so! Sy
hoogmogende is 't nou so waarlik "'n lus geworde om gade te slaan hoe daar
gewoel word in Afrikaans, en om die eerste vrugte daarvan te proef!" En
selfs in minder dan tien jaar, selfs in vyf jaar is die wonder geskied!
Dit hoef ons dan ook nie te verwonder nie, dat 'n warm kampvegter vir
Afrikaans, C.J. Langenhoven, wat nog in 1911 die oorsetting van die
psalme in Afrikaans as heiligskennis beskou 't, in 1922 self een van die
eerstes is om die hand aan die ploeg te slaan! In Ons Land van 12
September 1911 skryf Langenhoven: "Als die Hollandse Kerk my sou vraag
om die Bybel, die psalm- en gesangboek en die formuliere, wat aan my hart
geheiligd is deur my vroegste herinneringe in Afrikaans o'er te set, dan sou

Page 43

ik dit ten enemaal weier, al had ik die bekwaamheid daarvoor; en ik sou die
voorstel (hoe onlogies ook) beskouw als heiligskennend. Dit sou vir my
smaak 'n parodie wees."
Een van die laaste, maar ook een van die welsprekendste pleidooie vir
Afrikaans het Langenhoven gelewer op die vyfde jaarvergadering van die
Akademie in Julie 1914.[72] Hierin tril die stem van 'n fel-bewoë gemoed so
innig, dat dit meer geword 't dan 'n episode in 'n verbygaande stryd, en op
sigself beskou, kunswaarde het. Dit is die skone kristallisasie van gevoelens
en gedagtes, wat jare lank in die hart van die volk geleef het, maar nog nie
hul definitiewe uitdrukking gehad het nie. En al die "dorstige vulletjies",
wat jare lank gesukkel en geploeter het langs hopeloos versperde ompaaie
om by die dam te kom, weet maar al te goed hoe raak en hoe juis
Langenhoven die vermoeienisse en vernederinge van die pynigende
dwaaltog geskilder het! "Ik denk terug met bitterheid aan die verdere
verlore lewensjare wat dit my gekos het, nadat ik skool en kollege verlaat,
om vir myself te doen wat my leeraars vir my moes gedaan het: om
dieselfde intellektuele skool-kultuur deur lange en pynlike self-oefening om
te set en tot my siels-besitting te maak" (p. 427).
Dit is veral op die gevoelskant, die psigologiese kant van die saak wat
Langenhoven nadruk lê. "Ik wil namelik sukkel om 'n skerpe lyn te trek
tussen die gebruik van 'n taal als 'n verstands-medium, en sy gebruik als 'n
gevoels-medium; en in albei gevalle nie alleen als 'n middel tot uitwendige
openbaring nie, maar als 'n middel tot inwendige bewustsyn" (p. 428)....
"Dit mag vir elke Afrikaner ewe verstaanbaar wees om te lees: "Die huis se
muur is stukkend", of om te lees: "De muur van het huis is stuk".
Eersgenoemde uitdrukking roep 'n beeld van 'n puinval voor sy gees.
Laasgenoemde doet dit ook op 'n manier. Maar in die eerste geval is beeld
en uitdrukking deur onheuglike lewensgewoonte onafskeidelik vasgeheg
aan mekaar. Laasgenoemde uitdrukking val nie met dieselfde spontane
voegsaamheid in die gedagte-wereld, waar die beeld uit die elemente van
vroegere ervaringe deur die geheuge opgebouw word nie" (p. 440).
Met 'n fris oorspronklikheid word al die ou argumente teen Afrikaans
weggebesem. Bitter is die aanklag teen die Hoog-Hollandse literatuur van
Suid-Afrika; daarin "mankeer die goddelike vuur—die element wat
onbepaalbaar is, wat jy nie kan voorskryf nie soos jy nie van elke wa-

Page 44

skilder en klip-kapper met paster- en duimstok-voorskrifte kan 'n Murillo of
'n Michael Angelo maak nie" (p. 445). En die gevolg is: "'n land sonder
skrywers en sonder lesers; 'n beskaafde nasie sonder eie literatuur. Die
inspirasie ontbreek.... Ontbreek! ontbreek!! ontbreek!!! in ons heerlike
Suid-Afrika, waar elke berg en elke vlakte skreeuw om digters, waar elke
tafereel uit ons roemryke geskiedenis skreeuw om skrywers" (p. 447). Maar
met voldoening word gewys op die ontluikende letterkunde in die
moedertaal. "Ons wat so lank kwynend gesuig het aan die artifisiële
gomelastiek tepels van die ingevoerde botteltjies dooie kondens-melk,
begin nou aan ons eie moederbors gevoed en verpleeg te word" (p. 449).
Treffend is ook die aanklag teen die skoolsisteem. "Die Afrikaanse kind
(word) deur les en boek, voorskrif en voorbeeld ingeprent en wysgemaak
dat die taal van sy huis nie 'n taal van kultuur en beskawing is nie" (p. 460).
Deur die hele betoog klink "die smeekstem van 'n Afrikaner met mede-
Afrikaners om te erken wat syne en hulle s'n is, wat dit tog maar altyd sal
bly, wat nie van die gehalte is om ons voor te skaam nie" (p. 461). En by die
laaste gedagte tril die stem van gloeiende verontwaardiging: "Te skaam nie,
menere! Skande op daardie skaamte! dis onse kostelikste roem, onse
hoogste besitting: die één enigste witmans-taal wat in Suid-Afrika gemaak
is en nie oor die seewater klaar gekom het nie, wat die spore van die lief en
leed draag van alles wat ons en onse vadere hier deurleef en deurworstel en
deur triumfeer het; die één band wat ons als nasie aan mekaar heg; die
uitgedrukte siel van ons volk" (p. 461).
In 1919 toe die Kaapse Sinode oor die erkenning van Afrikaans moes
besluit, kom Langenhoven nog 'n keer met 'n vlammende aanklag: "Komt
aan, gij de Villiers's en Steytlers. Gij hadt er nu honderd jaar tijd voor—(om
'n letterkunde op te bou) gij en degenen die het voorrecht hadden
Hooghollands evengoed als gij, of beter, aan te leren—zoals de priesters in
de Middeleeuwen het Latijn aanleerden. En wijst ons, mijne heren, waar gij
gezaaid hebt? Waar is uwe oogst? Het volk van Zuid-Afrika hongert te
midden van de overvloed zijner mededingers. Ziet, zoals van gemelde
priesters, is uw akker dor en onvruchtbaar gebleven. Ge hebt ons
kultuurhuis voor ons woest gelaten: gij en uwsgelijken, de bevoorrechten
onder een onbevoorrecht volk wier plicht het was geweest in onze bittere
behoefte te voorzien. Ge kunt me geen enkel boek noemen—ook niet tot

Page 45

één toe—dat, door een Afrikaner in 't Hooghollands geschreven in al de tijd
toen men, volgens u terecht, het Hooghollands onderwees en schreef en
predikte, vandaag als een volksbezitting in de letterkunde leeft. En deze
dorre landen van u voorbijgaande zijn wij begonnen—een korte halve
generatie geleden—met onze gemene kombuistaal. En de werken onzer
schrijvers in het Afrikaans hebben ons nu reeds een eigen letterkunde
bezorgd, zodat de Afrikaner ook in de kultuurwereld zijn hoofd niet meer
met schaamte hoeft te laten hangen. Denkt gij, dat is niets? Dat wij gearbeid
hebben waar degenen die ons nu tegenstaan niets deden?... Komt het u als
een kleinigheid voor dat ook deze nieuwe tempelbouw belemmerd zal
worden door de Rehums en de Simsais?" So skryf Langenhoven in sy
brosjure De Heilige Ennen van Rehum en Simsai, wat onder die lede van
die Sinode versprei is. Hoe mooi word daarin die deftige toon met sy
bybelse wendinge vir die hoogeerwaarde here getref! Dit was sy antwoord
op die brosjure Onze Afrikaans-Hollandse Spreektaal, van Melius de
Villiers met 'n aanhangsel van Ds. A.I. Steytler (1919), waarteen ook J.J.
Smith in Die Huisgenoot op kalm-wetenskaplike wyse te velde getrek 't.[73]

VOETNOTAS:
[55] Taal en Poësie van die Twede Afr.-Taalbeweging, 2de druk, 1920.
[56] Sien Die Huisgenoot, Okt. 1921.
[57] De Volkstem, 30 Des. 1909. Vgl. Die Huisgenoot, Julie 1922, oor
opposiesie in die gemeente Noorder-Pêrel teen Afrikaanse preke.
[58] Aug. 1903.

[59] Vgl. Dr. E.C. Pienaar: Taal en Poësie van die Twede Afr.-Taalbeweging2 p.
16, waar 'n uitvoerige bespreking aan die brosjure gewy word. Die voorrede van
Dr. Engelenburg is gedateer 14 Julie 1905. Pienaar se datum, Junie, is dus 'n
vergissing. Die eerste gedeelte, wat in die brosjure weggelaat is, bevat 'n droom
oor drie perskebome in 'n snaakse tussentaal, nog Hollands, nog Afrikaans,
waarvan die volgende 'n staaltjie is: "Deze bomen waren hier geplant van
steggies, en by al twee waren klompies mense hard bezig om te proberen ze te
laten groeien, de een deur water te lei, de ander deur los te spit, de een weer deur
te snoei, en de ander deur mest te geven." De Volkstem, 19 April 1905.
[60] De Volkstem, 19 Junie 1907.
[61] Dit is ons Ernst, 13 Aug. 1908.
[62] Dit is ons Ernst, 13 Aug. 1908.

Page 46

[63] Vgl. die raak opmerkings oor hierdie bewering in Die Brandwag, 15 Febr.
1913, en in 'n volgende nommer Brümmer se repliek.
[64] De Roeping der Kunst, p. 5 en 25.
[65] In 'n artiekel: Het Boek in Engeland (Algemeen Handelsblad.)
[66] Gesiteer in die Algemeen Handelsblad.
[67] Sommige is van Jan Celliers, soos o.a. die artiekel Stryd en Taalstryd,
(1/4/11), in hierdie paragraaf aangehaal.

[68] Oom Gert Vertel3, p. XX.
[69] t.a.p., p. XXI.
[70] Tomlinson in Die Brandwag Des. 1918.
[71] Vir verder besonderhede oor Ons Moedertaal kan verwys word na Dr. E.C.
Pienaar: Taal en Poësie2, p. 64-74.
[72] Herdruk in Ons Weg deur die Wêreld (1919): Afrikaans als Voertaal.
[73] Augustus 1919. Op aandrang van enige predikante is Prof. Smith se
verweer oorgedruk en as pamflet versprei.

Page 47

HOOFSTUK III.

Prosa uit die Tydskrifte.[74]

§ 1.(a) De Goede Hoop (1903-1914).

Die oprigting van die tydskrif De Goede Hoop in Julie 1903 deur Mev.
Koopmans-de Wet en "Onze Jan", "benevens andere der voorste Afrikaners
in de Kaapstad".[75] met Adv. J.H.H. de Waal, 'n erkende voorstander van
Afrikaans as redakteur, is ongetwyfeld 'n feit van groot betekenis in die
geskiedenis van die Twede Afrikaanse Beweging. Die talentvolle leier van
die Eerste Beweging, Ds. S.J. du Toit, het deur sy on-Afrikaanse politiek
van ná 1896 die hele saak, waarvoor hy en sy medestryers met soveel
opoffering sedert 1872 ge-ywer het, laat misluk. Die laaste spartelings van
die Genootskap van Regte Afrikaners het nog tot 1909 geduur, toe die
tydskrif Ons Taal dood gekwyn 't, maar veral om politieke redes moes daar
'n heeltemal nuwe begin gemaak word. Die ondersteuning van De Goede
Hoop deur "Onze Jan" was 'n voldoende waarborg vir die eg-Afrikaanse
rigting van die blad, en die redakteur het van die staanspoor af vasgetrap vir
Afrikaans. Deur sy verstandige stadig-oor-die-klippers-taktiek[76] het hy
veel gedoen om die ou vooroordele teen die moedertaal weg te ruim, terwyl
sy kragtige artiekels onder die nom de plume Jan van Rozenburg 'n groot
stoot aan die nasionale beweging gegee het. De Goede Hoop was dan ook
veel meer as 'n "eerste voorbode van die naderende renaissance", soos Dr.
E.C. Pienaar in sy dissertasie beweer (2de druk, p. 12). "Van Kaapstad
begint die viktorie vir die Twede Beweging en Adv. De Waal was seker een
van die vernaamste kampvegters, wat deur middel van sy blad suksesvolle
voortrekkerswerk gedoen het.
Dat Gustav Preller se verdienste in verband met die Twede Beweging
besonder groot is, ly geen twyfel nie, maar om te verklaar dat dit "op sy
kragtige inisiatief in die lewe geroep" is, soos Dr. E.C. Pienaar doen, (Diss.
p. 1) is stellig onjuis.[77]

Page 48

De Goede Hoop het leesstof bevat vir mense van ryper leeftyd, maar was
tog meer bepaald vir jongeliede bedoel.[78] Dit het dan ook veral by jong
Suid-Afrika lees- en skryflus opgewek en as propagandamiddel goeie
dienste bewys. Op die betekenis van De Waal se werk word in 'n volgende
hoofstuk gewys. Onder sy medewerkers was daar niemand, wat Afrikaanse
prosa van letterkundige gehalte gelewer het nie. Dit is meestal kort, luimige
verhaaltjies. Van 'n diepgaande letterkundige kritiek is daar ook nouliks
sprake; kort aankondiginge is die reël.
Wat De Waal se opvatting van 'n roman is, blyk duidelik uit die volgende:
"In de gewone roman heeft de held altijd te kampen met een listige
mededinger om de hand van de beminde ... Onverwachte gebeurtenissen,
gemoedprikkelende verrassingen komt ge heel weinig tegen" (G.H. April
1913). Dit word gesê na aanleiding van Malherbe se roman Vergeet Nie, en
in nommer van Des. 1911 hoor ons van "verrassingen die zo onontbeerlik
zijn voor 't sukses van 'n roman".
Dr. D.F. Malherbe gee in die nommer van September 1906 uiting aan sy
bewondering vir Johannes van Wyk. By sy beoordeling het die betekenis
van die roman vir die taalstryd swaar geweeg. "Ons volkstaal, ons dierbare
boompie, swoeg vandag onder die dubbele las van vyandskap en
verfoeielike vooroordeel. En daarom verdien diegene, wat skriftelik of
andersins manmoedig optree vir die saak ons ondersteuning en waardering."
Vandag sal Malherbe seker nie meer van Johannes van Wyk o.a. beweer nie:
"Oral 'n diep-historiese gevoel, wat omstandighede en gebeurtenisse in die
oog hou.... (De Waal) bied ons in sprekende simbole die inwendige van sy
persone."

(b). De Goede Hoop (1915-1921).

Vanaf Januarie 1915 tree Prof. Ds. N.J. Brümmer as redakteur op. Hy is in
1866 gebore op die plaas Prospect, distrik Dordrecht.[79] In sy studiejare op
Stellenbosch het hy blyk gegee van buitengewone knapheid en daarna in
Skotland en Duitsland sy teologiese en filosofiese studie voortgeset; maar 'n
dringende beroep as predikant na Jansenville het hom van die doktorsgraad
laat afsien. Op filantropies, kerklik en wetenskaplik gebied het hy
prominent opgetree en ook as voorstander van die A.T.V. belangrike werk

Page 49

gedoen. Sedert 1911 is hy professor in die wysbegeerte aan die Stellenbosse
Uniwersiteit. Die grootste gedeelte van sy werk is in Hollands, o.a. Spoken
en Eerbied. Die Afrikaanse brosjure Die Afrikaanse Nasie is al onder
Polemiese Prosa bespreek.
Die grootste gedeelte van die blad verskyn ook onder Brümmer se redaksie
nog altyd in Hoog-Hollands, en ofskoon daar heelwat Afrikaans in
voorkom, word dit, as mens op die inhoud afgaan, langsamerhand veral die
orgaan van die konserwatiewe minderheid, wat aan Nederlands vashou. Die
voorstanders van Afrikaans verenig hul rondom Ons Moedertaal (1914),
later verenig met Die Huisgenoot (1916) en Die Brandwag (1910). Dat die
politieke beroeringe, wat na 1912 die Afrikaners in twee kampe splits,
invloed gehad 't op die groepering van lesers is ontwyfelbaar. In hierdie
oorsig van die letterkundige prosa uit die tydskrifte sou 'n nadere
bespreking van die kwessie egter uit sy plek wees.
Brümmer skryf veral oor etiese en sosiale vraagstukke en sy kragtige
Hollandse artiekels wek in kerklike kringe groot belangstelling. Vanaf
Augustus 1918 verskyn van hom 'n reeks didaktiese stukke Die Spraaksame
Ossewa[80] in Afrikaans. Die ossewa is vir hom 'n beeld van die menslike
lewe en elke deel daarvan kry 'n sinnebeeldige betekenis, van die as, wat "'n
fatsoenlike karakter, die draagbalk van (die) lewenswa" is, tot die lunspen,
die simbool van getrouheid. Die lewenswa kom by Brandewynshoogte,
Praatdrif, Skinderkrans, ens., wat natuurlik aanleiding gee tot allerlei
didaktiese oorpeinsings. "Die ossewa is al oud en daar sit wysheid in sy
jare" (Sept. 1918). Dat so 'n sistematiese vergelyking soms uitloop op 'n
soekery na vae ooreenkomste spreek vanself. Tog vorm dit 'n mooi bydrae
tot ons didaktiese literatuur. Brümmer skryf 'n rustig betoënde styl, wat
soms verras deur kernagtigheid en slegs selde storende wendinge bevat soos
die volgende: "as 'n goeie ding gemisbruik kom worde" (Feb. 1919).
Dat Brümmer soms agtiende-eeuse middels gebruik om sy blad vol te kry
blyk uit 'n digwedstryd in die jaargang 1916. 'n Prys word nie alleen
uitgeloof vir die beste gedig nie, maar selfs die onderwerp word aangegee,
nl. die verhaal Hansie Smal, wat in een van die nommers van die blad
verskyn het. By die beoordeling van die ingestuurde stukke gee Brümmer
die verrassende uitspraak: "Poëzie moet vloeien, moet zalvend zijn....[81]
(Sept. 1916). Dit staan daar!

Page 50

Hoe laag die literêre peil van die blad word, blyk uit die opname van 'n
eindelose reeks prulrympies. As staaltjie kan die volgende "gedig" dien, wat
in 'n maandelikse wedstryd bekroon is:

Page 51

Geagte Heer, die editeur,
Ek wil vir jou weer pla,
Want ek wil in die "Goede Hoop"
Vir jou 'n plekkie vra.
Ek wil ook iets vir jou instuur
Soos al jou vrindetal;
En daarom skryf ek nou vir jou
Oor "Lente in die Dal",

Op die manier kry die rymelaar "Charon" nog twee en 'n halwe kolom vol!
(Sept. 1920.)
Die bekroonde verhaal in dieselfde nommer is nie van veel beter gehalte
nie. Dit is van "'n weerspannige dogter", wat "met 'n treurige, bleek
gesiggie.... soos 'n skim deur die huis" dwaal, omdat haar vader vir Roelie
weggejaag het. Sy is Protestants, maar voel so ellendig dat sy in 'n ...
klooster wil gaan! Gelukkig oorwin Koos, 'n ander minnaar sy
beskeidenheid, "versamel (genoeg) moed om sy geluk te beproewe" en in 'n
ommesientjie word die weerspannige dogter weer 'n verstandige bruid.
'n Aantal verhale van E. de Roubaix staan op hoër plan, maar omdat sy
beste werk in Die Brandwag verskyn het, word dit daar bespreek.
Die letterkundige kritiek van De Goede Hoop bestaan nog altyd uit kort
aankondiginge. "Dons maar op, alles sal reg kom!" word Marius toegeroep,
(Nov. 1916). Wie Afrikaanse werk van letterkundige gehalte in De Goede
Hoop soek, kom egter tot die oortuiging dat alles verkeerd loop.

§ 2. Die Brandwag (1910-1922).

Die Brandwag is opgerig op 31 Mei 1910 onder redaksie van Dr. W.M.R.
Malherbe en Gustav Preller. Na die eerste ses nommers egter, vanaf 1
September 1910, is Dr. Malherbe alleen redakteur, totdat hy in September
1919 weer vervang word deur Preller, wat die blad redigeer totdat die
uitgawe in Februarie 1922 om finansiële redes gestaak word.
Die doel van die blad word in die eerste nommer só omskryf: "Die
Brandwag heeft positie gekozen op 'n punt waar 't terrein alsnog onbewaakt

Page 52

bleef: het Afrikaner huisgezin." Dit wil die plek verower, wat opgevul word
deur "vreemde kaf, als Home Notes en Home Chat en Home Journal, enz."
Verder wil die tydskrif probeer om "leiding en koers te geven aan de vele
zeer bekwaam gebleken Afrikanerpennen, die ernaar streven ... 'n eigen
nasionaal-afrikaanse letterkunde te helpen groot maken." Met die uitvoering
van die programma het die blad uitstekend geslaag en dank sy die
medewerking van feitlik alle skrywers en digters van betekenis kon dit 'n
hoë literêre peil bereik en tot die end toe handhaaf. Dat die blad 'n faktor
van groot betekenis in die kultuur- en taalstryd was is ongetwyfeld, en die
verdwyning daarvan moet as 'n ramp beskou word. Daar is werk van
blywende waarde in gepubliseer en deur middel van die wedstryde het 'n
hele reeks nuwe skrywers, soos Jochem van Bruggen, Léon Maré, E. de
Roubaix, M. Jansen, Hettie Cillié, e.a. bekend geword. In die kinder-
afdeling het Mev. Iz. van Heerden naam gemaak met haar voortreflike
verhale, sodat "Tannie van Die Brandwag" 'n geliefde naam by die
kleinspan oor die hele land is.
Veel het die blad ook daartoe bygedra om gesonde begrippe oor kuns
ingang te laat vind. Deur goeie vertalings en studies oor buitelandse
kunstenaars is 'n poging gedoen om in voeling te bly met Europese kuns,
terwyl talryke sketse, veral oor die Voortrekkers, die historiese
belangstelling aangekweek en wakker gehou 't. So word b.v. aangedring op
die publikasie van ou handskrifte: "Daar is al soveel in die laaste oorlog
verlore gegaan, dat ons nou betyds moet begin om te red, wat nog te redde
is." (15 Julie 1910.)
Gesond was die letterkundige kritiek van die blad. Reeds in die eerste
jaargang waarsku die opstelle-kommissie teen verhale met "awonture en
kunsmatige verwikkelinge. Daarin moet die bekoring van 'n verhaal nie
gesoek word nie, maar wèl in onopgesmukte voorstelling van buitengewone
of gewone gebeurtenisse—met ware en rake tekening van karakters." (Des.
1910.) Die krietikus X verklaar: "Ons skrywers begin in te sien, dat die krag
en betekenis van 'n verhaal nie geleë is in gesogte samevlegting van
buitengewone gebeurtenisse, opsetlike mooi-soekery, maar juistheid van
skildering, natuurlike voorstelling, diepte en waarheid van karakter-
uitbeelding, selfs in wat grappig is." (15 Feb. 1911.) Dit is nog iets anders
as die "gemoedprikkelende verrassingen", waar De Goede Hoop na gesoek
het!

Page 53

Ofskoon in die eerste jare die blote verskyning van 'n Afrikaanse boek al 'n
gebeurtenis van belang was, laat die blad hom nie verlei nie tot wat G.S.
P(reller) noem "onnadenkende, steriotiepe koerante-aanprysinge" (15 Sept.
1913). Nadruklik word gewys op die waarde van elke boek vir die besonder
Afrikaanse kultuurtoestand, maar steeds ook aangetoon, dat dit geen
blywende maatstaf moet wees nie. 'n Mooi voorbeeld daarvan is J.F.E.
C(elliers) se beoordeling van Stompies deur Adv. J.H.H. de Waal. "Ons is
bly met die verskyning van sulke werkies. Wat in ander land daarvan gesê
mag word, gaat ons nie aan nie; ons weet net dat 't vir ons S.A. goed is, en
dat manne wat hul daarop toelê om ons volk aan lees en aan dink en aan
gebruik van sy eie taal te bring, alle lof verdien. Die skrywer siet goed in
dat romanties aangelegde verhaaltjies, met 'n pikante sousie van
awontuurlikheid of wonderbaarlikheid daaroor, meer lesers sal trek dan iets
wat bepaald op letterkunde aangelê is, op karakter- en gevoelstudie van 'n
fynere soort.... Nou die skrywer die groot publiek al by herhaling tevrede
gestel het, spreek ons die hoop uit nog eendag 'n roman van sy hand te sien
wat in diepgang, in gevoel- en karakterstudie, 'n letterkundige eersteling sal
wees in ons wêrelddeel ..." (15 Jan. 1912.)
In die laaste jaargange tree veral Adv. Eugène, N. Marais op as krietikus, en
ofskoon sy opmerkings meestal raak is, sou mens van een wat self digter is,
nie sulke snaakse bewerings oor poësie verwag nie. Sonderling is b.v. die
volgende uitspraak na aanleiding van Van Bruggen se bundel Lente-
Stemme: "Om die soort van gediggies goed te maak, is veel moeiliker dan
om 'n goeie stoel te maak. Dit vereis meer tegniese bekwaamheid en seker
veel meer arbeid. Dit kos altyd handwerk om alle spore van sukkel uit jou
werk te skaaf en weg te polieer" (Maart 1920). Nadat hy die aanwesigheid
van "ware poëtiese gevoel" gekonstateer het sê hy: "Al wat makeer is die
handskaaf en die sandpapier.... En laat die digter dit vir 'n grondbeginsel
eerbiedig: in die maak van 'n volmaakte rympie is handewerk van net
soveel betekenis as inspirasie." Na aanleiding van dié resensie het ek
aangetoon, dat so 'n beginsel 'n absolute miskenning van die wese van alle
egte poësie is. (Die Brandwag, Okt. 1920.)[82] Dit is bes moontlik, dat
Marais met skaaf en handwerk iets anders bedoel as die gewone opvatting
van dié woorde in die letterkundige geskiedenis, wat uit die agtiende eeu
dateer. Hy moes egter bedenk 't, dat die woorde 'n danig slegte reuk het met
betrekking tot poësie en aanleiding kan gee tot fatale misverstand.

Page 54

Een van die trouste medewerkers was

Jan F.E. Celliers.[83]

As digter is hy bekend genoeg, maar dat hy ook een van ons mees
verdienstelike prosaskrywers is, daarop mag nog wel gewys word. In Die
Brandwag het onder sy eie en onder verskeie skuilname heelwat
prosastukke van hom verskyn, waarin hy op populêre wyse allerlei
historiese, sosiale en wetenskaplike onderwerpe behandel. In dié stukke
munt sy styl uit deur helderheid en logiese gedagtegang, eienskappe, wat dit
dan ook bevatlik maak vir selfs onontwikkelde lesers. Die meeste daarvan
is later herdruk in sy Afrikaanse Leesboek (1920). Veel het hy ook gedoen
om juiste begrippe oor kuns en meer besonderlik oor letterkunde te
bevorder. In dié verband kan gewys word op 'n reeks artiekels, getietel
Lewe en Lettere in Die Burger, 1921,[84] waarin hy blyk gee van 'n gesonde
kunsopvatting. In die stadium van ontwikkeling, waarin ons volk tans
verkeer, is so 'n causerie oor kuns van groot waarde. 'n Verdienstelike
omwerking van 'n roman van Henri Bordeaux, Bang vir die Lewe, het ook
van hom in Die Brandwag verskyn en is later opgeneem in Die Burger-
leeskring (1919). Colombo van Prosper Mérimée het hy ook daarvoor
vertaal (1920).
Dit is veral in sy natuurbeskrywings, dat Celliers as woordkunstenaar
verdienstelik is. Hier openbaar hy 'n fynheid van gevoel vir die kleinste
klanknuansering, 'n liefde vir die woord, wat ons dan ook van hom as digter
mag verwag. Skoonheid in die natuur bring hom in 'n jubelende ekstase: "O
laat my hier verlore raak, hier altyd bly, hier sterwe as dit moet, want hier
bereik die lewe sy hoogste heerlikheid, so naby die Onsienlike as nêrens
anders nie...." (Die Brandwag, Jan. 1917.) "Ons wil een word met die gaos
van dartelende geluk en ongebondenheid, ons wil verfrommel word in die
mallende, krullende skuim, ons wil onsselwe vergeet en verloor in die wilde
vrye roes van uitjuigende, uitspattende beweging en krag ..." (Jan. 1918). In
sy uitgelatenheid laat hy die woorde om ons wirrel-warrel, soms wel in
verbysterende veelheid, maar altyd vol suggestiewe klank. "Die see in die
rotse! O, nêrens soos hier is die water 'n beeld van krag—dronk, mal van
pret, van selfbewuste eie weelderige oordaad, sigself oortreffend,
oorrollend, oorbotsend in aksie-begeerte teen hindernis, swelgend in

Page 55

oordaad van alles-oorswalpende aanstorming, melk-wit oor-soppend die
rotsbanke se skulp-skurfte, swoep! opdoeffend teen blinde klip,
oppluimend, uitspattend in 'n wolk van skuim wat bo in puntjies uitpyl en
wind-verwaaid neerswiets in die siedende karning omlaag; na aanstorming
waggel-wild wegvallende elke keer, in rotstregters ingesuie, maar
opgudsend weer na halwe wegsakking, in altyd-durende dans van
strydlustige durf en ongeduld." (id.)[85]
"Malkop-moedwillig spring waterdruppeltjies af van die oorleunende
kranse bo, om te kyk wie die beste kan duik—met 'n stadig-lange swaai, net
of die lug hul dra in hul val, seil hul neer, en pets op onse hande of val in
die rivier naas die skuit." (Die Brandwag, Jan. 1917.)
Sulke impressionistiese prosa is in ons letterkunde maar al te skaars! Noem
dit navolging van die Tagtiger woordkuns as jy wil; praat van Querido-
aanse oorlading—ook goed; maar hier is in elk geval 'n ontroerde, wat soek
na treffende segging en juiste klank.
Celliers raak nie alleen in vervoering oor die skoonheid in die natuur nie; hy
is die peinsende wandelaar, wat steeds na dieper waarheid soek, telkens met
'n wondervraag stilstaan. "Pylsnel skiet 'n groot naaldekoker soos 'n blou
bliksemstraal deur die lug en is weg met een van die stryders. En ek
verwyder my, met die ewige vraag op my lippe, hier as in die groot wêreld
daarbuite: Waarom, God, waarom?" (Leesboek p. 206.)
"Die genius van die veld het die invloed op ons, dat ons telkens die vraag
aan onsselwe doen: het ons lewe en bestaan op aarde 'n doel of is alles
sommerso?" (id. p. 204.)
"Soek ons hier nie wat ons soek in die donkere dieptes van ons eie gees, in
elke ander gees, in elke oog, in boeke, in die natuur: wat, waar is die groot
geheim, is daar skoonheid, is daar waarheid vir my te ontdek?" (In die
Kango-grotte. Die Brandwag, April 1918.)
Mooi plastiese uitbeelding is daar ook in Winter-môre-mark: "Kaffers wat
werk toe gaan, loop met skouers hoog opgetrek, hande diep in die
broeksakke, elke voet eina-eina neergeset,—almal ewe stuurs.... 'n Pikenien
het 'n soldaatbaadjie aan; en as jy daar so inkyk, sien jy sy kaal pensie, en

Page 56

daaronder sy nakende maer beentjies, wat lyk of daar as aan kleef."
(Leesboek p. 133.)
Drie verhaaltjies van 'n wonder-mooi innigheid het Celliers ook geskryf: Sy
tel nie mee nie, en Nie nodig nie, in sy Leesboek en Waarom Hy en nie Ek
nie? in Die Brandwag (15 Maart 1914). Hier is hy ook die woord-arties,
wat ons verras met fris beeldspraak. "Arme Gawie verwag 'n bondgenoot en
uitredder in oupa en begin dadelik: "Meneer, is dit nou reg...." maar, wie sê,
die ou-meid blus hom in 'n kits, met 'n maxim-sarsie van kort en klein
gekapte skreeuerige woorde...." Onder sy ander verhale munt die volgende
uit: Suster Greta, (5 Aug. 1913); 'n Ou Vlam, (1 Mei 1912). Vyf Minute, (15
Junie 1913), is besonder goed gestileer. Die goeie beginsels wat hy in Die
Huisgenoot, (Aug. 1919) aanbeveel, word hier toegepas—geen kakelbonte
awonture nie—maar studie van die mens.[86] Van sy hand is ook die reeks
didaktiese Briewe van Bram, waarin 'n paar treffende gedagtes voorkom.[87]
Vir 'n juiste begrip van Celliers se kunsopvatting is die volgende van
belang: "Kuns is nie daar vir die kuns nie, maar vir die mens,[88] omdat dit
ook maar een van die middele in die mens se hand is in sy strewe naar
geluk, deur volmaaktheid, waarheid, skoonheid.... In ons land het 'n skrywer
'n besonder moeilike taak: hy staat voor die moeilikheid dat die buite-
bevolking ander leesstof nodig het as die dorpsbevolking; en hy mag die
buite-bevolking nie sommer aan hul lot oorlaat nie, en sê, "ek bemoei my
net met die dorpsmense", omdat die Afrikaners te min in aantal is teenoor
die inkomelinge van buite, omdat elke Afrikaner 'n onmisbare gewig in die
skaal is vir ons taal- en volksbestaan. Die nasionale skrywer moet as-ware
elke Afrikaner uit snuffel en soek om hom 'n skool te gee, 'n meester, 'n
boek, wat hy kan verstaan, wat hom voorlig en opvoed.[89] Hier staan
Celliers dus op dieselfde standpunt as Langenhoven en in verband met die
se opvatting sal die vraag nader bespreek word.[90] 'n Groot gedeelte van
Celliers se prosawerk is dan ook suiwer didakties en ontstaan uit 'n drang
om die volk op te voed tot 'n beter begrip van kuns. In dieselfde artiekel sê
hy verder: "Aan die ander kant staat die dorpsman, wat al gesnuffel en
geproe het in die letterkundige tuin van die groot wêreld.... Aan hom moet
ook gegee word wat sy smaak bevredig en wat enigsins 'n vergelyking kan
deurstaan met die letterkundige voortbrengsels van die buiteland.... Die
Afrikaanse kunstenaar moet dus nie altyd[91] uitsluitend aan die beginner

Page 57

dink nie en sy gevoel of siening in-toom nie[91]—hy moet daar dikwels die
volle teuel aan gee en die allerbeste lewer wat hy kan, want veral die
opgevoede man moet vir ons taal en nasionale saak gewin word ..." In sy
poësie word die twede gedeelte van die program uitgewerk en gelukkig het
dit weinig gely onder sy didaktiese en patriotiese geteoretiseer. As 'n
d i g t e r ons kom vertel, dat hy nie altyd ... sy gevoel of siening in-toom
nie, m.a.w. dat hy dit soms tòg doen om vir die "beginner" bevatlik te wees,
dan sou ons verwag dat dit met sy kuns heeltemal misloop, hoe goed die
bedoeling ook al mag wees. Gelukkig is dit by Jan Celliers nie die geval
nie. Wat C.R. de Klerk van Vondel sê, geld ook hier: "De beste schilders
zijn niet zelden de onbeholpenste stamelaars als ze hun eigen werk trachten
te duiden in woorden."[92] "Nut en stichting", "nuttigheid voor de scholieren
en opluikende jonkheid", sulke woorde kry mens in meer dan een Berecht
van Vondel, maar in sy beste werk, soos b.v. die Lucifer, vergeet hy totaal,
dat hy die mense wou "verbeter" en is hy veral 'n soeker van skoonheid.
Verblydend is dit, dat Jan Celliers in die laaste tyd ook in sy teoretiese
beskouing 'n veel juister standpunt inneem. "Geniale uitbeelding, plastiese
voorstelling, dis die eintlike werk van die kuns, die letterkunde. En die
uitbeelding is hier alleen goed as dit, daardeurheen, die gronde en dieptes
laat sien, sonder dat dit die eintlike welbewuste doel van die kunstenaar was
om bepaald sedelik of opbouend te werk te gaan, soos die predikant of die
onderwyser. 'n Ware kunswerk kom alleen voort uit 'n vrye estetiese
stemming of gevoel, wat sy doel bereik sonder dat dit lyk of hy 'n bepaalde
doel gehad het. As die vrye uiting hom 'n rigting laat voorskrywe deur 'n
sedelike of ander doel, word persone en toestande vanself verdraai, pasklaar
gemaak, om aan die doel of strekking diensbaar te wees, en dan is so 'n
werk, as kunswerk, nie meer van die beste nie."[93]

Een van die skryfsters wat baie opgang gemaak 't in die tydskrif en wie se
werk herhaaldelik bekroon is, is

Hettie Cillié.

Page 58

Sy is die dogter van 'n onderwyser, wat in 1884 uit Wellington na Transvaal
getrek 't. Na die Engelse oorlog het sy haar opvoeding aan die Hugenote-
Seminarie ontvang. In 1906 en 1909 het sy Taalbondpryse vir histories-
romantiese verhale gekry. 'n Twintigtal van haar stories en sketse is in
verskillende krante en tydskrifte gepubliseer.[94]
Sy teken by voorkeur 'n eenvoudige verwikkeling, waarin die liefde 'n rol
speel en verstaan die tegniek van die kort verhaal goed. Haar
karakteruitbeelding getuig van groot mensekennis, maar is nie treffend
genoeg om 'n blywende indruk te maak nie, veral omdat haar styl so
onpersoonlik is. Twee Susters, (Die Brandwag, 1 Maart 1913) en 'n
Ongeluk, (15 Des. 1910) is tiepiese verhaaltjies, op rustig-aangename toon
vertel.

Emanuel H.F. de Roubaix.

Van hierdie skrywer het 'n hele reeks verhale in verskillende tydskrifte
verskyn. Hy is gebore in 1880 op Tabaktuin, 'n plaas digby Nieuwoudtville.
Jare lank het hy sy vader se skape opgepas. Die enigste lektuur was die
Bybel, Katkisasieboek, Ons Kleintji en Ons Tydskrif. In 1898 kon hy op
Nieuwoudtville skool gaan en met die Engelse "Step by Step" begin.
Gedurende die oorlog het hy by Gen. Maritz aangesluit.
In die Boland het hy gematrikuleer en sedert 1907 hou hy skool in
Namakwaland. Veertien jaar was hy op Roggeland en vanaf 1922 is hy op
Paardekraal (Noord-Bokveld).
Die gewoontes van die Boesmanlanders, hul awonture op lang trektogte—
dit is die tema van Roubaix se verhale. Soms gee hy 'n reeks los anekdotes,
(Op wag in Boesmanland b.v., (Die Brandwag, 1 Mei 1916), maar meestal
'n afgeronde verhaal. Hy ken die mense deur en deur, en in eenvoudige,
ongekunstelde taal, wat uitstekend pas by sy onderwerp, vertel hy die
ervarings van eenvoudige siele. Dit is 'n primitiewe beskawing, wat hy
beskryf in onopgesmukte toneeltjies van roerende eenvoudigheid. Treffend
het hy die agterdog van die Boesmanlanders teenoor allerlei nuwighede
geteken in In die Land van Dr. Steenkamp, (Die Brandwag, Julie 1920). In
sy styl is daar af en toe 'n fris oorspronklikheid; sy taal en beeldspraak sit
vasgewortel in die Boesmanlandse aarde. Met sy dialoog is hy minder

Page 59

gelukkig. Daar stuit mens telkens op gedagtes van die skrywer self.
Onwaarskynlik klink dit b.v. om 'n Namakwalandse "boggie van veertien
jaar" te hoor praat van "ware skuldvergiffenis, (wat) altyd volg op ware
skulderkentenis", (Die Brandwag, 1 Des. 1917). Ook die outa in Maar 'n ou
Hotnot praat 'n opgepoetste, onware taal.
In die laaste tyd vertoon De Roubaix 'n neiging vir melodramatiese
grieselighede. So teken hy in Pietertjie en Johannetjie 'n verlore seun, wat
op sy ouers se graf met 'n skeermes sy nekare afsny. (Die Huisgenoot, Junie
1920.)

Iz. van Heerden—(Vaalswaer).

Onder die jagstories, wat in Die Brandwag verskyn het, verdien die reeks
Herinneringe van 'n Jagter deur Vaalswaer vermelding. Dit is geen
geweldige awonture wat hy verhaal nie. So af en toe vleg hy wel 'n klein
anekdote in, maar hy is in die eerste plaas die peinsende jagter, wat onder
die bekoring van die bosveld sy gedagtes vrye loop gee en met 'n paar
trekkies mooi 'n stemming aandui. 'n Goeie voorbeeld daarvan staan in die
nommer van 1 Oktober 1916. Vaalswaer is in 1870 in die distrik Cradock
gebore. Sedert 1905 het hy met Preller saamgewerk in die taalstryd, o.a. as
sekretaris van die A.T.G. Met sy eggenote, Tannie, woon hy nou op
Potgietersrust.

Die Brandwag bevat ook verskillende goed geslaagde oorlogsverhale,
waarvan o.a. die volgende kan genoem word: 'n Bestorming deur Nig
Mimmie (15 Mei 1911); Oormag deur P. (Sept. 1921); Boere op See deur
O.D. (Sept. 1921).
Onder die groot aantal verdienstelike kort stories verdien die volgende veral
aandag: Die Bymot deur Carl Jeppe (15 Des. 1910); Sy Terugkoms deur
Steph. Maré (1 Des. 1912); Wraak deur J.F. Engelbrecht (15 Des. 1912); 'n
Brief deur H. (1 Des. 1915); Oom Hans (Sept. 1921). Van sulke min of meer
onbekende outeurs sou daar 'n mooi bloemlesing kan saamgestel word. As
vervolgstorie het vanaf 1 Oktober 1914 'n roman in Afrikaans: Die Niggies

Page 60

van die Kommandeur verskyn deur J.F. van Oordt (1856-1918),'n skrywer,
wat onder die naam D'Arbez 'n hele reeks Hoog-Hollandse romans
gepubliseer het[95]. Van hom is ook die verhaal Die Wolwegat, later
opgeneem in die bundel Losse Klippe.

§ 3. Die Huisgenoot (1916-1921).

In Mei 1916 is Die Huisgenoot opgerig onder redaksie van Prof. J.J. Smith,
as vertegenwoordiger van die Afrikaanse Taal-Vereniging en C.J.L. Ruysch
van Dugteren, van die Nasionale Pers. Met die blad is verenig die A.T.V.
orgaan, Ons Moedertaal, wat onder die oorlogsdruk moeilik kon
bestaan[96]. Na die dood van Ruysch van Dugteren in 1918 is Prof. Smith
alleen redakteur. Ofskoon Hollandse stukke natuurlik nog 'n enkele maal
opgeneem word, verskyn die blad sedert 1918 feitlik uitsluitend in
Afrikaans. Dit is ook die offisiële orgaan van die A . T . V . , A . C .
V . V . , O . V . V . Helpmekaar en Werda.
Die doel van Die Huisgenoot word in die uitgawe van Julie 1917 só
aangedui: "Die Huisgenoot is 'n tydskrif, wat tot doel het die handhawing
van ons taalregte en die bevordering van Afrikaans. Dit wil, sonder die
terrein van partypolitiek te betree, meewerk in die opbou van ons nasionale
lewe deur die aandag te vestig op alles wat goed is in die geskiedenis,
owerleweringe en ideale van Hollands Suid-Afrika." Heel goed word die
geaardheid van die blad deur die redakteur beskryf: "Die Huisgenoot het
probeer om populêr te wees, sonder om juis die wetenskap enige geweld
aan te doen; en dit was altyd sy strewe om vir elke leser in die Afrikaanse
wêreld iets boeiends te verskaf. Deur lewensbeskrywinge van groot
Afrikaners, deur sketse uit ons dierewêreld, deur stukke oor Suid-
Afrikaanse kuns, deur verhale vir kinders en grootmense, deur die
bespreking van taalkwessies, deur wenke vir die vrou, deur foto's, grappies
en ander sake, het ons probeer om met die smaak van al ons lesers enigsins
rekening te hou. Ons het, met ander woorde, 'n bont verskeidenheid
nagestreef...." (Mei 1918). Met groot sukses het die blad sy program
uitgewerk. In die moeilike taak om wetenskaplik en daarby ook populêr te
wees, het die redaksie vry goed geslaag. Voorlopig skyn die bestaan van 'n
tydskrif nog daarvan af te hang, want pas in 1922 het die pogings om 'n
suiwer wetenskaplike en kuns-blad te stig sukses gehad[97].

Page 61

Deur 'n konsekwente, ofskoon krietiese toepassing van die Akademie-reëls
het Die Huisgenoot veel gedoen om aan die verwarring op spellinggebied 'n
einde te maak en die afdeling Taalvrae was seker een van die nuttigste. Tog
het die redaksie nooit uit die oog verloor nie, dat daar naas die taal nog
ander belangrike sake was. "We moeten een volk zijn met eigen taal niet
alleen, maar met eigen tradities, eigen bouwkunst, eigen schilderkunst,
eigen muziek, eigen levensopvatting." (Feb. 1917.)—"'n Volk wat hom ten
volle wens te ontwikkel en wat 'n waardige plek onder die nasies van die
wêreld wil beklee moet hom op alle gebied(e) ontwikkel. Dit is nie genoeg
dat ons vir ons taalregte stry nie; en dit is ook nie genoeg om na politieke
mag te strewe nie...." (Julie 1919).—"Uit ekonomiese afhanklikheid spruit
alte dikwels kultuurslawerny...." (April 1919).
Daar is een geval waar die ywer vir die taal van letterkundige standpunt
minder gelukkig was. B. Spoelstra bring, "op 'n heel interessante manier",
seg die redakteur 'n versameling van ses-en-vyftig spreekwoorde in 'n
verhaaltjie byeen, (Jan. en Mei 1921) en ander lesers word aangespoor om
die spreekwoord-gimnastiek na te volg! Tot watter verwarrende beeldspraak
dit aanleiding gee, blyk al uit die eerste sin: "Toe ons die ander dag 'n
voëltjie gehoor fluit 't, dat twee jong mense die huweliksbootjie wou instap,
en al taamlik gou die vierperdewa wou inspan, het menigeen sy tande
geslyp vir die bruilof en gehoop om weer 'n keer lekker te gaan skoffel."
(Jan. 1921.)
Letterkundige kritiek beslaan 'n vername plaas in die blad en oor die
algemeen is dit op gesonde beginsels gebaseer. Dat die blad hom nie leen
tot onoordeelkundige ophemeling van minderwaardige of middelmatige
werk nie en by sy kritiek steeds 'n hoë peil handhaaf ten spyte van heelwat
teenstand is 'n verblydende teken.
Dit spreek egter vanself dat met ongeveer 'n vyftiental resensente dit
moeilik gaan om die eenheid op krieties gebied te handhaaf. So word
dieselfde stuk by 'n eerste en twede druk nogal heel verskillend beoordeel.
Dit is die geval met Die Vrou van S.A. (Nov. 1918 deur H.A. Fagan, Feb.
1922 deur F.B.).
Veral in die begin van 1919 het 'n paar resensies van verskillende kante
teenspraak uitgelok en aanleiding gegee tot vrugbare polemiek.[98]

Page 62

In Februarie 1919 wys J.J. S(mith) op die algemene gebrek aan tegniek:
"Ons wil (die) skrywers net daarop wys, dat hul ons letterkunde 'n groot
diens sal bewys as hul, voor hul aan die skrywe gaan, eers 'n bietjie wil
studeer en nadink oor die wette wat gedurende die eeue heen in hul
besondere kunsvak geformuleer is." In 1920 word dit nodig om aan die
talryke skryflustiges die volgende waarskuwing te gee: "Kyk, die
Afrikaanse Taalbeweging het darem nou 'n stadium bereik waarin ons nie
meer alles wat daar in druk verskyn as hemelval hoef te begroet nie" (E.C.
P(ienaar) Nov.). Slypsteen ontlok aan M.T. die versugting: "Van Lennep,
Van Lennep en sy geesgenote—dat hulle tydperk hier in S.A. verbygaan!"
Daarby word gevoeg: Slypsteen "weet oënskynlik nog niks van die groot
strome in die hele nuwe Europese letterkunde nie." (Julie 1921.)
Dat daar vir die Europese en meer spesiaal vir die Nederlandse letterkunde
so weinig, of glad geen plaas ingeruim word in Die Huisgenoot nie is 'n
gebrek, waarop ek in die uitgawe van Desember 1920 gewys het. "Van die
kunsafdeling in ons tydskrifte verwag ons veel meer. Dit behoort ons op die
hoogte te hou van kultuuruitinge en -strominge in ander lande. Deur ons
geografiese ligging loop ons groot gevaar om op kunsgebied agterlik en
geïsoleerd te bly. Ons land lê in 'n uithoek, en die storme wat die gemoedere
elders in heftige beroering bring, gly as geruislose kabbeling om ons kuste
heen, soms 'n paar verdwaalde opdrifsels meevoerende. Vir ons tydskrifte
meen ek is die tyd tans gekom vir 'n breër behandeling van die literatuur, vir
'n intenser meelewe in die literêre strominge van die wêreld, sonder welke
dit onmoontlik is om die literatuur van enige land te begryp. Deur
vergelykende studie alleen kom ons tot 'n besef van die groot eenheid, tot 'n
begrip van die menigvuldige aanknopingspunte tussen die nasionale en die
internasionale kultuur. Dit is onmoontlik om elke literatuur in 'n aparte
hokkie te hou. Ons moet in staat wees om 'n blik oor die gehele wetenskap
te werp, en op dié wyse alleen kan ons die onderlinge verband tussen die
verskillende dele en die grote geheel begryp."[99]
Tot die prosaskrywers, wat in Die Huisgenoot gedebuteer het, behoort A. du
Biel, (Getrou en 'n paar kort verhale) en A.A. Pienaar (Sangiro). Die kort
verhale, wat enigsins bo die middelmatige uitkom is besonder skaars. Die
meeste daarvan verraai 'n ongeoefende hand. Onsigbare Hande deur M.
Linde (Maart 1920) en veral Die Bosduiwenes deur J.W. (Des. 1920)
verdien vermelding. Laasgenoemde is sonder enige mooi-doenery, vol

Page 63

stemming en goed vertel. Ook die volgende bevat 'n belofte: Die Ou
Bliktrommel (Aug. 1917) deur Kleinjan, J.R.L. van Bruggen, die digter van
Lente-Stemme, en Vergeet-my-Nietjies deur Rikie Postma (Des. 1921).
Van die digter, Dr. C. Louis Leipoldt het o.a. verskyn: Wit Anjeliere (Nov.
1919) en Die Transportryer se Storie (Okt. 1921). Hy laat graag 'n
onopgeloste raaiseltjie aan die leser oor om tot nadenk te prikkel. Dit is in
ooreenstemming met sy kritiek oor Van Reenen se Celestine, waar hy sê: "'n
Ware kunstenaar fluister as hy by so 'n punt (waar jou hare moet rys) kom:
juis die sagte gefluister gee die indruk van geheimsinnigheid,
moedeloosheid, angs, gevaar, smart, vertwyfling." (Nov. 1919.) Maar sy
besgeslaagde verhaal het in Die Brandwag verskyn (1 Aug. 1914). Dis 'n
digterlike sprokie van wondervolle teerheid: Die Weeskindjie, wat 'n
moeder wou hê!
Die griep-epidemie, die opstand in 1914 en die druk van die oorlog, dit is
oorsake, wat die getal "blyeyndende" verhale so klein maak in die jare 1918
en 1919, en 'n besondere voorliefde vir die skildering van treurige voorvalle
in die hand werk. Die strekkings-verhale van Hermanus behoort tot die
gebied van die traktaatjiesliteratuur. As Vader gaan Biljart speel kan dien as
staaltjie, (Nov. 1921). 'n Voorbeeld van valse romantiekerigheid gee N.H.
Theunissen in sy verhaal: Tussen die Aand- en Môre-skemer (April 1920).
Hy wil 'n digterlike Voortrekkersdogter en haar dom-onnosele vryer
uitbeeld. Dit sou moeilik gaan om meer staaltjies van verknoeide viesie en
onware tekening in 'n kort verhaal bymekaar te bring. "Oor die lieflike
gesiggie sprei daar 'n tergende glimlag, ... en haar oë, diep poele van
geheimsinnigheid, verduister, en word onleesbaar." Die arme Jan kry les in
digterlike natuur-beskouing. "Kom en kyk hoe mooi lyk die groot bome,
hoe hulle hulde bring aan die sonsondergang." Die raadselagtige nooi word
so geteken: "Sy was die verpersoonliking van leed en van vreugde. Die
groot ruimtes was haar wêreld. Sy het geleef en gevoel vir alles om haar.
Vir haar mede-wagenote was sy onaantasbaar. Hulle siele kon nie
saamgaan met haar langs die babbelende strome, na die soemende bosse op
'n blosende môre nie." As Jan haar in sy arme neem is daar in haar "geen
antwoordende vuur nie". Gelukkig, want in die dae was daar nog geen
brandweer nie! Maar nou kry Jan weer les in sielkunde: "Die bloed wat
deur my stroom, het die are van die wêreld gegee; die hart wat in my klop,
is die kloppende hart van die see. Sien jy, Jan, ek kan ook rym!... Van uit die

Page 64

diepe aarde, van uit die waters het my liggaam gekom; en my liggaam is 'n
hok (sic!) van drome" ... Sy dowwe verstand kon haar woorde nie volg nie.
Die beeldspraak was buite die enge kring van sy gedagtes." Ook ons slaan
dit totaal dronk! Maar die domme Jan ondergaan 'n gedaanteverwisseling.
"Sy ontvang sy lippe sonder weerstand ... Hy trek hom weg en kyk na haar
oë. 'n Straal van kennis, 'n profeteviesie het hom ingevloei". Soe! maar dis
darem vir jou 'n nooi! In die aand het "die stergegordelde nag haar omhels"
en na die Soeloes se aanval "sluit hulle hul lippe in wederkerige,
ewigdurende liefde, terwyl die bloed hulle monde oorstelp. Al die vlekke op
die gesigte van die dode word deur 'n engelehand uitgewis. Die man se
gesig word kalm, oorsprei met 'n waas van alomkennis ..."—"Geef ons
natuur en waarheid weer" mag ons wel uitroep! Gelukkig is dit op ander
plekke in die blad wel aanwesig.

§4. Ander Tydskrifte.

In Die Boerevrou, 'n damesblad, opgerig in Maart 1919 onder redaksie van
Mevrou K. Malherbe het 'n paar mooi verhale van Adv. Eugène, N. Marais
verskyn, o.a.: Die Brief van Nooitgedag (Des. 1919)[100]. Ook F. v.d.
Heever,[101] van wie in 1919 'n bundel gedigte uitgegee is, het 'n paar
veelbelowende sketse geskryf, waaronder: Werkstaking by die Kleigat (Mei
1922) uitmunt deur plastiese tekening.
Sedert Maart 1920 het 'n orgaan van die Afrikaanse Studentebond as
byvoegsel van Die Brandwag verskyn onder die naam Die Banier. Die
inhoud was meestal van wetenskaplike aard en word hier dus nie nader
bespreek nie.
In Junie 1922 het onder redaksie van Dr. D.F. Malherbe verskyn die
Tydskrif vir Wetenskap en Kuns. In die voorwoord word gesê: "Ons (wil)
met hierdie Tydskrif 'n gees van ernstige studie help aankweek, geleentheid
bied vir elkeen wat oorspronklike beskouinge het of nuwe resultate of nuwe
materiaal om te publiseer.... Laat die Tydskrif dan 'n middel wees om
Afrikaans betekenis te verleen in die wetenskaplike wêreld, om te ontplooi
die rykdom van sy vormende krag, sy vermoë om die nuwe woord te skep
wat met raak seggingskrag verras, om te openbaar sy suiwerheid en helder
eenvoud, om te getuig van sy mondigheid en bruikbaarheid op elke gebied

Page 65

van die geestelike lewe, om deur sy veelsydigheid van uiting ons
volkskultuur tot skoner bloei te bevorder." Die blad wil ook gee
"kunskritiek wat kan oprys uit die vlakteveld van dorre eensydigheid tot 'n
hoër plan met wyer uitsigte." Die oprigting van so 'n tydskrif is 'n bewys
van die gestadige ontwikkeling en ernstige strewe van die Twede
Beweging.

VOETNOTAS:
[74] Werk, wat later gebundel is en ook los artiekels of verhale van skrywers,
wat in die volgende hoofstukke ter sprake kom, word hier nie behandel nie.
[75] Goede Hoop, Julie 1903.
[76] In die Junie-nommer 1905 merk hy op dat sommige lesers beswaar het teen
te veel Afrikaanse stukke en gee die versekering "dat na Juli de bijdragen in 't
Kaapsch-Hollandsch een zeer gering deel van ons maandblad zullen opnemen."
Na aanleiding van Preller se brosjure Laat 't ons toch Ernst wezen sê hy: "Wij
willen (Preller) in alle vriendelikheid waarschuwen niet te haastig te werk te
gaan.... De invoering van Afrikaansch als schrijftaal moet zacht en geleidelijk
geschieden" (Sept. 1905).
[77] Na aanleiding van die kwessie het daar 'n vinnige polemiek ontstaan in Die
Burger, 12, 13, 22 Aug. en 5, 14, 16 Sept. 1921. Prof J.J. Smith het in Die
Huisgenoot, Sept. en Okt. 1921, 'n helder uiteensetting en samevatting van die
korrespondensie gegee. Oor die geskiedenis van die Twede Beweging is die
laaste woord seker nog nie gesê nie, maar voorlopig is m.i. Prof. Smith se
konklusies heeltemal juis.
[78] Vgl. die eerste no., Julie 1903.
[79] Die lewensskets is aan Die Brandwag, Des. 1918 ontleen.
[80] 'n Paar daarvan het eers in Ons Moedertaal gestaan.
[81] Ek kursiveer.
[82] In sy repliek hierop maak Preller hom van die kwessie af met 'n paar
kwinkslae oor "inspirasie-bakoond" (!) en ontydig slapende of badende digters—
grappies wat in 'n hoogstaande tydskrif seker ongepas is. En hyself het nadruklik
verklaar: "Die digkuns is geen handwerk nie". Voorwoord, Die Vlakte, (1920) p.
7.
[83] Vir lewensskets, sien dissertasie Dr. E.C. Pienaar, p. 209.
[84] Vanaf Feb. 1922 voortgeset in Die Huisgenoot.
[85] Op die mooi passage het Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie ook gewys, 2de
druk, p. 228.

Page 66

[86] Vgl. p. 21 vlg.
[87] Een daarvan is opgeneem in die Leesboek, p. 185.
[88] Kursivering van die skrywer.
[89] Ek kursiveer. Die Brandwag, Julie 1917.
[90] Sien Hoofstuk VII.
[91] Ek kursiveer. Die Brandwag, Julie 1917
[92] Kultuurbeschouwende inleiding tot Vondels spelen, p. XI.
[93] Kuns en Sedelikheid. Die Huisgenoot, Jan. 1922. Ek kursiveer. Vgl. egter
Reg bo Reg (1922): "In onse tyd van Jonge nasionale opbou ... is kuns wat 'n
sedelike of ander strekking het, ook te verdedig." (Voorwoord).
[94] Lewensskets aan Die Brandwag, Des. 1918 ontleen.
[95] Vgl. Z.A. Prozabundel: Hoekstra—Viljoen, p. 102.
[96] Op die betekenis van Ons Moedertaal is in Hoofstuk II al gewys.
[97] Vgl. § 4.
[98] Vgl. die nommers van Feb. en April.
[99] Uit 'n artiekel: Oor Letterkundige Kritiek. t.a.p.
[100] Nadat dit afgedruk was, het twee daarvan in die Almal-se-Boeke-Serie
verskyn onder die tietel Margriet van Laastelust, (1922).
[101] Gebore 1894 op Heidelberg, Tvl. Sedert 1921 as advokaat gevestig in
Windhoek.

Page 67

HOOFSTUK IV.
G.R. von Wielligh.

"Die Laaste Stem uit Die Genootskap van Regte Afrikaners".

Die stamvader van die Von Wielligh-geslag was offisier in die Oos-Indiese
Kompanjie. Gideon Retief is op 1 April 1859 gebore in die Pêrelse distrik.
"Van sy sewende jaar af moes hy ploeglei, vee-oppas, op die oesland hopies
maak en meer dergelike werkies wat vir 'n plaaskind nie ongewoon is nie."
[102]
Deur borgstaan het sy vader alles verloor en so moes Gideon self sy
studie bekostig. Op sy elfde jaar het hy sy vader vergesel op 'n handelstog
na Boesmanland. Toe hy by sy terugkeer op die Pêrelse Gimnasium kom,
het hy net soveel Engels as Jakob Platjie geken, maar binne vyf jaar was hy
al landmeter. Deur sy beroep het hy groot streke van Suid-Afrika goed leer
ken. Op vyf-en-twintig-jarige leeftyd is hy benoem tot Landmeter-Generaal
van Transvaal.
In 1903 het hom 'n ongeluk oorkom, wat byna tot volslae blindheid gelei 't.
Hy het na Delagoabaai gegaan om die astronomiese instrumente van die
Transvaalse regering te haal. By dié geleentheid is op 'n karnaval kalk in sy
oë gegooi. Mediese behandeling het sy toestand sover verbeter "dat hy nou
in sy regteroog 'n kwart natuurlike gesig teruggekry het. Hy lees met 'n
sterk bril en 'n dubbelde vergrootglas—sy neus byna op die papier, en dan
sien hy nog maar vyf tot ses letters tegelyk."
"Omdat hy lange tyd op die platteland deurgebring het en 'n ystersterk
geheue besit, beskik hy oor 'n skat van tiepiese Afrikaanse uitdrukkinge
soos miskien geen ander lewende persoon op die oomblik nie."
Vanaf 1876 het Von Wielligh geskryf in Die Patriot, maar toe die blad 'n
onnasionale politiek begin te verdedig, het hy hom daaraan onttrek (1891).
Later was hy weer medewerker vir Ons Kleintji, waarin die eerste paar
hoofstukke van Jakob Platjie verskyn het. Ook aan die blad Ons Taal het hy
bydraes gestuur.

Page 68

In 1907 het sy eerste Dierestories verskyn, vier dele waarvan tussen 1917
en 1922 uitgegee is. Verder: Jakob Platjie (1918); Eerste Skrywers (1918);
Boesmanstories I-IV (1919-1921); Staan jou Man (1920); Robinson Crusoë
(1920), Huis en Veld in 1921 gepubliseer, maar reeds in 1916 geskryf;
Nimrod Seeling (1921); Ghwennie Barnveld (1922). 'n Groot aantal stories
en artiekels het in die tydskrifte verskyn, o.a. Ons Geselstaal in Die
Huisgenoot (1921-'22), terwyl nog 'n paar werke in die pers is.
Von Wielligh is feitlik die enigste voorstander van die Eerste Beweging, wat
ook aktief opgetree het in die twede. In Eerste Skrywers (1918) skets hy die
ontstaan en werk van Die Genootskap van Regte Afrikaners, en verdedig die
opvattings van die genootskap teenoor verskillende aanklagte van die
Twede Beweging. Hy deel allerlei feite mee wat van groot belang is vir die
geskiedskrywer van die Patriotbeweging, polemiseer teen die spelling en
organisasie van die Twede Beweging en gee talryke taalkundige
beskouings, wat getuig van 'n uitgebreide kennis van die volkstaal, maar
wat soms minder juis is deur sy gebrek aan wetenskaplike insig in
taalverskynsele. Reeds vanaf 1877 het Von Wielligh "alle egte en suiwere
Afrikaanse woorde, uitdrukkings, sinswendinge, ens." opgeteken, maar sy
werk het in die Anglo-Boere-oorlog in die hande van die vyand geraak.[103]
Sy uitgebreide studie oor Ons Geselstaal in Die Huisgenoot (1921-22)
getuig van 'n onverfloude belangstelling in die ontwikkeling en dialektiese
verskynsels van die volksspraak. Hy is 'n voorstander van purisme. Woorde
soos "energie, soliditeit, affiliasie, alternatief" noem hy taalkriekies, "wat
ons mense op die platteland—en ook baie dorpelinge—hoor sing, maar
hulle weet nie waar die goedjies presies sit nie."[104] Hy waarsku veral teen
die gebruik van Neerlandse uitdrukkings "deur skrywers wat in Hollands en
in Holland gestudeer het."[105] Eienaardig is dan ook die poging wat hy
doen om Hollandse en vreemde uitdrukkings "nae 's landts gheleghenheyt"
te verafrikaans. Woordevloed word "'n waterval van woorde" (Eerste Skr.,
p. 9); wierookvat, "wierooktessie" (p. 59); 't onderspit delven, "die
onderspit byt" (Huis en Veld, p. 31); wittebroodsdagen, "soetebroodsdae"
(p. 32); clairvoyance, "heldersienery" (t.a.p., p. 177); propaganda,
"voortplantingplanne" (Die Brandwag, Feb. 1918).
Von Wielligh se oordrewe purisme hang saam met sy opvatting van kuns.
Eweas die ou Genootskap streef hy daarna om "die grote gros te bereik, wat

Page 69

letterkundig honger en dors ly".[106] "Die ou Genootskap het vir leesstof vir
die minder bevoorregtes gesorg, terwyl die nuwe net vir lektuur vir
ontwikkelde persone wil sorg". Hulle stelling is "Ons mik hoog".[107] In die
voorwoord van Huis en Veld verklaar hy: "Nog vashoudende aan die ywer
om ons mense meer en meer te laat lees, het ons vir ons meer deur die
populêre Afrikaanse verhaaltrant laat lei, as om ons aan praalgeskrif te bind,
want ons volk hou min van geskrifte, volgeprop met dromery, maar verlang
wel om verhale met korte bewoordinge in sy (lees hul) ware kleure
afgeskilder te sien. So het ons die wenk gevolg van "praat gou want ek
woon ver"." Von Wielligh staan dus nog heeltemal op die Ou Patriot-
standpunt. Hy vergeet dat daar sedert 1875 groot dinge gebeur 't, dat die
Twede Beweging die taalstryd gewin 't, juis omdat die intellektuele gedeelte
van die bevolking die voortou geneem 't en nie tevrede was alleen met
rympies en grappies nie. Vandag mag nie iedereen meer rympies maak nie
"van Generaal Smuts af tot die veewagtertjie in die veld", en hom dan
verbeel dat hy ons letterkunde help opbou. Dit neem natuurlik die feit nie
weg, dat in die periode vóór 1900 die Patriotskrywers op kulturele gebied
nuttige werk gedoen 't, dat hulle die land geskoffel het waarop ons vandag
ploeg en saai. Maar vir my is dit nog 'n ope kwessie of die taalstryd nie al
vóór die Anglo-Boere-oorlog kon gewin gewees het nie, as die leiers van
die Eerste Beweging hoër gemik 't.
Dit is onloënbaar dat daar tans nog 'n groot skare rustelose soekers na
skoonheid is, wat spartel om hulself te verhef bo die wanhopig reëlmatig
terugkerende besighede van die alledaagse lewe, mense wat bevrediging
soek vir dieper behoeftes dan dié van geldsak en liggaam. Hul sit dikwels
op afgeleë buiteplase, waar alle middele om die vae drang na iets hoërs en
skoners te verwesenlik heeltemal ontbreek en waar 'n oorspronklik warme
aandrif langsamerhand jammerlik verkwyn.[108] As Von Wielligh hom
geroepe voel om vir die "minder bevoorregtes" te skrywe, dan doen hy
seker nuttige werk, maar dit ontslaan hom nie van die plig om "hoog te
mik" nie, en daarby tog te sorg, dat hy nie bokant die vuurmaakplek van sy
lesers gaan nie. Daal hy af tot hulle peil, wat hy in Huis en Veld en elders
maar al te dikwels doen, dan leer hy hul miskien wel hul eie taal lees, maar
dan is daar geen sprake van kulturele opheffing nie. En dit is tog sy doel,
want hy verklaar sy standpunt as volg: "Die kunstenaar lewer 'n kosbaar

Page 70

monument om sy volk onder die ander volke te laat uitblink; maar die
Volksskrywer saai die sade, wat voedsel vir sy eie Volk lewer."[109]
Von Wielligh is geen dienaar van die skoonheid nie. Sy begrip van kuns
druk hy so uit: "Kuns is skoon, kuns is verhewe, kuns is edel en bo-aards;
maar dit neem 'n kunstenaar om kunsstukke te waardeer. En dis daarom dat
die grootste gros net baie van 'n goeie "rympie" dink(,) want dit klink in
hulle ore nes die Walse van Strauss en nie nes die Sonatas van Beethoven
nie."[110] Die gekursiveerde stelling is vals. Tussen die kunstenaar en leser
moet daar natuurlik 'n seker mate van geestelike affiniteit bestaan, voordat
daar sprake kan wees van kunsgenot. Maar terwyl die kunstenaar, gedrewe
deur 'n aangebore skeppingsdrang die diepste aard van 'n wese of ding peil
en dit dan tot skoonheid herskep, hoef die kunsgenieter alleen 'n normale
mens te wees met 'n klein bietjie aanvoelings-vermoë. Die kunstenaar dring
deur tot die kern, verwyder daarvan al wat bykomstig is en bied ons dit aan
in sy suiwerste skoonheidsessensie. Hy doen die werk, ons moet alleen die
vreugde, wat hy by sy skeppingsdaad ondervind het, kan navoel en hervoel.
Von Wielligh speel dus maar 'n eenvoudige deuntjie op die konsertiena of
"ramkie", omdat hy meen dat daar tog so weinig mense is wat iets beters
kan geniet.
Vir sy opvatting van die ontstaan van kuns is die volgende sitaat ook van
belang: "Daar was baie briewe en gedigte uit alle oorde van die land.... (vir
Die Patriot.) Baie minderwaardige stukke werd ook geplaas om skryflus
aan te wakker. Diegene wat beter kon doen, het nie stil bly sit nie, en die
wat swak was, het bygeleer. Want as iemand iets herhaaldelik aanpak, leer
hy vanself om die volgende keer dit beter te doen. En so werd die wieg vir
aanstaande skrywers gereed gemaak."[111] Hier staan Von Wielligh dus nog
op die agtiende-eeuse standpunt: "Kunst wordt door arbeid verkregen". Sy
werk dra nog heeltemal die stempel van die Patriot-periode, en die ideale,
wat hy na streef is die van 'n verbygegane geslag. Hy staan met sy gesig
agterwaarts gekeerd en is "'n laaste stem uit die Genootskap van Regte
Afrikaners".

Jakob Platjie.

Page 71

In Jakob Platjie gee hy "egte karaktersketse uit die volkslewe van Hotnots,
Korannas en Boesmans".[112] Platjie woon met sy ouers, "twee opregte
peperkorreltjie Hotnots" by die Drakensteinberg. As hulle op die end van
die maand hul loon ontvang, peil hul kantien toe. Iedries en Sina, Platjie se
ouers raak in die tronk en hyself verdwaal op weg plaas toe en loop Koos
Fonk, 'n smous raak, wat hom saam neem op 'n handelstog na
Boesmanland, ens. Dan word die verhaal 'n aaneenskakeling van los
anekdotes; Hotnotsfeeste word beskryf, Koos vier sy verjaarsdag en
agtervolg Boesmans, wat sy beeste gesteel 't, terwyl saans om die
wagvuurtjie allerlei Hotnotstiepes hul stories aan die nuuskierige Platjie
vertel. Koos Fonk trek ook na Griekwaland, waar ons Kleopas Kipie hoor
preek en twee kapteins sien oorlogmaak.
Platjie keer na sy ouers terug, trek met hulle na Stellenbosch en kom na hul
dood op die sendingstasie Genadendal. Daar maak hy kennis met Dr.
Kleiner, wat uit Europa gekom 't vir etnologiese studie en vergesel hom op
sy togte as tolk. Platjie raak net hooggeleerd, word kristen, vertel wolf-en-
jakkalsstories aan sy kinders en sterf.

In die voorrede verklaar Von Wielligh: "Wat die taal betref, wat ons in die
mond van die sprekers geleg het, mag ons in die rede geval worde deur
iemand wat sê dat in sommige gevalle die taal te verhewe is vir die
onbeskaafde inboorling. Dit mag so wees, maar ons het genoeg aanhalings
in hulle gewone spreekwyse gelewer om te toon van watter woorde hulle
hul bedien het om hulle gedagtes aan ander bekend te maak. Alleen het ons
gevrees om deur aanhoudend van die plattaal gebruik te maak, dat ons die
lesers sou hinder." Uit 'n kunsoogpunt bederf hierdie besluit die hele boek,
want dit beteken 'n opsetlike vervalsing van die dialoog. Dit was Von
Wielligh se plig as kunstenaar om 'n Hotnot soos 'n Hotnot te laat praat en
ofskoon sy standpunt verdedigbaar was in die dae van die Eerste Beweging,
toe "Patterjots" sinoniem was met plat taal en die getroue weergawe
daarvan die taalsaak sou benadeel het, kon daar geen rede bestaan om in
1918 nog so 'n apologie te maak nie.[113] Ek gee 'n paar staaltjies van die
kunsmatig vervalste dialoog: Sina praat van konstabels "wat net daarop uit
is om hulpelose mense die tronk in te prop" (p. 5); Iedries vertel: "Boems!

Page 72

Daar val 'n kanonskot op see in Tafelbaai—die egó bulder van klofie tot
klofie...." (p. 14), "So 'n toestand van sake kon nie lank aanhou nie. Daar
moes 'n toenadering plaas vinde" (p. 16); die ou toordokter sê vir Toel: "...
maar jy is my regterhand en die voorwerp van my ongeveinsde vrindskap",
(p. 62); ou Bleskop, 'n Koranna veewagter, vertel van die waterslang: "die
water maak agter hom sulke wit kabbelings en hy klowe die water soos 'n
skip" (p. 98); Platjie sê: "die baas het hom in vrindelikheid vanmôre
gestewel en gespoor" (p. 132); Samuël praat van kieries wat "begin te
kletter" (p. 77).
Gelukkig staan naas sulke papiertaal baie dialoge, wat bewys, dat Von
Wielligh die Hotnotsspraak goed beheers en hul mentaliteit deur-en-deur
ken. En dis 'n kennis wat berus op 'n intieme aanraking met die inboorlinge.
Hy het hul bespied in al hul gewoontes en gebruike. Veral die tekening van
die parmantige Tys Bokkies is goed geslaag. Die grootste gedeelte van die
Griekwapreek is ook 'n bewys, dat hy hom heeltemal ingeleef het in die
psiege van die mense wat hy uitbeeld. Hy slaag daar uitstekend in om die
naïewe taal en beeldspraak, die primitiewe gedagtegang weer te gee. Ook
van die eienaardige humor van die inboorlinge het hy gelukkige staaltjies
gegee. By die beskrywing van sulke toneeltjies is hy op sy beste, en
ofskoon daar groot foute in die komposiesie is, bly dit tog altyd nog 'n
verdienstelike werk deur die raak tiepering van enkele figure. Die sentrale
fout is, dat die mense daar is ter wille van die taal en nie die taal ter wille
van die mense nie. Von Wielligh het sy taal hartstogtelik lief. Jare lank is
"pittige taal" sy spesialiteit gewees. Reeds in 1881 het hy die burgemeester
van Utrecht (Holland) met sy "naieve uitdrukkingen" dronkgeslaan.[114] En
nou het hy in Jakob Platjie probeer om sy moeisaam opgegaarde taalskat te
verwerk. Mens kry soms die indruk asof sekere anekdotes opsetlik bedenk
en ingelas is om 'n treffende uitdrukking of komieke woordverdraaiing te
kan gebruik.
Jakob Platjie is 'n etnologiese museum, vol opgestopte Hotnots, Korannas
en Boesmans. Hulle is kunstig opgestel te midde van 'n nagebootste
omgewing. Daar is 'n klipspelonk met mooi tekeninge, 'n Boesman wat
staan uintjies uitgrawe met sy harde kierie, en 'n paar ander wat wild
bekruip. Verder lê daar egte Boesmanspyle, ramkies, ens. Die ou wildvelle
wat die Hotnotpondokkie bedek, is effens opsygeslaan, sodat ons 'n goeie
idee van die konstruksie kan kry. Von Wielligh loop tussen die opgestopte

Page 73

poppe rond, vertel allerlei anekdotes, verklaar hul lewenswyse en die
gebruik van die primitiewe gereedskappe. En in sy hande dra hy 'n besonder
oulike Hotnotpoppie, wat hy Platjie noem en wat hy soos 'n geoefende
buikspreker allerlei vrae laat stel, as die museumbesoekers al bietjie
dooierig word van die muwwe lug. "Tata en memme, waar lê tog die danige
geboorteland van julle?" (p. 6); "Toel, waar lê jou geboorteland?" (p. 58);
"Oom Bles, waar lê daardie land van jou?" (p. 95); "Oom Ruiter, wat moes
'n mens eintlik maak as hy skielik in die veld teen wilde Boesmans dam?"
(p. 188), ens. En dan begin Von Wielligh, as museumdirekteur weer te
vertel van die ou dae se volk, terwyl Ruiter, Toel, Oom Bles en Tys Bokkies
by ons staan met hul stywe gesigte en beweginglose lede. Telkens verseker
hy ons, dat alles werklik waar is: "Die verhaal lyk baie romanties, maar is
eg Hottentots in al sy besonderhede." (p. 58); "Hier volg nou 'n diskoers wat
ons so dikwels onder Hotnots, Korannas en Boesmans hoor vertel." (p. 95.)
[115]
Soms raak die direkteur so erg boos op sy poppe, dat hy hulle reguit
toespreek en dan gelyk sy beeldspraak erg veel op die van 'n Griekwa
predikant soos Kleopas Kipie "O skynheilige mensdom, wat sy medemens
oordeel. As die helder soeklig op almal gedraai word, hoeveel blikskottels
en blikborde sal van die rakke tussen die silwergoed moet pad gee. En
hoeveel sal bly staan, wat as egte sterling silwer verklaar word!" (p. 51.)
Maar as Von Wielligh regtig ernstig word, dan draai hy sy rug op die poppe,
gooi vir Platjie ook weg en trakteer sy besoekers op 'n lang etnologiese
verhandeling. (Hoofstuk X.)[116] As 'n mens ook so oorloop van kennis is
dit erg lastig om nog altyd eers iemand 'n sopie te moet injaag voor sy tong
loskom! Of om iemand van Europa te laat oorkom soos Dr. Kleiner....
Ons moet dit op prys stel dat Von Wielligh sy ervarings onder die
inboorlinge te boek stel. Maar dit is erg jammer, dat hy nie ingesien het, dat
hy sy eie kuns vermoor deur kort-kort allerhande didaktiese byvoegsels en
onnatuurlike dialoog daarin te wring, in plaas van sy uitgebeelde persone,
soos die lewe self is deur hul eie natuurlike geaardheid en as gevolg van die
omstandighede van hul bestaan vanself een of ander mening te laat bewys
of suggereer. Hy is verplig om soos 'n museumgids by sy eie werk lang
toesprake te hou, waarskynlik omdat hy gevoel het, dat die werk self nie
sprékend leef nie.
Platjie is, soos reeds aangedui, niks anders as die pomp, wat Von Wielligh
gebruik om die water bo die aarde te kry. Ook in sy droom bly hy

Page 74

nuuskierig. "Hy voel hom so kalm as 'n lam en luister met gespanne
aandag" (p. 224). As Platjie moeg word vir die pompery, dan kom Koos
Fonk help en later Dr. Kleiner. Maar die droom van Platjie is tog nog die
wonderlikste ding in die boek! Dis nie sommer vandag se Hotnot, wat só
kan droom nie! Platjie hoor 'n koningin sê: "Sien jul daardie berge—ver en
naby? Sien jul die klowe met hul trippelende en murmelende kristal strome?
Sien jul die vlaktes waarop die heide vir die skoenlapper en die by met
nektar versadig? Sien jul die hemelpurper, waarheen wolkies van vlas deur
die son met goud geverf word?" (p. 224.) As Von Wielligh dan so veel
belang stel in die goudmyn van Ofir—'n onderwerp, wat ook die leier van
die Patriotbeweging in 'n roman bewerk het—laat hom dan in 'n
wetenskaplike blad sy opienie lug. Maar hy hoef ons nie te kom wysmaak,
dat 'n Hotnot, al is hy ook so danig geleerd soos Platjie, só kan droom nie.
Dit is 'n psigologiese onjuistheid, so onbeskaamd-astrant, dat dit selfs die
onnoselste "minder bevoorregte" moet opval.

Huis en Veld.

Willie Rosveld is vyf jaar op jag gewees, neem sy vader se
produktebesigheid oor en trou met Hessie Bendel. Sy vrinde is Frans le
Blanc, 'n ongetroude slagter, en Dolf Baumann, 'n rytuigverhuurder en
groenteboer. Die famielies gee 'n piekniek, vier nuwejaar en gaan saam
strand toe. Dan trek hul na die diamantvelde. Ewert, Dolf se oudste seun,
gaan saam met 'n trek na die Dorsland. Frans word intussen voorsien van
"'n altyd laggende Amalie" (p. 146), 'n weduwee met 'n groot veeplaas in
Transvaal, wat hom trou "omdat sy (hom) van sy jeug af ken ..." en omdat
hy "as slagter, so grondig met veeboerdery bekend was" (p. 147). As die
goudvelde in Transvaal ontdek word, dan trek Willie en Dolf weer soontoe.
Hulle word ryk, kuier rond, besoek Pretoria, waar hul met Oom Paul en
Genl. Joubert gesels, maar word op hul ou dag van mekaar geskei.

Huis en Veld is 'n poging om die maatskaplike en ekonomiese toestande
omstreeks 1870 te skets. In plaas van memoires te skryf, probeer Von
Wielligh om die mense van 'n halwe eeu gelede self op die toneel te voer,

Page 75

wat hom egter jammerlik misluk. Hy piets hul met 'n swepie deur al die vier
provinsies rond, sodat hy 'n kans kan kry om van die ou dae te vertel. Dolf
het gelukkig 'n seun, wat Dorsland toe kan trek, maar ons voel nie, dat dit
Ewert is wat al die ellende deurmaak nie. Dis eenvoudig Von Wielligh, wat
'n opstelletjie skryf. Hy laat Willie trou "nie om 'n liefdesverhaal in te voer
nie, maar wel om die gebruik, of gewoonte, van daardie tyd aan te gee" (p.
30). So gaan dit die hele boek deur. Hy vertel, o so veel van die uiterlike
omstandighede en van die swerftogte van sy mense. Ons hoor wat die
koring gekos 't, waarvan hul brood maak, ons weet hoe hul 'n kers snuit, dat
hulle "in daardie tyd net so goed tandpyn gekry (het) as nou" (p. 22)—maar
die mense self ontmoet ons nooit. Hulle is nie eers aangeklede poppe in 'n
museum van oudhede nie, hulle is bloot name.
Met 'n klein wysiging kan ons Von Wielligh sy eie woorde toeroep: "Die
huis moenie 'n preekstoel wees nie en die veld nie 'n voorlesingsaal nie." (p.
88.) Dit is juis wat hy doen. Luister maar na hierdie ouderwetse preek: "Jare
is die vasgeklinkte skakels van 'n eindlose ketting, en snoer aan mekaar tot
in ewigheid; ons persoonlikheid is maar as druppeltjie daaraan, om spoedig
te verdamp en sy plek ken hom nie meer nie ... Dis die laaste dag van die
jaar; maar nie die einde van tyd nie—(sou die "minder bevoorregtes" dit
miskien nie weet nie? P.C.S.)—tussen die begin en einde van oneindig
ewigheid is geen middel nie. (Q.E.D.!) Net soos die grootste hemelliggaam
'n stoffie in die oneindige ruimte is, net so is eeue 'n oogwenk in die
ongebroke snoer van tyd," (p. 48-49.)[117] Op p. 32-33 word ons in egte
traktaatjiesstyl vertel hoe iemand "diep onder die grond in 'n
dronkaardsgraf" geraak het.
Dat daar 'n geestelike verwantskap tussen Von Wielligh en Kleopas Kipie,
die Griekwa-predikant bestaan, bewys die volgende: "Net so onsierlik as 'n
blomtuin sonder blomme, so nutteloos as 'n horlosie sonder wysters, of so
onhoubaar as 'n mosterd-pleister onder 'n hond se bors, net so sal die
samelewing op aarde sonder vrouens wees. Daarom, groot is jou mag, o
vrou, sien toe dat jy dit op die regte tyd, en op die regte wyse gebruik. Maar
nie om berge te wil versit, of te uithaler te wees in 'n kamer waar rotte
komedie speel nie ..." (p. 121).
Die selfde Oom Ignaas, wat beweer dat die huis geen preekstoel moet wees
nie, sit ewe getroos twee paginas vol te preek oor huweliksgeluk (p. 87-88),

Page 76

en sy vrou klop hom nog, want sy het byna drie blaaie nodig voor sy
uitgepraat is, (84-86). Op p. 79 preek Oom Ignaas weer oor weeskinders en
so sou daar nog meer voorbeelde aan te wys wees, wat net danig "met
slaapstof gespesery" is.[118]
Die dialoog is meestal onnatuurlik. Soos 'n egte boekeheld sug Willie: "Ag
mag ek die onsterflike glimlag nog eens op moeder se lippe sien, of die
welgemeende raad van vader aanhoor!" (p. 4.) En watter Boermoeder sou
so praat: "Willie, ons is bly dat jy die veld deurreis het, waar alles deur die
Natuur self geplant is...." (p. 9). En Frans, die slagter, die man wat sê:
"Liefde is eiebelang en selfvermaak" (p. 148), slaan ook 'n snaakse taaltjie
uit by die Duiwels-Kantoor: "Waar is die skilder wat die landskap op
seildoek kan weergee! Waar is die digter om die grillerige aanblik in
woorde te beskrywe!" ens. (p. 157).
Ou Kammies, wat so dapper met die doringstomp spook is goed geteken.
As hy praat dan luister ons graag, want sy taal is nie net 'n aftreksel van Von
Wielligh s'n nie. "Maar seur,—nou?—nou kraak my ou litte van
kanniemeernie en ek kan nie eers meer daardie klip raak spuug nie" (p. 47).
Een so 'n sinnetjie laat ons direk voel dat ons met 'n mens te doen het. Hoe
raak is ook die toneeltjie waar Kammies met die piekniekwaens aankom:
"Wel, hoe het dit gegaan, outa Kammies?" vra Willie. "Nee, goed seurtjie.
Net jammer die wiele van die wa het van droogte begin skree," antwoord
die ou wynvlieg. "En die swaarste van al was, outa, dat die smeergoed al die
tyd op die waentjie lê," las Dolf tussen in. "Dis by my kool die waarheid,
seur Dolf! Toe het ek maar soos bobbejaan gemaak—ander pad sit kyk." (p.
41.)
Waarom sleep Von Wielligh kinders in sy verhaal as hy hulle net heeldag
toesnou: Moenie dit nie en moenie dat nie! nes 'n kwaai oupa wat hoofpyn
het? As die arm goedjies iets wil doen, dan moet hul altyd hoor: "Nee,
volstrek nie, die muile sal jul skop" (p. 57), "die slange sal jul byt" (p. 44)
en so word hul nog vyf keer iets verbied, (p. 42, 50, 56, 57 voorlaaste
paragraaf, en 67.)[119]
Wat hy in Staan jou Man verklaar, is maar al te waar van homself: "... ons
wat groot en oud geword het, het magtig baie vergeet wat in die kindersiel
woon." (p. 147.) Anders sou hy die twaalfjarige Ester nie so 'n ou-

Page 77

menstaaltjie laat praat nie: "Kom ek om, dan kom ek om.... Sit ons stil tuis,
dan is ons tog kinders van die Dood." (p. 177.) En die wonderlike
Amerikaner, wat so netjies sug nes 'n middeleeuse rederyker (p. 201) het
ook 'n snaakse begrip van 'n kinderverstand as hy vir Ester sê: "Hulle (die
eierdoppies) het wel eens die kiem van lewe gedra, maar is nou siellose stof
geword en is tans oorblyfsels van verongelukte verwagtings, nes die
graffies van kinders wat slegs tydelik aan hulle volk geleen was." (p. 201.)
Eweas in Jakob Platjie hou Von Wielligh ook in Huis en Veld lang
verhandelinge oor die toestande van 'n halwe eeu gelede, wat heeltemal los
staan van die verhaal. So kry ons in hoofstuk III besonderhede oor poswese,
boerdery, kerk, skool, spoorweë en ... swawelhoutjies. Daar is historiese
uitweidings en 'n beknopte geskiedenis van die Patriotbeweging; 'n
definiesie van 'n lugspieëling (p. 109), wat sou pas in 'n handboekie oor
aardrykskunde, 'n boereraad teen koorssiekte en 'n persoonlike appresiasie
van die deugde van Engelse sout, kienapille en "grou vomitief", ens. ens.
Von Wielligh het ongetwyfeld 'n goeie kennis van die tydperk wat hy
beskrywe en sou seker 'n handboekie kan opstel wat vir die historikus en
argeoloog nuttig sal wees, as hy maar net leer om te onderskei tussen
gewigtige en onbelangrike sake en hul nie heel deftig vertel dat "die
graanboer meestal sy gesprek voer oor graan ploeg en afoes; die wynboer
belang (stel) in wingerde en wyn, en die veeboer verdiep (is) in sy skape en
beeste ..." (p. 57-58). Hy kan gerus aanneem dat iedere normale mens dit
oor vyftig jaar ook nog sal weet! Laat hom in elk geval nie weer probeer om
sy kennis soos Koos Fonk in 'n roman rond te smous nie, want ook op
letterkundige gebied is sulke smokkelpraktyke strafbaar.

Staan jou Man.

In Staan jou Man word die boerelewe op die ooster-grense van die
Kaapkolonie in die tyd net voor die Groot Trek geskets. Gert Markeland,
weens sy groot lengte bekend as "Groot Fant" woon op die plaas
Kliphuiskoppie in die nabyheid van Grahamstad. Een van sy bure is Samuel
Firtree, 'n Engelse "setlaar", wat egter heeltemal Afrikaner geword het.
Jakob Raster, 'n Hollandse matroos, is Daan Wiks se skoolmeester. Groot
Fant gee op sy verjaarsdag 'n groot fees, en later word trekplanne op Org
Dapperman se plaas bespreek. Daar word 'n tier geskiet, by welke

Page 78

geleentheid Raster les kry in perdry. Frankie Daai, 'n ou-jonkman maak
flikkers by Sytjie, wat skielik ryk geword het deur 'n groot erfenis, maar
word deur sy handelsvennoot Soekie Grasman uitgeoorlê. Victor, die seun
van Firtree, skiet per ongeluk Org Dapperman dood en verwond sy vrou,
waardeur die trekplanne uitgestel word. Allerlei kaskenades van Rennie,
Groot Fant se seun en Ester, Dapperman se dogter, word verhaal. Ester red
die bewoners van Kliphuiskoppie deur op dapper wyse die aantog van
Kaffers aan die bure bekend te maak. Plase en meubels word verkoop en
voorbereidings vir die Trek gemaak. Intussen het Daai en Grasman in die
tronk geraak en Groot Fant Sytjie gekies om die plek van sy oorlede vrou in
te neem. Die verhaal sluit met enige awonture van die trek.

Uit Staan jou Man blyk ten duidelikste dat Von Wielligh se
intriegemasjienerie net 'n paar radjies het, wat al lelik uitgeslyt is. In Huis
en Veld het hy tweemaal gebruik gemaak van 'n verlore brief (p. 117 en
125), in Staan jou Man doen hy dit nog eens (p. 103) en ook in Jakob
Platjie speel 'n brief die rol van verklikker (p. 85). In Staan jou Man bewys
Sytjie ook nog Daai en Grasman se onskuld deur 'n brief (p. 237).[120]—
Koos Fonk se verjaarsdagfees by Gansmond word beskryf (Hoofstuk XII)
[121]
; in Huis en Veld is daar Nuwejaarviering (Hoofstuk VII), in Staan jou
Man alweer 'n verjaarsdagfees (Hoofstuk VI), en daarby nog 'n
poffertjiesparty (Hoofstuk III).—Platjie sien "skrifgeleerde" visioene, nadat
hy soutvleis en stormjaers geëet 't (p. 222), Frankie Daai ooreet hom aan
buffelkarbonaadjies en word deur 'n lelike nagmerrie gery (Hoofstuk IX).—
In Huis en Veld skrik die vrouens hul lendelam vir spinnekoppe (p. 181) en
Tant Annie het groot respek vir klipsalmanders (Hoofstuk II).—Die
vrindskaplike verhouding tussen die famielies in Huis en Veld vind ons
onder gewysigde omstandighede terug in Staan jou Man. Jakoba word
skielik ryk (H. en V. p. 114), Sytjie ook (S. jou M. p. 90) en albei kry
dadelik vryers. Birdie se twee vryers raak albei in die moeilikheid deur hul
slim planne, Sytjie s'n netso. En so sou daar nog meer ooreenkomste aan te
wys wees.
Die oorvloed van los anekdotes in al drie boeke is ook opvallend. In Staan
jou Man loop so baie kruispaadjies, dat ons glad van die grootpad verdwaal.

Page 79

Die skrywer het dit blykbaar self gevoel, want hy begint Hoofstuk XIV
aldus: "Ons verlang nou al so baie na Kliphuiskoppie ... dat ons nou g'n
minuut langer sal versuim om daarheen te gaan nie." Die enigste draad, wat
die anekdotes verbind, is dat almal bewys, dat die persone hulle man kan
staan. Dit word so 'n opeenhoping van dapper dade, dat mens naderhand
voel, dat die kindere Enaks weer opgestaan het, terwyl Groot Fant 'n
reinkarnasie van Simson is. Dat hy nog die moeite doen om die pilaar van
die kliphuis met kruit weg te blaas en dit nie sommer omstoot nie, soos sy
prototiep met die tempel van die Filistyne gemaak 't, bly 'n raaisel!
Dit spreek vanself dat by 'n roman, waarin die skrywer probeer om deur 'n
semelagtige aaneenstrengeling van awontuurlike voorvalle te bewys, dat die
vernaamste persone almal hul man kan staan, van die psigologiese
uitbeelding niks tereg kom nie. As hy die smart van die trekkers moet
uitbeeld, wanneer hul die Kolonie verlaat, dan roep hy uit: "Ons verberg
ons gesig vir die warme trane van afskeid, ons sluit ons ore vir die
hartverskeurende snikke, wat sielesmart vertolk.... Vroue en kinders wink
mekaar toe met hulle hande of sakdoeke, en die mans waai met hulle hoede
—alles tekens van 'n hartgevoel wat woorde magteloos slaan om (dit) te
verklank" (p. 240-241).[122]
Dieper dan die trane en die sakdoeke kan hy nie sien nie en daarom wil hy
sy oppervlakkigheid agter 'n retoriese poespas wegsteek. Met die een
voorbeeld kan ek volstaan en merk alleen nog op, dat daar selfs geen
goedgetekende Hotnotsfiguur in Staan jou Man is nie.
Die neiging om lang "moralisatiën ende contemplaciën" oor sy persone te
hou, is in Staan jou Man nog baie hinderliker dan elders. "En as ons Frankie
Daai so sien lê, dan rys die volgende oorwegings in ons gedagte op:—" (p.
86). Wat die "oorwegings" met die slapende Frankie te doen het, weet Von
Wielligh alleen, want dis 'n beskrywing van die winter!! As Frankie egter
eers gedroom het, dat Sytjie hom wurg, maak "hierdie afgryslike gesig ...
verder 'n beroep op ons nadenking" en dan pas merk ons dat die
wintertoneeltjie 'n aanlopie was vir 'n uitgewerkte preek oor die
"vraatsugtige Mens", by welke uitroep ons seker aan Frankie se gulsigheid
met die buffelkarbonaadjies moet dink! Maar dis glad mis! Die
"vraatsugtige mens" handel nes die "kille nagwindjies"! So raak ons

Page 80

"toegespinnerak" in die "stowwerige webbe" (p. 88) van
onverstaanbaarheid.
Op p. 186 versoek hy die "waarde leser" om die pen uit sy hand te neem
"om die blydskap van tant Annie in skrif ... neer te skrywe"; op p. 147 staan
'n prekie oor kinders in Griekwa-styl; op p. 270 vertel Ester en Rennie
"hulle awonture en uitredding, wat ons as volg teruggee". Die verklaring
van stormjaers, p. 26, wat hy oor en oor gee in byna al sy boeke, en die
beskrywing van 'n kakebeenwa moet hy bewaar vir sy oudheidkundige
handboek.

Boesman-Stories.

"The religion of the Bushmen is made as clear from their own recitals as
such a subject can be, when it is remembered that the minds of the narrators
were like those of little children in all matters not connected with their
immediate bodily wants. Their views concerning the sun, moon, and stars
seem utterly absurd, but a European child five or six years of age, if not
informed, would probably give no better explanation. Their faith too, that
is, their unreasoning belief in many things that to an adult European seem
ridiculous, is seen to be that of mere infants." So lui die verklaring van Dr.
Theal in sy inleiding tot Bushman Folklore by Bleek and Lloyd (p.
XXXVIII) en wie die eerste deel van Von Wielligh se Boesman-Stories
(1919) gelees het, moet die juistheid daarvan erken. Die stories verplaas ons
in 'n spook-wêreld, waar alles met toordery aanmekaar hang, waar die
snaakste gedaanteverwisselinge plaasvind en die aller-gekste maneuwers
uitgevoer word. In die wonderlike gedoentes is daar weinig logiese gang;
daar is geen kliemaks wat steeds die belangstelling gespan hou, geen goeie
motivering, geen artistieke, harmoniese eenheid nie. Meestal weet ons nie
of ons met mense of diere te doen het nie, want ofskoon die diere
gewoonlik enkele kenmerkende eienskappe hou, word die juiste maat in hul
vermensliking selde getref, en verrig hul dade, wat al te spesifiek menslik
is. So lees ons van 'n uil, wat sy mes laat val (I, p. 117), 'n aasvoël, wat 'n
springbok skiet (II, p. 19), 'n leeuwyfie, wat met Boesmankinders
saamwoon en hulle met knopkieries wapen (II, p. 109), 'n tier wat hom as 'n
reisiger vermom (II p. 140). En van sulke voorbeelde krioel die stories. Dit
word ten slotte 'n marteling om die grillige kronkelinge van die Boesman-

Page 81

fantasie te volg. Van skoonheid uit letterkundige oogpunt is daar heel
weinig te bespeur in die kinderagtig inmekaargedraaide versinsels, waaraan
mens geen osseriem kan vasknoop nie. Vir die etnoloog mag die gegewens,
wat Von Wielligh met sulke prysenswaardige ywer byeenversamel het van
groot waarde wees, maar vir die letterkunde is alleen enkele verhale uit die
eerste twee dele van enige betekenis. Mooi is nommer 41 waar 'n leeu met
'n klein meidjie by die wagvuur speel. En so is daar ander toneeltjies uit die
swerwende jaglewe van die Boesman, wat treffend is deur oer-naïewe
eenvoud; ook raak skildering van diere (b.v. in nommer 44), maar selde 'n
skone geheel.
In die eerste deel word hoofsaaklik die mitologie behandel, deel twee bevat
dierstories, terwyl die derde deel eintlik geen reg op die naam Boesman-
Stories het nie, want dis 'n geskiedkundige verhandeling oor die "sedes,
gewoontes en bekwaamhede" van die Boesman. Heelwat besonderhede, wat
reeds in Jakob Platjie en die eerste twee dele voorkom, word hier herhaal,
te same met persoonlike herinneringe en allerlei anekdotes, wat die skrywer
van ander persone verneem het. In eenvoudige taal vertel Von Wielligh alles
wat hy van die Boesmans weet. Gelukkig het hy sy meedelings nie "met 'n
vergulde nerfie oor(ge)blaas"[123] nie, want soos uit 'n nader bespreking van
sy styl sal blyk, is 't juis dìt, wat hinderlik is in sy romans. Hier loop hy
eenvoudig padlangs en vir die ondersoeker van Boesman-gewoontes deel
hy heelwat wetenswaardigs mee. In die voorwoord van die derde deel
verklaar hy, dat dit "van 'n wetenskaplike aard" is. Populêr-wetenskaplik
sou juister wees, want Von Wielligh is met als sy persoonlike ervaring 'n
leek sonder etnologiese vorming, wat geen begrip het van die groot verband
van sy onderwerp, en wat hom deur sy hartstog vir die Boesman tot allerlei
gewaagde en moeilik bewysbare generalisasies laat verlei. So verklaar hy
op p. 73, dat die Boesman 'n paar oë het, "om ver en raak te sien soos nog
geen ander menseras hom op kan beroem nie", en op p. 68 verseker hy ons,
dat daar "op die Europese toneel min ... dansers (is), wat 'n Boesman in 'n
riel sal uitstof ..." Op p. 21 verklaar hy: "soiets as mis-skiet ken 'n Boesman
glad nie", terwyl hy kort daarop moet erken: "In sterk wind is hy minder
gelukkig". Die meedeling oor die slangsteen op p. 52 is seker ook nie van
wetenskaplike aard nie, ewemin as die snaakse definiesie van
"deursigkunde—dit wil sê, om voorwerpe op 'n tekening op verskillende
afstande voor te stel" (p. 67). Vir die vakman sal die volgende bewering ook

Page 82

stellig nie van veel nut wees nie: "Sy voedsel (d.i. die Boesman s'n) bestaan
byna uit enige ding—al wat hy nie eet nie, is wat hy nie in hande kan kry
nie." (p. 21).
Die vierde deel bevat "gemengde vertellings, mees van 'n awontuurlike
aard", wat die skrywer gedeeltelik self opgeteken 't en gedeeltelik aan ander
bronne ontleen 't. Daar is 'n paar goeie jagstories en verhale wat ons 'n kyk
gee op die awontuurlike lewe van die boere teen die end van die
negentiende eeu. Uit letterkundige oogpunt is dit die besgeslaagde bundel,
ofskoon ook hier die psigologie soms nie dieper as die boonste nerfie gaan
nie, soos blyk uit die volgende: "Dis wonderlik watter indruk so 'n
verandering in die lewe van 'n Boesman maak. Hy kom uit die wildernis,
alwaar beskawing nog op sy beurt wag. Hy kom in Kaapstad en sien treine,
skepe, hoë huise, en hoe baie mense daar besig is. Die groot winkels met
alle soorte goed wat hy nie ken nie, is vir hom 'n wonder bo wonder." (p.
132.) Met dit al het Von Wielligh met die versameling van die stories 'n
verdienstelike kultuur-historiese bydrae gelewer. Wat hy met onvermoeide
speursin uit verborge hoekies en gaatjies gehaal 't sal altyd van belang bly,
maar waar dit ons hier te doen is om letterkundige skoonheid, moet
gekonstateer word, dat die geaardheid van 'n groot gedeelte van die stof
sodanig is, dat dit slegs vir wetenskaplike doeleindes geskik is.
Gewoonlik word die serie Boesman-Stories as boeke vir die jeug beskou.
Blykens die voorberig van die vierde deel was dit allermins die bedoeling
van die outeur en uit die karakterisering van die inhoud is dit duidelik, dat
hy gelyk het. Daar is seker min Afrikaanse ouers, wat sou wens, dat hul
kinders so 'n volledige kennis van al die Boesman-bygelofies bevoorbeeld
moet hê, as wat Von Wielligh ons aanbied. Niettemin sou daar seker 'n klein
bloemlesing uit die vier dele kan saamgestel word, wat sal voldoen aan die
vereistes van 'n kinderboek. Maar Von Wielligh is veels te optimisties waar
hy sê: "...daar sal gewis 'n tyd aanbreek dat nie alleen kinders nie, maar
meer as kinders hulle ore sal hou teen die blaaie van Boesman-Stories om te
luister na sprokies en vertellings asof die woorde direk en duidelik
afkomstig is van die oorspronklike lippe wat hul vertel het."[124] Dit is in
flagrante teëspraak met die volgende: "Met die skrywe van hierdie
Boesman-Stories het ons die gedagtes van die Boesmans in ons eie woorde
vertolk ..."[125] en gee aanleiding tot 'n ander opmerking. Die eienaardige
bekoring van die inboorlingestories sit ongetwyfeld grotendeels in die

Page 83

persoonlikheid van die oorspronklike verteller. Dit het Von Wielligh self
gevoel, want in die voorberig van Diere-Stories verklaar hy: "Niemand kan
'n Diere-Storie so smaakvol as 'n Hotnot vertel nie. Dit smaak of hy alles
daar voor hom sien en hoor, wat hy verhaal. Haarfyn kan hy die Diere
naboots en namaak—so natuurlik, dat ons daarvan soms bang word." Nou
is dit juis dié natuurlike element, wat ons in die Boesman-Stories mis,
terwyl in Diere-Stories, soos deur Hotnots vertel die juiste toon baie beter
getref word. Gelukkig het Von Wielligh besef dat 'n kinderboek nie
"deurspek met lesse, met sedepreke" moet wees nie en met uitsondering van
sekere minder artistieke stylwendings kan die Diere-Stories as aangename
kinderlektuur beskou word, wat egter in hierdie verband nie nader kan
bespreek word nie.
Al dadelik blyk egter weer uit die volgende aanhaling, dat Von Wielligh, as
leek hoegenaamd geen insig het in die wordingsgeskiedenis van dierverhale
nie. In die voorberig van Boesman-Stories I stryk hy met 'n klein vetkersie
ewe parmantig in die volle lig van 'n stralende son:
"In Europa en Amerika word tot nog toe vrugtelose pogings aangewend om
gewilde en ingrypende (?) "Diere-Stories" te skrywe; hier in Suid-Afrika
het die Hotnots en Boesmans dié reeds vir ons eeue gelede uitgewerk. Al
wat ons te doen het, is om die ryk oes in te samel." Hy weet dus nie, dat
feitlik alle volke hul dieresprokies het nie, dat selfs vandag nog sulke
vertellings van mond tot mond gaan oor die gehele aardbodem en dat baie
van ons jakkalsstories groot ooreenstemming vertoon met die Europese
verhale van die vos.[126] Wat die digter van Reinaerts Historie (II), reeds in
die 14de eeu geseg het bly nog altyd waar, ook in literêr-historiese sin: "Van
Reinaerde es een groot saet Ghebleven dat nu seere up gaet."
Van Von Wielligh het ook nog verskyn 'n Afrikaanse bewerking van
Robinson Crusoë (1920) en 'n Boesman-Robinsonade, Nimrod Seeling
(1921). Nimrod is 'n seuntjie van vier jaar, wat in die hande van Hotnots en
Boesmans val en by hulle bly tot sy veertiende jaar. Deur 'n
aaneenskakeling van awontuurlike gebeurtenisse kry die skrywer nog eens
'n geleentheid om die gewoontes, sedes en bygelowe van verskillende
inboorlingstamme te skets, terwyl ook die jag op groot wild beskryf word.
Aangesien die verhaal vir die "jonger geslag" bedoel is, word 'n eenvoudige
styl gebruik. Maar selfs die spannendste awonture word op dorre

Page 84

betoogtoon verhaal, sonder enige poging tot plastiese uitbeelding. "Die leeu
is nou kort agter ons. Toe Saba in haar boom was, steek sy haar hand uit om
my op te help. Maar helaas, my lang hare raak verward in 'n droge tak. Saba
breek met wilde krag die stuk tak en pluk my op; net toe kom die leeu onder
die boom en vang met sy voorpoot naar my voete. Hierop maak Saba haar
man as of hy uit sy boom wou afklim. Die leeu sien dit, hol soheentoe en
kry 'n skoot met 'n gifpyl, deur die ander Boesman afgeskiet. Hierop gee
Saba haar man hom nog 'n skoot, en hy was nie meer nie." (p. 33-34.) Dit is
maar een voorbeeld van die dooierige, kroniekagtige vertellings, waarin die
verskillende insidente deur 'n uitgerekte string van hierop—daarop—
waarop—daarna—verder—voorts en soortgelyke woorde aanmekaar geryg
word.[127] Dat ook hier herkouing van ou motiewe aanwesig is, bewys o.a.
die Griekwa-preek op p. 76.

Hy tok-tok, hy tok-tok,
Hy tok-tok, hy tok-tok, ens. ens.[128]

Dit is die enigste ritme, wat daar in Von Wielligh se prosa is. Gevoel vir die
klankwaarde van woorde, vir die fyner modulasies, vir die mooi melodie
van glydende woordereekse besit hy nie. Ewe geduldig stryk hy sy ramkie
en op die eentonige deun "kerf" hy riel na riel uit. Dit is die totaalindruk. In
Jakob Platjie word ons af en toe deur 'n mooi klankeffek verras en ook in
die Boesman- en Diere-Stories, maar in Huis en Veld dreun die dowwe
preektoon dwarsdeur.
Herhaling van dieselfde woorde is 'n vaste kenmerk van sy styl. "As 'n man
wild na huis bring, dan word die afgekoude bene 'n entjie van die deur van
sy hut op 'n hopie gegooi. So het elke man in die kraaltjie sy eie beenhopie.
Die afgeëte bene, so lank geëet word, word in die hol bak van die borsbeen
van 'n volstruis geplaas. Is daardie beenskottel vol bene, dan word dit na die
beenhopie gedra en daar neergegooi." (Boesman-Stories III p. 34-35.) En so
gooi Von Wielligh nog 'n paar paragrawe aldeur bene op die beenhopie,
totdat dit 'n berg word! In Huis en Veld (p. 145) kom behalwe ander
herhalings voor: herstel—stel—stel, alles in een paragrafie.[129]
"Onder sy aanvoer kom hul altyd vierkant veilig anderkant uit" (t.a.p., p.
67). "Dit het Daan gesê, en hy gaan toe op 'n verraderlike blok sit, wat sy
plesier daarin vind om óm te slaan en die een wat daarop wou sit, nog die

Page 85

moeite te gee om dit weer met sukkel in ewewig op die grond te plaas en
dan daarop te sit, met meer aandag wat onder as wat voor die sitter
plaasvind" (t.a.p., p. 24). Afgesien van die storende herhaling is dit seker
besonder lompe styl. En sulke voorbeelde is daar soos bossies![130]
Met nog een tok-tok-deuntjie kan ons volstaan. "Daar was nie lopende
water in die kloof nie; alleen was daar 'n gat water onder 'n waterval. Daar
was geen ander ingang tot die kloof as van onder af nie. Ons vind die dooie
kalf bo in die kloof digteby die waterval en daar het ons die slagyster gestel
soos dit behoort te wees, sonder die yster aan iets vas te maak—anders
draai die tier sy poot daarin af. Lê die yster los, dan kan hy wel 'n entjie
daarmee stap, dog van ontvlug is glad geen sprake nie, daar die yster te
swaar aan sy seer poot hang." (N. Seeling p. 77-78.) "Ma, Pa vra of Ma nie
Pa se osse na die wa sal laat ja nie?" is kindergestamel van dieselfde
klankwaarde.
Vir kombinasies van verwante gedagtes is Von Wielligh baie lief en dikwels
gee hy in aliis verbis idem. "Dit vul ons hart egter met blydskap om met
vergenoegdheid 'n terugblik te mag werp ... (Eerste Skrywers p. 7); "Maar
gelukkig het 'n verwydering van liefde en vrindskap die lede nie van mekaar
kon skei nie. Vrinde as altoos!" (t.a.p., p. 49)—wat onsin is! "Hulle
(verstaan: die Engelse) beskik oor wêreldberoemde skrywers en vertalings
uit ander tale" (t.a.p., p. 91); "Hy het die Britse gesag verlaat en vaarwel
gesê, en met sy Groot Trek het hy in 1836 die Kolonie verlaat ..." (t.a.p., p.
103); "'n lappies dorp van tente of 'n blikkies dorp van sinkhuise" (H. en V.,
p. 111); "Rusteloosheid egter gun hom geen rus nie"[131] (t.a.p., p. 6); "die
renbaan het Freddie se beurs omgedop, sodat die binnekant nou buite sit"
(t.a.p., p. 128); "alles natuurlik onder vier oë en in diepe vertroue" (J. P. p.
94); "Die trekboere het in tente, maar liefs by voorkeur in matjieshuise
gewoon" (t.a.p., p. 92); "die man se lyf was amper kaal en met min klere
bedek" (Boesman-Stories I, p. 148). Dieselfde neiging om tog maar veral
niks aan die fantasie van die leser oor te laat nie blyk ook uit tal van
nuttelose opmerkings by die Boesman-Stories. Die tietel van No. 58 in deel
III lui: "Nog meer oor Bygeloof" terwyl die Opmerking(s) ons nog ewe
deftig verseker: "In hierdie Verhaal sal ons nog meer vertel oor die
bygelofies van Boesmans"! By No. 53 en elders gaan dit net so!

Ick sie: geen dingh en is soo kleyn,

Page 86

Of 't gaet u tot het innigh breyn:
Geen dit of dat, geen boere-schuyt,
Of gy en treckt er voordeel uyt.[132]
As Von Wielligh in die sewentiende eeu geleef 't sou hy seker 'n tiental
emblematabundels geskryf 't. Wat van Vader Cats geseg is, geld ook van
hom: "Niets is hem te gering; geen afstand is hem te groot, geen combinatie
te zonderling; zijn blik volgt de vloo, dwaalt van de oester tot het haantje
van den toren."[133] "De voorstellingen (in Sinne- en Minnebeelden) zijn
meerendeels ontleend aan het dagelijksch leven; een doorgehakte paling
welks twee deelen zich zoeken te vereenigen, een brandend hout en een
mooi meisje, eene papegaai in een kooi, een spinneweb, een windhaan, een
rattenval, een bordurende juffer ... verwelkte rozen, een vlinder, eene fuik,
enz."[134]
"Frans weer was soos sodawater: druk jy die prop in, dan bruis dit, maar die
gas is gou uitgekook. Gou driftig, maar gou weer goed." (H. en V., p. 14.)
Met 'n mooi plaatjie daarby sou dit 'n goeie sinnebeeld wees. Cats
redivivus, maar dan tog in onderbaadjiesak-formaat, want van sy fyn
vertellerstalent is daar by Von Wielligh weinig te bespeur. Dit is bekend, dat
Cats twistery tussen man en vrou verdedig deur daarop te wys, dat 'n
braakmiddel af en toe goed is vir die maag. Dit is wel iets na Von Wielligh
se smaak: "Om iemand kwaai woorde toe te voeg, of om hom vomitief in te
gee, kan jy iets onaangenamer terug verwag" (H. en V., p. 88). Dieselfde
skerp "tegenstelling van verheven en plat" wat by Cats so 'n komiese indruk
maak, tref ons ook by Von Wielligh aan. As Cats bevoorbeeld wil duidelik
maak, dat die gedrag van iedere vryer noukeurig ondersoek word, dan sê
hy:

Een vryer moet het lyf als op de rooster leggen,
Om daer, gelyck een worst, te worden omgewent,
Totdat men aen den reuck syn roet (vet) en reuzel kent.[135]

Von Wielligh verklaar met groot erns: "... so nutteloos as 'n horlosie sonder
wysters, of so onhoubaar as 'n mosterd-pleister onder 'n hond se bors, net so
sal die samelewing op aarde sonder vrouens wees." (H. en V., p. 121).

Page 87

"Zeker, Potgieter had gelijk toen hij, met het oog op Huygens, zeide dat
voor den waren dichter niets te laag is om het tot zich op te beuren. Indien
de dichter het lage dan ook maar opbeurt. Dat doet Cats zelden. Gewoonlijk
bukt hij zich of hurkt er bij neer ... Liefst houdt hij zich bij het dagelijksch
leven; maar het dagelijksche wordt licht alledaagsch, het alledaagsche staat
niet ver van het platte, het platte daalt gaarne af tot het ruwe."[136] So gaan
dit ook met Von Wielligh. Dat hy sy boere ens. van die ou dae, beelde
ontleen aan hul daelikse bedryf laat gebruik, is goed gesien. As Frans die
slagter b.v. in Huis en Veld na aanleiding van 'n opmerking dat gebrekkige
en sieklike mense nie behoort te trou nie sê: "Dus hulle is van egtelike
Liefde uitgesluit. Hul moet hulle geluk in Vrindskap gaan soek—en is
stompoor gesny en op die stoppelland geja." (p. 16), dan tiepeer dit meteens
die man se hele persoonlikheid. Willie se grappie: "Ons het die ou jaar net
vandag nog aan die puntjie van sy stert, vannag glip hy hand uit en slaan
bolmakiesie oor die afgrond van die verlede" (p. 47) pas mooi in die
koffiedrink-atmosfeer. Maar wanneer Dolf se vrou in volle geselskap sê:
"dan maak Ma eers goed vuur op hulle asplekke" (p. 74), stap sy oor die
grense van alle welvoeglikheid. Von Wielligh moet bedenk, dat wat
uitstekend pas in Jakob Platjie nie orals kan gebruik word nie. Koos Fonk
se mikstuur "maak vrolik en olik en dan moet daar weer van die hond se
hare gehaal worde om op die hond se bytplek te sit" (p. 81). Sina is "vir die
tronk so bang ... as 'n bobbejaan vir die hits van 'n gloeiende yster" (p. 5)—
dit is raak opmerkings, wat ons dadelik as psigologies juis voel. Maar
ongelukkig het die Hotnot-Griekwa-Boesman-suurdesem deur al Von
Wielligh se werk getrek. Dolf se "beskouing omtrent sake het nie dieper
ingedring as 'n speld in 'n aap se duim nie" (H. en V., p. 13); sy gestalte "laat
iemand aan 'n bobbejaanpaal dink ... terwyl Frans iemand aan 'n ronde-rib
skapie herinner" (p. 13)[137]; Hessie "kielie 'n kort stukkie op die klavier" af
(p. 36); Dolf lyk "net verspot ... asof hy te veel galsterige varkspek geëet
het" (p. 97) en in Staan jou Man sit "algar ... by hierdie tyd soos paddas
danig erg van die gemmerbier opgeblaas" (p. 61); "Die son steek asof hy
Fant in 'n groot stuk kaiings wou opsmelt" (p. 18); Soekie Grasman is "so
grappig dat hy 'n hele vrag ape van lag sal laat uitskater" (p. 104) en druk
Sytjie "om haar beenderige ribbe" (p. 131); "M.A. en B.A.-tietels was vir
hulle net soveel wêrd as 'n broeksak vir 'n hond" (p. 149); "ons almal weet
dat die troos wat hieraan ontleen is, maar altyd 'n handvol vlieë bly" (p.

Page 88

244). Met sulke beelde sal Von Wielligh seker die outas en aias in die
kombuis laat lag.[138]
Met eienaardige logika probeer hy om die plat taal van die Patriotters goed
te praat: "'n Fout werd gevinde met die Eerste Skrywers, dat hul ongekuiste
taal gebruik het. Maar dit vind 'n mens by die eerste skrywers van alle volke
en die rede is hierin te soek: dat as iemand van 'n vlooi praat, dan is dit
onbeskaaf, maar hy mag wel van 'n vlieg praat. Dis niks om van 'n koei te
praat nie; maar pas op om van 'n bul te praat. Iemand kan sê: "dis
leuenagtig"; maar "dis waaragtig" dan is dit vloek. In die opvoeding word
hom geleer wat te sê en nie te sê nie. Dus hy word geleer hoe om in die
sitkamer te praat. Alle dinge is geoorloof; maar alle dinge is nie oorbaar
nie". (Eerste Skr., p. 38.) Met iemand wat hom van sulke argumente bedien,
val daar nie te redeneer nie.[139] Dat "die eerste skrywers van alle volke" hul
van ongekuiste taal bedien het, is 'n bewering wat stellig onwaar is in sy
algemeenheid; bowendien kan die gebruik daarvan in die negentiende eeu
beswaarlik geregverdig word deur 'n vergelyking met toestande van vyf of
ses eeue terug.
In sy studie Ons Geselstaal verklaar Von Wielligh: "Dog iemand wat regtig
meen om suiwer Afrikaans te bestudeer, moet peil tot die bodem om die
Afrikaanse gedagtegang baas te raak. Hiervoor lewer Plat Taal ons 'n
uitstekende geleentheid om te leer hoe woorde van suiwer gehalte te vorm.
Dit wil sê, as ons meester van die Afrikaanse Plat Taal is, dan besit ons die
sleutel om woorde van 'n hoë gehalte te smee; besit ons dan sulke
doeltreffende woorde, dan word praalskrif op suiwer grondslae vir ons so
duidelik as die son aan die hemel—altyd opklim, opklim tot die hoogste
sport."[140] Von Wielligh is hier ongetwyfeld op die regte spoor, al raak hy
ook verward in sy beeldspraak. Met plat taal bedoel hy blykbaar die
geselstaal van die onderste lae van die samelewing, wat volstrek nie
noodwendig plat is nie, terwyl onder praalskrif, taal van letterkundige
gehalte moet verstaan word. As Von Wielligh dus bedoel dat die
kunstenaars die volkstaal moet beluister, dan gee hy 'n raad wat baie groot
skrywers van alle volke gevolg het. Dit is bekend hoe Vondel, Hooft,
Brederoo en ander sewentiende-eeuers gedurende die wordingsproses van
die Neerlandse taal geput 't uit die sappige volkstaal. Hooft sê in 'n brief van
1630: "Verworpelingen van woorden van straet op te raepen ende doen

Page 89

dienen daar ze deugen, al was 't onder de edelen, daer kan men eer af
hebben". Van Vondel vertel G. Brandt: "Om op elke stof en zaak de rechte
spreekwysen te vinden, onderzocht hy, by allerley slagh van menschen, wat
Duitsche woorden elk ontrent zyn werk, handteering en kunst gebruikte. De
landtluiden vraagde hy, hoe sy spraaken ontrent den landtbou, en hoe ze 't
geen daar toebehoorde noemden, en uitdrukten. Ontrent den huisbou
vraagde hy op gelyke wyse de timmerluiden en metzelaars: ontrent de
zeevaart en 't scheepstuig de zeeluiden; ontrent de schilderkunst, en wat
daartoe hoorde, de schilders: en zoo voort ontrent alle ander bedryf,
wetenschappen en kunsten. Dit strekte tot opbou der taale en om van al wat
hem voorquam met woorden die de zaake eigen waaren te spreken."[141] Dit
is presies wat Von Wielligh met groot ywer en toewyding gedoen het en die
uitkomste van sy jarelange ondersoek is dikwels verrassend. Maar dit is van
meer belang vir die taalwetenskap as vir die letterkunde, omdat Von
Wielligh geen kunstenaar is nie, wat uit sy versamelde gegewens 'n werk
van skoonheid kan skep. Hy is eenvoudig 'n belangstellende leek, wat hom
verlustig in die "raak kolskote"[142] van die "spraakmakende gemeente", wat
"sy lag nie kan bedwing vir die raaksê-uitdrukkings"[143] van die
volksvernuf nie. As hy binne "die grense van sy eie ploegland"[144] bly, en
die gesprekke van eenvoudige volkstiepes of inboorlinge weergee, bereik
hy dikwels 'n mooi effek, maar sodra hy hom "werp op die vleuels van
praalskrif" dan gee dit 'n lelike misoes af. Van sy fyn opmerkingsgawe waar
dit dinge uit die alledaagse lewe geld, uit die boerebedryf en jagveld getuig
byna iedere pagina van sy werk. Ook die gewoontes van die diere het hy
ywerig bespied. Hy het honderdmaal geluister na geselsery oor
"pynplekkies en weersgesteldheid"[145], hom "knippeldik" versadig aan die
kwinkslae en "pittige" gesegdes van eenvoudige siele, wat jarelank in die
veld- en woestyneensaamhede rondgeswerf het. Daarom is daar in sy
beeldspraak so dikwels 'n plat-by-die-grondse geestigheid, 'n kombuisagtige
bysmakie, daarom verlustig hy hom in bywonergrappies.
Wanneer hy binne "die grense van sy eie ploegland" bly, dan is sy
beeldspraak ook baie beter as die van sy "praalskrif". Ter tiepering 'n paar
voorbeelde: "Mog daar 'n verskilletjie ontstaan, word dit so gou doodgedruk
as die vonkie wat val op 'n pyproker se broek (H. en V., p. 15); "Niemand
kry die eer om hom te fop nie; hy lê altyd vir hulle klaar, nes 'n haas wat
met sy oop oë slaap, of nes 'n ystervark met sy skerp penne, na die bedrieër

Page 90

toe." (S. j. M., p. 68.) "Vat hom aan sy hakskeen, en jy kry 'n terugskop met
die polvy van 'n velskoen, waarin 'n nommer-12-voet sit, om jou maagpyn
en winduit op jou hurke te bring; dan pak hy die parmant aan die arms, ...
stamp hom nes 'n karringstaf op en af, tot hy hik." (id., p. 12); "Daarom het
al die mans in daardie dae nes spinnekoppe gelyk wat tot agter hulle nekke
oopgeboener was." (id., p. 6); "Fant het net soos iemand wat korhaan jag,
om en om Sytjie gestap tot sy gaan sit, toe korrel hy" (id. p. 229); "Wie sy
ou steeks perd, wat gewoonlik agteruitbeur as daar seekoegate agter is,
verruil vir 'n ander wat gewoonlik die vaart neem as daar miershope en slote
voor is, weet bepaald dat hy deurgaans in die midde van onsekerheid
verkeer." (id., p. 239). Rosa "sal haar laaste seep uitleen en dan haarself met
'n baksteen skrop" (Jakob Platjie, p. 166). Abdol maak geld "soos gemaalde
koffie uit 'n meul." (id., p. 71.) "Oom, my bokke is regtig mooi—hulle
kloue kraak nes blinkleer stewels as hul so rondstap." (id., p. 57.)
Wanneer Von Wielligh nou sulke uitdrukkings gebruik, dan bly hy binne sy
eie ervaringssfeer en ofskoon daar geen sprake is van digterlike siening nie,
voel ons direk dat alles eg en deurleefd is. Maar te dikwels vergeet hy dat
die lekker-gesels-praatjies om die wagvuurtjie in die oop veld sleg pas in
die sitkamer en dan verspreek hy hom lelik. So lank as hy nog by die
wagvuurtjie bly, kan ons soms met genoege luister na sy jaganekdotes en
vertellings van die ou dae, dan hinder sy gekruide styl ons nie, omdat dit so
innerlik-eg is, so getuig van intieme omgang met die natuur in sy oer-staat.
Maar sodra hy die sitkamer binnestap, begint hy op onnatuurlike toon te
preek,—dan rek hy "'n taai-tammeletjie so lank uit as (hy) kan"[146] en jaag
die geselskap uitmekaar deur sy "pittige plat taal". Die gedurige botsing
tussen sy natuurlike geselsstyl en sy onegte "praalskrif", wat hom verlei tot
'n ridikule vermenging van hoog en laag is juis wat ons kriewelrig maak.
By die bespreking van Huis en Veld is aangetoon, dat hy Kleopas Kipie
maklik uitstof, wanneer hy sy sondagse manel aantrek. Dan word hy
gewoonlik onverstaanbaar in sy geaffekteerde hoogdrawendheid. "Met
hulle (die Trekkers) aangesigte na die noorde gekeerd, dwaal hulle dáár ver
in die suide op die agtergrond en sit op die verlede te broei. Die verlede is
vir vleis en bloed onnaakbaar; dog ons herinneringe, nes 'n vliegtuig, is in
staat om ons uit die deinsige hoogte op ons ou dwaalplekke te laat neerkyk.
Hulle sien uit hulle voëlvlug die ouderlike woning, waarin hul die besitters
van lewe met sy worstelinge geword het; hulle sien die speelplekke met die

Page 91

waentjies en poppe wat hul verbeeldingskrag gevoed en uitgeswel het, om
deur bespieëling die weg van toepassing te volg; ... Daarop keer die
herinnering langsaam terug ... tot waar hul daardie aand gesit het. Dan lei
Herinnering hul tot onder die uitgebreide vleuels van Hoop, wat hul aan die
hand vat ..." (S. j. M., p. 282-283). Dit is seker nie moontlik om meer
"vishoekvas in die spinnerakke"[147] van jou verbeelding te raak nie, om
nou 'n tiepiese Von Wiellighaanse uitdrukking te gebruik. Eers dwaal die
Trekkers, dan sit hul "op die verlede te broei". Hul herinnering word met 'n
vliegtuig vergelyk; die vliegtuig kry 'n hand wat deur die gevleuelde Hoop
gevat word! Hiermee kan vergelyk word Eerste Skrywers, p. 106: "Die
heldemoed van die Afrikaner daar aan die dag gelê, het die sluise van
nasionale ontwaking oopgetrek; want die volk werd daarvoor intyds ryp
gemaak, sodat die verrassing nie as 'n onweerslag op hulle gekom het nie."
In die voorwoord van Huis en Veld kom nog 'n voorbeeld van verwarde
beeldspraak voor: "Hierdie swakke poging, deur ons aan die hand gegryp
om 'n druppeltjie in die emmer te laat val—is dit mis, dan is dit mis,—is die
uitvloeisel van 'n dryfveer, wat ons aanspoor, nie alleen die skouer teen die
wiel te sit nie, maar om ook volhardend ons hele gewig daarop te werp. Ons
mog in die voorreg deel om vanaf 1875 as handlanger en baksteen-aangeër
met die opbou van ons Afrikaanse taalgebou mee te help ..." Sulke
voorbeelde is daar baie in Von Wielligh se werk.
As voorbeeld van die komiese effek veroorsaak deur die teenstelling van sy
gewone en kamma-verhewe styl kan die volgende uit die twede paragraaf
van Eerste Skrywers (p. 1) dien: "Graag het ons gesien dat 'n bevoegder lid
... sy kop oor die onderdeur van ons hartbeeshuis gesteek het om te
antwoord op die herhaalde aanklop." Maar dan word hy meteens deftig:
"Broeders en Susters! Blyhartig werp ons vir ons op die vleuels van die
gedagte om terug gedra te worde tot daardie dae, toe die sonskyf van ons
goeie nasionale taalsaak sy vergulde rand nog net so effentjies bokant die
donkere berge van onbewustheid en sluimer uitgesteek het." Dan hoor ons
van "'n koue harnas van geheimhouding oor ... brandende gevoele", van "'n
Afrikaanse boom, wat daar sy takke vry in ons heldere lug uitbrei ..." en
verneem dat in die dae "besigheid so slap soos pannekoekdeeg en handel so
plat soos die pannekoek self was"!

Page 92

Tot welke onsinnigheid Von Wielligh hom deur sy opgeskroefdheid laat
verlei, blyk uit die volgende voorbeelde: "Hierdie pragtige stukkie landskap
is met die penseel van die verwoestende mensehand op die seildoek van die
skone panorama doodgeskilder, sodat dit daar nooit weer sal verskyn nie."
(H. en V., p. 71.) Die herhaling op die end is tiepies. "Watter angs dit op die
kindersiel afgespieël het val beter vir die gedagte om dit te ontplooi as vir
die pen om dit neer te grif" (S. j. M., p. 272); "Hulle monde was meer
vloeibaar as die vloeistof wat uit die man se klere tap." (id., p. 243); "Toe
eers ontprop hy sy opgebottelde gedagtes en gee hul onsigbare vleuels om
oor die gebeurtenisse van die dag, oor die twee jongmeisies en oor homself
te laat vlie." (id, p. 84) "Selfs die kristallug, waar die sterretjies uit die
onmeetlike verte neerkyk, is tans met 'n swart plafon toegespyker." (id., p.
167.) 'n Voorbeeld van Laag-by-die-grondse humor staan op p. 95 van
Staan jou Man. Daar ontmoet ons ook nog juffroue, wat bordjies dra met
die opskrif: "alle toegang ten strengste verbode" en wat hul voorstel hoe hul
"'n weg sal baan deur 'n Eden van aardse saligheid"!!
Dikwels gee Von Wielligh se neiging om abstrakte begrippe te
verpersoonlik, of met iets anders te identifiseer aanleiding tot die
allersnaakste kombinasies. "Die wapenhuis van Rennie en Ester was
taamlik gevuld met 'n rommel van deug en ondeug; die taak om die gebruik
daarvan onder 'n ystervoet vas te trap was aan streng moeders en minder
geduldige vaders oorgelaat." (id., p. 148); "Die woorde was maar die
vingers wat die harpsnare van aldaagse gebeurtenisse bespeel" (id., p. 158);
"Het die uitlegginge ... altyd die blou strikkies van waarheid om hulle nekke
gedra?" (id., p. 147); "Hoe verkwikkend dit ook al vir moeder en dogter was
om in die arms van liefde te val ... tyd, egter, het die skerp snede van die
swaard van skei stomp gevyl en dit minder gevoelig gemaak." (id., p. 144);
"Hulle prikkelende nuuskierigheid om die groot dorpe en see te sien, was
die goue eiers van hulle verwagting waarin die kuikentjies van verrassing
reeds piep." (id., p. 218). Op die jagveld is die Boesman "vis in die water en
stuurman aan die roer van sy verstand". (B.-St. III, p. 47). "Waarom moet
ons ons woordeskat gaan verryk met woorde wat yskoud is en wat met ons
geen meegevoel koester nie?" (Eerste Skr., p. 80).
In Eerste Skrywers (p. 125) haal Von Wielligh met instemming 'n
veroordeling van retoriese uitdrukkings aan, maar juis die twee gewraakte
beelde is hy besonder lief voor. In die voorwoord al vertrou hy dat hy "in

Page 93

die arms van 'n genadige beoordeling sal val" en so is daar nog baie ander
soorte arms in sy werk te vind,[148] terwyl "Dingaan die teuels van tirannie
en dood gevoer het net waarheen hy wou" (S. j. M., p. 11). Von Wielligh is
trouens die laaste man, wat oor retoriese styl moet klaag, want dit sou geen
sware taak wees om 'n paar paginas afgeslyte frases uit sy werk neer te
skryf nie. In Huis en Veld vind ons: "steunpilare van die samelewing" (p.
128), "stortvloed van trane" (p. 130); "op die louere gaan rus" (p. 177 en
14); "om 'n luisterend oor te neig aan die sang ... van voëls, wat ... hulle
lieflike akkoorde laat weergalm" (p. 43). In Eerste Skrywers: "Toe het die
son van ons nasionale ontwaking ... sy ligdolke in die duisternis van ons
slapende harte ingepriem ..." (p. 103). In Staan jou Man: "Dit het 'n vaste
fondament van seltstandigheid onder hulle voete geskuiwe en die
vryheidsvlam in hul harte aangeblaas" (p. 149); "Die nag het met sy
sneeuwit kleed gekom ...; verkwikkende slaap ... het sy sagte ferwele hand
oor die vermoeide ooglede gestryk; die ongestadige weer het sy septer van
gesag aan 'n kalm dag oorhandig" (p. 277). So word soms lang stukke
aanmekaar gelas deur die banaalste beelde,[149] waarvan sluier,[150] floers,
tyd,[151] weegskaal en spinnerak die vernaamste is.[152] Wat 'n floers is weet
Von Wielligh blykbaar nie, want hy skryf: "Om die floers van treurigheid te
onderdruk staan die haan ... vlerk klap en kraai ..." (S. j. M., p. 240).[153] En
hoe mens se oogmaat jou 'n sluier voor die oë kan hang is ook nie duidelik
nie, (id., p. 5).
'n Totale gemis aan digterlike siening openbaar Von Wielligh in sy
natuurbeskrywing. Hy het ongetwyfeld veel opgemerk en kan ons vertel
van watter bossies skape en bokke die meeste hou. Iemand wat van plan is
om in die Karo te gaan boer, sal heelwat praktiese informasie in Huis en
Veld vind. Maar 'n kunstenaarsblik op die natuur soos die van Malherbe het
Von Wielligh nie. "Bome is hier in oorvloed, ons sien hier die soet doring,
kaffer wag-'n-bietjie, kiepersol, naboom, sekelbos, wilde vy, waterbessie,
wilde sering, vaarlandswilg en nog honderde ander tesame met soveel
soorte bosse." (H. en V., p. 155.) So kry ons telkens 'n dorre opsomming,
presies asof dit die jaarverslag van 'n botaniese vereniging is. Op p. 44 gee
hy 'n katalogus van die soorte voëls, op p. 45 en 104 van die veldblomme,
op p. 106 van die Karo-plante—"sommige egter word nie deur vee gevreet
nie"![154] 'n Enkele maal tref ons 'n opmerking, wat van eie siening getuig:
"die stoere akkerbome (brei) hulle arms in alle rigtings (uit) om die kleinere

Page 94

gewasse 'n seën toe te wens. Aan die stroom swaai die wilg lustig sy groen
snoere en speel met sy swepies in die wind." (H. en V., p. 40.) Maar meestal
vergenoeg Von Wielligh hom met 'n verwerking van sy boerekennis, waarin
hy af en toe 'n skoolmeesteragtige opmerking vleg om te wys dat hy ook 'n
bietjie in botanie gepeuter 't. "Ja, so noem ons mense dit, maar die
plantkundiges het dit 'n lang, ja 'n beesagtige lang naam gegee van
Mesembrianthemum, wat middagblom beteken." (H. en V., p. 104).[155]
Soos iedere boer stel Von Wielligh ook groot belang in die weer. "Kalm en
rustig werp die goue dageraad sy sombere lig oor die vlaktes van Gwaggas.
[Contradictio in terminis. P.C.S.]. Weldra verrys die son; maar is van sy
oogverblindende ligglorie ontroof—die dig gepakte dampkring het al die
sterk uitskietende strale opgesuig. [In Gwaggas was ek nog nie, maar ek
twyfel sterk of die lig van die opgaande son daar direk "oogverblindend"
word. P.C.S.]. Die son lyk nou so groot as 'n wa se voorwiel (in alledaagse
taal). [?? P.C.S.]. Vroeg laat die sonbesies hulle hoor; die mense voorspel 'n
warme dag en spoedig verandering in die weer." (Jakob Platjie, p. 115.)
Natuurlik kom daar allerlei soorte sluiers te pas by sulke beskrywings.
"Kyk, hoe pragtig staan elke bossie onder 'n sluier van allerhande kleure
van blomme" (H. en V., p. 103); "die appelkoos is oortrek met 'n
rooskleurige sluier" (id., p. 40), terwyl "die ruisende melkstroom nog
sleg(s) deur die mistige sluier van die aand sigbaar is." (id., p. 101.)
"Seurtjie, kyk daar steek die dagbreek reeds sy rooi neus agter die bergkam
uit ..." (H. en V., p. 38) sê Kammies, en Von Wielligh vind die beeldspraak
so treffend, dat hy dit self gebruik: "Die grou dag steek spoedig sy droewige
wenkbroue agter die bergrand uit...." (id., p. 3). Hoe banaal en
konwensioneel is ook die volgende: "Dit was amper, sononder, net toe die
son die weste ligpoorte wou gaan sluit. Alvorens die gulde deure te grendel,
werp die son eers 'n blik terug om te sien of die Nagwagter met sy vet gesig
nog nie deur die oostelike vensters loer nie. Toe die laaste sonstrale
wegsterf en hulle betower en die liggloed van die omliggende bergtoppe
onttrek...." (id., p. 156); "Voor die vuurstokers van die son nie ekstra
brandstof op die sonnehaard plaas nie om die slapers onder hulle komberse
uit te brand...." (id., p. 52.)[156] Dit skyn wel die vernaamste besigheid van
die son, want ons verneem dat "die oprysende son 'n ligstraal deur die skeur
van (Soekie) se venstergordyne (prop) om hom in die gesig wakker te
kielie" (S. j. M., p. 119), en Victor "skrik in 'n vaart wakker, een oggend toe

Page 95

die grou oggendlig die gordyne van sy slaapkamer aantas(!)" (id., p. 109).
Ou Kammies sal onder sy kornuite ook seker eer inlê met die volgende:
"Die daeraad steek sy grou sakdoek hoog uit aan die oostekant, asof hy
daarmee in die lug waai...." (id., p. 43).
Nog 'n banale beeld is dat 'n maand of dag sterf en begrawe word (S. j. M.,
p. 99, 277); die jaargetydes of dae is die jasse van die veld[157] (id., p. 191),
terwyl die berge wit pruike dra (id., p. 100 en H. en V. p. 101).
"Rapen as kinderhoofies" het Potgieter in sy novelle Blaauw Bes, Blaauw
Bes! "'n ongelukkige vergelyking" genoem, wat mens "van het kannibalen-
maal gruwen doet!" By Von Wielligh gaan "pluimvee, speenvarkies en
lammers", wat so skoon gemaak is as "poedelnakende babetjies" in "die
hongerige poorte des doods, of liewers gesê, die snakkende monde"! (Jakob
Platjie, p. 130-1).
As staaltjies van die onbeholpe uitdrukkingswyse, wat mens so dikwels in
Von Wielligh se werk aantref, kan die volgende dien:
In Jakob Platjie: "Dan kom hul luidrugtig in geselsery ... huistoe". (p. 3);
"By wyle het my vader in sy stadjie by sy famielie deurgebring" (p. 59);
"Hul had dun arms en bene met volwasse buikies, wat nie op gereëlde
voeding kan beslag lê nie ..." (p. 108); "Hul is by uitnemendheid byejagters,
om byneste op te spoor" (p. 112); "Dit was genoeglike dae van
wetenskaplike voedsel vir altwee partye" (p. 211).
In Huis en Veld: "Edelmoedig het hulle (die Uitgewers) op die voorgrond
getree om hulle medewerking tot die bloei van 'n eie Afrikaanse letterkunde
geldelik te ondersteun"[158] ('n Woord vooraf); "Die lug is ... elektries
swanger" (p. 154).
In Eerste Skrywers: "Dit was die skone ideale en toewyding" (p. 1). "En dan
draai ons 'n sterker soeklig op al hierdie gesigspunte in ons gesigsveld om
te getuig, nie wat ons uit ander bronne ontleen het nie, maar waar ons oog-
en oorgetuige van was." (p. 3); "Hulle moes onder die wapenrusting van
geheimhouding van hulle persoon hulle skuilhou." (p. 6.) "Hiermee word
dus 'n maatstaf in die hande van die beoordelaars geplaas, wat wel in
toepassing mag geneem worde ..." (p. 7); "Die skrywer het ... al die
westelike distrikte van die Kaap weer besoek met opmetings van plase" (p.

Page 96

28); "dan ontruk ons nie uit[159] nie; maar werp juis gemaakte geskiedenis
in[159] die gapende kake van die vergetelheid" (p. 47). "Nog minder het
iemand getrag om die skone wêreld, wat medegevoel afdwing met te veel
geleerdheid te bederwe" (p. 53); "As 'n skrywer baie met geoefendes (in
plat taal) omgegaan het, en hy self daar nie mis in bedeeld is nie ..." (p.
101); "Hierdie bewering klop ons op die skouer, eis verdediging om nie
abuislike foute te maak nie" (p. 129).
In Staan jou Man: "'n Lusoord van aardse skepping" (p. 3); "aangematigde
skrik" (p. 15); "die liewe brawe koffie" (p. 37); "Sytjie (was) reeds daar,
want sy het die aankoms van haar pleegouers eerder ontvang as die
huismense gedink het" (p. 102)[160]; "Toe word 'n Hof van Heilige
Geloofsgerig aangestel" (p. 150). Wat dit nou eintlik is, sal Von Wielligh
wel alleen weet! "Sy voel gelukkig om spoedig van aardse smart verlos te
wees en te herenig met haar eggenoot ..." (p. 164).
In Nimrod Seeling: "twee wakker blou oge wat 'n lig van bewussyn laat
uitstraal het ..." (p. 59); "Hulle toon toe aan dat dié soort lewe, wat ek
verkies, 'n afbrekende eeu is ..." (p. 116).
In Boesman-Stories: "Want 'n weerklank klink altyd mooier as die stem wat
dit weerkaats" (I, p. 34); "sy pylkoker val aan stukkies en die pyle daarin
verdor sy in kaf" (I, p. 141); "So gevoel die kinders hul veilig onder die
beskerming van hulle ouers—al groei hulle op omsingel deur en onder
verskeurende ongediertes. Een dag leef hul in oordaad, dae daarna vergaan
hul onder die gevreet van ondraaglike honger en dors. Hulle ken net 'n dag
van vandag en bekommer hul glad nie oor die dag van môre deur voedsel
en deksel daarvoor opsy te sit nie." (III, p. 31); "om dit mooi te bewerk en
glad te slyp, het hy die kuns nog nie verstaan nie" (III, p. 5); "Watter ander
gevolg moet ons hieroor vel ..." (III, p. 105).
In Diere-Stories: Outa is "uitgedos in vriendelikheid self ..." (I, p. 9); Die
dierestories "verskaf ... sielslewe in die hart van die ou bokwagter" (I, p.
12); "Toe lag die Voëls nie meer nie; maar sit mekaar knersend van
verontwaardigheid kwaai aan te kyk ..." (I, p. 24).
Oor die algemeen is Von Wielligh se taal suiwer, maar spore van Engelse
invloed kom tog voor.

Page 97

"Wydbegrippig" (broad-minded) (Eerste Skr., p. 59); "Koos vra hul om
saam brekfis te neem" (J. P., p. 70); "'n Korte wandeling gaan neem" (H. en
V., p. 34); "Toe die klok twaalfuur slaan, rys die vrinde ..." (id., p. 52);
"nukomelinge" (id., p. 174); "Moet tog nie moeilikhede halfpad gaan
ontmoet nie" (S. j. M., p. 17); "alles het sy natuurlike self gebly" (id., p. 39);
"'n dood geheim" (id., p. 136); "die naarste van drome" (id., p. 263); "toe hy
so 'n skewe kyk na Kraai gooi" (B.-S. II, p. 4 en 155);[161] "ondergroei" (id.,
p. 107); "Die Boesman kan baie wreed wees en 'n plesier daarin neem ..."
(IV, 121); "Julle neem dit lekker" (D. S. I, p. 43); "Jakhals het uit sy eieself
geweet ..." (id., p. 48); Jakhals vra aan Wolf "hoe 'n tyd hy daarvan gehad
het" (id., p. 61); Wolf vra "in 'n fluister" (id., p. 66); "En jy meen te vertel
die kinders het dit alles opgevreet?" (II., p. 11); Die kat "pir" (id., p. 19).
Ook in Robinson Crusoë is daar voorbeelde van letterlike vertaling.
Met die voorsetsels raak Von Wielligh soms verward: "met bliksem ...
vergeseld; in vatbare (?) wyse opgestel" (E. Skr., p. 32, 120); Die Boesmans
"bedien hul met ribbebene wat hol geslyp is" (B.-S. III, p. 20). "Kamma-
geleerdes" (E. Skr., p. 108) is 'n gelukkige neologisme, "pou-trots" (S. j. M.,
p. 6) egter nie, en nog minder "posing" (id., p. 27). Von Wielligh gebruik
ook graag vorme soos: "as komme kan", "ontvalle", "soude", (E. Skr., p. 6,
8, 53). 'n Paar voorbeelde van verkeerde woordskikking kom voor, o.a.:
"Oom Willem word tot kommandant gekies, omdat hy dapper is en kan in
die grootste gevaar sy hoof koel hou." (J. P. p. 151.)

VOETNOTAS:
[102] Die Brandwag, Des. 1918, waaraan hierdie lewensskets ontleen is; 1850 is
egter verkeerd, vgl. Eerste Skrywers, p. 151. In Die Huisgenoot, Nov. 1919 staan
'n uitvoeriger biografie.
[103] Vgl. Eerste Skrywers, p. 57.
[104] Eerste Skrywers p. 35.
[105] t.a.p., p. 85.
[106] t.a.p., p. 159.
[107] t.a.p, p. 124.
[108] Vgl. my artiekel oor Letterkundige Kritiek in Die Huisgenoot van Des.
1920.

Page 98

[109] Private meedeling van die skrywer.
[110] Eerste Skrywers, p. 113. Kursivering van my.
[111] t.a.p., p. 54. Kursivering van my.

[112] Vgl. Dr. L. v. Niekerk: De Eerste Afrikaanse Taalbeweging1, p. 189.
[113] Vgl. oor "Patterjots" Dr. L. v. Niekerk t.a.p.
[114] Eerste Skrywers, p. 101.
[115] Vir hinderlike tussenkoms van die outeur kan ook nog vergelyk word p.
12, 21.
[116] Vgl. ook nog p. 217 et passim.
[117] Vgl. Staan jou Man, p. 88, 143.
[118] Staan jou Man, p. 55.
[119] Vgl. ook Staan jou Man p. 47.
[120] Waarom Daan Wiks so lank wag met sy gewigtige getuienis word nie
opgehelder nie.
[121] Ook nog verskillende fuiwe van Hotnots.
[122] Vgl. ook die flou praatjie oor Ester se droefheid, p. 169.
[123] Vgl. Voorwoord.
[124] Voorberig 4de deel. Kursivering van my.
[125] Voorberig 1ste deel. Kursivering van my.
[126] Vgl. o.a. Prof. J.W. Muller se inleiding by sy Reinaert-uitgawe.
[127] Vgl. o.a. p. 93, 22-23, 52, ens. Of daar in Ghwennie Barnveld, 'n boek "vir
jong meisies" in dié opsig verbetering is, kan ek nie beoordeel nie, omdat dit na
die skrywe van hierdie bespreking verskyn het.
[128] Boesman-Stories II, p. 194.
[129] Vgl. nog Eerste Skrywers, p. 27: gedruk—gedruk—drukkery—drukpersie;
p. 60: "Ons was met ons deurkruis van ons land ...", ens.
[130] Vgl. o.a. H. en V., p. 143: "Al hierdie gebeurtenisse het baie gevoelig 'n
diepe indruk op die Afrikaanse huislike lewe en dinkwyse gemaak en nagelaat."
Lomp is ook: "Hy skuif sy raam op en staan die heerlike koffie met tyd te geniet,
terwyl sy oë 'n blik werp wat buite in die fris oggendlug plaasvind." (S. j. M., p.
119).
[131] Vgl. Boesman-Stories I, p. 55, "'n woelige Gees sonder rus".
[132] Jacob Cats: Houwelijck I, 235.

[133] J. Prinsen: Handboek tot de Ndlsche Lett. Ges.2, p. 335.

Page 99

[134] G. Kalff: Ndlsche Dichters der 17de Eeuw, p. 37 (Cats).
[135] Vgl. Kalff, t.a.p., p. 100.
[136] Kalff: t.a.p., p. 98.
[137] Vgl. in Glorie Pan: "Niks op aarde is bestendig nie; alles is van korte duur
nes 'n lappie op die seer vinger van 'n bobbejaan." (Die Brandwag, 10 Des.
1913).
[138] Vgl. ook die onsmaaklike opmerking in S. j. M., p. 65: "Ons ou mense het
min van snorbaarde gehou, wat so hinderlik met, soen en sop-eet geblyk het"!
[139] Vgl. ook die snaakse betoog om te bewys dat jy, jou, ens., nie plat is nie.
Eerste Skr., p. 97.
[140] Die Huisgenoot, Okt. 1921, pag. 247. In Hoofstuk XII van Eerste Skr.
behandel hy plat taal en ook in Die Huisgenoot Junie 1921, Hoofstuk XV van
Ons Geselstaal. Vgl. die voetnoot van die redaksie oor wat Von Wielligh onder
"plat taal" verstaan.
[141] Leven van Vondel, Ndlsche Klassieken, p. 123.
[142] Eerste Skr., p. 100.
[143] Die Huisgenoot, Okt. 1921, p. 247.
[144] Eerste Skr., p. 126.
[145] H. en V., p. 15.
[146] Die Huisgenoot, Mei 1921, p. 25. Ons Gesels taal.
[147] S. j. M., p. 133.
[148] Vgl. o.a. S. j. M., p. 144, 195, 270, 282; H. en V., p. 146; N. S. Voorwoord.
[149] Vgl. b.v. S. j. M., p. 191.
[150] O.a. S. j. M., p. 213, H. en V., p. 123, 67, 86, 101, 130.
[151] O.a. S. J. M., p. 167, 143.
[152] Uit Die Huisgenoot van Febr. 1922 blyk dat Von Wielligh nog lustig op sy
"praatmasjien" die ou deuntjies afdraai. Die "spinnerakke" en die "kloue (wat)
nes blinkleerstewels kraak" is daar, terwyl die katalogus van die verskillende
soorte koppies en rante uitgebrei word deur ... "pramkoppies"! (p. 421).
[153] Vgl. ook Eerste Skrywers, p. 49, waar "'n floers van neerslagtigheid" 'n
somber gevoel "verwek".
[154] Vgl. ook nog p. 185.
[155] Vgl. ook p. 104 en p. 109 waar 'n verklaring van 'n "lugverheffing" gegee
word.
[156] Dieselfde beeld kom ook voor in S. j. M., pag. 19.

Page 100

[157] Ook die voëltjies dra "winterjassies", H. en V., p. 43.
[158] "Ondersteunen" is waarskynlik 'n drukfout. Die twede "hulle" slaan op
"ondersteuners" in die vorige sin. Vergelyk S. j. M., p. 239: "Rustig verhef hulle
die woonhuis ... deur die Trekkers hulle eie hande opgebou".
[159] Kursivering van Von Wielligh.
[160] Vgl. N. Seeling, p. 57: Baie seediere, wat my geheuge ontsnap het ..."!
[161] N. S., p. 50, "afskeidskyk".

Page 101

HOOFSTUK V.
Romans, Verhale en Sketse.

§ 1. Adv. J.H.H. de Waal.

Jan Hendrik Hofmeyr de Waal is gebore op 30 Desember 1871 op die plaas
Bakkerskloof, Stellenbosch. Sy vader was boer en handelaar, sy moeder die
oudste suster van "Onse Jan". Aan die Normaal Kollege in Kaapstad het hy
gematrikuleer en daarna was hy 'n tydlank onderwyser o.a. op Uitenhage en
Utrecht. Later het hy 'n betrekking aangeneem in sy vader se ysterhandel,
maar die joernalistiek het hom aangelok en as voorbereiding vir dié vak het
hy regte gaan studeer in Londen, waar hy aangesluit 't by die Inner Temple
en as studievrind o.a. Generaal Jan Smuts had. Nadat hy in besonder kort
tyd sy wetseksamens afgelê het, tree hy in die huwelik met Emma de Kock
(1898) en woon vir ses jaar in dieselfde huis as "Onse Jan", vir wie hy as
"luitenant" dien.
In Julie 1903 word hy redakteur van die tydskrif, De Goede Hoop, waarin
Stompies, Johannes van Wyk en Die Twede Grieta verskyn het. "Sy
bedoeling met daardie geskrifte was om die jong lesers soveel moontlik met
leesstof in populêre skryftrant te voorsien, en wel in die taal wat hy van
jongsaf voorgestaan het—Afrikaans."[162]
Op sy kantoor is op 5 Oktober 1906 die Afrikaanse Taal Vereniging
ontstaan. Aan sy inisiatief is die erkenning van ons taal in die Kaapse
geregshowe te danke.[163] In Des. 1914 het hy afgetree as redakteur van De
Goede Hoop, as gevolg van 'n wryving met die uitgewers oor politieke
kwessies. Onder die nom de plume, Jan van Rozenburg had hy naamlik
Generaal Hertzog se politiek verdedig by die kabinetskriesis in 1912.
Nederland het sy dienste as voorvegter vir ons taalregte erken deur sy
benoeming tot lid van die Leidsche Maatschappij. Op die oomblik is hy lid
van die volksraad vir Piketberg en een van die voormanne van die
Nasionale Party in die Kaapprovinsie.

Page 102

Johannes van Wyk, (1906).[164]

Johannes van Wijk is 'n jongeling van edel inbors, wat deur sy onbesproke
gedrag, hoflike maniere en fyn beskawing die gunsteling van die Kaapse
samelewing word. Dit wek die jaloesie en haat op van sy neef, Gert Rass,
wat besluit om sy ondergang te bewerk. 'n Plan om Johannes deur die
Boesmans te laat doodmaak misluk. Gert word egter tot nuwe wraakplanne
geprikkel deur die feit, dat Hester Linde aan Johannes die voorkeur gee.
Deur vervalsing van 'n brief slaag hy daarin om Johannes op 'n aanklag van
hoogverraad teen die Goewerneur, Adriaan van der Stel, in die gevangenis
te kry. Johannes ontsnap, word deur Gert en sy handlangers agterna gesit,
maar vind eindelik onder die naam Koos Emmert 'n skuilplaas by 'n boer,
Pierre de Villiers aan wie hy hom as kneg verhuur. Hier raak hy weer
deurmekaar met die Boesmans, maar word op die laaste tippie deur sy
vrinde, Malherbe en Joosten, gered. Intussen het die goewerneur sy ontslag
gekry en hoef Johannes nie meer as droster te lewe nie. Gert drink 'n
vergiftigde kelkie wyn, wat hy vir Johannes bestem had en sterf. Met 'n
driedubbele huwelik eindig die verhaal.
Johannes van Wyk het oorspronklik in De Goede Hoop verskyn, die eerste
hoofstuk in Jan. 1904. Die skrywer verklaar self, dat die ontstaan van die
roman te danke is aan sy betrekking as redakteur van die blad.[165] De Waal
het skrywer geword, nie deur 'n innerlike skeppingsdrang nie, maar deur die
dwingende mag van omstandighede. Toevallig het 'n yweraar en
hartstogtelike voorstander van die lang geminagte volkstaal die middel in
die hand gekry om aan verstokte teëstanders te wys, dat in dié taal 'n roman
kon geskrywe word. Eers probeer hy om deur uitlowing van 'n honorarium
die skryflus van sy lesers op te wek, maar die resultaat was teleurstellend; al
die stukke moes in die snippermand. Aangemoedig deur die sukses van sy
toneelspel Angelina het De Waal toe besluit om self 'n roman te skrywe.
Met sy nugter verstand het hy 'n reeks toneeltjies op kunsmatige wyse
inmekaar gepas en die resultaat was 'n leesbare roman, wat veral die
jongeliede, vir wie De Goede Hoop in die eerste plaas eintlik bedoel was
met groot spanning gevolg het. Ons staan hier voor 'n gewigtige
kultuurgebeurtenis. Dit naamlik: in 1904 het die eerste Afrikaanse roman
van die Twede Beweging verskyn.[166]

Page 103

Die skrywe van Johannes van Wyk was 'n daad van betekenis. Na al die
gekibbel 'n daad. En 'n daad, wat vir meer as een die oë laat oopgaan het.
Vir lange jare had die teëstanders van Afrikaans met triomfantlike gebaar
hul onweerlegbare stelling opgedreun: "Het Afrikaans heeft geen
letterkunde!" De Waal se antwoord was: Johannes van Wyk. "Die eerste
oplaag het bestaan uit 500 eksemplare, en die drukkerskoste was toe slegs
een-sesde van wat dit vandag vir so 'n aantal sou wees. Tog is ek destyds
gelukgewens geword met my moed dat ek dit gewaag het om 'n boek in
Afrikaans uit te bring."[167] Vir die voorstanders van Afrikaans was J. v. W.
dan ook 'n welkome bondgenoot. Die Afrikaanse Taalgenootskap in Pretoria
het onmiddellik 'n beroep gedoen op alle Afrikaners om dit te lees, en die
meeste krante het dit warm aanbeveel.
By die beoordeling van J. v. W. moet veral rekening gehou word met die
omstandighede waaronder dit ontstaan het. Maar sedert die eerste uitgawe
het nou byna twintig jaar verloop. De Waal het dit herhaaldelik omgewerk
en in 1921 het reeds die vyfde druk verskyn, veral omdat dit vir drie
publieke eksamens tegelyk voorgeskrywe was.[168] Noudat die taalstryd
verby is moet ook die literêre waarde van J. v. W. bepaal word. Omdat egter
in bou en opset Die Twede Grieta soveel ooreenkoms daarmee vertoon, kan
die twee romans tegelyk bespreek word.

Die Twede Grieta

is die dogter, van Johan Conradie, wat kort na haar geboorte, waarby haar
moeder sterf, uit die huis van haar vader gesteel word en in Natal as Miss
Grace Palmer opgroei. Andries Burger, pleegsoon van Conradie, loop saam
met sy vrind, Bertie Muller, van die S.A. Kollege weg aan die begin van die
Anglo-Boere-oorlog en hul sluit by die republikeinse leërs aan. Phineas
Marais, stiefbroer van die "eerste" Grieta, Conradie se oorlede vrou, is die
sondebok van die roman. Hy verlaat die Teologiese Kweekskool op
Stellenbosch na die dood van sy vader, wat 'n groot erfenis nalaat, word 'n
geldwolf, loop in die oorlog oor na die Engelse en vervolg Andries en
Bertie, vir wie Hester Fourie, sy verloofde afgewys het as doodsvyande.
Andries en Bertie beleef die wonderlikste awonture in die oorlog. Andries
red Grace uit die hande van Kaffers, en Bertie word verpleeg deur Hester.
Na die oorlog ontdek Conradie dat Grace Palmer sy doodgewaande dogter

Page 104

is, 'n feit wat Phineas se roofproses teen hom in duie laat val. Presies soos
Johannes van Wyk eindig die verhaal met 'n driedubbele huwelik. Andries
trou met die twede Grieta, Bertie met Hester en selfs Conradie slaag daarin
om "'n sagsinnige liewe vroutjie van ag-en-twintig jaar" raak te loop, terwyl
Phineas na Engeland vertrek om die reputasie van S. Afrika daar te verbeter.
Ook die Twede Grieta het in De Goede Hoop verskyn, vanaf Jan. 1912.

"Het grondplan van de meeste Scottsche romans is: de held trekt de wereld
in, beleeft komische of tragische avonturen en sluit in het eind zijn bruid in
de armen. Dit geldt voor Waverley, Old Mortality, Abbot, Fortunes of Nigel,
Peveril of the Peak, Quentin Durward, Rob Roy en meer andere; de
avonturen zijn meestal die van den oorlog en van de politiek ... En naast dit
hoofdtype spreekt dikwijls de sensatieroman van Radcliffe in de
geheimzinnige verwikkelingen, het duistere mysterie, dat den lezer tot het
eind in spanning houdt."[169]
In hoofsaak pas hierdie karakteristiek ook op die twee romans van De Waal.
Dit word begryplik as ons lees, wat hy self omtrent die ontstaan van Joh.
Van Wyk meedeel:[170] "Ek het tevore (d.w.s. vóór die skrywe van J. v. W.)
maar min romans gelees—net die van Van Lennep, Victor Hugo en 'n
halfdosyn ander ..." Van Lennep herken ons dan ook dadelik in De Waal se
romans en aangesien Van Lennep al sy slim draaitjies van Walter Scott
geleer 't, het ons hier te doen met 'n navolging uit die twede hand.[171]
Aan 'n goeie historiese roman kan die volgende eis gestel word: "Hij make
gansch een tijdperk uit het verleden weer levend, in den vollen rijkdom van
al wat er in omging, idealen en vooroordelen, zeden en gebruiken; hij geve
voor een oogenblik de illusie, dat we tijdgenooten zijn van een
voorbijgegaan leven, van een vergeten beschaving."[172] So iets eis
natuurlik diepgaande historiese studie en nog veel meer. "Het is een gave
van het genie, het algemeen menschelijke, het grootsche en geweldige,
zoowel als de teerste gevoelstrillingen in de tragédie humaine onder welke
vormen, in welke tijden ook, te voelen, te zien, te grijpen en uit te beelden
met middelen die altijd treffen, die altijd leven van innerlijke waarheid."

Page 105

[173]
Die historiese romanskrywer moet, soos Victor Hugo van Scott gesê
het, wees: "'n buigzame solide geest, die in zich opneemt als weeke was het
cachet van iedere eeuw en van ieder land en dezen indruk voor de
nakomelingschap bewaart als onvernielbaar brons.[174]
Nou ontstaan die vraag: In hoeverre het Johannes van Wyk reg op die naam
historiese roman? Walter Scott maak gebruik van 'n spannende intriege om
sy historiese stof kleur en lewe te gee. Daar is 'n sterk didaktiese element in
sy werk: "het aanbrengen van historiekennis, niet zoo zeer tot leering en
waarschuwing voor toekomstige geslachten als wel uitsluitend om het
hebben van die kennis zelve, het wekken van liefde en belangstelling voor
het verleden. Die tendenz spreekt duidelijk uit de lange inleidingen, de
geleerde noten bij den tekst, de ophelderingen en citaten aan het slot, de
historische uitweidingen in de romans zelve."[175]
In Joh. van Wyk is egter die intriege hoofsaak. Die historiese agtergrond
word gebruik alleen om die leser die illusie van werklikheid te gee.
Daarvoor het De Waal 'n besonder awontuurlike tydperk uit die vroegste
geskiedenis van die Kaap gekies, waarin hy sy karakters die wildste
kaskenades kon laat uitvoer, sonder om die skyn van waarheid prys te gee.
Pas in 1911 is die dagboek van Adam Tas ontdek op die Kaapse Biblioteek
en in 1914 het Dr. Leo Fouché dit uitgegee. Die aantekeninge van Adam
Tas stel ons in staat om diep in te dring in die Kaapse toestande gedurende
die stryd van die boere teen W.A. van der Stel. Op vertroulike manier deel
Tas allerlei klein feitjies mee, met behulp waarvan 'n romanskrywer sonder
veel moeite 'n kleurryke beeld kan skilder van die boerelewe aan die begin
van die 18de eeu. In 1904 het De Waal natuurlik nie die dagboek tot sy
beskikking gehad nie, maar selfs na 1911 het hy skynbaar geen aandag
geskenk aan die nuwe gegewens, met die gevolg dat sy uitbeelding van die
historiese persone en toestande vaag en soms heeltemal onjuis is. Selfs die
dokumente wat reeds in 1904 beskikbaar was,[176] het De Waal nie
geraadpleeg nie, want die historiese vernis, wat op J. v. W. lê, is baie dun.
Die feite wat die outeur verwerk, kon hy uit die eerste die beste
skoolhandboekie gehaal het. Hy doen hoegenaamd geen poging om deur te
dring tot die psiege van die manne, wat in die worsteling teen Adriaan van
der Stel die eerste saadjies van ons nasionale bewussyn gesaai het nie.
"Adam Tas en de mannen van 1705, die de rechten en voorrechten der

Page 106

kolonisten zo onmiskenbaar geformuleerd en zo dapper gehandhaafd
hebben, mogen ... met recht genoemd worden de grondleggers van ons
politieke zelfbewustzijn."[177]
Wat vertel De Waal ons van die manne? Hulle was "almal welopgevoede,
knap boere, hoog aangeskrywe in die samelewing".[178] Henning Huising
het "die rykste man aan die Kaap geword deur 'n monopolie". En die arme
drommels is so onversigtig om by 'n "effe opgeskuifde raam", waarvoor
"net 'n dun wit gordyntjie" hang "op nie 'n alte sagte toon" 'n gesprek te
voer sodat Johannes elke woord kon opvang! En dit terwyl daar sulke
mense soos Piet Rob was, van wie Tas verhaal: "Mij is vertelt als dat de
noordse Piet Rob deese morgen met zijn Paarde wagen na Hottentots
Holland is gereeden, die Schoft heeft welligt op deese Lichtmis dag weder
wat aan te brengen, want het een zeekere zaak is dat die vent 't verklikkers
ambagt sterk oeffent, dan hij staat er mettertijd voor beloont te werden....
[179]
Selfs die gewigtige dokument teen die goewerneur lê oop op die
skryftafel! En dis die manne, wat flou grappies maak met Starrenburg, die
vent wat hul soos die pes gehaat 't, en van wie Tas in sy dagboek praat as
"de schoft Landdrost,[180] Landdrost Beelzebub,[181] schofagtigen roffiaan".
[182]
Set maar 'n paar sinnetjies uit Tas se dagboek naas die floue geteem,
wat De Waal hom in die mond lê en dan voel iedereen direk hoe onwaar,
hoe absoluut vals die uitbeelding in J. v. W. is. Op Van der Bijl se raad om
die dokumente teen die goewerneur liewer stukkend te skeur antwoord Tas:
"Ag", sê Tas spottend, "lelik in die pekel bring! Wat is daar op stuk van
sake, om te vrees? In g'n een van die ag-en-dertig beskuldigings teen die
Goewerneur kom daar 'n sweem van sediesie voor nie...."[183] Vergelyk
hiermee wat Tas in sy dagboek onder datum 28 Des. 1705 aanteken: "...
immers zoude die eervergeeten vend (A. v.d. Stel) ons gaarne van kant
helpen zoo 't hem anders doenlijk was, die vervloekte Tyran heeft de
Ingeseetenen zederd eenige jaaren op een ongehoorde manier gedrukt en
geplukt, dat ze bijna baloorig zijn geworden, nu soekt die onbeschaamden
schendbrok de schuld van zijn hals af te schuiven en mannen van eeren op
dusdanigen manier een smette aan te wrijven. O Tijden! O Zeden! dog de
regtvaardige God mag men hoopen zal 't quaad eens op des bazen kop doen
nederdaalen en niet toelaaten dat de Vroomen langer onderdrukt worden."
[184]
In die paar sinne voel ons die woes-laaiende passie van 'n man, wat

Page 107

veel gely 't. Dis glad 'n ander kêrel dan die Tas, wat De Waal so kalmpies
laat redeneer oor die Goewerneur wat "ons planne mag dwarsboom".[185]
Op pagina 186 word ons meegedeel, dat die goewerneur die volgende
persone gevange geneem 't: Wessel Pretorius, Jacob van der Heiden, Pieter
van der Bijl en Henning Huising. Op die volgende pagina begin Hoofstuk
XXX met die woorde: "Op las van die Goewerneur en sy raad ... is Pieter
van der Bijl, Henning Huising en die twee ander op 'n skip wat op weg was
na Amsterdam, gesit...." Wie is die twee ander? Uit die verband kan ons
alleen tot die gevolgtrekking kom, dat De Waal Pretorius en Van der Heiden
bedoel. Maar wat hy daarop laat volg is in stryd hiermee, want ons
verneem, dat Van der Heiden in die Kaapse tronk bly. Hier bestaan dus
duisterheid in die voorstelling.[186] Die historiese waarheid is, dat Henning
Huising, Pieter van der Bijl, Ferdinand Appel en Jan van Meerland na
Holland gestuur is om voor die Here XVII te verskyn.[187] Dat àl die
gevangene, met uitsondering van Tas en Louw[188] die goewerneur om
vergifnis gevra het, is ook in stryd met die historiese feite. Zevenhoven b.v.
kon die landdrost met al sy dreigemente nie klein kry nie, en toe die
raadslid Brommert hom aanraai: "Ga bij den Goeverneur en bid hem om
vergiffenisse" was sy manlike antwoord: "Dat kan ik niet doen, ik hebbe de
waarheid gezegd.... Is dit naer recht handelen? 't Lijkt beter naer Inquisitie."
[189]

Op pagina 186 kom daar nog 'n onjuiste bewering voor: ".... Willempie het
aan die kêrels te kenne gegee dat, as hulle die waarheid van die klagtes wil
ontken, hy hulle sal laat loop; maar die laaste een het geweier." Fouché
egter beweer: "Enkelen werden reeds bij het eerste verhoor door de
dreigementen van Starrenburg zo bang voor "de scherpere middelen" die
hen wachtten, dat zij alles deden, wat hun gevraagd werd."[190] Ook die
spesiale pluimpie wat De Waal aan Tas gee, kan die leser onder 'n verkeerde
indruk bring. "Na zijn gevangenneming gedraagt hij (d.i. Tas) zich niet met
de standvastigheid, die velen van zijn minder begaafde broeders tonen.[191]
Ook Die Twede Grieta noem die outeur "'n historiese roman", maar weer is
hier die intriege hoofsaak en staan die geskiedkundige gedeeltes meestal
geheel los, nes hoofstukke wat gelig is uit 'n historiese handboek. In
Hoofstuk II b.v. gee die skrywer op p. 52-62[192] 'n skets van die Engelse

Page 108

anneksasie-politiek. Op p. 159-163 word die oorgawe van Cronjé beskrywe;
op p. 290-295 vind ons militêre beskouings en selfs die vernaamste punte
van die vredesverdrag van Vereniging. Waarskynlik het De Waal met
hierdie opsetlike byvoegsels die bedoeling gehad om sy jong lesers op
aangename wyse 'n les in vaderlandse geskiedenis te gee, wat hulle in 1912
erg nodig had, want dit is bekend, dat die onderwys in dié vak veel te wense
oorgelaat 't en dat selfs vandag nog die waarheid op allerlei wyse verdraai
word. Die didaktiese element is dan 'n welbewuste poging van 'n patriotiese
skrywer om die anti-nasionale onderwyspolitiek van die Engelse
oorwinnaar teë te werk. Hier het ons dus 'n voorbeeld van die wyse waarop
die politieke toestand na die oorlog invloed uitgeoefen het op die
letterkunde.
Dat die skrywer alleen deur 'n dorre betoog die nodige atmosfeer vir sy
verhaal kan skep is 'n teken van swakheid. So kry ons geen begrip van die
dramatiek van die worsteling nie. "De moderne historische romankunst
veronderstelt, dat ge uw historie kent en dat een enkele toespeling genoeg
is, om u in den tijd te verplaatsen en wie ze niet kent, moet aan die enkele
toespeling maar genoeg hebben om zich het noodige decor te fantaseeren."
[193]
Die historiese verhoudinge moet ons voel "als een vanzelf sprekende
bijzaak". Die doel moet wees om ons die reële lewe te laat meelewe,
"gezien in zijn algemeene menschelijkheid door een modernen mensch en
kunstenaar...."[194] Die moderne historiese roman is "een roman als elke
andere, een greep uit het leven, het algemeen menschelijke in schoonheid
gezien en uitgebeeld, om esthetische motieven gedacht en gevoeld in oude
tijden en verhoudingen. De historische romanschrijver is niet langer de
soms weerspannige slaaf der historie; de historie is zijn dienares geworden,
die onderdanig en hulpvaardig, zich op den achtergrond houdend,
aanbrengt, wat tot kennis van de economische, sociale, maatschappelijke
toestanden, waarin de helden van 's kunstenaars verbeelding leven ter
beschikking moet zijn."[195]
De Waal staan dus nog heeltemal op die ou standpunt en dit spreek vanself,
dat vir ons jongere, wat die moderne opvatting ken en waardeer, sy
historiese uitweidings die eenheid van sy romans hinderlik verstoor. Die
ware kunstenaar laat ons deur middel van die ervarings van sy persone, deur
die uitbeelding van hul sielelewe voel, wat daar omgegaan het in die hart

Page 109

van die volk gedurende 'n seker tydperk. In Hoofstuk VIII slaag De Waal
dan ook uitstekend daarin om ons deur middel van 'n samespraak tussen
Bertie Muller en Kaptein Glide 'n stukkie oorlogspsigologie te gee. Maar
meestal bly die intriege hoofsaak en is die oorlog 'n handige raam waarop
die outeur oneindige awonture borduur. Dit was dan ook volstrek nie sy
bedoeling om die innerlike roersels van die volksiel gedurende die
wanhopige worsteling uit te beeld nie. Presies soos by Johannes van Wyk
het hy 'n periode uit die geskiedenis geneem, waarin hy sy persone die
bontste awonture kon laat beleef en tog 'n glimp van waarheid behou.
De Waal se twee werke is geen historiese romans nie, maar wel
intriegeromans, presies soos die van sy leermeester, Jacob van Lennep. J.H.
van den Bosch het op voortreflike wyse hierdie soort roman geskets[196]:
"De stof der kunst is het karakteristieke en typische in zijn steeds nieuwe
verwerkelijking. Als voortbrengsel der phantazie, behoort tot de kunst ook
de reproductie van het toevallig-uiterlijke. Niet echter tot de beste. Het
toevallige is niet noodwendig, het is waar noch onwaar. Tijdelijk mag het
behagen, misschien door nieuwheid en gloed, voor een oogenblik spannen
door vreemde ongewoonheid—weldra is het achter de bank geworpen en
verouderd; de onverschilligheid der nakomelingschap velt er een zwijgend
maar welsprekend vonnis over. Wil het eeuwig leven als de natuur, dan
moet het kunstwerk—zelve Eeuwige natuur zijn, typisch en voleindigd.
De Intrigeroman als zoodanig, niet kind van rijpe ervaring ... kind van één
dag daarentegen is bestemd om op denzelfden dag te sterven. Het is de
roman der willekeur, wier type men in den Graaf de Monte Christo heeft
leeren kennen. De intrigekunstenaar (al is zijn gave benijdenswaardig) geeft
ons geen werkelijkheid, niet de wereld vol karakter rondom ons te
aanschouwen,—het is de droomwereld eener spelende phantazie. Zijn
helden zijn marionetten, hij de man in de poppekast. Het is de roman der
oppervlakkigheid, zonder diepte van leven, zonder inwendigen samenhang.
In de mysterieuze natuur is ook alles bont en willekeurig dooreen-
geworpen, als in een uitdragerswinkel;—voor oppervlakkige blikken: want
in de diepte is alles één. Het is kunst zonder waarheid, zonder wijsheid,
geest en beteekenis, omdat het kunst zonder idee is."[197]
Ook De Waal se helde is marionette, aangeklede poppe, waarby die
awontuur alle psigologie verdring. "Scherp getrokken is de lijn tussen

Page 110

deugd en boosheid. Hier ontwikkelen zich dan ook geen karakters; hier
wordt ook geen moeite gedaan, om uit elk, overigens zo wonderlik
samengesteld menselik hart, te halen, wat er, onder de werking van allerlei
samenlopende of elkander strijdige invloeden, uit te halen is; verre van
daar; onder al het levendig bedrijf, speelt ieder zijn hem toebedeelde rol op
de meest passieve wijze; ieder van zijn kreaturen is gewaarmerkt tot een
vast en onmiddellik te herkennen tiepe...."[198] Die enigste ontwikkeling,
wat daar by De Waal se hoofkarakters te bespeur is, bestaan daarin dat die
oorspronklike eienskap waarmee hy hul bedeel het, hoe langer hoe sterker
word. Sy helde word al dapperder, sodat hulle in die laaste hoofstuk
Uebermenschen is, sy skurke al hoe swarter, totdat hul die baarlike duiwel
in persoon word. Hy bedenk allerlei middeltjies, wat daarop bereken is om
ons bewondering vir sy held te laat styg, of ons veragting vir sy skurke te
vergroot.
Johannes van Wyk bied homself as vrywilliger aan teen die Boesmans; hy is
vergewingsgesind teen Gert en verpleeg hom as hy gewond is; hy red
Hester Linde op besonder dapper wyse; as hy Gert heeltemal in sy mag het,
neem hy geen wraak nie, maar wil alles vergeef; selfs Gert prys sy
saggeaardheid: "As 'n vlieg in sy karringmelk val, dan red hy dit!"[199] Hy
gee twintig guldens aan ou Fekkie; "die gebrek aan intellektuele geselskap
het hy geweldig gevoel"[200] op die plaas by Villiers; van Fritz Köhler wil
hy nie skinder nie; en as Gert sterf, dan voel Johannes "weer die kinderlike,
broederlike liefde van jonger jare opstyg in hom".[201] Voorwaar, 'n
voorbeeldige jong kêrel! 'n Tugendheld!
So ook Andries Burger. Hy is wel 'n bietjie koppig op skool, maar De Waal
laat ons goed voel, dat dit eintlik 'n goeie eienskap is, wat net pedagogiese
leiding nodig het. As Andries dan ook Perold se skool deurloop het, word
hy 'n tiepe van die nasionale student. Hy wil nie eers met sulke "rou rooi"
dametjies, soos Grace Palmer praat nie, en die koppigheid van die kind
moet ons bewonder, omdat 't die onversetlike wilskrag van die jongeling
verklaar, wat teen die wens van sy pleegvader en professor tog oorlog-toe
gaan. Andries is ook 'n sportsman van die eerste water; hy weier om met sy
beste vrind 'n dop te gaan steek en verwyt hom ernstig sy losbandigheid en
gebrek aan nasionale sin. Bertie se swakheid moet dien om ons 'n hoër dunk
van Andries te gee. In die oorlog word Andries so gou gebrei, dat, "hy

Page 111

amper enigiets sou waag".[202] Hy maak 'n stoutmoedige aanbod aan
Generaal De Wet (p. 159) en as verkenner is hy die dapperheid in persoon,
wat altyd die vyand baas raak. Op 'n koppie red hy Bertie, neem drie
National Scouts gevange en skiet een dood. Sy gewonde vrind verpleeg hy
met die grootste selfopoffering (p. 206). Phineas voel "glad ongerus in
Utrecht" as hy hoor, dat daardie waagduiwel ... in die rondte swerf as
verkenner"[203] en al is hy ook nie vandag se kind nie, waar dit op
geslepenheid aankom, moet hy telkens erken, dat Andries hom uitoorlê.
Andries kry altyd die mooi rol; hy red Grace van die Kaffers, bring haar in
veiligheid en voorsien haar van geld; hy maak die geld buit, wat Phineas en
Loogman van die weduwee afgeneem het en stuur dit aan haar terug met De
Jager. As Genl. De Wet 'n skitterende oorwinning behaal, dan is Andries
daarby.[204] As veldkornet Potgieter in die nood raak, dan is 't Andries, wat
hom raad gee[205], en met die hulp van twee vrinde bestook hy die Engelse
uit 'n voordelige posiesie sodat die kommando ontsnap en die vyand groot
verliese ly. Maar Andries is nie alleen 'n onverskrokke krygsman en
verkenner nie, hy kan ook 'n mooi gedig maak en behaal selfs 'n prys
daarmee.[206] As die vrede gesluit word, dan hoor ons: "niemand het die
prysgee van die duurgekogte onafhanklikheid van die Transvaal dieper ter
harte geneem nie as die jong hooghartige Andries."[207]
By die tekening van sy skurke gaan De Waal presies op dieselfde wyse te
werk. Die een laag swartsel na, die ander smeer hy op.
Gert Rass steel blomme, bring Johannes daardeur in die moeilikheid, val
hom aan met 'n karwats en wil hom verwurg; hy stook Abram op om
Johannes deur die Boesmans te laat vermoor; wil die laken nie opsteek om
Johannes te red nie, en het selfs minder gevoel vir sy neef dan die Boesman,
Abram; jak Johannes af, wat hom verpleeg 't en laat sy ouers onder die
indruk kom, dat sy neef hom gewond 't; aan Klaartjie vertel hy kluitjies oor
sy neef; op die basaar fop hy met sy nommer, beskinder Joosten en beroof
hom van sy "violet"; hy laat 'n vervalste brief in Johannes se sak stop om
hom van hoogverraad beskuldig te kry; is dadelik gereed om sy ontsnapte
neef te agtervolg en wil hom koelbloedig doodskiet; bedreig Hester Linde
met 'n pistool, lieg as hy in die moeilikheid raak, en huigel vrindskap vir
Johannes om hom te kan vergiftig. Gert word só gevaarlik in sy

Page 112

duiwelagtige haat, dat De Waal verplig is om hom op te ruim voor hy
Johannes en sy vrinde kan beloon vir hul deug.[208]
Phineas Marais, die eks-teoloog is ook 'n monster, wat al monsteragtiger
word. Sy huigelary word hoe langer hoe geraffineerder, en om die
bewondering vir Andries des te hoër te laat styg word sy teëstander al hoe
gewikster in Fariseïese listigheid. Hy moet deur sy verraad en geldsug die
nodige verwikkelinge skep, sodat Andries 'n kans kan kry om sy
edelmoedigheid en onverskrokkenheid aan die dag te lê. Die laagheid van
Phineas is die terrein waarop die patriot Andries, le chevalier sans peur et
sans reproche steeds met sukses opereer. Andries is dwarsdeur die roman
die lieweling van die outeur, orals word hy verheerlik, orals word die pad
vir hom skoongemaak.
Op De Waal pas dan ook uitstekend die volgende verklaring van M.H. van
Campen: "Twee eigenaardigheden hebben alle pseudo-menschscheppers
gemeen, ten eerste: het verzoeten hunner nobele figuren tot dupen en
engelen—welke twee begrippen, als men de gewikstheid der duivelen
daarbij in aanmerking neemt, vrij wel elkander dekken!—; zij doen dit
zuiver instinctmatig, of wel: een onduidelijk bewustzijn van hun
onvermogen, in de menschschepping de aesthetische schoonheid te
bereiken, doet hen streven naar de ethische, welk streven tevens tot gevolg
heeft dat zij hun ignobele schepselen zoo zwart maken als de satan zelf is,
daardoor wordt de ethische schoonheid langs een omweg bereikt: de lezer
voelt, hoe boos de auteur op zijn figuur, hoe verontwaardigd hij is, het
ethisch schoon bevindt zich dus in den auteur-zelf! En als het tweede dezer
eigenaardigheden moet genoemd, dat de pseudo-menschschepper, hetzij
min of meer bewust van zijn onvermogen als zoodanig, hetzij zelfs geheel
onbewust daarvan en instinctief, de menschbeelding op het zooveelste plan
doet terugwijken en het bijwerk brengt op het allereerste: het bijwerk van
de "intrigue", van de taal, van de natuurbeschrijving, het bijwerk van alles
en nog wat. Schiep de Heer in zes dagen heel de wereld en één
menschenpaar, zij besteden dunkt mij, volle zes dagen aan het scheppen
eener menschenlóóze wereld en stelen vijf minuten van den sabbath, om
honderd menschen te maken! Die menschen zijn er dan ook naar ...—"[209]
Alleen die volgende reserwe moet ek maak: wat bywerk van taal en
natuurbeskrywing betref, is daar by De Waal geen sprake nie—hy vertrou

Page 113

enkel op 'n spannende intriege en 'n historiese versiering om sy verhaal
leesbaar te maak—wat later bewys word.
Hoe dat by De Waal alles afhang van die grillige toeval blyk uit die
verlowing van Hester Fourie en Bertie. Hester sê Phineas af, nie as gevolg
van 'n geweldige sielekonflik nie, waarin haar patriotisme en liefde in
botsing kom. Tot op die laaste behou sy haar naïewe geloof in sy
opregtheid, ja verneder haarself voor haar veragtelike aanbidder: "Ek weet,
dat jy my sal beskou as 'n bedriegster, 'n valse skepsel ... Ek weet dat jy die
naam van Hester Fourie sal verag, sal verfoei, sal wil uitdelg uit jou geheue,
...[210]. Sy is selfs gewillig om Phineas te trou al was hy ook
"handsupper"—eenvoudig omdat haar eie pa ook sy nasie verraai het—'n
rede wat psigologies absoluut vals is, omdat juis die skrynende pyn
daardeur veroorsaak, haar die verlore ideaal des te inniger sal laat koester
en haar verlange om dit in die minnaar terug te vind oneindig versterk. "Pa
het my diep teleurgestel, maar Phineas sal sy man staan—hy sal aan sy volk
getrou bly", so sou die vrou Hester geredeneer het, die vrou wat geloof het
dat hy 'n volksleier behoort te word![211] As De Waal wou gehad 't, dat ons
Hester Fourie moet bewonder as 'n fiere dogter van die Vrystaat, dan moes
hy die bitter kneusing van haar meisieshart uitgebeeld 't by die oorlopery
van haar vader en minnaar, die wondere, geheimnisvolle rypwording van
haar kinderliefde vir Bertie en haar langsame bewuswording van die feit,
dat haar gevoel vir Phineas 'n vergissing was. Maar in die roman
gehoorsaam sy aan "'n onverklaarbare, waarskuwende stem ... 'n instink wat
na geen menslike raad wou luister nie",[212] terwyl sy tog héél goed
w e e t , dat Bertie die plaas van Phineas in haar hart ingeneem 't. Of het
Phineas haar ook leer huigel?
Haar liefde vir Bertie is nie 'n allesbeheersende, allesoorwinnende passie
nie, wat haar met dwingende mag na die geliefde dryf, maar haar lot word
beslis deur die absoluut toevallige ontdekking van Nurse Nellie. Haar lewe
is nie die langsame ontplooiing uit 'n innerlike drang, wat onverbiddelik
dryf na die vervulling van 'n eie sielsgeaardheid nie, omdat die skrywer nog
nooit geloop 't op die slingerpaadjies, wat soos 'n wirrel-warrel-vlegwerk
uitgesprei lê oor die groot wonderland—das Ewig-Weibliche.
Die blinde toeval! In Johannes van Wyk het die nommertrekkery op die
basaar 'n beslissende invloed op die lewensgeluk van ses persone. En as

Page 114

Johannes sy kans laat glip, dan speel dieselfde blinde toeval hom die meisie
nogeens in die hand, dan kry hy 'n geleentheid om Hester te red en verseker
die flink optrede van sy vrinde hom 'n ongestoorde wandeling met haar. By
die eetmaal is dit wéér die blinde toeval, wat hom 'n sitplaas naas Hester
gee; wat die kaptein en kolonel met plotselinge doofheid slaan, sodat hy sy
geheimpies uitvoerig aan haar kan vertel. Voorwaar, Johannes laat ons dink
aan Van Lennep se motto by De Roos van Dekama. Hy is die man wat:
"wacht en stille sitt" en tog alles kry, terwyl Gert met al sy slim planne
homself in die ongeluk stort.

Joosten, vir wie Fritz Köhler, "g'n enkele keer die kans wou gee nie"[213]
om met Jeanette te praat nie, word ook deur die blinde toeval gehelp—
anders was hy vandag seker nog ongetroud!
En Grace Palmer? Haar huwelik is afhanklik van die toevallige ontdekking,
dat sy die Twede Grieta is. Sy self gee drie redes op, waarom 'n huwelik
met Andries onmoontlik is.[214] "De Intrigeroman kan alles bewijzen. Hij is
een droom; de natuurwet is er buiten dienst gesteld."[215] Om dié rede
behoef dit dan ook geen verbasing te wek nie, dat daar nog 'n hele reeks
onwaarskynlikhede in die twee romans te vind is, o.a. die verdwyning van
Grieta, die onvoldoende motivering van die haat tussen Andries en Phineas
en veral die feit, dat Conradie die Kaap verlaat sonder Andries mee te deel
wie Grace is. Op die manier kry Andries nog 'n kans om sy koppigheid te
wys en die feit, dat hy nou al deur sy oorlogervarings tot selfstandige man
geryp is, verhinder sy pleegvader nie om hom nog soos 'n stout seuntjie te
behandel nie! In J. v. W. laat die karakter van Abram ons ook twyfel aan die
egtheid daarvan; die skoot wat Abram net presies in die hart tref, terwyl hy
op Johannes se hart mik, verwek 'n skeptiese glimlag. Dat Gert in die
gifdrinktoneel hom so maklik laat fop, klink ook onwaarskynlik. De Waal
slaag daar nie altyd in om sy sterk-romantiese gegewens deur 'n
onweerstaanbare suggestiewe werking tot onbetwyfelbare realiteit te maak
nie.
Dit blyk ook duidelik uit Andries se awontuur by Utrecht. Ons verneem dat
't "buitengewoon donker" is—só donker selfs, dat die ruiter "nouliks die
kop van sy pêrd kon sien."[216] Tog laat "'n warrelwindjie 'n dun stofwolkie
... opstuif"! Later eers word die terrein deur bliksem af en toe verlig. Maar
dit bly só donker, dat die kaffer "slegs 'n donkere gestalte" is. Die skrywer

Page 115

laat ons egter nie v o e l deur allerlei fyn trekkies nie, dat dit werklik
donker is. Hy teken die hele toneel asof dit alles in die skroeiende son
gebeur 't. "Verbysterd en asof half lam leun sy (Krysie) met haar een hand
teen een van die opstaande rotse." Het Andries kat-oë gehad, of het hy dit
ook alles, "met die hulp van (die) weerlig" so haarfyn gesien? Hy soek nie
voel-voel na die gewere en bandeliers nie—hy tel sommer "een van die
twee Lee-Metfords en die bandeliers op ...". Hy loop nie struikel-struikel
oor die los klippe in die donker nie—"hy nader ... die meisie". En sy s i e n
hom "verward" aan; "sy skud haar kop", as hy haar iets vraag en "aan haar
kappie en jas kon jy ... s i e n , dat sy terdeë met klei in botsing gewees
het." Het dit ook alles gebeur met die hulp van bliksemstrale, want dis nog
só donker, dat hy byna oor die twee doodgeslaande perde val.
Die gebrek aan suggestiewe besonderheidjies belet ons om die waarheid
van die nagtelike toneel te voel. Die skrywer het dit nie innerlik deurleef
nie, maar met sy nugter verstand die awontuur inmekaar gesit. En hy was
hier tog op bekende terrein, want hy was self onderwyser in Utrecht en het
seker meer as een van die donderstorme gesien, wat met sulke plotselinge
felheid kan neerswaai, so geheel anders as in die Kaap.
Die donderstorm word as volg beskrywe: "Die stormwolk, waaruit soveel
vog gegiet en vuur geskiet was, was nog met onverminderde water en
elektrisiteit belaai en woed nog aldeur voort, (dus 'n wolk, wat voortwoed!)
maar nie meer vlak bo-kant die hoofde van die jong twee nie. Die
reusagtige massa was na die noordweste gedrywe, en slegs die nadruppels
val nog by die vlugtelinge. Met die ooptrek van die hemel kom ook die
opgaande maan te voorskyn."[217] Van natuurviesie geen sprake nie, nog
minder van indiwiduële impressie of verrassende segging. Die hele
beskrywing word gegee enkel om die laaste sinnetjie, want Andries moet 'n
kans kry om "die sewentienjarige poppie" te bekyk.

Die beskrywing van Patrysvlei[218] is soos die van 'n afslaer, wat 'n plaas
wil verkoop. Patrysvlei is "'n lushof" met mooi draadheinings. Daar is 'n
"deftige woonhuis" met "netjies ingerigte buitegeboue, stalle, krale,
kampies en pluimveehokke"; "in sag groen gelowerde vrugteboorde", 'n
groot tuin, 'n "massiefgewalde dam", deur 'n "altydlopende stroom gevoed"
en verder "uitgebreide, duidelik afgebakende saai- en weilande". Die
skrywer verseker ons, dat 't "'n bekoorlike landgoed, 'n paradysie" is, maar

Page 116

so 'n vendusieagtige ophemeling laat ons totaal koud en het met kuns niks te
maak nie. Die van buitegekome obserwatoriese gewaarwording is nie deur
die van binne opstygende deurvoeling tot 'n psigiese verbeelding geryp nie.
Die verslag van die voetbalwedstryd in hoofstuk vyf van Die Twede Grieta
is ook 'n bewys van De Waal se onmag as kunstenaar. So 'n beskrywing kan
'n rapporteur van 'n agterveldse krantjie ook gee, want dis kleurlose
joernalistiek, sonder 'n persoonlike aksent, in die allergewoonste
voetbaljargon. Die partytjie by Bertie was in 'n groot saal "waar die meeste
van die mense in vrolike gebabbel vergader was.... Verversings en
lekkernye is intussen rondgedeel en van die keurigste sterk dranke kon jy te
drink kry."[219]
In Johannes van Wyk nog 'n staaltjie: Hester en Johannes sing saam op die
rots: "Toe begin hulle weer. Al die ander was stil as die graf. Heerlik weer
lui (weerlui?) die skone melodie. Trillend weer het iedere noot in die
rotsagtige kloof van kant tot kant weerklink. Met soveel gevolg is elke
woord uitgebring geword dat dit ingedring het tot in die diepste hoekie van
elke hart en die fynste snare daar geroer het. Was dit dan wonder dat selfs
Louise haar oë vogtig geword het?[220] Viermaal weer; sesmaal ge
opmekaar gestapel! en dit in ses-en-'n-halwe reël! By die waaragtige
kunstenaar, wat hom diep in sy stof inlewe, verander ritme, styl, taal,
woordekeus voortdurend al na gelang van die stof. De Waal wil hier musiek
in woorde verklank en hy hakkel soos 'n doofstomme. Die mooi alliterasie:
"Trillend weer het iedere noot in die rotsagtige kloof van kant tot kant
weerklink" gaan verlore in die aanswellende gutturale kakofonie.
De Waal se styl het geen eie geluid nie. Sy taal is die van die koele gedagte,
ontspring nie uit 'n ontroerde gemoed nie, mis harmoniese ritme. Nooit voel
ons; daarin die koorsagtige klop van die digter, nooit tintel daarin die warm
liefde vir singende woorde nie. Kort en saaklik deel hy ons mee, soveel as
nodig is om die intriege te verstaan, soms met katalogusagtige dorheid.
Grace word ingelei in "'n kamer van middelmatige grootte, wat
klaarblykelik gedien het vir eet-, slaap- en werkkamer tegelyk, want in die
middel staan daar 'n tafel met 'n bord, 'n kaasbak, 'n suikerpotjie, 'n
standertjie, 'n paar koppies en pierinkies en nog meer sulke goed; naby die
venster sien jy 'n tafeltjie met 'n goedkoop naaimasien en 'n werkmandjie
daarop, terwyl, aan die teenoorgestelde kant van die kamer, die voetenent

Page 117

van 'n ledikant van agter 'n Japanese skerm uitsteek. Verder bemerk jy daar
ook 'n wastafeltjie en enige ander meubelstukke—almal oud en eenvoudig,
maar net en sindelik."[221] Geen verrassende wending, geen metaforiese
vermoë. Dit is net asof hy 'n reusagtige settery het, waarin die sinne netjies
in hul bakkies gerangskik staan—la phrase fait une fois pour toutes.[222] As
iemand skrik of verbaas is, dan het hy "wydgespalkte, wit kykers", (J. v. W.,
p. 37); Malherbe en Joosten volg Johannes se bewegings "met beklemde
harte en wyd-geopende oë", (J. v. W., p. 71); "Die dominee sien sy dogter
met wydgespalkte oë aan", (J. v. W. p. 149); "die meid, met 'n uitdrukking
van angs in haar groot, wit oë". (Tw. Gr., p. 7). "'n Klein gil verlaat sy bors,
en met wydgespalkte kykers starend staan hy vir 'n oomblik asof
versteend", (Tw. Gr. p. 173); "ontsettend verras staar hy die meisie met
wydgespalkte oë en ope mond aan", (Tw. Gr., p. 392); "Palmer!?" roep
Conradie, met groot oë, verbysterd", (Tw. Gr., p. 353); "Maar voor hy iets
meer sê, deins hy verskrik terug, en staar haar met wydgespalkte oë aan",
(Tw. Gr., p. 350); "Met wydgeopende, verwilderde kykers staar hy die
besoekster asemloos aan", (Tw. Gr., p. 369); "Met ope monde asof deur
towery geboei, gaap hulle die singers in verlore bewondering aan", (J. v. W.,
p. 97); "die trotse Chrissie staar met wye fonkelende oë vaag op na die
plafond", (Tw. Gr., p. 224). As Boonzaaier dié romans moes illustreer ...!
Dieselfde uitdrukking kom ook by Van Lennep voor: "Welnu! waar wacht
gij op?" vroeg de man, wien de uitdaging gold, aan den voerman, die met
wijd opgespalkte oogen, dit tooneel stond aan te gapen."[223]
Soms laat De Waal nogal wonderlike maneuwers uitvoer: "Maar Jeanette
het alreeds haar oë met stille valksblikke na huis, werf en elke plekkie daar
rondom, vir sover as haar gesig nie v e r s p e r was nie geslinger", (J. v.
W., p. 199); "Sy oë begin van vooraf in sy kop te rol", (J. v. W., p. 15).
Nog 'n ander stylverstening is: "'n Rilling loop deur sy lyf", (J. v. W., p. 38);
"'n Vinnige rilling loop deur die hele lyf van Johannes", (J. v. W., p. 215);
"'n Ysige rilling tref die lede van die sielvermoeide student", (Tw. Gr., p
389); "Hester haar liggaam tril van die skok", (Tw. Gr., p. 200); "wat 'n gril
skud sy lede", (Tw. Gr., p. 250); "Dit was of Andries 'n geweldige skok deur
al sy lede kry", (Tw. Gr., p. 314). "Wat 'n rilling loop daar deur sy hart", (J.
v. W., p. 72). Van Lennep gebruik die uitdrukking ook: "Een koude rilling
liep mij door de aderen."[224]

Page 118

Nog 'n ander stylverstening is asvaal of vaal soos as.[225] So sou ons die
hele inwentaris kan opmaak van die bakkies in De Waal se settery; van die
beperkte aantal stereotiepe uitdrukkings, wat met tergende reëlmatigheid by
amper elke dialoog voorkom—die "knersende tande", "geamuseerde
gesigte", die "hande in die hare", die krappery agter die ore, of op die kop,
die "bevestigende knikkies", "wit bewende lippe", "glinsterende, wetende,
verwilderde, verslindende ... oë"; "vuurrooi wange", "veel-betekende (?)
glimlaggies", "angstig-kloppende, bonsende harte" en al die verskillende
soorte kyke!!—o.a. "die kyk ... wat as 'n dolk tref", (J. van W., p. 46). Dan
nog De Waal se besonder hartlam-uitdrukking k y k e r s —van allerlei
aard, diep, vurige, swart, donkerbruin, glimlaggende, skitterende, medely
wekkende, sielvolle[226], glimmende, bewonderende, grys, groot, ope, blink,
pragtige, patetiese....[227]
'n Enkele maal word ons verras deur 'n raak tekening: "rooi as 'n
granaatappel", (Tw. Gr., p. 121); "met 'n berouvolle krakie in sy stem", (Tw.
Gr., p. 269),—maar dis nes 'n eensame blommetjie in 'n vaal stoppelland.
Meestal is De Waal doodtevrede met die ou beskrywende adjektiewe, wat
die Neerlandse skrywers van vóór 1880 duisendmaal afgerinkink het. Dit
blyk veral waar hy die uiterlik van sy persone teken. Hester Linde het "'n
lelie-blanke kleur, afgewissel deur die roseblos van gesondheid, ... daarby
vertoon sy 'n paar oë so helder, so hemelsblou, so sielvol, as g'n digter of
skilder sou kan teken nie; 'n lieflike neusie gelyk en reg as van 'n marmer
beeld." (J. v. W., p. 63). Sy is 'n engelagtige wese, (J. v. W. p. 72 en 162) met
hemelse oë; ook Grieta is "'n beeldfraaie mens.... meer geskik vir die tuiste
van engele, dan vir hierdie prosaiese aardbol", (Tw. Gr., p. 1); "'n
buitengewone juweel" met "melkwit hals" en "goudbruin hare, wat tot
sieraad sou gestrek het vir die skoonste towergodin", terwyl Hester weer 'n
"liewe juweeltjie" is, "'n allerpragtigste kind, die beeldskone
predikantsdogter" met "'n sneeublanke gelaat". Sy is "die liewe engel wat
dag en nag Johannes se gedagte besig hou en 'n vuur in sy hart aangesteek
het wat niks kan uitblus nie...." (J. v. W., p. 178). Ook Grace laat "'n
vlammetjie ... ontbrand, wat Andries nie lig kon blus nie". Nes by Hester
word ons verseker van die magteloosheid van die skilder en nou ook nog
van die beeldhouer: "Het ooit 'n skilder 'n kinnetjie pragtiger geskets? Het
ooit 'n beeldhouer 'n mondjie bedeel met soveel uitdrukking, soveel
karakter, soveel soete onskuld, as wat vertoon word deur daardie twee

Page 119

gesonde, klein, allerliefs gevormde lippies?" (Tw. Gr., p. 239). Sy is ook
soos haar moeder "meer geskik vir die tuiste van engele": "Dat 'n regtige,
gewone, aardse mens so fouteloos (anglisisme!) daar kon uitsien, sou hy
nooit kan geglo het nie." Ons glo dit dan ook nie!! Mens moet na Tollens en
sy konfraters gaan om die sussies van De Waal se engeltjies te kry. Hoor
maar hoe Tollens "Het Ongenoemde Meisje" "besing"[228]:

Page 120

"Der nachtegalen zang is schoon,
Maar tienmaal schooner is haar toon,
Haar stem doortintelt merg en bloed;
Geen ziel, die zij niet smelten doet;
Geen booswicht is er, als zij zingt,
Wien niet een traan in de oogen dringt.

Zij zweeft, als had zij wiekjes aan:
Haar zooltje laat geen teeken staan.
Haar vlechten zijn als ravengit,
Haar boezem is als zwanenwit;
Geen enkel sproetje vlekt haar kin
En 't englenzieltjen evenmin.

Wie zulk een meisje ooit ontmoet,
Zoo schoon, zoo rein, zoo engelgoed;
Wie 't orglen van een stem vernam,
Zoo fraai of ze uit den hemel kwam,
Geloof hij 't vast—zweer hij 't vrij:
Dat is mijn meisje! dat is zij!"

De Waal se "fouteloos fraai" meisies dra natuurlik ook klere, "fouteloos
passend" soos Grieta; hul het "lieflike gelaatstrekke", "pragtige elegante"
gestaltes, of anders "heerlik-fraai—slank en tog vol"; meestal
"langwerpige" gesiggies soos Hester Linde, Hester Fourie en Grace; maar
die koddigste is wel die plomp[229] wange, wat by De Waal blykbaar die
betekenis van die Engelse plump het!!
Vergelyk ons nou hiermee die manier, waarop Van Lennep sy dames en here
teken, dan val die sterk ooreenkoms dadelik in die oog. In De Roos van
Dekama word Madzy as volg voorgestel: "Voor zooveel men, nu zij gezeten
was, haar gestalte kon beoordeelen, was zij rijzig van postuur; doch haar
fijne leest was gewikkeld in een zwarten zijden mantel, die niets liet
bespeuren dan de bevallige ronding van een leliewitten arm.... De kap van
den mantel bedekte het hoofd, en was onder de kin vastgestrikt, doch liet
echter vryheid om de edelste en tevens innemendste wezenstrekken te
beschouwen, welke immer in het hart eens jongelings liefde verwekt

Page 121

hebben[230]. De strenge regelmaat des beloops van neus en voorhoofd,
welke aan het profiel der Grieksche Juno herinnerden, was getemperd door
den zachten, minzamen opslag van twee groote, helder hemelsblauwe
oogen, overwelfd door gitzwarte wenkbrauwen, zoo zuiver van omtrek, als
waren zy door een penseelgevormd, en door de kuiltjes welke in de van
gezondheid schitterende wangen en in de ronde kin als tot een schuilplaats
voor de bevalligheden gevormd waren. Een klein vlekje ter zijde der
bovenlip, instede van het gelaat te ontsieren, stak geestig af tegen de blanke
tinten van het fijne, met blauwe adertjes gemarmerde vel, en verhoogde de
levendigheid van uitdrukking der wezenstrekken, vooral wanneer zij zich
tot een lachje saamtrokken, en de halfgeopende rozemond, de dubbele rij
der hagelwitte tandjes ontdekken liet."[231] Vir Reinout is Madzy dan ook
dadelik 'n "lieve engel". "Reinout ... had een wel niet rijzige, maar toch in
allen deele fraai gevormde, gestalte. Ravenzwart haar krulde hem met
bevalligheid om de slapen; zijn gelaatstrekken waren fijn en regelmatig, en
schoon van nature bleek en door de zuiderzon en de vermoeienissen des
oorlogs met een gele tint overdekt, hoogst bevallig en innemend. Geest en
scherpzinnigheid straalden uit zijn gitzwarte oogen, wier levendigheid
waarde gaf aan alles wat hij zeide."[232] Malherbe "was middelmatig van
gestalte, welgeset, kragtig gebou. Sy blas kleur en Paryse neus het duidelik
te kenne gegee dat hy van Franse afkoms was; en sy groot welgevormde
kop, versierd met 'n bos digte, pikswart krulhare, het blyk gelewer van meer
dan 'n gewone mate van harsings; terwyl sy diep, vurige, donkerbruin
kykertjies, wat treffend gepas het by sy swaar wenkbroue, die wakkerste
skerpsinnigheid verraai het." (J. v. W., p. 61.)
Daar is nog meer reminisensies aan die versteende terminologie van vóór
1880 by De Waal. "Iedereen luister met ingetoë bewondering na die
sielverheffende, heerlike musiek", (J. v. W., p. 228); verbryselende tyding,
(J. v. W., p. 251); "wat daar in sy gemoed omgaan, kan beter verbeel dan
beskrywe word", (J. v. W., p. 106); 'n ontluikende man, (J. v. W., p. 8). De
Waal besef nie die gevoelswaarde van die woord ontluikende nie, want
ofskoon "'n ontluikende maagd" 'n doodgewone staaltjie van die Parnastaal
is, kan ons ons moeilik 'n ontluikende man voorstel. In Die Twede Grieta
kom ook nog voor: "verhewe, edele gelaatstrekke", (p. 209); "onvergeetlike,
hartstrelende", (p. 318); "'n soet druppel in die bitter beker", (p. 12);
"hartedrif" (p. 382); "dit was asof 'n priem sy hart deurboor en sy bloed

Page 122

yskoud word", (p. 96)[233] "'n Vloed van bitter onaangename
gewaarwordings deurstroom sy beklemde gemoed", (id. vgl. J. v. W., p.
174); "sy was weggevaar na die heerlike wêreld van die sorglose
vergetelheid, rustig in die arms van die slaapgod ...", (p. 238); "oorstelp van
vreugde en droefheid", (p. 174).
Aan beelde waag De Waal hom baie selde en as hy dit doen, dan is 't
gemeenplaatse, of ridikule voorstellings soos: "Hy kon sy brein in geen
ander rigting laat vloei nie" (Tw. Gr., p. 259); "Die nommer van die meisie
wat nou so dryf op die hete onstuimige stroom van sy gedagtes", (J. v. W., p.
64); sy gedagtes rol oor al die gebeurtenisse van die aand terug", (J. v. W., p.
106); "Die digte sluier wat haar geestesoog bedek het, is afgeruk", (J. v. W.,
p. 174); Andries hoor Grace se "silwerstem. Dit tril(!) die snare van sy
hart", (Tw. Gr., p. 259); "Byna onmiddellik daarna, soos in 'n towerslag
verander haar gelaat in glad 'n ander plooi ..." wat net so 'n wonderlike
metamorfose is soos die van Andries, wat volgens Phineas van 'n askoek tot
'n doring ontwikkel, (Tw. Gr., p. 242 en 382).
"Jacob van Lennep was van 1829 tot zijn dood in 1868, Rijks-advokaat;
bijna 40 jaar dus. Het ambt maakt de man. Deze man moet dus wel tot in z'n
tenen advokaat zijn geworden, vooral omdat-ie van z'n eigen natuur al had,
wat dat ambt in 'n mens pleegt te ontwikkelen: handigheid in 't pareren en
uitvallen; scherpzichtigheid van elk plekje dat de tegenpartij bloot geeft; en
bij deze schermmeesters-talenten, toch eenvoudige waarheidszin en
oprechtheid....[234] Dieselfde eienskappe is ook te vind in die romans van
Advokaat De Waal. Hy het sy eie pleiterstalent aan Malherbe geskenk en
die kruisverhoor van Gert is een van die besgeslaagde gedeeltes van
Johannes van Wyk. Phineas behaal ook 'n advokate-oorwinning op die
Smithfielders en die weduwee, en sy listige draaitjies laat ons meer aan die
geregshof dan die Teologiese Kweekskool dink. Vir die samestelling van sy
intrieges kon De Waal dan ook profiteer van sy eie ervaring by die
geregshof, 'n element wat 'n ruim plaas beslaan in albei romans. Die
lewendigheid van sy dialoog laat aan dieselfde invloed dink. Oor 'n raak
antwoord staan sy persone selde verleë, en tog ontaard dit nie in 'n
vernufsdialoog nie, maar is gewoonlik 'n weergawe van die los natuurlike
gesèlstoon. Dat hy dit egter nie altyd tref nie, bewys die volgende kromtaal,
wat hy in die mond van Professor Clarke lê: "Jy het skone vooruitsigte, my
jong (sic!), as jy net getrou by jou studies wil bly; en ek gee jou my woord,

Page 123

dat alles, wat ek kan doen om jou meriete bekroon te kry met die sukses,
wat dit verdien, sal ek.[235] Ook Ds. Kestell en Conradie spreek Andries toe
as my jong.[236]
'n Staaltjie van gebrekkige psigologie vind ons in Die Twede Grieta. Dis
Andries se verjaarsdag en hy moet natuurlik die gewigtige gebeurtenis aan
sy maat op skool meedeel. "Mag jy soet opgroei! fluister die ander grappig
terug."[237] Wie sou so 'n ou-tante-agtige wens verwag van 'n kind van elf
jaar? As hy nou nog gevra 't: "Het jy baie presente gekry?" dan kon ons dit
verstaan!
By De Waal kan ons konstateer 'n byna volslae veronagsaming van die
volkstaal. Hy was een van ons eerste skrywers en het soos weinig ander die
kans gehad om gebruik te maak van tiepies Afrikaanse wendinge, wat in die
rykste verskeidenheid net op die lewewekkende adem van die kunstenaar
gewag 't. Maar in plaas daarvan gebruik hy die dorre beendere van 'n voos
ou-tydse retoriek, wat al twintig jaar morsdood was. Of wat uit
kultuuroogpunt nog veel erger was, hy leen hot en haar van die Engelse en
set die jong lesers van De Goede Hoop 'n onsmaaklike hutspot à l'anglaise
voor—juis dié mense, wat hy, as taalyweraar, moes oortuig van die
deugdelikheid van die Afrikaanse taal. As De Waal woordkunstenaar
gewees 't, dan sou hy op sy togte met die Rondgaande Hof, wat hom in nou
aanraking met al die klasse van die samelewing oor 'n uitgestrekte gebied
van die Kaapprovinsie gebring 't, die volkstaal beluister 't, met volle teue
die fris veldgeur van die ongerepte Afrikaanse idioom ingedrink 't. En
indien hy ook al dikwels die verpestende lug, wat stadig maar seker by ons
taalvensters ingewaai het, moes opsnuif, was dit dan nie juis sy heilige plig
as voorman om met speurende sorg alle uitlandse bysmakies uit die
nasionale taalspys, wat hy vir argelose jongeliede opgedis het te verwyder
nie? Maar die Engelse stormwind het De Waal omgewaai en al het hy in die
afgelope sewentien jaar effentjies gespartel om op te staan, die vyfde druk
van Johannes van Wyk en die twede druk van Die Twede Grieta bewys dat
dit hom tot nog toe nie geluk 't nie.
In sy dissertasie Taal en Poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging het
Dr. E.C. Pienaar gekonstateer, dat met betrekking tot anglisismes Johannes
van Wyk "aan 'n ongeneeslike kwaal ly".[238] In Die Burger van Augustus
1921 laat De Waal hom as volg daaroor uit: "Is dit die skuld van die outeur

Page 124

dat soveel anglisismes burgerreg verkry het in ons taal? Toe ek die boek
geskrywe het, het ek die spreektaal ten naastenby weergegee soos hy
gebruik geword het, nie soos ek of my taalvriende sou verkies het dat hy
moet wees nie. My skryftaal was maar 'n weerspiegeling van die spraak....
Die woorde lyk (hou van) en kyk (blik) ... sou ek darem in geen geval laat
vaar het nie. Hulle het pos gevat in ons taal en verarm dit nie." Dr. Pienaar
het ongetwyfeld gelyk as hy beweer, dat De Waal se taal "'n weerspiegeling
was van 'n kunsmatigvervalste spraak-werklikheid, soos die onder bepaalde
anti-nasionale skool-invloede in bepaalde kringe geheers het."[239] Tereg
word ook verder gelaak die gebrek aan "historiese atmosfeer" in Johannes
van Wyk "omdat die skrywer deftige Hollanders van die jaar 1700
anglisismes in die mond lê, wat tuis hoort by verengelste Afrikaners van
twee honderd jaar later, en selfs dan nog maar in sekere kringe."[240]
"Moed broei moed" is die vertaling, wat Grace Palmer gee van "Courage
breeds courage". Andries verbeter dit tot: "Moed kweek moed"[241]. Dit is
presies die wyse waarop De Waal te werk gaan. Sy gedagtewêreld is
Engels; en sy skrywery is 'n langdurig gesukkel, 'n kriewelagtige gepeuter
om aan Engelse gedagtes 'n Afrikaanse tint te gee. Só kan geen kunswerk
ontstaan nie. Ons stuit gedurig op uitdrukkings en woorde, waarvan die
Engelse voorbeelde hul direk aan ons opdring. Dit is dan ook 'n vergeefse
poging om die twee romans van anglisismes te suiwer, wat die skrywer
alreeds probeer doen 't; die rooi suurdesem het deur-en-deur getrek tot in
hul kern, soos blyk uit die volgende paar voorbeelde wat gemaklik
verdubbel kan word. In Johannes van Wyk, vyfde druk 1921, kom voor: p.
29, "sou hy 'n twintigtal van daardie gebroed binne vyf minute kon uitgevee
het; p. 149, "Wat 'n jammer ..." p. 173, "dat F.K.... sy kop mag verloor en 'n
hand in so 'n daad hê; p. 174, Sou sy nie ... iets kan sê of doen wat hom mag
weggee nie? p. 215, (hy) bind sy rooi sakdoek oor die groter deel van sy
gesig; p. 224, Die twee lawwe kêrels ... vind hulle uitgesny deur "die Franse
advokaat"; p. 76, "Gou nou!" haas Joosten sy twee vrinde aan, ...
In Die Twede Grieta, twede druk, 1921: p. 11, watter adres hom in
Johannesburg sou vind, p. 54, Brittanje steek weer sy vinger in die pasty; p.
136, 'n Stuiwer vir jou gedagte; p. 149, maar sy vrees het nog die bo-hand
gevoer; p. 213, Ons kon om die lewe nie raai; p. 242, in die klein uurtjies
van die nag; p. 308, die gees van jingoïsme—waarvan alle ... Afrikaners in

Page 125

die stede prooi was; p. 326, koerasie byeengesamel; p. 328, in watter
woorde die nuus te breek; p. 377, Die aparte uitdrukkings, wat daar
beurtelings op die gelaat van Grieta verskyn het ... was 'n studie.—Plompe
wange is reeds in 'n ander verband genoem. In Die Twede Grieta hoor ons
nog van 'n milde behandeling! (Eng. mild).
Ook die volgende uitdrukkings, meestal onbeholpe vertalings, toon duidelik
aan hoe De Waal in Engels dink en dan 'n woord of wending kies, wat glad
nie in die verband pas nie. In Johannes van Wyk b.v. p. 48, aan die agterdeel
van die huis; p. 80, 84, 246 die gestremde (Eng. strained) stilte, verhouding,
ens.; p. 84, En hy ... ontmoet haar lippe met syne ... in 'n soete, hartelike
kus; p. 101, U het ons almal uiters gul vergas; p. 180, Die stem klink op
verhewe toon[242]; p. 217, jy 't my in 'n desperate weg gedring; 'n goeie dag
gee.
In Die Twede Grieta: p. 41, Die ruime stellasies ... was besprenkeld van
toeskouers[243]; p. 56, Op laasgenoemde plek spring daar 'n stad op; p. 59,
tegelyk sou die forte by Pretoria gegryp word; p. 198, sy volledig die sin; p.
175, Intussen doen die verpleër aldeur alles in sy vermoë om die vloei van
die bloed te stuit, en werklik was die lekkasie(!) binnekort aanmerklik
verminder.
Kyk (blik), kom kyk (besoek) en lyk (hou van) is vaste uitdrukkings van De
Waal. By die gebruik van voorsetsels is hy ook gedurig onder Engelse
invloed of maak hy die snaakste foute. In Johannes van Wyk b.v. p. 19,
onttrek ... uit; p. 24, voorsien ... met[244]; p. 59, trakteer met lekkers; p. 60,
deelneem in; p. 61, Aan sy breë mond kan jy ... lees; p. 71, vermorsel aan 'n
rots; p. 96, hy roep op die sangpaar; p. 128, vervang met; p. 170, gedagtes
in die saak vorm; p. 180, om jou naamtekening aan hierdie getuigskrif ... te
verkry; p. 204, hy hou hom onledig aan die heel-maak van 'n ... mandjie;
ens.
In Die Twede Grieta: p. 335, om hom met die nou gang te begewe na sy
kompartement; p. 344, berus by haar laaste antwoord; p. 369, hy spring met
'n skrik in sy sitplaas op; p. 388, 'n kelkie ... tot mekaar se gesondheid drink;
p. 227, "Kom!" roep die boer aan die pêrde; p. 156, duskant van
Paardeberg; p. 285, ryk in bobbiaan ...; ens.

Page 126

'n Voorbeeld van stokkerige Hollands vind ons in Johannes van Wyk, p,
190: Die verbeide vyand. Telkens is die woordskikking verkeerd. In die Tw.
Gr., p. 47, b.v. Die trant van die spel, ja, het so 'n keer geneem, dat, binne
vyf minute na die ongeluk, was een van die donkerbloues in staat ...; p. 79,
Hy het my onder ander vertel ... dat ofskoon Hollands en Engels op papier
gelyke regte het, word daar in die praktyk gesorg....[245]
Die lidwoord ontbreek in: om sake weer op ou voet te kry; pas het hy
hierdie prooi in oog gekry; hulle wag tot oordeelsdag.[246] Of anders staan
dit waar dit onnodig is: Omtrent honderd kanonne (word) in die werking
gebring.[247]
Verder kom daar nog 'n hele stel uitdrukkings of woorde voor wat (a) 'n
allerkoddigste indruk maak deur hul lompheid; (b) volmaak onverstaanbaar
of ongebruiklik is; (c) waarvan De Waal die gevoelswaarde nie besef 't nie.
Ek gee enige voorbeelde:
(a) Uit Johannes van Wyk:
(p. 42) Toe verkwik hy sy gestel by 'n dammetjie; p. 68, die lewendige kou
water; p. 70, Versigtig en langsaam kom hy (die skuit) met sy
swaarbelaaide mensevrag gedurig nader; p. 82, die gemoedvolle vader; p.
192, 't Was allesbehalwe 'n gevoel van gerustheid waarmee die verdediger
van die kraal nou beset was. Hy moes die toneel ... toeskou; p. 226, Die
liewe natuurlike musiek, wat hierdie lewendige water op sy weg ... ondertoe
na die vlakte baan; p. 82, En wat kom die gewaad ook daarop aan, solank
as dit nog reg is miet sy inhoud! (Ds. Linde tot Hester); p. 227, Daardie
selvolle kykers, wat so sy hart verteer het.
Uit Die Twede Grieta:
(p. 236) Haar storie ... het sy op so 'n belang-prikkelende manier vertel, dat
dit van begin tot end die aandag van haar geleide boeiend geïnteresseer het;
p. 295, So het die burgers hulle gelate wil berus by die besluite ...; p. 394,
die vooruitlopende weet-al-leser; p. 4, in die wye, rond-gegruisde
tuinpaadjie.
(b) Uit Johannes van Wyk

Page 127

p. 7, Sy ... ontlos haar van haar helper; p. 201, die bedleërige; p. 163, 'n
aangestrande vreemdeling, 'n vermoede gevlugte seeman; p. 24, spieder en
bespeurder; p. 2, sy goedbelynde gesig.
Uit Die Twede Grieta:
p. 295, die harttrillende vierkleur; p. 308, weervaardigheid; p. 381, die
salig-oorstelpte besoeker.
(c) Uit Johannes van Wyk:
p. 5, die dik prettige dogter; p. 235, met 'n gesig oppervlakkig prettig; p.
140, 'n prettige boer; p. 169, 253, nering; p. 102, Het komt my voor dat
tante Debora hem daartoe aansart; p. 58, die mense was gemoedelik
aangedaan; p. 68, Köhler het haar (die meisie) met geweld weggeraap; p.
80, terugwerping; p. 75, toewerping; p. 165, Ek weet waarlik van niemand
wat 'n mooier vorm en postuur het nie (van Johannes geseg); p. 188, en al
die huisgesinne ... het met waens en karre na die setel van plesier en
vrolikheid vertrek.
Uit Die Twede Grieta:
p. 19, Wat sal van daardie verskriklike wil van hom word, as ...; As ek jou
belet om dit met geweld uit hom te delg; p. 20, Phineas Junior ... het welig
opgegroei; p, 34, Haar geselligheid, wat sy by al haar kennisse ... beoefen
het; p. 114, na 'n koppie koffie by 'n buurman te benuttig het; p. 286, om
Andries handtastelik te verwelkom; p. 302, tasbare dank; p. 265, nouliks
was daardie aanval aanvaar.

Stompies.

Stompies, 'n bundel stories, rympies en toneelspelletjies is, wat die
prosastukke betref, uit dieselfde hout as die romans gesny. Tien of twaalf
sulke stompies met timmermansvaardigheid aanmekaar gelas en met
historiese kleefstof van 'n patriotiese merk vasgelym vorm die lang stompe
van die romans. Maar dis dorre stompe van 'n stokoue, doodgebloeide
boom, wat De Waal omgekap 't om die taalvuurtjie mee op te stook.

Page 128

In Stompies (1911) word die getal van die "engelagtige" meisies met hul
"betowerende, hemel-fraaie kykers (o.a. p. 7, 10, 156), plompe rooskleurige
wangetjies (p. 98), Venusagtige gestalte (p. 140), ens. vermeerder. Hulle
"stuur 'n elektriese stroom deur al die lede" (p. 156) van hul aanbidders en
as hulle so onversigtig is om in die water te val, of deur Kaffers toegetakel
word, dan kry die dapper redders, wat toevallig daarop afkom die
welbekende "koue rilling" wat "deur hul hele lyf loop" (o.a. p. 78), totdat
hul uiteindelik "die hemelse gedaante van hul teergeliefde(s) te gemoet
vlieg" (p. 83) en "verrukkelike vreugde in hul hart straal." (p. 83.) Die
gelukkige paartjies word dan nog almal voorsien van 'n liewe gesonde
seuntjie (p. 60), "twee fraaie kindertjies" (p. 104) of "drie gesonde
kleintjies" (p. 158).
Die voorwoord bevat nog 'n merkwaardige verklaring: "Soals die ironie dit
wil, gee ek, die alle digters en rympiesmakers beskou als
beklagenswaardige dromers en dwepers, nou self 'n klomp rympies uit!—"
Dat iemand wat so 'n beskouing daarop na hou, geen kunswerk kan lewer
nie, spreek vanself. Hy het self dan ook erken dat hy nie "in die wieg gelê
was om romans te skrywe nie. (Hy) het maar die leeslus onder ons volk vir
Afrikaans wil help opwek"[248]. Hierdie oordeel kan na ons ondersoek
volkome bevestig word. Sy romans het geen letterkundige, maar wel
kultuur-historiese waarde. Dit was propaganda-werk, wat verskyn het in 'n
tyd toe die meeste ander voormanne nog niks gepresteer had en daar feitlik
geen Afrikaanse leesstof was nie. Sy doel het De Waal dan ook bereik; Hy
het 'n groot deel van die Afrikaanse volk hul eie taal leer lees. Wanneer ons
nou dat die stryd vir Afrikaans gewin is, behoefte gevoel om ook die
letterkundige waarde van die eerste prosawerk te bepaal, dan moet daar
nogeens met nadruk op gewys word, dat Johannes van Wyk met al sy
gebreke 'n faktor van belang in die taalstryd was.
Dat dit gelees is, is veral te danke aan die spannende intriege. Wat J.
Koopmans van Van Lennep sê is ook van De Waal waar: "Meesterlik
worden de draden in één punt samengetrokken; als in een vuurwerk knapt
en knettert de kruithuls aan alle kanten; de ene vonk ontsteekt de andere en
draait de spil naar de gewenste zijde"[249]. Solank as daar mense is wat 'n
boek lees alleen "vir die storie", sal De Waal se romans seker gelees word.

Page 129

§ 2. J. Lub.

J. Lub is op 1 Mei 1868 gebore te Garijp, 'n dorpie in die provinsie
Friesland. In 1892 het hy as onderwyser na die Transvaal gekom. In die
Anglo-Boere-oorlog was hy vir ses maande in diens van die Rooi Kruis as
bestuurder van die ambulanstreine. Na die vrede het hy opgetree as
Hollandse dosent aan die Johannesburgse Normaal-Skool en tans is hy
inspekteur van skole op die Rand. Vyf bundels sketse het van hom verskyn:
Eenvoudige Mense (1908), Donker Johannesburg (1910)[250], In en om de
Goudstad (1912), Het Zwarte Gevaar (1913), Oom Frikkie en ander Sketse
(1918).[251]
Van Lub se sketse is 'n groot aantal in Afrikaans geskrywe, maar dit is die
Afrikaans van 'n buitelander, waarin, hoe goed hy die taal ook al deur 'n
langdurige verblyf onder ons mense geleer 't, tog altyd nog iets vreemds
klink. Omdat sy persone meestal in 'n Engelse milieu optree, kom daar in sy
werk nogal baie Engelse uitdrukkings voor en hoewel dit soms deur die
geaardheid van die sketse noodsaaklik word, moet die veelvuldige gebruik
van woorde soos "cab, stretsjer, uitgeswindel, loafers, motormen, sweets,
gingerbier" ens. beslis afgekeur word. "George lyk om te "marry", maar sy
"job" betaal maar net £12-10s., en hy het die laaste tyd op die reisies
verloor, want sy "friend" het hom die "wrong tip" gegee" (Eenv. Mense3, p.
52). Al dien so 'n staaltjie nou ook ter karakterisering, tog word die
herhaling van sulke gebrabbel op lange laas onleesbaar.
Die verwording van die Afrikanerkarakter in die kosmopolietiese goudstad
—dit is die vernaamste onderwerp van Lub se sketse. "Daar binne in die
kuil (Johannesburg), vergaan 'n deel van ons arm mense, wat in hoë plekke
behoort te wees, maar wat nou in hole van ellende omkom en bedelaars is ...
of nog erger" (Oom Frikkie, p. 66). Die degenerasie van sulke sosiale
drenkelinge word in lewendige tafreeltjies beskryf. Die algemene opset is
gewoonlik so: eers word met 'n paar vegies die stadsbeeld geteken; dan
ontmoet "meester" een van sy oud-leerlinge of 'n ander bekende van die
plaas, wat nou in die uiterste ellende verkeer. So kry "meester" af en toe 'n
kans om die rol van Hildebrand teenoor die diakenhuismannetje te speel.
Anders word allerlei straattiepes op die manier van Justus van Maurik
beskryf, soms met 'n moraliserende prekie as slot. "Dink tog 'n bietjie, as

Page 130

julle die busdrywer(s) sien, dat hy ook een van ons medemense is", ens
(Eenv. Mense, p. 36). Met 'n poliesman as geleider besoek Lub die
gevangenisse, agterbuurte en reddingshuise. Die redakteur van Die
Brandwag het sy werk juis gekarakteriseer: "Sulke sketse is menslike
dokumente ... 'n simpatieke argief, wat die koue koerante en dokumente-
argief van vandag se geskiedenis aanvul vir die toekoms" (t.a.p., Des.
1918). Dit is goeie joernalistiek, met veel mensekennis geskryf, en dit werp
'n lig op die ontstaan van ons arme blanke, 'n kwessie wat nog altyd aktuëel
is.
By die beskrywing van sy melankoliese tonele gebruik Lub soms
melodramatiese motiewe, wat as pakkende slot moet dien. Op die manier
verswak hy die indruk van roue realiteit, wat sommige van sy woordfoto's
op ons maak. Ter afwisseling kry ons sketse in die komiese genre, wat
meestal goed geslaag is.

§ 3. J.G. Engela.

J.G. Engela is gebore in 1862 op Ceres, waar hy alleen Engels op die skool
kon leer. Op sewentienjarige leeftyd was hy al ouerloos en toe moes hy tog-
ry, skoolhou en allerhande ander werk doen om 'n bestaan te maak. In die
Transvaal was hy op die kantoor van die mynkommissaris, toe die oorlog
uitbreek. Hy is by Paardeberg gevang en na Ceylon gestuur. Na die vrede
was hy klerk in 'n winkel en in dié tyd het sy boeke verskyn. In 1914 is hy
as winkel-inspekteur aangestel, en toe hy op sestigjarige leeftyd volgens die
regulasies moes aftree, het hy gaan boer op "Die Vlakte", in die distrik
Bloemhof.

Afrikaanse Verhale en Gesellige Half-Uurtjies.

In die voorwoord van sy twede bundel, Gesellige Half-Uurtjies verklaar die
skrywer, dat hy "in alle eenvoudigheid getrag (het) om ons volk tot meer
lees aan te spoor." Dié doel het hy seker bereik, veral omdat in 1909, toe die
eerste bundel verskyn het, Afrikaanse boeke nog baie skaars was, maar ook
omdat hy sy grappies op aangename wyse vertel. Engela laat gewoonlik een
of ander norse persoon in 'n strik loop. Hoe om iemand 'n poets te bak is sy
spesialiteit. Wie onder humor nog iets anders verstaan dan pure

Page 131

grapperigheid sal dit seker nie eens wees met Nico Hofmeyr nie, waar hy in
die voorrede van die Verhale die skrywer se "fyn humor" roem.
Minder gelukkig is Engela met sy ernstige verhale, wat by voorkeur 'n
moordgeskiedenis behandel en erg melodramaties is. Vir romantiekerige
situasies is hy ook lief. So hoor ons dat Gratia "plaas neem op die ou
omgevalle boomstam, en ... haar betraande oë omhoog-slaan, naar die
heerlike groen lommer waarmee die woud so kunstig in 'n
Septembergewaad versier was.... Saggies roer sy die snare van haar
Mandoliene aan...." (Half-Uurtjies, p. 33). Tog ken Engela Rhijnvis Feith
seker net uit sy gesangeboek.

Gesels.

Gesels (2de druk, 1913) is die swakste van die drie bundeltjies. Taal en styl
is hier besonder onbeholpe, die grappies word flou, soms selfs stuitend. Die
Storms van Bergendal is seker die summum van alle bereikbare
onnatuurlikheid. 'n Broer, wat met sy verlore gewaande suster trou, haar dan
keel af sny; 'n lyk, wat na 'n vreeslike storm deur die "rumoerige
woelwaters ... met alle sorg" in 'n kar "neergelê" word; 'n gedrogtelike
misgeboorte, wonderlike drome, en geesverskynings, waarby vier
predikante te pas kom, 'n groot skat, ens ... brr! Dis 'n gruwelstuk, wat Jan
Vos sou laat watertand!
As 'n staaltjie van Engela se gebrekkige sinsbou kan die volgende dien:
"David was 'n Hotnot van ongeveer 40 à 50 jaar: Kort en sterk geboud, en
was van nature 'n buitegewoon opgeruimde skepsel, en kon hom ..." (p. 41);
"Hy was uit op huisbesoek, en waarmee hy toe klaar was, en weer op die
terugreis huis toe" (p. 42). Dié snaakse gebruik van die voegwoord tref
mens deur die hele boek aan.

§ 4. Adv. C.J. Langenhoven.

Polietikus, joernalis, digter, prosaïs en toneelskrywer is Langenhoven, en
veral in die laaste tyd toon hy 'n veelsydige bedrywigheid op letterkundige
gebied. Op Oudtshoorn was hy redakteur van Het Zuid-Westen. In 1911 het
verskyn Stukkies en Brokkies, "'n leesboekie vir almaal en hulpboekie vir

Page 132

Kristelike Jongeliede- en Debatsverenigings". Dit is in 1914 opgeneem in
Ons Weg deur die Wêreld,[252] grotendeels 'n didaktiese werk, wat egter ook
verhale, fantasieë, samesprake, aforismes en gedigte bevat. Die verhale en
fantasieë word hier bespreek, die didaktiese gedeeltes in hoofstuk VII. Die
samesprake behoort tot die toneel-literatuur en die "Spesiale stukke vir
Debatsvereniginge" (Afd. V.) kan buiten beskouing bly.[253]
Op Langenhoven se belangrike aandeel in die taalstryd het Dr. E.C. Pienaar
gewys[254]. Nadat hy 'n tydlank lid van die Kaapse Provinsiale Raad was,
word hy volksraadlid vir Oudtshoorn. Tans is hy senator.
Van hom het ook verskyn: Die Pad van Suid-Afrika, 'n digbundel; twee
satieries-humoristiese verhale: Sonde met die Bure (1921) en Doppers en
Filistyne (1922), wat in hoofstuk VI bespreek word; Die Hoop van Suid-
Afrika en ander toneelstukke; Twee Geskiedkundige Opstelle[255] in
samewerking met G.S. Preller; in Engels: Republicans and Sinners en The
Everlasting Annexation. Aan Stille Waters, wat nou in Die Burger verskyn,
is 'n reeks artiekels oor onderwerpe van uiteenlopende aard. Daar is verhale,
fantasieë, gedigte en bewerkings van psalme, gesange en Engelse liedere.
Binnekort verskyn dit in die Almal se Boeke-serie, terwyl die gesange al
afsonderlik uitgegee is onder die tietel Afrikaanse Gesange. Die Eensame
Hoop (1922) is 'n kinderverhaal.

Ons Weg deur die Wêreld.

(Afdelings II en III.)

In die eerste verhaal raak Ou Verkeerde Faans "'n onvermoeide ou
twismaker" onder die strelende warmte van die kaggel al sy kwellings kwyt.
Maar daar sal "nie more weer vuur in die kaggel wees nie" en daarom moet
Neef Kerneels maar dadelik die saak oor die bogslootjie tussen hom en sy
buurman skik. Lammetjie en Wolf is die verhaal van 'n verdwaalde kindjie,
wat in die hande raak van 'n verstokte misdadiger, vir manslag tot
lewenslange gevangenisstraf veroordeel. Klein Miemie verteder die ou
sondaar se hart en hy bring haar terug na haar ouers. Die omkeer by Hans
Bonsa word alleen op betogende wyse beskryf; daar is geen plastiese
uitbeelding, soos van Miemie se dwaaltog nie, wat met mooi innigheid

Page 133

geteken word. Dieselfde innigheid tref ons in Twee Oues van Dae, waar 'n
grysaard op gevoelige wyse uiting gee aan sy liefde vir 'n troue hond. Die
Nuwe-Jaars-offer is 'n verhaal van 'n jonge man, wat gewillig die dood
tegemoet gaan om 'n medeminnaar te red. In die Brief klink die fyn
sarkastiese toon van Doppers en Filistyne al helder op, en ook die Sonde
met die bure-motief is aanwesig. "Eergister het Bertus Bakbene weer 'n
straal van my beurt water gesteel om sy ou pattatta-tuintjie nat te maak en
ek het sy jong se graaf daar uit sy hande geruk en hom 'n skrams raps
daarmee oor die korrelkop gegee en toe in die uitkeerplek ingerol om weer
reg te lawe" (p. 48)[256]. Waterlei-moeilikhede gee ook in Doppers en
Filistyne aanleiding tot kostelike humor, maar Oom Stoffel moet op die
dorpse bure 'n meer verfynde taktiek toepas. Die naskrif van die brief is 'n
mooi voorbeeld van misplaatste moederliefde. Die Kluisenaar van die
Karro "kon ... uit elke bossie 'n preek haal" (p. 60). Dit is 'n botaniese les in
aantreklike vorm. Meester bevat skoolherinneringe. Dat meester egter "'n
suiwere Nederlandse aksent" had is onjuis, want die Nederlandse "e" is
allesbehalwe "presies die Afrikaanse ij" (p 62).
Die Fantasieë begint met 'n allegorie in Bybelse styl. In die orige stukke is
"Boet Nelie" 'n grysaard, wat soos Jonathan in Waarheid en Droomen op
weemoedige wyse aan mymer gaan. Hy het 'n hunkering na die ou
"romantiese, skilderagtige" boereplase "met onbewerkte hoekies en kweek-
plekkies onder 'n skaduboom om op te lê en droom" van sy kinderdae (p.
77). Niks is daar wat hom so treurig stem nie as die gestadige verwoesting
van soveel heerlikheid in die natuur deur die moderne boerderymetodes.
"Alles moet nou gelyk gemaak word—gelyk en reghoekig en reglynig. Die
tyd van sentiment is verby: dis nou die dag van besigheid". Daarom gaat
Boet Nelie vir laas kuier na die ou watersloot en hy gesels op vertroulike
wyse daarmee oor die ou dae. Hy is ook, die vriend van die ou wa, wat vir
brandhout moet verkoop word. Die sê van Nelie "Sy hart is so vol liefde dat
daar plek is vir al die ou goedjies wat hy as kind mee maats gemaak het en
al is hy nou 'n bejaarde man ... dan kom hy nog met my gesels net soos toe
hy 'n kind was—met my, die stomme ou wa asof ek 'n mens was net soos
hy" (p. 100). Die motorkar wat Nelie mee plaas toe ry "is 'n masien. Daar is
geen siel in hom nie en hy roof my van my siel ook." (p. 105.) Op die ou
geboorteplaas vind hy nêrens troos nie. "Al die ou dinge wat sy hart aan
vasgekleef het en die metgeselle van sy skooldae en die dierbare van sy

Page 134

huisaltaar word een vir een weggeruk ..." (p. 107.) Maar die ou berg het
staande gebly en die moet vir hom die raaisels van die lewe help oplos.
"Seg my, my ou berg, wat is die plan van die hele besigheid?" (p. 109.) Net
soos Elia wil hy weg wees "van die kranksinnige gewoel van die wêreld en
nader naar die troosvolle rus van die voorportaal van die hemel" (p. 110).
En die berg vertel hom: "dis nie die groot dinge wat belangrik is (nie)." (p.
110.)
Op die weemoedige kadans van sy mymerstemming laat Nelie hom saggies
voortwieg en die klare eenvoud[257] van sy volsinne, wat met rustige en
kalme geleidelikheid mekaar opvolg is in harmoniese ooreenstemming
daarmee. Maar die doodnugter opmerkings oor mishandeling van die maag,
en die walging vir "insak-gansveermatrasse", waarin party mense op
"bloedige Karro-somerdae" kruip—dit is wanklanke in die fantasie-
atmosfeer.
Blykens die voorberig van die derde druk het Langenhoven afgesien van
"die imperfektum wat (hy) eentyd van malligheid wou invoer".[258]
Eienaardig is die gebruik van "ieder 'n mens" i.p.v. iedere mens[259],
"tussenposend" (p. 67), "'n lustige gemak" (p. 84, Ons Weg). Enkele minder
gelukkige uitdrukkings kom voor: die kalwertjies wat wil laat drink wees
(p. 15); die dik doringplate ... het begint minder te weergalm (p. 19); 'n
groot karree-boom, wie se diepgaande wortels.... (p. 41); hy stuur hom daar
haal (p. 54). Daar is 'n paar opslag-mangelwortels tussen die beetrye,[260]
o.a.: "sonder om enige partikuliere persoon toe te spreek (p. 6); met 'n effe
suggestie van rood (p. 80, Ons Weg); die doodskleed van die nag word
ingegaar deur die hand ... (id. p. 79).
Daar is oorspronklike beeldspraak: as verkoue en sinkings jou gelyk
beetkry "een aan die disselboom ... en die ander aan jou briek ..." (p. 6);
maar taamlik afgeslyte kom ook nog voor o.a.: die veld ... weef 'n prag-
tapyt op die vloer van die aardse tempel ... (Ons Weg, p. 29); die onstuimige
boesem van die rivier (p. 88); om snare in die liefde-ontblote hart aan te
roer (p. 21); die laken of doodskleed van die winter, (Ons Weg, p. 78).

§ 5. Christian Zinn.

Page 135

Van Christian Zinn het in 1911 verskyn: In Harte Verenigd, of Sketse uit die
Boere-Lewe. Dit is 'n verhaal uit die tyd van die Jameson-strooptog en
Anglo-Boere-oorlog, waarin die skrywer geleentheid vind om heelwat
politieke beskouings aan die man te bring. Die dapper held, mooi meisie en
lae verraaier ontbreek nie. Die liefdesverhaaltjie is vol soeterige
sentimentaliteit. Daar is o.a. sprake van "'n miljoen dralende soene"! Die
historiese gebeurtenisse word oppervlakkig behandel en die uitwerking
daarvan op die uitgebeelde persone uiters gebrekkig aangedui.
Letterkundige verdienste het die verhaal nie, want die styl is onbeholpe,
gebrekkig en taamlik vol anglisismes. Vir die taalkundige kan dit
interessant wees, omdat daar soveel oorgangsvorme in voorkom. Van die
woord baie het Zinn blykbaar 'n groot afkeer; dit kom glo maar eenmaal
voor (p. 127). As voorbeeld van taal, styl en spelling kan die volgende dien:
Dit was net als of Suid Afrika verdoemd was om 'n vreselike terugsetting te
kry net so's voorspoed in bereik was. Die land had mooi vooruit gegaan, in
alle rigtinge was verbeterings te bespeure, kapitaal had ingevloei, en die
wonderlike rykdom wat S.A. eige is, werd geopend, (p. 33); Sannie haar
auntie Maria maak net goeie vooruitgang met haar jongste minnaar, 'n
jeugdige luitenant die met 'n party van die Yeomanry uitgekom had, en die
so opgenome was met die lewe in die uitgestrekte Karroo, dat hy met
graagte daarnaar vooruitsiet om sig neer te set tot vee-boerdery ... (p. 132).

§ 6. Dr. D.F. Malherbe.

Vir sy lewensloop en werk kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar se
proefskrif.[261] Van belang is die volgende meedeling: "As 17-jarige knaap
het hy een keer deur die Karo gery sonder om meer te sien as 'n vervelige
uitgestrektheid van vlakte, dor en verlate. Maar toe hy in 1907 weer in
daardie omgewing kom, het dit hom magtig aangegryp. Daar was vir hom
so 'n wonderlike geheimsinnigheid in, so 'n bekoring dat hy gemeen het om
daar vergoed te bly. In dié stemming is sy eerste werklike gedigte
geskrywe."[262] Vir sy prosawerk ook, is soos nader sal blyk, sy verblyf in
die Karo van groot belang gewees.

Vergeet Nie, (1913).

Page 136

In die nabyheid van die rustige Karodorpie, Steenburg woon die Du Pré
famielie op die plaas Rietfontein. Oom Willem en Tant Annie het saam oud
geword in die Karo-eensaamheid. Hul dogter, Bettie is ook 'n "kind van die
vrye veld, 'n pragtige voorbeeld van die Afrikaner-meisie". Oom Willem is
enigsins melankolies van geaardheid en die oorlogsgerugte vervul hom met
'n donker voorgevoel. "Die vuur sal brand van noord tot suid ... en dit is my
asof ... ek die end nie sal belewe nie", so lui sy profetiese woorde op die
vooraand van die groot kriesis. En die plegtige huisgodsdiens is nog nie
afgeloop nie, toe Servaas Vermaak, die bywoner, wat dorp toe was en daar
Adonis as skaapwagter gehuur 't, met die oorlogstyding vergoed 'n end
maak aan die "rustige rus" van die plaasbewoners. Nie lank na Servaas kom
Bettie se verloofde, Piet Marais, geneesheer op Steenburg om afskeid te
neem. Hy is Kolonialer, maar offer al sy goeie vooruitsigte op om by die
Boere-ambulans in diens te tree. Oom Willem, wat in alle sake die Bybel tot
rigsnoer neem, veroordeel rebellie, maar heg tog sy goedkeuring aan Piet se
daad, as hy hoor dat hy veral gaan om geneeskundige hulp te gee. Met
gloeiende geesdrif verdedig Piet sy handelwyse teenoor Bettie se besware
en peil dan op sy vosperd reguit Boere toe. Ons ontmoet hom weer by die
Boeretroepe, maar nie meer as Rooikruisdokter nie, want dis al die tydperk
van guerilla-oorlog. Piet is trots al die teleurstellings nog dieselfde vurige
entoesias, die geswore vyand en bestryer van papbroekerigheid. "Nee,
manne, laat ons saamstaan(,) almal wat kan tot die end." Onder sy invloed
word die flouhartige Japie du Plooy en Oom Jan ook "bitter-einders".
Intussen kom Bester, die beroemde rebelle-kommandant met 600 man die
eentonigheid van 'n vervelige namiddag verdryf op Rietfontein. Bester,'n
35-jarige man, wat tot hiertoe alle vroue met onverskilligheid verby gegaan
't, moet dadelik "hands-op" vir Bettie! As sy na Piet verneem, deel hy haar
mee, dat hy weet van 'n Dr. Marais, wat vroeg in die oorlog aan koorssiekte
dood is. Hy beloof haar om nader inligtings in te win. Oom Willem verwek
heelwat ontstemming onder die rebellekommando deur die verdediging van
sy bybelse standpunt aangaande trou aan die regering. Die volgende oggend
sukkel hy dorp toe met sy eseltjies om die besoek van die Boere aan
Kommandant Hunt te rapporteer, en loop 'n lelike skrobbering op, omdat sy
rapport so laat inkom.
Bester se liefde vir Bettie beïnvloed die bewegings van sy kommando en
deur sy herhaalde besoeke aan Rietfontein raak die Du Pré famielie in die

Page 137

moeilikheid. Oom Willem, pas herstel van 'n swaar siekte word in 'n
vreeslike storm dorp toe gevoer deur die Engelse. In haar radeloosheid
bedenk Bettie 'n wanhopige plan om haar pa te red. Sy skryf 'n brief aan
Bester, wat met sy kommando nog in die nabyheid verkeer, en laat dit deur
Servaas besorg. Maar Adonis verklik alles aan die Engelse en as Servaas
terugkom van sy vrugtelose tog, word hy saam met Bettie en haar moeder
na die tronk geneem. Oom Willem en Servaas word na Port Alfred gestuur
deur die militêre, Bettie kom agter die tralies, terwyl Tant Annie vrygelaat
word op parool.
Intussen het Dr. Marais een van Genl. De Wet se vertroudes geword en as
Du Plooy met rapporte na die Kolonie vertrek, kry hy 'n brief vir Bettie
mee, wat hy in Bester se hande laat. Maar deur sy poging om die brief aan
Bettie te besorg, raak Bester gevange en word ter dood veroordeel. In die
tronk kry hy geleentheid om Bettie te vertel, dat Piet nog leef. Kort na
Bester se teregstelling keer Bettie en haar moeder weer terug na
Rietfontein. Oom Willem het kort na sy aankoms in die kamp op Port
Alfred beswyk. Na die vrede kom Piet terug om sy bruid te trou.

Bettie word ons voorgestel as 'n ideale Boermeisie. Alleen die feit, dat sy
haar afgeleefde ouers nie kan verlaat nie, weerhou haar om Piet se
voorbeeld te volg en aan te sluit by die ambulans. In die gevangenis en
teenoor Hunt gedraag sy haar kloek. Sy is blykbaar trots op die rol wat sy
gespeel 't, en as Piet haar na die oorlog vra, of sy bereid is om vol te hou in
die groot stryd teen die Engelse kultuuroorweldiging, antwoord sy met 'n
tikkie verontwaardiging in haar stem: "Piet, mag jy my nog so 'n vraag vra
nadat ek soveel opgeoffer en gely het?"[263] Dit kom my egter voor asof
Bettie haarself moedswillig in die ongeluk gestort 't, en as dit die geval is
dan verloor haar "offer" vir die nasionale saak heelwat van die heroïese
kleure, wat die skrywer daarin geweef 't.
Op pagina 66 staan: "Al die veerkrag van haar nasionale gevoel is deur die
oorlog in volle beweging gekom, en niks is daar sterker by haar gewees as
die wens om positief te mag meedoen aan die stryd nie. Maar hoe kon sy
haar ouers verlaat? Onmoontlik vir haar om uit te gaan as verpleegster! En

Page 138

so is dit haar ernstige gebed geword dat sy op watter wyse dit God behaag
'n aandeel mog kry aan die oorlog. En as sy niks kan meedoen nie, dan wou
sy meely met haar volk." Hoe edel hierdie besluit op sigself ook al mag
wees, dit neem die feit nie weg, dat Bettie se naasbysynde plig ongetwyfeld
was om vir die veiligheid van haar afgeleefde ouers te sorg. Maar as sy by
haar vader se siekbed moet waak, dan spook die gedagte van deelneem aan
die oorlog, wat 'n idée fixe by haar word altyd deur haar brein: "Sou die
Here haar roep om haar siek vader op te pas, en mag sy daarom geen deel
hê aan die oorlog nie? Sou dit haar roeping en werk worde, beskeie en stil,
waar sy hoë aspirasies had?"[264] Piet Marais se oorlogsgeesdrif en wie
weet, miskien ook die Engelse romans, wat sy van die skool af meegebring
't,[265] het haar blykbaar taamlik sentimenteel gestem en haar belet om 'n
nugter kyk op sake te behou. As Bester haar meegedeel 't, dat 'n sekere Dr.
Marais in die begin van die oorlog aan koorssiekte dood is, maak sy
allerhande onuitvoerbare planne—"sy sou stilletjies wegraak, te voet loop
as dit al was, haar lewe daaraan waag, sy sou sôre, dat sy êrens by die Boere
te lande kom, sy sou Piet soek ... en as hy waarlik dood was, sy graf met
haar trane bevogtig!"[266] Die laaste sinnetjie kon wel in een van Feith se
romans gestaan 't! Daar is trouens meer wat ons aan die sentimentele
romans van die agtiende eeu herinner. 'n Paar ou briewe van Piet maak sy
"met voldoening ope en lees dit in stil mymering en met die gevoeligheid
van 'n teer vrouehart." (p. 64.) Dat Bettie "in die traag-skrydende ure van
die nag" romantiese plannetjies uitgedink het, is psigologies volkome juis,
maar ons is nie gewend, dat 'n flink Boermeisie van drie-en-twintig jaar,
wat bowendien reeds op haar agtiende jaar "selfbewus en ryp genoeg vir
verantwoordelikheid" (p. 33) was, dat so 'n meisie, tans die enigste[267] stut
en steun van haar grys ouers in uiters benoude dae haar al te lank oorgee
aan 'n Wertheriaanse sentimentaliteit nie.
Bettie se volgende dade toon dat sy doelbewus, ja moedswillig alles doen
om "'n aandeel aan die oorlog te kry"—m.a.w. sy leg die veiligheid van haar
ouers in die waagskaal ter wille van 'n meisiesagtige gril, wat sy vir "hoë
aspirasie" aansien! Sy weet, dat haar pa 'n swartkruis agter sy naam het, dat
die geringste suspiesie hom in lewensgevaar kan bring en tog ontvang sy
Bester "alleen in die sitkamer" (p. 92). Bester het ongetwyfeld 'n sterk
indruk op haar gemaak, en ofskoon sy trou bly aan Piet en haarself wys
maak, dat "as Piet dood is, sy ook dood (sou) wees vir die wêreld" (p. 90),

Page 139

sien sy tog verlangend uit na Bester se terugkeer. En nie alleen omdat sy
hoop, dat hy nuus van Piet bring nie. Piet behou wel die ereplaas in haar
gemoed, maar uit die omstandigheid, dat sy oorweeg wat Bester vir haar
kan beteken in geval Piet werklik dood is, kan ons besluit dat sy
persoonlikheid haar diep getref het. Sy redeneer so: "Sy is mos sterk
genoeg, sy het Piet te lief om aan enig ander man te dink" (p. 95). En sy
doen dit tog! Bettie maak 'n kriesis van ernstige weifeling deur. Sy het
Bester lief en al wat haar terughou is "die dure besef van plig en eer." (p.
99.)
Oom Willem het dadelik die groot gevaar ontstaande uit die herhaalde
besoeke van Bester ingesien en Bettie ernstig gewaarsku (p. 95). Sy het
volkome goed geweet, "dat alle persone, wat geheime konneksies met so 'n
gevreesde en verwenste mens het op die ongenadigste manier sou gestraf
word." (p. 96.) Tog ontvang sy Bester nòg eenmaal alleen—sy dink nie aan
die gevaar waaraan sy haar ouers blootstel nie, ofskoon hy haar meedeel dat
sy stap gevaarlik is en dat die Engelse dus naby is—sy gaat swygend met
hom die sitkamer binne en steek nog daarby 'n kers op (p. 97). Op die
manier, bewerk sy haar pa se ongeluk. Kan ons haar dus glo as sy uitsnik:
"Ag Pa, ek kan dit nie help nie, ek is net so onskuldig soos Pa"? (p. 102).
Miskien wel; miskien was dit bloot vroulike onversigtigheid. Maar die
volgende stap van Bettie—die brief wat sy aan Bester skrywe—is alleen
verklaarbaar as 'n moedswillige poging om haarself "'n aandeel aan die
oorlog" te verskaf. Sy kom tot die konklusie, dat alleen Bester haar pa kan
red. Het sy gemeen, dat hy die Engelse moet agtervolg en Oom Willem
terugbring plaas toe? Moes Bester vervolgens Rietfontein verdedig teen die
Engelse oormag? homself, sy kommando en die vrouens laat platskiet ter
wille van één man? Of moes hy die afgeleefde, sieklike grysaard, teen die
se eie wil saamsleep op sy swerftogte? In haar opgewondenheid het hierdie
eenvoudige oorwegings nie by haar opgekom nie en in haar naïewe geloof
aan Bester se al-sterkheid skryf sy aan hom—'n impulsiewe daad—
psigologies volkome juis. Maar haar moeder se opmerking, dat haar plan
gevaarlik is, bring haar nie tot nadenke nie. En plotseling blits dit deur haar
gedagte: Nou kan ek my "hoë aspirasies" bereik—sy kry die "besef ... dat sy
self in die draaikolk van gebeurtenisse begin meedans. Was dit dan nie altyd
haar ernstige versugting nie?" (p. 107). Juis, sy is lank al moeg vir die
eensame lewe op die plaas, waar sy al meer dan 'n jaar opgesluit sit. Haar

Page 140

romantiese siel smag na dade van durf en intussen suggereer sy haarself,
heeltemal ter goeder trou, dat sy alles doen om haar pa se ontwil!
Maar Servaas is die man, wat haar tot rede sal bring! Hy weet meer dan sy:
"Die vlakte, die bossies, dit lewe van duisende kakies so na Vaaldam se kant
toe. Die hele wêreld is vanaand vol van hulle." (p. 110.) Hy erken: "dis
byna verniet om so iets te probeer en daarby gevaarlik." (p. 109.) Helaas!
Arme Servaas verloor ook àl sy gewone boere-nugterheid—hy kan "die
vurige pleit van 'n skoon jonkvrou" nie weerstaan nie! En hy gaat jou
waarlik waar op die dollemansboodskap uit, ofskoon sy vrou uitdruklik
verklaar dat dit "gek mense se werk is om so iets te doen" (p. 112).
By 'n nugter beskouing van die feite moet ons kies tussen twee opvattings:
(1) òf Bettie is ten spyte van haar drie-en-twintig jaar nog maar 'n bogkind
soos Janetta haar noem, wat met die grootste onversigtigheid haarself, haar
ouers en Servaas in die ongeluk stort, òf (2) in 'n toestand van radelose
opgewondenheid maak die idée fixe "om haar deel aan die oorlog by te dra"
haar onbekwaam om die simpelste logiese gevolgtrekking te maak. In albei
gevalle word dit dan egter onmoontlik om haar handelwyse as 'n
onselfsugtige, edele daad te beskou en verloor haar o f f e r sy grootse
betekenis. Soos Malherbe haar geteken 't kan sy nooit as heldin, as die
"moedige Boermeisie met haar sterk en besliste karakter"[268] beskou word
nie. Sy is eenvoudig die slagoffer van haar kinderlike onnoselheid of van
haar "hoë aspirasies", wat ons medelyde opwek, en die bewondering vir
haar kloek gedrag in die gevangenis word getemper deur die bewussyn, dat
dit alles onnodig was, terwyl ons haar bowendien met reg kan verwyt, dat
sy haar ouers en Servaas met sy famielie in die ongeluk gestort 't—ja selfs
die dood van haar vader verhaas het. Bettie, soos die outeur haar wil
voorstel, is 'n psigologiese teenstrydigheid.
M.H. van Campen het die raak opmerking gemaak, "dat kunst het zichtbaar
worden der noodwendigheid in 't, voorgesteld gebeuren ten gevolge heeft,
en dat het blijken dier noodwendigheid de schóónheid van 't voorgesteld
gebeuren uitmaakt."[269] Dit is juis die sigbaarwording van die
noodwendigheid, wat ons in Bettie se "offer" mis. Malherbe het een van die
mees dramatiese momente in sy verhaal laat glip. Hy gee ons self die
gegewens vir die uitbeelding van 'n geweldige konflik: aan die een kant
Bettie se geheime liefde vir Bester, die bestaan waarvan sy self nog nie wil

Page 141

erken nie; daarmee saamgevleg die hoop, dat hy haar iets omtrent Piet
Marais sal kan meedeel en bo-op dit, haar kriewelige ongeduld om na 'n
jaar van gedwonge niks-doen eindelik haar lang gekoesterde plan om aktief
op te tree in die oorlog uit te voer. Aan die ander kant: die besef dat dit haar
plig is om terwille van haar ouers en as verloofde van Piet, wat miskien nog
leef alle omgang met Bester te vermy. As Bettie in só 'n konflik eenvoudig
haar naasbysynde plig gedoen 't, dan sou ons haar ook sonder om te weet,
dat sy dapper was in die tronk, as 'n heldin kan bewonder.
Vergeet Nie is 'n aaneenskakeling van dramatiese tonele, waarin die oorlog
voor ons geestesoog verbytrek. Sonder veel verandering sou dit dan ook
moontlik wees om die roman om te werk tot 'n toneelspel, waarin daar wel
veel aksie, maar weinig botsing van hartstogte sou voorkom Ons kry 'n
indruk van wat daar gewoel en gekook het in die hart van die volk
gedurende die oorlogsjare, van die lyding van vrouens en oumense, van die
dapperheid van die Kolonialers, die laagheid van die National Scouts, die
vervolging en plaery onder die krygswet. Maar by die beoordeling van die
boek moet ons een faktor veral nie veronagsaam nie: dit naamlik, dat die
teenswoordige geslag nog in meerder of minder mate onmiddellik betrokke
was in die gesketste gebeurtenisse, dat daar tallose herinneringe van die
groot oorlog nog lewe in ons bewussyn. Dié herinneringe word deur die
skrywer in dramatiese verhoudinge gegroepeer en iedereen kan dadelik uit
sy eie ondervindinge analoge gebeurtenisse rekonstrueer. Dit versterk die
indruk wat die gelesene op ons maak honderdvoudig. Die skrywer roep ou
halfvergete impressies uit hul wegkruipplekkies te voorskyn. Op onbewuste
wyse vul ons self die verhaal aan, en so kry dit op laas 'n aktuële kleur, 'n
sterk geprononseerde persoonlike karakter, wat die leser tot in die diepste
roersele van sy siel beweeg, maar wat die verhaal op homself nie besit nie.
Ek noem een voorbeeld om my bewering te verduidelik. Die teregstelling
van Bester herinner ons dadelik aan Kommandant Scheepers. Die
oorspronklike ontroeringe, veroorsaak deur die tragiese uiteinde van
Scheepers, versterk die indruk, wat die soortgelyke lot van Bester by ons
verwek en raak daar gedeeltelik mee geïdentifiseer. Die gevolg is, dat
Bester-Scheepers in die roman 'n werklik lewende persoonlikheid vir ons
word.

Page 142

Maar nou ontstaan die vraag: Is Bester, wanneer ons ons persoonlike
ervarings heeltemal uitskakel, nòg 'n lewende persoonlikheid, ontroer die
wyse waarop Malherbe hom uitgebeeld het ons dàn nog? Dit is die enigste
wyse waarop ons die kunswaarde van Vergeet Nie vir die nageslag kan
bepaal, want oor 'n tagtig of honderd jaar, sal die boek nie meer in so 'n
voordelige posiesie verkeer nie, dan kan dit alleen nog profiteer van die
nasionale oorleweringe van die groot stryd. En selfs dìt sal die boek nog 'n
groot voorsprong gee, want by 'n volk met 'n kragtige bewussyn word die
nasionale helde uit 'n vergange glanstydperk altyd met 'n stralekrans van
heilige aanbidding versier. Dit is bekend dat De Geuzen van Onno Zwier
van Haren lank as 'n kunswerk van die hoogste skoonheid beskou is,
eenvoudig omdat dit 'n nasionale onderwerp behandel.
Maar ons keer terug tot Malherbe se karakteruitbeelding en vraag: Wat weet
ons nou eintlik van Bester? Hy is 'n bekwame en dapper kommandant, wat
verlief raak op Bettie. As hy hoor, dat haar verloofde nog leef, besluit hy na
enige stryd om haar dit mee te deel. In die hof verdedig hy sy handelwyse
op hartstogtelike manier en gaat sy dood tegemoet soos 'n held. Alleen by
die beskrywing van sy laaste dae kry ons enigsins 'n blik op sy sielelewe en
die totaalindruk bly vaag. Bester is sonder lewensdoordringing geteken,
daar is niks indiwiduëels, wat hom tot 'n duidelike persoonlikheid maak nie.
Piet Marais eweso. Hy is 'n tiepe van die ontwikkelde Afrikaner, wat deur 'n
vyfjarige studie in Europa sy insigte verruim en sy lewe verdiep het. Hy het
daar "jare van worsteling" gehad, hy moes dikwels "met smart afskeid neem
van oortuiinge wat (hom) in vlees en bloed oorgegaan (was) van (sy)
kindsheid af." Hy was 'n ernstige soeker na waarheid, wat uit ou tradiesies
en nuwe wetenskap vir homself 'n eie lewensbeskouing gebeitel het. In die
karakter van Piet lê seker 'n stukkie outobiografie, maar in 'n oorlogsroman
was daar geen kans vir 'n psigologiese uiteenrafeling van hierdie
interessante fase in die ontwikkeling van die Afrikaanse student nie. Ons
wag nog op die kunstenaar, wat die botsing en gedeeltelike samesmelting
van die Afrikaanse en Europese kultuur moet uitbeeld.
Ons verneem ook nog enige besonderhede van Piet se oorlogservaring en
hoe hy verlang na Bettie. Maar 'n lewende persoonlikheid, met wie ons al
die wisselende stemminge van die awontuurlike kommandolewe deurvoel,
word hy nie.

Page 143

Ook Tant Annie bly 'n vae figuur. Op Bettie het sy blykbaar geen invloed
nie. Selfs aan Hunt was dit duidelik, dat sy geen aktiewe rol kon speel nie
en die treurige gebeurtenisse slaan haar dan ook heeltemal terneer.
Oom Willem is met meer liefde geteken. In sy bybelvasteid, sy afkeer van
pronk en na-apery is hy 'n tiepe van die Afrikaanse boer. Ons verneem dat
"dors na kennis hom aangespoor (het) tot selfopvoeding", maar uit die
opgawe van sy biblioteek blyk, dat dit hoofsaaklik godsdienstige kennis
was, waar hy na gestreef 't. Hy bly getrou aan die Engelse regering, omdat
sy godsdienstige oortuiging hom leer, dat rebelleer sonde is. Maar, as hy
later persoonlik kennismaak, met die onregverdige taktiek van die Engelse,
laai sy haat op teen die vyand van sy volk en kry hy simpatie met die
rebelle. Vergeet nie is die plegtige boodskap, wat hy aan Servaas gee op sy
sterfbed.
Bester, Piet Marais en Tant Annie is karakters, wat getiepeer, maar nie
psigologies gekreëer is nie. Die skrywer staan te veel met sy eie ekheid
tussen die objektief beeldende teksdele, hy mis die gawe om sy gegewens
tot 'n saamgegroepeerde eenheid te bring, om sy persone heeltemal
objektief van uit hul eie innerlike wese te laat lewe. Deur die subjektief
deurleefde werklikheid vleg hy sy eie beskouings en daardeur verdwyn die
realiteitsillusie. Die roman word 'n aaneenskakeling van dramatiese
momente, maar geen epiese struktuur, waarin die ganse sielelewe van 'n
groot tydperk in sy gehele menslikheid tot een grootse beelding samesmelt
nie.
As Piet Marais oorlog toe ry hoor ons: "Dis die eerste rit vanaand van 'n
besielde Kolonialer na 'n slagveld wat so groot sal word soos byna die
gehele beskaafde Suid-Afrika, na 'n oorlog wat nie sal oortref word in
gemene gruweldade nie ... ens." (p. 22). Dit is wat Malherbe weet, maar
Piet was tog geen profeet nie. Op hinderlike wyse dring die skrywer
homself hier op die voorgrond.
Sy historiese kennis verwerk Malherbe presies soos De Waal. Op pagina
52-54 staan 'n lang oorsig van militêre gebeurtenisse en op pagina 63-64 'n
uiteensetting van die toestande onder die krygswet. Alleen deur 'n betoog
kan hy die nodige atmosfeer vir sy verhaal skep. Só kry ons geen begrip van
die dramatiek van die worsteling nie.

Page 144

Soms egter slaag Malherbe daarin om deur pittige plastiek die leser direk te
tref. 'n Voorbeeld daarvan is die mooi kommando-toneeltjie in hoofstuk X,
waar 'n lewendige dialoog ons dadelik op hoogte van sake bring. Die brief
uit die konsentrasiekamp met sy bemoedigende woorde: "Gaan voort, want
ons saak is reg en God sal ons nie verlaat nie" laat ewe ons gemoed tril en
ons sien die duisende vroue in geduldige lyding. 'n Oomblik later vaag die
nugter vraag van Generaal De Wet: "Hoe is die posiesie?" alle
droomgepeins weg. Maar as kort daarop "soos 'n magtige gebed waar
berusting in ruis" die burgers se plegtige lied tussen die koppies weergalm
en die generaal en sy staf met eerbiedig gebaar hul hoede afhaal, dan sweef
ons op die klankedeining na 'n wonderland van heilige herinnering—dan
sien ons die stoere manne "saamsing met vrou en kind, met vrind en
bloedverwant onder gewyde dak...." Hier is innigheid van weergawe. Ons
voel die diepe kneusing van sterk manneharte, wat op die nuwe dag in stille
Godsvertroue wag. 'n Skrywer, wat so mooi die nodige sfeer met uiters
gevoelige tikkies kan aandui, hoef waarlik nie sy toevlug tot koel-
verstandelike histories geredeneer te neem nie. Hy hoef nie uit sy
denkbewussyn allerlei verklarende toeligtings aan te voer nie—die leser
vang dadelik die aksent van waaragtigheid uit die klank van sy woorde op.
Maar selfs by hierdie mooi veldtablo kom die skrywer se opdringerigheid te
pas. Hy vind dit nodig om weer blyk te gee van sy historiese kennis en
vertel ons dat "die wêreld in kampe van blokhuise afgeperk is ...
waaromheen swaar kolomme opereer met 'n onuitputlike
gedetermineerdheid om die groot veggeneraal van die Boere in die
reusenetwerk van bewegende lyne toe te wikkel".[270] Dat De Wet se
gevangeneming die Boer-magte sou knak is 'n feit, só vanselfsprekend, dat
die meedeling daarvan absoluut oorbodig is, vir ons èn vir die nageslag.
Mens sou ewegoed 'n Fransman daaraan kan herinner, dat Blücher en
Wellington vir Napoleon wou vang by Waterloo!! As die skrywer die orige
informasie tog wou meegedeel 't, dan moes hy dit so in die dialoog gevleg
't, dat ons dit nie voel as 'n opsetlik skoolmeesteragtige opmerking nie.
Gebrek aan plastiek is daar in die volgende sinnetjie: "In 'n omsientjiestyd
is die welkom bevel uitgevoer." (p. 135.) Dit is 'n blote konstatering, wat by
die leser geen impressie van die handeling wek nie. En juis in die vorige sin
slaag die skrywer daar pragtig in om deur die herhaling van die woord
afsaal 'n duidelike gehoorbeeld te suggereer. "Afsaal", klink dit deur die

Page 145

rye, "afsaal tot ver agteruit en rondom". Ons hoor hoe slaperige burgers met
sware basstem mekaar die woorde nasê, totdat die klankeketting dreun in
die agterste gelid. Maar in plaas van die gehoorhallusinasie te verinnig deur
die geskuifel van die saals, wat met dowwe plof en stiebeuelgerinkel op die
aarde bons, kom die skrywer met sy niksseggende verklaring: "In 'n
omsientjiestyd is die welkom bevel uitgevoer."
Nog so 'n geval vind ons op pagina 13. "Dit kan stil, ontsettend stil word op
Rietfontein. In die middel van die dag kan dit gebeur dat daar geen
lewensteken te bespeur is nie." Uit so 'n beskrywing blyk duidelik, dat die
outeur nie in die toestand is nie, maar praatjies oor die toestand maak.
Hoeveel mooier is die beeld waarmee hy ons dadelik die stilte en
eensaamheid op Steenburg laat voel—die dorp, "waar alle geluid en rumoer
van menslike bedrywigheid nietig wegsterwe soos die breek van 'n dun,
droë takkie in 'n ontsaglike woud".
Dan is daar nog iets wat hinderlik is in die kommando-toneel. Japie du
Plooy is "deur die invloed van Dr. Marais tot 'n waaghals en onvermoeide
verkenner omgetower." (p. 138.) Ook al "in 'n omsientjiestyd"? Vir so 'n
sielkundige bolmakiesie het mens 'n ouderwetse toordokter nodig en ek
twyfel of Piet dié kuns in Duitsland geleer 't.
Daar is nog meer voorbeelde van die neiging van die skrywer om hom
tussen sy verhaal en die leser te plaas. Servaas kom die dorp ingery op die
12de Oktober 1899. Dan kry ons in enkele raakgetekende lyne 'n pragtige
ets van Steenburg en omgewing,—maar dit is nie Servaas, wat die dorp so
sien nie—dit is Malherbe. Ons loop nie saam met Servaas onder die
peperbome nie. Nee, die skrywer sit op een van die koppies en peins oor die
"sukkel-werksaamheid" van klein mensies en die wyd-omhemelde velde,
waarin die dorpie "soos 'n nouliks sigbare stippie" wegsink. Intussen
vergeet ons Servaas totaal, verdwyn alle realiteitsgevoel. Malherbe vertolk
die gedagtes van sy persone deur sy lieriese parafrase in plaas van die
gedagtes self, in hul eie taal te gee.
Op pagina 34 word die gang van die verhaal onderbreek deur die volgende
opmerking: "Arme Bettie en Piet, watter reggeaarde sou nie medely hê met
julle nie, ..." en op pagina 46 roep hy uit: "O, die wonderlike gawe van
heerlike ontboeseming aan die mensekinders gegee, ..."

Page 146

Bettie se innerlike lewe word soms op fyn-psigologiese wyse deurvoel.
Haar tobbery oor die lot van die geliefde, die nuansering van haar gevoelens
by die verskyning van Bester, die manier waarop sy wik en weeg wat hy vir
haar sou kan beteken ingeval Piet werklik dood is, dit is treffend uitgebeeld.
Maar haar karakter word onwaar, omdat ons nie kan glo aan die egtheid van
haar "offer" nie. Ook die tekening van Oom Willem is aandoenlik in sy egte
menslikheid. Maar die groot betekenis van Vergeet Nie as literere kunswerk
lê nie in die karakter-tekening of komposiesie nie, maar in die styl met sy
sterk persoonlike aksent.
Malherbe se prosa is byna heeltemal vry van vreemde invloed. Dit is prosa
met 'n eie ritme, prosa waarop 'n fyn digterlike waas rus. Hy beskryf nie
alleen die uiterlik van wat hy sien nie, maar dring deur tot die innerlikste
wese, sodat ons die geur daarvan kry. Die skroeiende son brand ons deur die
hele boek, ons sien die stowwerige dwarrelwinde op hul grillige togte oor
die vaal Karovlaktes. Al die wisselende natuurtonele het die skrywer diep
ontroer—die skaduwees van die swart wolke, langsaam skuiwend oor die
jong skaapbossies, wat "soos dwergies koes"; die plasreens, wat neerbons
met woeste geswiep, die langgerekte kettingligte wat geheimsinnige tekens
aan die swart hemel skrywe. Op Rietfontein het hy die witgeswelde arms
van die vyelaning gesien, "waar die jong vye soos klein kindervuisies aan
uitloer"; Steenburg teken hy met 'n paar uiters fyn penseelstrepies—die
"rustige Karodorp, dromend in selftevredenheid en wyd omwoon deur
slapende koprande wat in donkerbruin pantser en ylvaal groei uitgebeiteld
rus teen die ewig-blou hemel aan."[271]
Sonder aarseling vertolk die digter die fantastiese skyn wat die dinge in sy
oog aanneem; sy impressionistiese beelde tril en bewe van jong lewe. Sy
metafore is nie spoggerige blinkgoed, wat as versiering van buite opgeplak
is nie, hul sit vasgegroei in sy skepping, wel spontaan op uit sy
onbewustheid. Adonis se ou baadjie is "lewensmoeg en klaar met die
wêreld", die kleurevariasie van sy gelapte ferweelbroek is "soos 'n bont
mensesee by 'n wedstryd waar die son sy ligte glans oor heenstrooi op 'n
vrolike somermiddag". So gee Malherbe ons telkens met 'n paar raak-
etsende woorde 'n verrassend-nuwe kyk, en haal hy skoonheid selfs uit die
flenter-ploiings van 'n ou Hotnot. Op die plaas het hy die "dowwe
basmusiek van die ooie, swaar van dreuning nes dié van 'n aanstormende
vloed afgewissel deur indringende skreenote van die lammertjies" gehoor;

Page 147

hy het die kalwers stofdraaie sien maak as hul onbekommerd die jong dag
ingaan. Die swaar reendruppels spat teen die vensterruite "of jy ertjies saai";
die westewind, "die hoopbederwer van die Karoboer ... vlie tussen die
wolke in en skeur hul uiteen met dreunende en druisende gebaar. Wild klop
hy hulle uiteen, die swaar gepakte wolkemassas soos 'n geoefende
hanteerder van 'n sweep 'n digte klomp vee, totdat hul uitgedun heenseil,
een-een wegsmeltend onder sy verskroeiende asem, en die lug weer vry
neerblou in die hittige sonstrale."[272]
So magtig is die indruk van die natuur op die skrywer, dat hy al die
wisselende stemminge van sy persone met 'n stukkie natuurviesie
deurwewe. As Servaas "vol van vrees vir die toekoms" teen "die vaal hange
uitslinger met sy kar", dan lyk "die swygende rande so naar, so onvriendelik
nes dreigende ongediertes", dan ry hy op 'n pad, wat "spookagtig
wegslinger tussen die donker swartkoppe in." Wanneer Piet Marais wegry
van Bettie oorlog toe, dan is dit donkermaan, dan sing "'n byterige
Oktoberluggie 'n klaende sangetjie" in sy ore. En as Bettie hom agterna kyk
dan straal "die blinkende sterre met oë van genade op 'n verbroke
vrouehart" neer. By haar ontwaking die volgende oggend "lê die sonnegoud
heilig en skoon soos 'n glimlag van Gods genade" op tafelrande en koppies.
Vir Japie du Plooy en sy maats is die rooi lug 'n onheilspellende teken. Die
westewind laat Bettie huiwer; "net so wreed en meedogenloos soos die
stofstorm daar buite heenbruis, so het die omstandighede ook met haar lewe
gespeel!" Wanneer Oom Willem weggevoer word van Rietfontein hang "'n
afgryslike weer in die lug" en na die storm ruis die sagte buitjies "soos 'n
vreedsame verontskuldiging vir verbygegane wreedheid" neer oor die
onskuldige grysaard. En die vroue op die plaas voel "of die natuur selfs
geen simpatie en gevoel vir hul leed had nie." Oor die kindertjies van
Servaas "gly die sonstrale van 'n koninklike somermiddag beskermend en
seënend." Oom Willem sterf saam met die ondergaande son en die geruis
van die see is 'n plegtige dodeklag". Wanneer Bester sy doodvonnis hoor,
sien die son "soos 'n rustige god in spraaklose medely op 'n toneel van
menslike leed" neer. By die uitvoering van die vonnis kom die son weer
"net agter verre rande uit ... terwyl rondom die ligfontein 'n bloedrooi halwe
maan ver in die blou uitsirkel. Betyds gekom om bloedvermaak te aanskou".
Hier egter kry ons die indruk, dat die son en die bloedrooi maan daar m e t

Page 148

g e w e l d bygesleep is. Veral die gekursiveerde sinnetjie bederf die
stemming, terwyl die omskrywing "ligfontein" banaal is.
Wanneer Piet en Bettie na die oorlog op die klipheuwel by Rietfontein sit,
dan "treur ook die son in sy bloedrooi vlieserige omhulsel, 'n weerglans van
die bloed wat vergiet is op die Afrikaanse velde", maar enige oomblikke
later as hul twee siele "saam(vloei) in 'n heilige vervoering van
onvermengde geluk, van toekomsdrome en toekomsweelde" dan "skemer
die laaste glimlag van die ondergegane son in roerlose stilte uit...."
Vergeet Nie begint met die son en eindig met die son. Meestal slaag die
skrywer daarin om met sy digterlike viesie op die natuur sy
stemmingsbeelde te verinnerlik, maar dit word ook soms bloot manier.
Naas eg-Afrikaanse beelde, wat getuig van fyn waarnemingsgawe kry ons
egter ook flou-geryde uitdrukkings soos: "Verder het hy die sleutel waarmee
hy onmiddellike toegang tot Bettie sou verkry", (p. 69); Bester is oortuig
van sy "onblusbare liefdegloed" vir Bettie (p. 96); Aan Oom Willem het die
willekeur sy skaamtelose hand geslaan (p. 149); Bester het sy vonnis in die
gesig gekyk soos 'n marmerbeeld (p. 186); die maatskappy, waarvan hy 'n
bruikbaar lid geword het (p. 17); vanaand sal 'n nog bitterder leed haar siel
deurboor (p. 19); Daar brand 'n vuur, daar gloei 'n drif, 'n hartstog wat geen
stormvloed sal uitdoof nie, daar setel 'n beslistheid wat die teerste bande nie
sal verander nie. (p. 22). En so staan hy daar voor Servaas as 'n toonbeeld
van goeie voornemens.... (p. 7); ens.
Ook onvervalste retoriek: Die suiwer suiderhemel met sy ontelbare
flikkerbronne ... 'n klanklose(?) prag van lewende juwele gesaai oor die
grondelose boesem van die lug, ... (p. 44); 'n gloeiende naald boor langsaam
deur sy siel, agterlatend 'n smal baan van verskroeide lewensvreugde (p. 44)
—'n beeld wat positief walglik is.
Dan vind ons ook nog uitdrukkings, wat onduidelik en onbeholpe of
minstens vreemd is: Bettie is besig om met haar eenvoudige musiek "die
grondtoon van haar lewensgeskiedenis te vertel (p. 73); die trek van verwyt
in haar vader se woorde (p. 105); 'n woord wat wreed sou val op die tere
bodem van plegtige liefde ... (p. 38); Bettie is die voorwerp van die liefde
(p. 18); Dit is of sy beperktheid oor homself weggegroei ... het (p. 195);
Bester met sy listige planne en parmantigheid moes in die hand kom, ja

Page 149

selfs op sy lewe was dit gemunt, waar kleurlinge in diens van Sy Majesteit
hul lewe moes prysgee onder sy hande! (p. 161); Bester "met sy
onverskrokke bende (p. 161);[273] program (p. 31); aanspeling i.p.v.
toespeling[274] (p. 77 en 90); vuurgeveg (p. 140); Daarheen word gestuur
wat in die oë van die Engelse outoriteite as lastige pro-Boer-mense verskyn
het ... (p. 151). Alle kommunikasie met die distrik (is) afgesny en handel tot
'n nietigheid afgedruk (p. 82); sommige oomblikke voel dit hom of sy
verstand hom begewe onder die invloed van gedagte (p. 150).
Waagmoed is 'n ongelukkige neologisme; wikkelwakkel is ontleen aan
Guido Gezelle se gedig: "Bonte Abeelen" "Die Dood se grillige
ontklemming" is geen Afrikaans nie. (p. 154). 'n Voorbeeld van lelike klink-
klank staan op p. 175: Dit was 'n beleefde voorspel van die treurspel."
Malherbe is trouens nogal lief om kort op mekaar, soms in een sin dieselfde
woorde te gebruik. So kry ons tweemaal toevallig op p. 99; warrel op p. 65;
huis op p. 17, skynbaar op p. 18, nou op p. 14.
Gevoel is maar al te dikwels gemengd—'n stereotiepe niksseggende
uitdrukking: (p. 24) daar woel 'n mengeling van gevoele in haar siel; (p. 66)
'n warreling van gemengde gevoel.
As 'n kunstenaar ons vertel dat iets onbeskryflik is, dan is dit 'n belydenis
van onmag of 'n retoriese reminisensie. Enige voorbeelde: (p. 65) Wie
beskryf haar sielelyding ...; (p. 44) met 'n onbeskryflike krag; (p. 46) die
onbeskryflike weelde van onbeheerste gevoel.[275] Op p. 34 kom nog 'n
ouderwetse slim draaitjie voor: "Bettie is toe na haar kamer gegaan en ...
wat sy daar gemaak het, sal iedereen wel weet wat van meisies kennis het"!
En wat moet ons dink van die "arme student wat met 'n verskeurde hart en
verslae gees moet afskeid neem van sy dierbaarste op aarde en dit vir baie
lang tyd"! (p. 34).
Afgeslyte uitdrukkings ontstel ons in dubbele mate by Malherbe omdat sy
stylkuns oor die algemeen deur so 'n innige, suiwer-eenvoudige woordkeus
beheers is. Ons voel dat hy gesoek het na die alleen-juiste woord en dikwels
klink daar 'n harmoniese toon in sy geïndiwidualiseerde sinsbou. Hy wou
méér gee, dan 'n gewone amusementsroman en as een van die eerste kuns-
uitings in prosa sal sy werk steeds van belang bly. Hy het die joernalistieke
vaalheid uit ons taal weggevaag deur sy fleurige beelde, ontleen aan

Page 150

Afrikaanse veld en lug, en daarby besit hy as digter 'n fyn gevoel vir woord-
en klankwaarde.
Ten spyte van die foute in sy styl en komposiesie hang Vergeet Nie soos 'n
klein druiwetrossie in die groen wingerd van ons letterkunde. Die beelde
met hul Karo-omwaasde ongereptheid is die wynkleurige korrels, mekaar
verdeukend in die transparante ronding van sappige swelling, wat die
tingerige steeltjies in hul liefdegroei bedek. En wie, stil-gelukkig, die
korrels een vir een in al hul sonnegeurende sappigheid geproef het, sal ook
die tere stingeltjie nie àl te wreed vergooi nie.

§ 7. Mej. Chris. C. Euvrard.

Van Chris. C. Euvrard, onderwyseres in Rhodesië het drie novelles verskyn:
Twee Susters, Lena en Twee Broers. Haar werk word hier alleen vermeld,
omdat aan Twee Susters in 1914 die eerste prys toegeken is in die jaarlikse
wedstryd van die Akademie. Dit is van geen letterkundige belang nie, en
bevat oorlogsondervindings in onbeholpe skoolmeisies-styl. Ter tiepering 'n
enkel staaltjie: "Lena was skaars onder die seil uit, toe een van die wagte
wat by die wa was, vir haar vra of hy die seil sal aftrek. Lena sê ja en in 'n
paar oomblikke was die seil af en kon almal weer lug kry. Die seil was maar
net af van die wa, toe 'n offisier daar kom. Hy begin met mev. van Eeden en
tant Sannie te praat, en terwyl hulle nog praat, kom 'n paar soldate ook by
die wa en begin ook met die meisies te praat." (Twee Susters2, p. 45.) Die
redakteur van Die Brandwag het in Des. 1918 nog verklaar, dat ofskoon
haar werk oppervlakkig is dit "veel daartoe by(dra) om leeslus op te wek by
die wat anders nooit 'n boek sou opneem nie" (p. 214). Vir die taalstryd mag
dit dus miskien wel van enige betekenis gewees het.[276]

§ 8. Joubert Reitz (1880-1919).

Joubert, 'n seun van President F.W. Reitz is gebore op Bloemfontein in
1880, kort na die slag van Majoeba. Daarom het sy vader Generaal Piet
Joubert gevra om sy peetoom te wees. Met die oorlog van 1899-1901 het hy
dadelik aangesluit by die Pretoria-kommando. In 1900 het hy gedien onder
Kaptein Heinrich du Toit en terwyl hy in die Soutpansbergse distrik siek lê
aan die koors, het die Engelse hom gevang en na Bermuda gestuur.

Page 151

Na die vrede is hy met twee broers Madagascar toe, maar omdat dit daar nie
na hulle sin was nie, het hulle teruggekom na die Transvaal. Joubert het
hom toe as prokureur op Potchefstroom gevestig, waar hy in 1919 oorlede
is.
Van hom het verskyn twee romans: Die Dolosgooier (1916) en Beproewing
(1918). Vir die Potchefstroomse koerant het hy dikwels gedigte en
prosastukke geskrywe, meestal van grappige aard. Onuitgegee is 'n reeks
artiekels oor "Oom Fanie en sy ervarings met 'n maai- en vliegmasjien."[277]
Die Dolosgooier.
Frits Kok, 'n Johannesburgse klerk gaan na die diamantvelde by Bloemhof,
maar die groot geluk bly weg. Gedurende 'n aanval van moedeloosheid wil
hy vertrek, nadat hy op die stasie "'n sterretjie" gesien het, maar sy kaffer
gooi die dolosse en die se voorspelling blyk juis, want Frits kry 'n paar
mooi diamante. Nou trek hy weg om sy "sterretjie" te gaan soek en al gou
blyk dit, dat sy die dogter is van Harvey, met wie hy 'n vennootskap gesluit
het. Met Collins het hy op Bloemhof moeilikheid gehad en dié strooi nou
skinderpraatjies uit, want hy het ook 'n oog op die "sterretjie". Collins slaag
daarin om 'n fabelagtige skat uit Sekekoen se kafferstad te roof, maar hy
beswyk aan 'n wond op die hoëveld, waar Frits hom nog eers verpleeg. Frits
laat die kaffers £5000 betaal vir die verlore diamante en die dolosgooier se
twede voorspelling kom ook reg, want hy sluit Maria in sy arms.

Beproewing.

Hierdie roman is meer of min op dieselfde plan gebou as Die Dolosgooier.
'n Doodgoeie jonge man word vervolg deur 'n gewetelose skurk, maar na
baie moeilikheid triomfeer die onskuldige, word plotseling skatryk en trou
met die meisie, terwyl sy mededinger deur 'n koeël uit die weg geruim
word. Die ekspediesie na Duits-Suid-Wes en die opstand vorm die
agtergrond van die verhaal; 'n vervalste tjek gee aanleiding tot verwikkeling
en die spanning oor die erfenis word deur middel van 'n naamsverandering
tot die ontknoping bewaar.

Page 152

Teen sy sin en oortuiging het die skrywer deelgeneem aan die Duits-Wes-
veldtog. Die raamwerk van Die Dolosgooier het hy in 'n militêre
gevangenis geskryf, want hy het in die hande van die Duitsers geraak. Later
het J.H. Malan, die "Oom Fanie" van die voorwoord dit persklaar gemaak,
onvoltooide gedeeltes verder uitgewerk, taal en styl verbeter, kortom die
hele boek oorgeskryf met behoud van die oorspronklike intriege.[278] Dat
die aandeel van die bewerker taamlik groot was, blyk uit 'n vergelyking met
Beproewing, waarin taal en styl so sleg versorg is, dat die verhaal feitjik
onleesbaar is. Dit krioel van anglisismes en alle moontlike foute. Reitz had
aanleg om 'n spannende intriege inmekaar te sit, maar sy
uitdrukkingsvermoë was hopeloos swak. Selfs na die skawery van die
bewerker het daar in Die Dolosgooier soveel oorgebly, wat onbeholpe is,
dat van letterkundige verdienste weinig sprake is, ofskoon dit deur die
handige toepassing van Afrikaanse motiewe seker tot die beste van ons
awontuur-romans behoort.
As voorbeeld van die kreupel styl en taal kan die volgende dien: "Frits,
hoewel 'n jonge, onervare man, terwyl hy nog onder sy komberse half-sit,
half-lê, naar die pragtige natuurprent kyk, gedronge om die natuurskoon in
oëskou te neem en, daar hy 'n dorpenaar was, moes tot die konklusie kom ...
ens. (p. 17); Harvey ... had die saak van die likwidasie moet laat vaar....
Harvey het dit so haastig aangeneem, dat die kêrel had begin te dink...." (p.
105). Anglisismes groei ook nog geil: (Hy) moes van skool om sy eie lewe
te verdien (p. 4); ons geluk is uit (p. 26); hy begin te voel dat die grappie nie
die kers wêrd was nie (p. 146), ens.
Op p. 3 is daar al 'n toespraak tot die "troue geagte leser" en dwarsdeur die
verhaal bly die skrywer aan die woord. Collins, Hooper en Petrus is tiepes
van die bekende volbloed skurke. In Beproewing neem die politiek 'n groot
plaas in. Die skrywer sê self: "Maar laat ons liewer nie van die dinge praat
nie, anders word die verhaal 'n politieke vlugskrif...." (p. 97), wat dit dan
ook teen die end werklik word.

§ 9. Jochem van Bruggen.[279]

J. van Bruggen is gebore te Groede in die provinsie Zeeland, Nederland, op
29 September 1881. In 1892 het sy vader hom in Johannesburg gevestig.

Page 153

Aan die Pretoriaanse gimnasium het Jochem begint verse maak oor die
Voortrek. Die Anglo-Boere-oorlog het 'n end gemaak aan sy studie en vir
sewe maande was hy op kommando, totdat hy, by die oorgawe van
Johannesburg vasgekeer is. Van toe af moes hy vir homself sorg en in plaas
van ingenieur te word moes hy lewe van die geringe verdienste, wat 'n
agentskantoortjie aan 'n onervare jong man in daardie tyd kon gee. Na die
vrede het hy in 'n wassery die gestrykte wasgoed in pakkies opgemaak,
boordjies getel, ens. Maar dit kon hy nie uithou nie. Hy het uitgebars die
veld in, ruimte toe en by sy boesemvrind G.J. Oosthuizen op Steenkoppies
gaan woon. 'n Tydlank was hy daar onderwyser aan die C.N.O. skool. 'n
Debatsvereniging en koor het onder sy leiding gebloei, terwyl daar ook van
hom toneelstukke opgevoer is. Sy volgende onderneming was 'n
tabaksbesigheid, wat hy met sy vrind Oosthuizen opgerig het. Aanvanklik
het alles goed gegaan, maar later, veral deur 'n konneksie met 'n uitgeslape
seun van Israel het die besigheid 'n totale mislukking geword, met die
gevolg dat albei in 1909 diep in die skuld was. In Ouboet is o.a. 'n
sydelingse herinnering aan hierdie episode, wat vir 'n tydlank sy
letterkundige aspirasies heeltemal gesmoor het. In 1912 het hy sy
Voortrekkerverse weer verwerk, maar kon geen uitgewer daarvoor kry nie.
In 'n wedstryd van Die Brandwag het Die Praatmasjien in 1914 'n prys
gehaal en van toe af het Van Bruggen sy koers gekry.
In 1917 het sy roman Teleurgestel die Hertzogprys van die Akademie
behaal en in 1920 is sy kort verhale onder die tietel Op Veld en Rande
gebundel. Van 'n nuwe roman, Ampie het twee hoofstukke in tydskrifte
verskyn. "As boer moet ek in hierdie swaar tye net my kop gebruik om die
boerdery agtermekaar te hou, wat my werk as skrywer uitermate
belemmer", skryf Van Bruggen na aanleiding van Die Burger se enquête.
Die Burgemeester van Slaplaagte het in die serie Almal se Boeke in 1922
verskyn.

Teleurgestel,

is 'n roman uit die Anglo-Boere-oorlog. Die Boere van Waterval en
omstreke is besig met skyfskiet as die veldkornet hulle kom
opkommandeer. Dirk Liebenberg het sy afgeleefde ouers na die kruitbadjie
by Waterval gebring en op 'n wandeling deur die kloof probeer hy om Maria

Page 154

Brinkman oor te haal om sy vrou te word. Sy gee egter die voorkeur aan
haar ou speelmaat, Gys, wat as gevolg van 'n speelse opmerking van haar
die kordaatstuk uitvoer om 'n blom op 'n gevaarlike krans by die waterval te
pluk. By dié geleentheid word Gys en Dawid, Maria se broer, deur
Swartbooi, 'n geheimsinnige potteskuurder in 'n spelonk gelei, waar hy vir
hulle dolosse gooi en somber voorspellings oor die naderende oorlog maak.
Na vyftien maande kom 'n kommando nuwejaar vier op Waterval. Dirk
koester hands-op-planne, wat afstuit op die idealisme van die vrouens. Later
vind hy geleentheid om met Stols en Greef, wat graag hul famielies wil
besoek stilletjies af te swenk van die kommando. Hy trakteer hulle op 'n
paar goeie doppe "perskesop". Stols is 'n swak jabroer en laat hom maklik
oorhaal, maar Greef ry met sy maats se perde terug kommando toe. Dirk
vind Maria nog onhandelbaar en sluit in groot verbittering by die Engelse
aan, waardeur hy sy pa se dood veroorsaak, Stols sukkel terug Boere toe,
maar laat in sy verbouereerdheid sy geweer agter, wat die vyand aanleiding
gee om die woonhuis op Waterval af te brand. Deur Dirk se verraad word
Gys en Dawid vasgekeer in Swartbooi se grot, waaruit hulle met moeite
ontsnap. Gys word later gewond, die vrouens raak in die kampe, maar na
die vrede trou Gys met Maria, en Dawid met Elsie Greef, terwyl Dirk 'n
suiplap word.
In Teleurgestel het Van Bruggen sy oorlogservarings verwerk. "Hy het die
verwoeste plase gesien na die oorlog, en hy het geluister na die
ondervinding van die Bittereinders, na die verhale uit die tyd toe die
Engelse oor Steenkoppies en omgewing hot en haar getrek het en uit die
droewe tyd van Johannesburg se renbaan."[280] Swartbooi se prototiep was
"'n verdwaasde ou kaffer, wat die Hartleys—daardie tabakmagnate—se
kombuisgereedskap geskuur het, dag vir dag in 'n driffie en as 'n malmens
geskreeu het party nagte as hy rondloop."[281]
In Die Burger het Van Bruggen verklaar: "In ooreenstemming met my
vorige werk, sal my strewe bly: 'n afbeeldsel van die lewe soos ek dit
gewaar, wat duidelik sal staan in die skynsel van romantiek."[282] Nou is
"romantiek" juis een van die terme wat moeilik definieerbaar is, maar Van
Bruggen wil blykbaar te kenne gee, dat hy geen realis in die enge betekenis
van die woord is nie. Is die opvatting juis, dan gaan hy van dieselfde
beginsel uit as meer dan een kunstenaar van betekenis. Johan de Meester sê

Page 155

b.v. "En als ik iets als onbelangrijk voel—als een ding dat me niet
interesseert—dan is 't het realisme, dat aan de loutere beschrijving zonder
meer van een brok werkelijkheid z'n volle kracht geeft. Dat zou ik nooit
kunnen doen."[283] Cyriel Buysse verklaar: "De beschrijving van een
realiteit is toch heel iets anders dan die realiteit.... Als de artiest niets aan de
werkelijkheid toevoegde, zou hij geen artiest zijn. Het beschrijven van
détails zonder meer, zooals Van Deyssel wel eens heeft gedaan, daar voel ik
niets voor. Dat kan ik niet mooi vinden. "L'âme des choses", zooals de
kunstenaar die voelt, moet uit zijn werken spreken."[284] En Is. Querido
verklaar met die grootste stelligheid: "Ik moet met mijn innerlijk leven
ingaan op de dingen ... ik kan de dingen niet klein zien: ik moet ze
vergrooten, doorlichten ... ik moet er heelemaal door vervoerd worden ...
I k h e b n i e t s a a n d e r e a l i t e i t !"[285]
Ofskoon ons Van Bruggen se beginsel dus kan aanvaar, lei sy ver-
romantisering dikwels tot 'n sodanige vermooiing en opsiering van die
werklikheid, dat die egtheid van sy figure in die gedrang kom. En daarvan
sê Querido: "Elke willekeurige fantastische belichting van 'n
werkelijkheidstafereel ... wordt valsch maakwerk, onechte, gedrochtelijke
romantiekerij."[286] Swartbooi met "sy dwalende brein, wat sy lewe so vol
misterie maak" (p. 195), sy geheimsinnige grot en orakeltaal is seker
romanties geteken, maar wek skeptiese bedenkings van ernstige aard. Gys
en Maria op wie ook 'n sterk romantiese skynsel val, bly vir ons vae figure.
Stols daarenteë, wat deur sy jabroer-geaardheid geen aanleiding tot
romantiekerige vermooiing gegee het nie, is deur 'n raak-realistiese
uitbeelding tot 'n lewende mens geword, wat ons nie maklik vergeet nie.
Arme Liepie met sy "bang-oormekaar-kyk oë", seer rug en orige knipmes
ken ons deur en deur. Nog 'n ander byfiguur, Moeder Greef met haar
laslappies en ou-mens gemaal is met trekkies van boetserende fynheid
geteken, terwyl Luikes Greef met sy droë humor ook goed geslaag is.
By die uitbeelding van Dirk Liebenberg gee Van Bruggen 'n psigologiese
uiteenrafeling, maar sy afkeer van die skepsel van sy eie verbeelding is só
groot, dat dit hom nie geluk om onpartydig teenoor die figuur te staan nie.
Sy haat vir die walglike kreatuur het hom verhinder om heeltemal op te
gaan in Dirk se psiege. Reeds in die eerste hoofstuk verraai hy deur 'n
kwasi-twyfel sy vooroordeel. "Ons huiwer om hom so wreed te beskuldig,

Page 156

want ons ken sy verlede nie in besonderhede nie. Miskien sal die toekoms 'n
gedagte aan die moontlikheid daarvan regvaardig."[287] Nou weet ons al:
Dirk gaan die sondebok word, en die ongeregtigheid word dan ook by
wavragte op hom gelaai! Maar let wel, Van Bruggen sèlf ken sy verlede nie
in besonderhede nie. Hoe kan so 'n persoon nou ooit fel-lewend vir ons
word? Met 'n sug van verligting neem die outeur afskeid van hom: "En so
het ons klaar met Dirk" (p. 219). Hy het só boos geword, dat hy hom, na 'n
paar kwaai trappe vir ou-laas, uit sy verhaal bons! Dit word mos bruilofstyd
en daarby pas Dirk, die suiplap met sy "valse gryns" nie. Maar dis 'n
oplossing, wat ons nie bevredig nie. Geslaag is die figuur nie, ofskoon daar
telkens brokke treffende analiese is. Maar meestal neem Van Bruggen
teenoor Dirk die houding van 'n bestraffende regter aan. "Kan 'n wolwe-
aard so gou verander in skape-gedweeheid; 'n dwingeland in 'n oë-dienaar
...?" (p. 12). 'n Oomblikkie tevore het hy nog gehuiwer "om hom so wreed
te beskuldig", maar nou is sy vonnis al gevel. Juis die bo sy onderwerp
staande gevoelloosheid verhinder hom om 'n warm-menslike omtrek aan die
verraaiersfiguur te gee. Later word Dirk dan ook eenvoudig as 'n besetene
uitgebeeld. "Die fluisterstem van sy gewete sterf in die diepte weg, wat
Satan bliksemsnel met misdaadplanne vul" (p. 145). By die dood van sy
moeder kry hy 'n "laaste kans" (p. 191). "Dis een van die momente, waarin
'n goeie gees, so hom die tyd gegun werd om tot die harde hart van Dirk
deur te dring, 'n ander mens (van hom) sou kon maak". Gelukkig bly ons
die koddige psigologiese gedaanteverwisseling bespaar!
Soms gaat Van Bruggen so op 'n paar tree van sy persone af staan en
bepeins dan hulle toestand. Gys is "in strak starend gepeins" (p. 216). En
dan roep die outeur uit: "O watter gedagtes! So sterk nog as in sy volle
kragtyd ...." ens. Daar is nog meer sulke hinderlike ingrypsels van die
outeur. "Die leser wat onsigbaar agter Dirk aangestap en oor sy skouer
geloer het ... Dirk is te ongeduldig om die kamer rond te kyk, maar ons kan
dit nog net doen, vóór die aandskemering ons dit belet" (p. 23).[288] Dit is
verroeste romantegniek van die jaar nul! Dat Van Bruggen egter 'n plastiese
gawe van geen geringe betekenis het nie, bewys die welgeslaagde toneel,
waar Liebenberg vir Greef en Stols wil oorhaal om die wapens neer te lê.
'n Weemoedige klaagtoon van verdrietige berusting deurhuiwer die ritme
van Van Bruggen se styl in Teleurgestel. Die smart oor verlore
onafhanklikheid en die droewige herinnering aan oorlogsleed tril na in

Page 157

somber klanke. En teen die end word Van Bruggen moeg vir die
trommelslae wat "die doodmars deurdof". "'n Lange sombere storie ... ons
wil hom deurhardloop" (p. 222). Tog klink daar soms 'n skaterlag; as die
kakies retireer vir 'n rollende pampoen (p. 173) en Greef vir Stols laat
"handsop" (p. 156). 'n Paar mooi kindertoneeltjies beloof iets vir die
toekoms.
Opvallend is die gebruik van koppelwoorde soos: knutselwerk-uitdenk-
vermoë (p. 230), swaai-arm-beduie (p. 9), goudblom-oorlaai (p. 20),
droomglans-dowwe oë (p. 195). 'n Enkele maal word daarmee 'n mooi effek
bereik, maar meestal gee die oorvloedige aanwending 'n indruk van
gesogtheid, terwyl baie saamkoppelings in stryd met die taaleie is. Die
voorliefde vir lang-asem sinswendings versterk die sware klank van sy
prosa, wat met afgemete pas moeisaam voortbeweeg. En daardeur ook hoor
ons telkens dissonante b.v.: "Van onder oop, het hoëveld se voor- en
najaarsstorme daardeur gestroom en binne die lang huise opgestuiwe in die
smal-langwerpig drukke reghoek-ruimte, waar die lewe in en uit rumoer na
sy hokkies, en kinders spelend raas, natbesweet" (p. 221). Tog het Van
Bruggen deurgaans 'n fyn gevoel vir woordklank. Telkens kry ons brokkies
van sinne, wat in gereëlde versritme vorentoe gly; "en vínnig word haar
stáp, ofskóon sy dralend peíns oor wóndervraág...." (p. 77). Maar ons stuit
ook op klinkklank: "terwyl sy rol-oë die kamer vergenoeg deurrol" (p. 114);
Al kante uit wil hy koers vat, so rol sy uitpuil oë al kante uit (p. 149); dat
drie ... by die val hulle eie val sal vind (p. 194); dit beslis die twyfel van die
onbesliste goeie man (p, 150).
Koppelwoorde en sinsbou gee aan Van Bruggen se styl 'n moderne cachet.
'n Allersnaakste indruk maak daarnaas, die ouderwets-retoriese taal, soos
ons die ken uit die Hollandse predikante-literatuur van vóór 1880, wat ook
nog dikwels van Suid-Afrikaanse kansels gehoor word. 'n Knagende wee,
wat die hart verteer (p. 86); Daar drup dit in sy hongerige siel heilsame
lafenisdruppe en sy gedagte sien, as deur hemelse ingewing ... (p. 83); wat
alles die plegtige oomblik verhewe maak (p. 67); 'n Sug ... tower 'n nuwe
gevoel in sy boesem (p. 51); 'n swarte afgrond ... gaap (p. 76), ens. Dit
krioel ook van sulke domineesterme soos: hartsvriend (p. 202), hartebodem
(p 76), brandende gemoed (p. 50), tomelose hartstog (p. 126), geestesoog
(p. 57), skoonste hemeldeug (p. 80), ens.

Page 158

En hoe deftig paradeer Van Bruggen met 'n hele kommando holrug perde!
Dit is perde wat al meer as 'n halwe eeu nie meer "pylsnel oor die pad
sweef" nie (p. 70), dis ou doodgemoorde knolle, wat skaars nog 'n vuiliskar
kan trek. Gys is die "eweknie van Dawid in geesdriftige opwerping van
oorloglugkastele"; daar is in die kloof "'n reusemagneet" wat hom trek (p.
56); "Die ontboeseming was as 'n warme son, wat die yskors ontdooi" (p.
82); "toegedekte liefde (het) haar windsels afgegooi" (p. 99); Die liggie lei
hom soos 'n vuurtoring die ... skip (p. 167); aan bande gelê (p. 169); ens.
Gelukkig kry ons tussen die muwwe, onpersoonlike beeldspraak so 'n
enkele keer 'n fris veldwindjie: As Swartbooi die plaasmense sien wegvoer
deur die kakies dan is "die lewe wat in sy oë kom blink, ... soos die ... in 'n
koei se oë, wat wild oor die kraalmuur kyk, wanneer haar pasgebore kalfie
hok-toe weggedra word", (p. 196); "die stryd teen onsigbare wapens ... soos
mambas in die ruigte" (p. 192); "Af drif toe ... kom 'n groot tentwa
aangeklop" (p. 7). Daarnaas kry ons egter weer sulke badkamer-beeldspraak
soos: Maria "aarsel niks om 'n doeltreffende bekoeling uit te giet nie oor sy
brandende gemoed"! (p. 50); "Of 'n vloed yskoue water oor hulle rugge
uitgegiet word, so laat, wat agter is hulle ril" (p. 65). Ook onsmaaklike
triwialiteite soos: "Daar is geen druppel bloed meer in Stols se neuspunt
nie; dis alles weggestroom na die midde van sy romp ..." (p. 157).
In sy natuurbeskrywing is Van Bruggen onbeholpe en soms banaal. Hy
skerm met groot woorde wat volkome retories en aandoeningloos van
algemeenheid is. "Die skone dal lê voor die perdelose ruiters in volle
somerweelde. Die ou opstal lyk so skilderagtig.... Ook is dit of die skouspel
hom hipnotiseer.... Die ganse moot brei uit in sombere somerweelde" (p.
126-7). Sulke niksseggende frases laat ons heeltemal koud. Nie deur die
woord somber ontstaan die indruk van somberte nie. Die somberte-emosie
moet hy in beeld bring, moet hy ons laat aanvoel deur plastiese trekke.
Maar hy verswak nog meer die indruk van sy frases deur te praat van "die
lentegroen, (wat) in jeugdige ydelheid wou spog ..." En dan vervolg hy met
valse, ondeurvoelde beeldspraak: "Uit egaal donkergroen spreek nou
éénselfde stemmige gedagte, waar uitgeswelde rypheid elke deeltjie van die
ernstige boskasie herinner aan verwelking." Dit is viesie-verknoeiing. "Die
stemming deel sig onbewus mee aan die twee ..." Juis, onbewus, want hoe
dit gebeur bly vir ons 'n raaisel. En dat Stols en Dirk albei in presies
dieselfde stemming geraak, is papier-psigologie! Daar is nog meer holle

Page 159

frases: "Dieselfde voorjaarsagtermiddag het ook sy toweraandeel volbreng
in die natuurherlewing" (p. 20). Dirk kry "lewens-lente-visioene"! Die
voëltjies sing mooi "en dis of die ganse omgewing wil meedoen aan 'n
gemoedsontboeseming"! (p. 31) "Grootse natuurskoon" (p. 47), "roerlose
aandskoonheid" (p. 90); "dis van die aande, waarin natuur sy
wonderskoonheid wys met stille majesteit" (p. 166), "ruwe natuurprag" (p.
52); "Die lente het weer 'n jong gewaad oor die velde gesprei" (p. 202). En
op p. 52 is daar weer "'n grootse gedagte, wat setel in die lower-woestheid".
Die gedagte spring van sy "setel" af en hou 'n netjiese prekie in die tale
Kanaäns. "Dis 'n plekkie, wat mensekindere wil goedmaak en verhef bo
wêreldse nietighede," ens.
Duisterheid is dikwels die gevolg van die retoriese opblasery. "Die kranse
voor en weerskante is hoog en amper loodreg, bedek met ruwe natuurprag,
wat gestapel op kwynend-skemerlig en duister ... (p. 52). Hoe moet mens
jou nou 'n voorstelling vorm van wilde plante gestapel op skemerlig en
duister? Op p. 32 is daar "klanke, wat hemelwaart denk en dankbaar swewe,
vir sparende liefde ..." Al slaan denk ook op gevoel dan is dit nog 'n
onbeholpe parallelisme. Onverstaanbaar is: "Ligvlekke, wat die
boomskaduwees werk, hou vaste lyne" ens. (p. 87). En wie hoor nie die
gekreun van die bombastiese blaasbalk agter sinne soos die volgende: "Dis
pynlik om die afbreuk van geesverbystering (?) te sien, wat flou, al flouer 'n
kwynend verset teen eie onmag vertoon en in sielsmart oorgaan ..." ens. (p.
9). Maria se "sterk gestel (het) begin te luister na die stem van siekte.
Tallose skrikgedagtes het senewee-skokkend met haar liefde gespeel en
bondgenoot geword van 'n ongesteldheid wat haar sou neerdruk ens. (p.
234-5) En daarom het die siekte so gesloer om uit te breek, uit eerbied vir
die grondigheid van haar verset en heldepoge." Sy kom uit die hospitaal
"met twee (!) grote, siel-vertolkende oë, verhewe-boeiend"! En daar is nog
meer voorbeelde van sulke opgeskroefde woordkramery. Wat moet mens
aanvang met taalgeknoei soos die volgende: "Humeur lê diep bedolwe
onder tallose swaardrukkende gedagtes" ens. "'n Onmag van sy logies
verstand, laat pessimisme die vrye teuel" (p. 82); Luikes is "oortrek deur die
waas van sy karakter ..." (p. 35); "die inwendige Greef" (p. 36);[289] ens.
ens.
Die verpersoonliking van abstrakte begrippe gee aanleiding tot raaiseltaal
en gesogte wendings. "As die sluipgang van hulle genegenheid tuis gekom

Page 160

het is dit getrouheid tot die dood ..." (p. 35); "die koers ... waar vinnig
verlange die bome deursoek" (p. 76); "Hartverheffende momente wat
grondslag vir 'n toekoms lê en lewens bou of brokkel—kort as 'n sug, 'n
fluisterwoord, 'n oogstraal as diamante bly skitter aan die langste
lewensdraad en nog glansies op sy rafelpunt werp; gebonde aan seisoen nog
tyd" (hoe rym dit met "kort as 'n sug"? P.C.S.) ens. (p. 106.) Met nog een
voorbeeld van Van Bruggen se onbeholpenheid kan ek volstaan: "Maar
lewe het vasgeklem aan sy omhulsel met ongekende adhesie, waardeur die
wetenskap verbaas, wat eers verwaarloos werd, omdat geen hoop bestaan
het nie, met ywer die omhulsel onder sy behandeling geneem het." (p. 214).
Die dialoog is meestal onnatuurlik-styf en soms so deftig as 'n redevoering.
Gys sê: "Dis of natuur 'n moedwil toon om haar wonderwerke treffender te
maak. (p. 53); Ons volksaard is opgeruimd en vol korswil, wat wys veral op
sulke dae, waar hoop, by nuwe begin, ook nuwe ambiesie gee" ens. (p. 89).
En hoe netjies ryg Dirk sy sinne aan mekaar as hy pleit vir Maria! Hy
eindig so: "Die hoop sal my in doodsgevaar dapper-versigtig, in
moedeloosheid vasberade maak en my nasie laat liefhê, omdat jou ideale
myne sal word!" Met dié woorde vat hy haar hand "wat sy nie kon terug
trek nie, omdat haar sielestryd onbeskryflik geword het." Dieselfde onmag
om heftige emosie plasties uit te beeld vertoon Van Bruggen ook waar hy
Dirk se houding moet beskryf: "As hy verneem dat sy moeder gestorwe is,
voel hy getref en kyk somber na die aarde voor sy voete." (p. 191.)
Die taal van Teleurgestel is sterk Hollands gekleur. Woorde soos bot, mat,
meewarig, halfliggend, gebly (gesneuwel) (p. 111), hawe, struik, dryn word
dikwels aangetref. Maar ook die sinsbou is onafrikaans en veral die gebruik
van infinitiewe vorme is storend. "Maria hunker na meer wete, nou die
skiete opgehou het" (p. 171). Van sulke vorme krioel die boek en dit gee
soms aanleiding tot duisterheid soos op p. 184: "'n wese, wat versuim tot sy
kom". Onafrikaans is ook: "Maria en Elsie doen saam in die spel" (p. 91);
"waarvoor diensies" (p. 6). Die gebruik van die vorme hê en het is soms
verkeerd.

Op Veld en Rande.

Page 161

In Op Veld en Rande (1920) is dit moeilik om die skrywer van Teleurgestel
te herken, as die laaste verhaal, Die Beeswagtertjie buiten beskouing bly.
Alleen enkele stylwendings soos "wit orkaan gedrewe wolke" (p. 122), en 'n
paar geykte frases soos "toe twee harte, wat lief en leed van die wêreld
verstaan, opreg ineensmelt!", "sielsgenot" (p. 109), "hartsgevoel" (p. 28),
"hartetaal, vol gloed" (p. 59), herinner aan die manier van Teleurgestel. Hier
ook geen romantiekerige opsiering, maar onvervalste werklikheid. Hoe raak
en eenvoudig-waar word Sitman, die "meeldiaken" met sy "ongebleekte
kussingsloop" nie geteken nie! Hy is die man, "wat sit waar hy sit", "die
elfde plaag" (p. 27). Soos Van Bruggen hom geteken het met sy astrante
indringerigheid, altyd kunsies bedenkend om tog maar nooit aan die werk te
kom nie, sy windmaker-praatjies wat eie nietigheid moet bedek, sal die
bywonersfiguur lewe in ons letterkunde. Hy staan vlak voor ons met al die
flenters van sy verslegting. Hoe goed is nie geteken sy poging om tog nog
'n skyn van vernaamheid te ontleen aan die reputasie van sy onbekende
"ouboet Karel van Staanderton se distrik". En die dialoog is so spontaan—
dis die lewende terugbeelding van egte gesprekke sonder retoriese
byspinsels van die outeur. Hoor maar ou Sitman se gesanik: "Nou ja! ek
hoor toe gister ... of was dit eergister ... nee dit was gister, dit wil my nou
goed byval—Willemse het gister hawer gelaai—ja dis reg, dit was gister....
Nou ja, ek hoor toe gister by Oom Andries dat meneer de Klerk altemit
iemand sal nodig kry om hand by te sit" (p. 23). Hoe raak is ook die
bywoner se hele persoonlikheid geteken in die kwasi-gewigtige wyse
waarop hy meedeel, dat hy "tot 'n besluit gekom 't" (p. 256), of as hy klaag
oor die baie werk (p. 43). Uit so 'n paar plasties uitgebeelde toneeltjies word
Sitman vir ons meteens fel-lewend, terwyl Dirk Liebenberg, trots al die
swaarwigtige analiese alleen 'n toneelskurk bly.
Ook "kromrug Bettie" met haar huilende kleinspan in die rokerige lug van
die hartbeeshuis is goed getiepeer. Hoe mooi leef die moeder-instink op in
die verdwaasde skepsel, as daar planne gemaak word om haar kinders na
die weeshuis te stuur. Sy glo tog so vas, dat niemand anders so goed vir
hulle sal kan sorg nie, al sit sy in die grootste ellende. "Daar is Driesie!...
Uit die staanspoor is sy maag onderste bo!... Sal hulle tussen die
kliprandjies rondloop om aambeibossie te soek? En dit laat trek? En dit vir
hom ingee?—Nog nooit nie!..." (p. 54). Hoe diep het Van Bruggen
ingedring in die kommergedagtetjies van die arme sieltjie!

Page 162

Die ander bywoners se mentaliteit word ook met 'n paar fors trekke
aangedui: Willemse, die staatmaker voorman, Neef Niklaas met sy naïef-
wysgerige praatjies oor "bestiering" en "bestuur", Gouws, die dwarskop.
Stols, uit Teleurgestel kon deur die oorlog nie in sy gewone lewe geteken
word nie. Maar nou sien ons die bywoners in hulle daelikse besigheid, hulle
getob oor allerlei kwellings en die wrokkende gevoel oor hul afhanklike
posiesie. En ook hulle baas, Andries Vry, die konserwatiewe boer en
Bybelvaste ouderling ontmoet ons.
'n Enkele maal kom Van Bruggen self om die hoekie loer, op pagina 29 nl.,
waar hy verstandige maar onletterkundige opmerkings maak oor
kafferpolitiek.
Ouboet, Oom Jannie en Die Praatmasjien is ook goed geslaag. Veral die
lugtige verhaaltoon val op na die sware sleepgang van Teleurgestel. Daar is
'n vaardigheid in komposiesie, 'n handige groepering van allerlei tiepes uit
die boerelewe, wat met al hul eienaardighede goed geteken word. As
realistiese skilder van die plattelandslewe openbaar Van Bruggen 'n
bewonderenswaardige deurdringingsvermoë. Stoffel Harmse, die
omslagtige verteller en lastige buurman, met sy vervelende "jy kan vir Sarie
ook vra", Oom Jannie en die weduwee, wat by "gebrek aan stof vir
vertroulike konversasie hoofpersone uit geslagregisters van al twee kante
opnoem en bespreek" (p. 101)—dit is fyn-psigologiese trekkies, wat bewys
dat die skrywer hom ingeleef het in die mentaliteit van sy mense. Hulle
karakter word nie bestuur deur geestige bokkespronge van die outeur nie,
maar daar is 'n innerlike ontplooiing, wat ons direk as waar en noodwendig
voel. Dit geld egter nie van Die Beeswagtertjie nie, wat eenvoudig 'n nugter
bedenksel is, en waar alleen Kleinbooi met enige lewenswarmte geteken is.
Die mynwerkers is alleen met so 'n paar strepies toneelverf bestryk en die
styl het weer dieselfde opgeskroefdheid as in Teleurgestel. Veral pagina 140
is swak, waar "die onmusikale Josef 'n singlus uiter", en "'n siel-treffende
Engelse liedjie" deur sy neus gons "met omgewing-influenserende dreun"!
Die beskrywing van die begrafnis in Oom Jannie (p. 83) is ook gedeeltelik
misluk. Die toespraak tot die "onverskillige, gevoellose ligmis" is heeltemal
misplaas, terwyl die volgende sinne ons aan die paddas herinner, wat met so
'n voortreflike gawe des onderskeids die boere op Waterval verwelkom (p.
88). "Kyk! die osse hou op met wei, of die redelose vee gevoel, dat nou die
tyd nie is vir sinlike lus nie," ens. (p. 83).

Page 163

In die natuurbeskrywing tref ons nog gemeenplaatse aan. "In lewensvolheid
juig die veld-van-reuse-blare, vol frisse groeikrag, (wat?) met die fynste
silwer blink en as diamante skitter" (p. 121). 'n Enkele stylwending en
woord, b.v. mande (p. 21), welk (p. 112) verraai nog Hollandse invloed.
Onbeholpe of foutief is o.a. die volgende: argelose boerewerwe (p. 55);
voorbeeldige besef (p. 112). In sy beperkte moreel-voel is 'n verdrietige
wens (p. 129); myners-ontboeseming (p. 133); Met Sitman op die onderpunt
... gaap die reeks van bywoners en spring op die gros ... (p. 12) diamante te
grawe wat stadig in die stroewe hersens vreet (p. 14); 'n Ry van arbeid (p.
15); 'n gehele voorkoms, wat H. dadelik kooi toe bring (p. 41), ens. Die
volgende meditasie is van die outeur en nie van Oom Jannie nie: "Daar
moet weer lewe kom, waar sorgvolle vlyt...." (p. 90).

In die roman Ampie, waarvan nog net twee hoofstukke verskyn het[290] is
Van Bruggen op sy beste. Hier laat hy ons as objektief-beeldende
kunstenaar die lewe van die opgevoerde persone intens meeleef. Hoe suiwer
is die weergawe van Ampie se gewaarwordings as sy maat, die esel verkoop
word! En op wat 'n innerlik-ware toon is sy in-hom-self-pratery meegedeel!
Los en natuurlik is die dialoog, waarin soms ewe 'n toon van die rou
werklikheid opklink: "Ampie stamp sy simpel suster eenkant-toe: "Gee pad
van my plek af!—Ma, kyk vir Ampie!—Ampie jy sal bars! brom die ma,
sonder om te roer." Raak-psigologies is dit om ou "Goor Dawid" saam met
Booyse vir sy seun te laat vermaan: "Ja Ampie, doen jou bes, ... dis
Kaffersleg as 'n mens ongeleerd bly." Hoe rats is hy om 'n ekskusie te
bedenk as hy die kontrak moet teken: "Oom Kasper, jy weet die griep.... Ek
het hom in my rug gehad, en my hande was daardie tyd glad dood, en ek het
glad verleer om my naam te teken. Kom Ampie, vat die pen onder: ek sal bo
vat."[291] 'n Enkel minder gelukkige uitdrukking kom af en toe voor o.a.:
"Nou is hy die voortbrengsel van wat sy taaie liggaamstemming eis en sy
sintuie."[292]

Die Burgemeester van Slaplaagte.

In Die Burgemeester van Slaplaagte bly die opgaande lyn in Van Bruggen
se kuns gehandhaaf. Dis 'n heel eenvoudige geskiedenis van 'n paar
eenvoudige mense in 'n dooierige dorpie, maar Van Bruggen maak dit tot 'n
stukkie treffende realiteit deur sy lewensware uitbeelding. Oom Lood wat

Page 164

"almelewe oorhoekse jukskeie en vrot voorslae" (p. 88) met 'n toegeknypte
oog verkoop, is famielie van Stols uit Teleurgestel. Maar hy is met 'n dieper
indringingsvermoë geteken. Ons ken nie alleen sy uiterlike
eienaardigheidjies nie, sy lus vir 'n boegoesopie, sy neiging om alles voor
die voet te sekondeer op 'n vergadering, maar droom saam met hom oor sy
toekomstige kosterskap, kreun saam met hom in sy vadersmart. Want
Lewina, sy dogter, doodmoeg vir die eentonige lewe in 'n slaperige
stofholte trek na Johannesburg. Goed is die ouers se instinktiewe wantroue
vir die grote-stadslewe aangedui. Maar as hul dom-gerus oor die dogter se
toestand huistoe kom, is dit tog lekker om so 'n bietjie te spog oor die ryk
"huwelik"! Wanneer Lewina eindelik met haar skande terugkeer, tob haar
vader oor die raaisels van die stadslewe, wat hy met sy onnosele Slaplaagte-
logika wil oplos. Oom Lood is met soveel gelukkige trekke uitgebeeld, dat
ons hom deur-en-deur ken. Die nasionale skoolmeester se skoene word
toegedraai in die Engelse krant, waarmee Peach hom wou oortuig van die
Duitse gruweldade! Van sulke kostelike humor is daar meer staaltjies. By
Oom Lood staan dit vas: "Daar was net een vèrplie baklei, en dit was in
een-en-tagtig se oorlog; en daarom het ons die Rooies toe uitgestof"! (p.
39). Van 'n kunstenaar, wat so diep in die psiege van 'n eenvoudige siel kan
deurdring, kan seker nog veel verwag word. Treffend-juis is ook die
uitbeelding van Tant Lewina, 'n eenvoudige werk-esel met tog so 'n
gevoelige moederhart. As Boet Heina met sy plegtige waarskuwing kom,
gaan sy sit "soos 'n huismoeder op 'n Sondagmôre se boekevat as sy tewens
die kokery moet dophou" (p. 51). Deurtastend van geaardheid hou sy haar
met geen gepiep op nie (p. 84) en verstaan die kuns om nuuskierige
famielielede te troef met haar ratse tong.
Ook die byfigure word met enkele raak trekke geteken, sodat die hele
stowwerige Slaplaagte met sy bewoners helder voor ons staan. Daar is
Pieter van Staden met sy moedelose, don't-kêr-stemming, omdat die reent
nie wil kom nie, maar vol vuur op die skoolkommissie-vergadering, waar
hy sy wysheid oor windpompe uit. Die hele vergadering is 'n mooi
geslaagde voorbeeld van Van Bruggen se "copiëerlust des dagelijkschen
levens". Hy hoef ons nie nog te verseker, dat 'n voorval "histories" is nie (p.
60), ons voel direk dat alles eg is, so noukeurig selfs, dat dit telkens die
indruk van 'n "document humain" maak.

Page 165

'n Enkele maal kan hy 'n uitroep nie bedwing nie; "O, die kwaadpraat en
kwaaddink van die mensdom!" (p. 38). Ook in die dialoog is daar hier en
daar 'n plekkie, waar ons die skrywer, en nie die uitgebeelde persone hoor
praat nie. So sê die meester: "Ek hoop julle sal van teleurstelling vrywaar
wees" (p. 70), en Oom Lood: "Alles is net een infame bedrog" (p. 101).
Komies is dit om net na die beskrywing van die groot droogte te hoor dat
"niks (voor)val wat stof gee tot gesels nie"! (p. 4). Onduidelik is die
volgende: "Op die bulteveld ... boei die eensaamheid deur 'n magtige
bekoring die onsigbare werking van die skeppende Almag...." (p. 73); en
slordig: "'n Trek van onverskilligheid omtrek haar oë" (p. 35).

§ 10. Gordon Tomlinson.

Gordon Tomlinson is gebore op Swellendam in 1889. Vir alles wat
Afrikaans is, was hy van jongs af aan 'n sterk propagandis, sodat hy b.v. in
die Anglo-Boere-oorlog van skool weggeja is, omdat hy 'n Vierkleur-ruiker
in sy knoopsgat gedra het. Later het hy voortdurend stroebeling gehad met
die Engelse hoof. Die meeste awonture, wat in Deur die Smeltkroes
beskrywe word het in Swellendam gebeur tydens die oorlog. Eers wou
Tomlinson predikant word, maar weens 'n keelaandoening moes hy die plan
opgee. Op Stellenbosch het hy in die regte gestudeer en daar het hy saam
met Dr. Tobie Muller en Professor J.J. Smith een van die voormanne van
die A.T.V. geword, en deel uitgemaak van die redaksie van Ons Moedertaal.
Later het hy hom ingespan vir die Helpmekaar en tans woon hy in
Vredefort, waar hy hom met sy eggenote aan die skilderkuns wy.[293]

Deur die Smeltkroes, (1917).

Op die dorp Vergenoeg woon Oom Gert de Bruyn, "'n egte tiepe van die
opregte Afrikaner" (p. 4) en Van der Bijl, 'n jingo, wat "rooier dan rooi" is.
As die Anglo-Boere-oorlog uitbreek kom daar 'n end aan die vrindskaplike
verhouding tussen die bure, tot verdriet van die kinders, wat oor en weer
verlief geraak 't—Piet de Bruyn op Susan van der Bijl, en haar broer John
op Lenie, Piet se suster. Susan het egter 'n "Engelse modepoppie" geword
en deur toedoen van Carel Nel, wat by die Van der Bijls inwoon raak Piet in
die moeilikheid en val in ongenade by Susan. Verskeie awonture van Piet en
John se skooldae word vertel, asook hul ondervindings aan die Victoria

Page 166

Kollege. Hulle sluit by die kommando van Scheepers aan en as John gevang
word, slaag Piet daarin om die verraaier Nel te ontmasker. Van der Bijl
word 'n goeie Afrikaner en tussen die jongspan kom alles reg, terwyl Nel so
vrindlik is om in Australië spoorloos te verdwyn.
Deur die Smeltkroes het 'n sterk-propagandistiese strekking. Tomlinson
verdedig die Afrikaanse beginsels teenoor die imperialistiese idee van
Engelse en verengelste Afrikaners. Hy gaat te keer teen die verwaarlosing
van Hollands op die skole, die onnasionale geskiedenisonderwys, die
eksamenstelsel, "die oudwyfse Skotse sisteem alhier deur 'n Dr. Muir
ingevoer" (p. 59), en "die nuwe kindergarten-metode" (p. 9). Hy laat "Jong
Suid-Afrika sug om die vryheidsin, wat leef en sal leef, solank daar
Afrikaners op Afrikaanse bodem wandel" (p. 53) en gebruik elke
geleentheid om sy patriotiese gevoelens te lug. As pleidooi vir 'n suiwer-
Afrikaanse kultuur het die boek ongetwyfeld waarde. Maar as roman
beskoud is dit 'n mislukking. Behalwe die regstreekse propaganda, tree die
outeur van die staanspoor af gedurig op die voorgrond. Hy spreek sy lesers
toe,[294] vertel hulle wat hy met "die spelers in hierdie drama" (p. 6) gaan
doen, en omdat hy hoofsaaklik 'n outobiografie skryf, verval hy telkens in
persoonlike mymeringe.[295] Telkens moraliseer hy oor die dade van sy
persone, b.v. "Arme Piet! Had hy maar geweet, wat voorlê. Gelukkig, egter,
het die Voorsienigheid ons so gevorm, dat ons slegs vandag kan sien—en
skaars dit" (p. 62)
Ofskoon hy blykbaar sielkunde by "Pappie (saliger gedagtenis)" (p. 69)
geleer het, blyk daar weinig van in die roman. Van kalwerliefde kry ons die
volgende vermaaklike verklaring: "Nie 'n nooi, leser, soos u en ek seker al
gehad het, maar een, wat jy in 'n meer idealistiese sin liefhet. Jy het haar
lief, maar hoe, weet jy nie. Jy het haar, hulle ook, lief, as jy nog so jonk is,
sonder dat die liefde miskien ooit bekend word. Dis somar liefhê." (p. 17-
18).
Hoe weinig begrip Tomlinson het van die ingewikkelde prosesse van die
puberteitsjare blyk uit die beskrywing van Piet se aankoms op Stellenbosch.
"Piet stuur 'n stille gebed van dankbaarheid op, dat hy in so 'n omgewing
kan studeer en besluit om van die studentelewe in sy geheel gebruik te
maak, sodat hy 'n veelsydige ontwikkeling kan geniet om also bes sy land te
kan dien" (p. 66). Dis kastig dieselfde Piet wat sulke uithaler kaskenades op

Page 167

die dorp aangevang het! Nou is hy meteens 'n suikersoet oompie, op wie
Van Alphen 'n mooi gedig sou gemaak 't!
As Piet die eerste maal in 'n geveg is, word sy gewaarwordings as volg
beskryf: "Die eerste paar oomblikke wis Piet nie eintlik, wat om te maak
nie. Sy hart klop vinniger, en as 'n koeël oor sy hoof fluit, koes hy een kant
toe. Maar gou-gou het die oorlogsgees hom oormeester...." ens. (p. 125).
Hoe oppervlakkig die psigologie is blyk uit die pogings om felle emosies te
beskryf. As Piet onverwags op sy maat by die kommando afkom, word ons
vertel: "Soos 'n mens maklik kan verstaan, was die wedersydse vreugde by
die ontmoeting groot." (p. 122.) "Ons sal liewer 'n sluier trek oor die afskeid
tussen die jong verloofde; waar die liefdegodin alheersend vir 'n oomblik is,
moet die gewone mens soetjies trap." (p. 96.) Met sulke praatjies maak hy
hom van die saak af!
Piet het die slapende Susan wakker gemaak met die vraag: "Het jy my
lief?... Vir Piet was daardie oomblik een van die vreeslikste, wat hy ooit
deurleef het. Dit was, asof die lot van die hele wêreld, van die heelal selfs
van haar hart afhang. Hy hoor duidelik die klop van sy hart. "Is jy kwaad
vir my?" fluister hy. Stadig draai sy haar hoof weer om, en met 'n gloed van
vreugde deur sy are, sien hy 'n vrindelike glimlag op haar gesig. Hy buig
neer, en die hele wereld verheug hom met Piet, as hy die eerste reine soen
van die onbevlekte lippies ontvang...." (p. 37).
Van der Bijl se bekering tot opregte Afrikaner is seker goed gemotiveer,
maar dit is geen proses, wat as 'n coup de foudre in een sinnetjie kan
beskryf word nie. (p. 110). Presies so gaan dit met Susan (p. 112) en haar
moeder (p. 111).
In die karakteruitbeelding is daar die bekende skerp teëstelling tussen goed
en sleg. Oom Gert is die ideale patriot, Piet en John die dapper helde, Van
der Bijl die vurige jingo, Nel die lae verraaier. Die meisies is "twee beelde
van deug en skoonheid" (p. 146). As Nel genoeg moeite veroorsaak 't om
die "dapper helde" se "verhewe" karakter aan die lig te bring, word hy nog
vir ou-laas ekstra swart gesmeer en dan eenvoudig uitgewip (p. 141). Dit is
"merely a mechanical device for stopping somewhere", soos Cross tereg
opmerk. "A literary form cannot exist without its art. If a fable may drift

Page 168

along at the pleasure of an author, with the episode thrust in at will, then
anybody can write a novel."[296]
Die swaarmoedige Piet werp hom "in wanhoop ... neer op sy bed, wat skud
van die storm, wat in die siel van die onstuimige jongeling woed"! (p. 22).
Die "edele siele" van die arm meisies word ook "deur storme geteisterd" (p.
134, 92), hulle droom "van rose en melk, van ongekende en verrukkende
klanke, van ruisende strome en bedwelmende blommegeure" (p. 72). Die
toneel op die strand tussen Susan en Piet (p. 41) is taamlik sentimenteel.
—"Die misterie van die nag pak hul beet; en met 'n kleine skudding,(?)
skuiwe Susan nader aan Piet.... "Piet, wat makeer? Waarom is jy so
stil?"—"Dit weet ek nie, maar ek word so swaarmoedig. Ek dink, dit is die
verhewenheid van die heelal, wat my aangryp." ... "Dit was asof hy met die
onbekende worstel, asof daar 'n wêreld van gedagte hom oormeester.
Naderhand, asof tot homself sprekende, fluister hy 'n Lied van Smart...."
Die gevolg is "dat Susan bitterlik ween" en "met geboë hoofde keer hulle
huiswaarts."
Die talryke sugte in ons Afrikaanse romans vul Tomlinson onder ander met
die volgende variëteite aan: "geskok tot in die diepste wese styg daar 'n sug
van die bodem van sy beroerde(?) hart—'n sug, wat 'n wêreldspraak was.
(p. 29); Susan sug alleen die sug van die tevredene en die regvaardige"! (p.
116), ens.
Tomlinson skryf 'n gemaklike styl, sy taal is suiwer en die dialoog meestal
los en natuurlik. Daar is lewendige toneeltjies met rake praat en weerpraat
o.a. p. 44-45, waar Oom Gert en sy buurman aanmekaar spring. Onwaar
word die dialoog wanneer hy Piet, wat toe nog nie deur sy matriek was nie,
laat sê: "Kerel, wie sal hom daar onder daardie mengelmoes begeef behalwe
alleen die met Imperialisme besetene?" (p. 54.) Bybelse wendings word met
voorliefde gebruik, en dikwels is daar ook 'n predikanterige kleur, b.v. "om
sy sondedaad uit te wis" (p. 30). Die veelvuldige gebruik van stereotiepe
beelde is opvallend. "Maar al was hul harte bloedende, het niemand dit
getoon nie. Hulle harte was aanmekaar gesnoer deur nuwe bande en deur 'n
gemeenskaplike liefde teenoor hul geliefde Suid-Afrika" (p. 142). Sulke
gemeenplaatse ontneem aan die styl alle persoonlike aksent.

Page 169

Onvervals retories word Tomlinson veral in sy natuurbeskrywings. "Die
son, bloedrooi, begin hom stadig in die arme van 'n veelkleurige see te
werp. Dit was, asof bruid en bruidegom ontmoet, albei in die fynste en
pragtigste kledy uitgedos.... Fyn goud val oor die hele aarde en verfraai die
skoonste paleise en die armoedigste strooihuise—ens." (p. 40).[297] Die
paleise sou 'n mens aan Potsdam kan laat dink! Maar, die "ouderwetse
woning" van Van der Bijl had ook "honderde klein venstertjies" (p. 4).
Mooi is die stemmingsvolle gedig op p. 72, met uitsondering van 'n enkele
stoplap.

§ 11. Adv. H.A. Fagan.[298]

H.A. Fagan is gebore op Tulbagh in 1889. Van 1905 tot 1910 het hy op
Stellenbosch gestudeer en behalwe B.A. honneurs ook die Prel. L.L.B. en
Kerkadmissie-eksamens afgelê. Nadat hy ses maande op die Teologiese
kweekskool was, het hy vir enige tyd opgetree as waarnemende professor
aan die Victoria Kollege en vervolgens sy juridiese studie voortgeset in
Londen, waar hy advokaat geword 't aan die Middle Temple en ook die
L.L.B. graad behaal 't. In die begin van 1914 het hy hom gevestig as
advokaat in Kaapstad. Hy was een van die eerste direkteure van die
Nasionale Pers, 'n tydlank assistent-hoofredakteur van Die Burger en daarna
vir enige tyd professor in Hollands-Romeins reg aan die Stellenbosse
Uniwersiteit. Tans het hy weer sy praktyk as advokaat in Kaapstad hervat.

Van hom het verskyn 'n Eerste Digbundel, Uit 'n Studente-Album[299] en 'n
bloemlesing Uitgesogte Afrikaanse Verhale (Burger-Leeskring, 2de jg.).

Uit 'n Studente-Album.

Uit 'n Studente-Album bevat ses kort verhale, twee waarvan tot die komiese
genre behoort, 'n Vondeling lyk die meeste op jeugwerk. Die beskrywing
van Japie se ontnugtering bly aan die buitekant, en die melodramatiese
ontknoping word deur niks voorberei nie. Op 'n Vakansiereis en Tableaux
Vivants gaan baie dieper en bevat 'n belofte. Dit geld ook van 'n Gewone
Rosie, waarin daar iets teers sprokiesagtig is. Twyfel ontstaat egter aan die
psigologiese uitbeelding, wanneer ons hoor, dat die seuntjie hom die nag

Page 170

voorgestel het "as 'n meetlose swarte ruimte, waarin jy sou dool en swerf as
'n verlore siel" (p. 168). Ook die volgende sin mis die kinderlik-naïewe
toon, wat anders goed bewaar word: "Tog is daar 'n waas van
geheimsinnige betowering oor die hele natuur gesprei" (p. 169).
Fagan het 'n aangename verteltoon, 'n goedversorgde styl, wat net hier en
daar bietjie konwensioneel word. "Die dood van sy vrou het 'n ledigheid in
sy hart gelaat ... (p. 116); Sy was 'n sonnestraal in sy koue, sombere woning
(p. 117); die spore van wrange sielsverdriet" (p. 126). Erg ongemaklik moet
Japie gevoel het "met 'n gloeiende vuur in sy brein"! (p. 28).
'n Eerste Digbundel bevat ook enkele prosastukke.

Uitgesogte Afrikaanse Verhale.

Hierdie bundel bevat negentien kort verhale van die volgende outeurs:
Helene Oldendorf, T. Schumann, G.R. von Wielligh, Rikie Postma, F.E. de
Villiers, C.R. Swart, Eugène C. van Wijk, Sarah Goldblatt, Essie Malan,
Frina Roux, Marjorie Hofmeyr, Chris. Fourie, N.H. Theunissen, D.W.
Wessels en "Veritas". Afgaande op die tietel sou mens verwag, dat dit 'n
bloemlesing is, maar die meeste verhale verraai 'n ongeoefende hand. Daar
is spore van diep gevoel, hier en daar 'n geslaagde toneeltjie, maar weinig
wat ontroer deur skoonheid van segging, klank of uitbeelding. Die taal is
deurgaans suiwer,—die skaaf van die versamelaar het seker daaroor gegaan
—en tog is daar kreupel uitdrukkings soos die volgende: "Hy ken die druk
van sy moeder toe hy (aan) haar bors gekweel het (p. 22); Sy vraag ... bring
haar terug (p. 51); die vryerpaar wat hier ... staan te sug, te verwyt ... (p.
73); die onmeetbare landstonele van die gedagtes (p. 145); in vyftig jaar het
die land die mantel van beskawing aangegooi (p. 147); Watter rede het u om
nooit ag te gee aan ons uitnodiginge nie? (p. 175); Is u boodskap in militêre
belange? (p. 198); Sy geheue hou nog 'n allerskoonste gesig en
onwillekeurig bring hy sy hand aan die saluut" (p. 202).
Die taal kon beskaaf word, maar die ouderwets-retoriese beeldspraak het te
diep gesit. Daar is b.v. 'n verhaal van "onbreekbare skakels in 'n ketting deur
smart gesmeed" (p. 42), waarin reeds op die eerste pagina onder meer die
volgende staaltjies voorkom: "Oorlog is in die lug. Selfs die lieflike geur
van die nuut-ontwaakte lenteblomme word verdring deur 'n verstikkende

Page 171

reuk van kruit en rookdamp; Offers ... op die altaar van die
nimmerversadigde oorlogsgod; die awendstond van sy veelberoerde lewe",
ens. (p. 36). So gaan dit die hele boek deur, alles mooi grammatikaal
korrek, maar sonder die fris geur van oorspronklikheid. Die dames met hul
"sielvolle blou oë" sug danig baie en die wind maak nogal koddige
maneuwers met die "geslaakte" dingetjies. "Dadelik skraap die nagwind die
suggie op, neem dit op sy vlerke en ry daarmee weg: oor die velde en
vlaktes, oor berge en dorpe, tot hy eindelik by 'n groot stad kom. Tussen die
hoë geboue deur vind hy sy pad tot by 'n oop venster. Hier vertoef hy net 'n
halwe sekonde, om die suggie van sy vlerke af te skud, sodat dit binne in
die kamer val"! (p. 128).
Van Von Wielligh is daar 'n soort politieke allegorie, waarin hy dit regkry
om Dr. Jameson vóór die Groot Trek te laat optree. Ook nog 'n vaderlike
predikasie oor blomme: "Eiliewe nee, laat ons hartsnare dan liewer
weerklank vind" ens. (p. 29). Sy gehoor het so fyn geword, dat hy
"klapwiekende skoenlappers" (p. 32) ontdek het!
Drie verhale gebruik die Duits-Suid-Wes-veldtog en verandering van
politieke oortuiging as motief en die meeste is dan ook geskryf tussen 1915
en 1918.
Droogte van Helene Oldendorf bevat 'n belofte, Oog om oog is in sy soort
goed. Die gelukkige en treurende paartjies van die meeste verhale maak
geen blywende indruk op ons nie, wat behalwe aan reeds genoemde oorsake
ook gewyt moet word aan onbekendheid met die tegniek van die kort
verhaal. "More real brains are required for the construction of an excellent
short story than for a hundred pages of many a novel", sê Harry T. Baker,
[300]
en die uitspraak bevat seker waarheid.

§ 12. Reenen J. van Reenen.

Reenen J. van Reenen is in 1884 op Calvinia gebore. In 1902 het hy met sy
B.A.-eksamen die eerste Koningin Victoria-beurs aan die S.A. Kollege
behaal. Vier jaar later het hy in Amerika sy studie vir siviele ingenieur
voltooi en na 'n jaar praktiese ondervinding op groot besproeiingswerke in
Nebraska na Suid-Afrika terug gekeer. Gedurende sy studiejare het hy hom
ook op taal en lettere toegelê en reeds van 1898 af op die tekenkuns. Aan

Page 172

die Brandwag-interviewer vertel hy: "Dit was met die herlewing van die
Afrikaanse Taalbeweging, wat in 1915/16 so sterk gegaan het, dat die
skryflus by my opgekom 't. Ek het 'n paar hoofstukke prosa en verse
geskrywe, wat my vrinde hier op Bloemfontein beval 't. Hulle
aanmoediging het my beweeg om Die Agterstevoortrekkers (1917) uit te
gee. Maar gedurende die voorbereiding van dié werk moes ek toe my ou
teorie toepas: n.l. dat die poging om leeslus onder ons volk op te wek, sal
misluk, of in alle geval baie langer sal neem eer dit met sukses bekroon
word, as die leesstof nie geïllustreer is nie."[301]
Van Reenen is ook 'n kampvegter vir die bestryding van grondverspoeling
en het hom spesiaal gewy aan die studie van die Boesmankuns, nadat hy in
1917 'n voordrag van die skilder Pierneef oor die inboorlingekuns gehoor
het. Ook op die gebied van folklore het hy al interessante ontdekkinge
gedoen. Behalwe die genoemde werk het van hom verskyn Celestine
(1919), en Verborge Skatte (1920), twee bundels sketse; 'n roman: Die
Lokaas (1921) en twee kinderboekies. Hy het ook baie ander werke
geïllustreer. Die Agterstevoortrekkers word in hoofstuk VI bespreek.

Celestine en Verborge Skatte.

Dit is twee bundels verhale, hoofsaaklik navolging van Edgar Allan Poe aan
wie Verborge Skatte dan ook opgedra is. Celestine bevat spookstories, met
een waarvan die skrywer in 1903 'n prys behaal 't in The South African
News. Dié verhaal, 'n Hopie Bene, is 'n droom, maar in die orige word die
geheimsinnige element nie verklaar nie, behalwe in Tant Annie. James
Russel Lowell het aan Poe toegeken "a power of influencing the mind of
the reader by the impalpable shadows of mystery".[302] Verder sê hy: "In
raising images of horror, also, he has a strange success; conveying to us
sometimes by a dusky hint some terrible doubt which is the secret of all
horror."[303] Dit is wat ons grotendeels by Van Reenen mis. Sy voorstellinge
is te nugter, sy geheimsinnigheid te deursigtig. Die subtiele realistiese
illusie, wat Poe b.v. in een van sy beste verhale Ligeia skep, lê buite Van
Reenen se bereik. Wie b.v. Poe se nagwake by die lyk van die Lady Rowena
vergelyk met die enigsins analoge situasie in die verhaal Celestine (p. 30)
voel direk, dat dit veral realistiese uitbeelding is, wat by Van Reenen
ontbreek. Poe verstaan die kuns om deur allerlei suggestiewe besonderhede

Page 173

'n dodelik beklemmende atmosfeer te skep—Van Reenen noteer alleen die
geheimsinnige feit. Die vergelyking wat Dr. Dorothy Scarborough tussen
Poe en Hoffmann maak, pas ook op Van Reenen "His (Poe's) horrors have a
more awful effect because he is an incomparably greater artist. He knows
the economy of thrills as few have done. His is the genius of compression,
of suggestion."[304]
Die Verborge Skatte word deur Professor Erts se buitengewone vernuf
ontdek. Die raaiselskrif in Die Voortrekker se Skat is gebaseer op die van
Poe se verhaal, The Gold-bug. In Die Kinderdief word gebruik gemaak van
'n motief, waarop Poe o.a. The Purloined Letter gebou het: "the intellect
suffers to pass unnoticed those considerations which are too obtrusively and
too palpably self-evident. The Minister had deposited the letter immediately
beneath the nose of the whole world, by way of best preventing any portion
of that world from perceiving it." Ook in die uitwerking van die
besonderhede is daar ooreenstemming.
Van Reenen het 'n aangename verteltoon en sy verhale is verdienstelike
ontspanningslektuur.

Die Lokaas.

Gert Vermaak, 'n begaafde weeskind word deur oom Willem en tant Miem
aangeneem. Toe hy ses jaar oud was, kom 'n ontwikkelde Hollandse
skeepskaptein om gesondheidsredene op die Karoplaas woon. Onder sy
leiding word Gert so buitengewoon skerpsinnig, dat dit die
opmerksaamheid van 'n kapitalis trek, wat hom na Europa stuur om vir
advokaat te leer.
Na sy terugkoms vestig hy hom in Kaapstad en word gou een van die leiers
van die Boereparty. Maar die kapitalis gebruik 'n mooi vrou as lokaas, en by
die stemming oor 'n gewigtige wetsontwerp word Gert ontrou aan sy party.

Voorop moet gestel word, dat die skrywer geen poging doen om die
geleidelik voortskrydende geestelike ontwikkeling van 'n geniale kind te

Page 174

skets nie. Hy gee alleen "'n loshangende versameling van staaltjies wat Gert
(hom), af en toe in die laaste dertig jaar ... vertel het." Die skrywer is nie die
objektiewe uitbeelder van 'n deurleefde werklikheid nie, hy is net die
verteller van Gert se geskiedenis. Hy self tree telkens op die voorgrond,
spreek "die welwillende leser" toe (p. 29), en voel hom kort-kort gedronge
om brokkies van sy eie wysheid by die verhaal in te las. Daarom mis dit die
warme tinteling van intimiteit, daarom bly die skrywer maar al te dikwels
aan die buitekant van sy persone. "Dit lyk asof (Gert) teenoor die kaptein
voel soos 'n minnaar teenoor sy nooientjie ... hulle gesprekke was hom
heilig en dit sou heiligskennis wees om dit te publiseer" (p. 29). Alweer die
treurige sluiertaktiek, 'n vyeblaartjie om eie magteloosheid as kunstenaar te
bedek! Is dit dan nie juis die kunstenaar nie, wat met sy wondere intuïesie
moet deurdring tot die heilige der heilige? Die uiterlike lewensfeite sien ons
almal, lees ons daagliks in die krant, maar dit is die kunstenaar, wat die
verborge roersele van die hart moet openbaar. Hy moet so opgaan in die
persoonlikheid van sy figure, dat hy alles seker weet, dat hy die kleinste
nuansering van gevoelens en gewaarwordinge kan ontleed. As hy alleen kan
sê: "Dit lyk asof ..." (p. 29), dan twyfel ons aan die egtheid van sy
voorstelling. Hoe moet ons nou met Gert meelewe, as van die drie
belangrikste jare uit sy ontwikkeling selfs geen "loshangende versameling
van staaltjies" meegedeel word nie? Maar wat wèl verhaal word is, dat die
R.M.S. Tartar presies om vieruur uit Tafelbaai gestoom 't met Gert aan
boord en dat hy met die R.M.S. Scot uit Europa teruggekeer 't! Van die jong
advokaat weet ons nie veel meer dan die plaat by p. 132 ons te sien gee nie
—'n jongkêrel soos duisend ander—geknip uit die eerste die beste
kleermakerskatalogus!
Gelukkig is daar enkele gedeeltes waar Van Reenen nie alleen die verteller
nie, maar Gert self is. Die uitmekaarhalery van Oom Willem se oorlosie (p.
19-20), die waterlei in die nag (p. 40) en nog ander toneeltjies uit Gert se
kinderjare toon, dat die skrywer 'n fyn psigologiese insig het. Dit geld ook
van die manier, waarop Gert sy besluit neem om Stella nie op te gee nie.
Hoe treffend-juis is dit gesien om die nesmakende duiwe die deurslag aan
sy redenasies te laat gee! Maar die mooi gestileerde sinne, wat Gert se dink-
taal moet voorstel is weer van Van Reenen. Ook enkele gelukkige trekke in
Tant Miem en Oom Willem toon, dat die skrywer 'n taamlike
uitbeeldingsvermoë het. Maar dit is alles so fragmentaries, dat die persone

Page 175

tog vaag bly. So word die planne van die intrigerende kapitalis met
dieselfde behendigheid as in Verborge Skatte uitgewerk, maar daar is
weinig aanduiding, dat hy behalwe draadtrekker ook mens is.
Gert is blykbaar 'n uitsonderingsfiguur, maar selfs so beskou, is daar enkele
trekke in sy karakter, wat wys op 'n verdraaide psigologie. Op p. 24 word
ons verseker: "Soos 'n openbaring ... word sy volksbewussyn skielik
gebore". Hy is nog maar ses jaar oud, maar omdat hy so 'n talentvolle
knapie is, wil ons dit aanneem. Ongeveer ses of sewe jaar later hoor ons
egter: "Volksbewussyn sal hy maar ontwikkel in die vreemde lande wat hy
later sal deurreis" (p. 68). Afgesien van die teëspraak is die voorstelling hier
absoluut vals, want daar is geen enkele jongeman van twaalf of dertien jaar
nie wat, selfs al begryp hy die abstrakte idee ook, so 'n wonderlike besluit
kan neem. En die wysgerige bespieëlinge op p. 52-53 is geen "raaisel" nie,
maar eenvoudig gedagtes van die skrywer self, wat hy aan die twaalfjarige
knapie opdring.
As voorbeeld van die swak tegniek kan aangehaal word, dat deur die lang
uitweiding op p. 11-12 die spelende Gertjie skoon vergeet raak. Net so gaan
dit met die kaptein. "Ons durf darem nie langer by hierdie interessante
woordkuns vertoef nie, want ons vriend die seevaarder wag nog al die tyd
vir ons op die drumpel van die voordeur ..." (p. 16). Op p. 22 heet dit:
"Maar ek loop my verhaal verby, en ons moet eers weer 'n bietjie
terugkeer."
Van Reenen het 'n los, gemaklik-vloeiende styl, wat egter weinig
persoonliks het. Beeldspraak gebruik hy maar selde; die "verdraaide beeld"
op p. 139 is nie gelukkig nie, en die "spatsels van die smeer van die
misvloer" wat mens aan golwe laat dink nog minder (p. 66). Die
"liefdesbeker" (p. 52) ken ons al van toeka se dae af! "In hierdie dae begin
Gertjie al in brein en liggaam tamelik uitrek" (p. 39)—'n pynlike proses,
wat mens aan die inkwisiesie laat dink! Verkeerd is: "Maar die werk wat hy
gedoen het, gee 'n weerkaatsing in sy professionele werk" (p. 92). Veral in
Verborge Skatte is die anglisismes volop. "Toe ek my op my ou dag
geskilder het as omring deur 'n kring talryke kinders (p. 112); om hande op
die skobbejakke te lê (p. 151); Alles wys daarheen ...; Kan ek vanaand ...
met my kollega opkom?" (p. 154) ens. In Celestine kom o.a. voor:

Page 176

"Gelukkig had ek nie lank te wag ... (p. 93); van êrens ... val daar 'n
geweldige hou (p. 33); haar brood en botter verdien" (p. 20).

§ 13. Léon Maré.

H.L.F. Maré is in 1889 op Pietersburg gebore. Na 1902 het hy o.a. op
Wellington en Pretoria sy opvoeding voortgeset. Maar hy moes al gou sy
eie potjie skraap en toe het hy, terwyl hy in die posdiens was, privaat
gewerk vir Skool-Hoër. Hy is nou amptenaar in die Uniegebou, Pretoria.
Party van sy eerste stukke het in Nederlands verskyn. Van 1911 af is hy 'n
troue medewerker van Die Brandwag gewees. Van hom het verskyn: Die
Nuwejaarsfees op Palmietfontein (1918) en Ou Malkop. Laasgenoemde is
bekroon met die Hertzog-prys van die Akademie (1919)[305].

Die Nuwejaarsfees, (1918).

Léon Maré is een van die weinige Afrikaanse skrywers by wie die awontuur
bysaak en die mens hoofsaak is. 'n Armsalige putgrawertjie, wat deur 'n
harde rotsrif skade ly, 'n houtryer op weg na die mark met 'n vrag—sulke
eenvoudige motiewe gebruik hy vir verhale. Tog leer ons Toot veel beter
ken in die omvang van 'n kort verhaal, dan al die brawe-Hendrik helde van
die awontuur-romans, wat hemel en aarde beweeg deur hul buitengewone
dade. Léon Maré besit die gawe om sy karakters te laat lewe, só te laat
lewe, dat mens hul asem op jou aangesig voel. Deur die tekening van
allerlei uiterlike eienaardigheidjies, gelaatsuitdrukking, gebare, ens. sien
ons hul vlak voor ons staan. Terselfdertyd openbaar hy in sy beste stukke 'n
indenkingvermoë, wat hom in staat stel om selfs die fluistergeheimpies van
'n mensehart te verstaan, deur te dring tot die diepste kern daarvan en al die
begeertes, stemminge en lewensaanvoelinge uit te beeld. Deur ligte
aanwaaisels van allerlei herinneringe laat hy ons heel die verlede van sy
figure begryp, terwyl ook die inwerking van hul omgewing plasties
voorgestel word. Selfs waar hy romantiese gegewens kies, soos in die
oorlogsverhale is dit tog altyd meer die mense, as hul awontuurlike
ondervindinge, wat Maré interesseer. Met hoeveel liefde verwyl hy nie in
Die Kommandeer van Japie Moolman by allerlei besonderheidjies, die
aanval van die waghond, die trappery op die kat, ens. Soms is sy tafreeltjies
'n byna dood-nugter kopie van die gewone lewe en tog ontroer dit omdat

Page 177

deur die beskrywing so iets warm-mensliks huiwer. Daar is b.v. die
inmekaar gekrimpte Toot op die putwal (p. 152)[306] met sy brood en koffie;
langs hom sy verkluimde seuntjie. Hoe suiwer en eg word die outjie se
kindergedagtes weergegee! Dan weer Toot in sy huur-kamers, met 'n
konsertiena op die knie, of besig om 'n kinderskoentjie heel te maak. Goed
gesien is dit ook om Outa Booi na die oorlog op Japie Moolman se geroeste
ploeg te laat afkom (p. 85). Deur sulke eenvoudige middels bereik die
skrywer sy doel. Met tallose klein handelinge bou hy vir ons 'n lewende
mosaïek.
Op iedere pagina gee hy blyke van fyn waarneming. Hy het gesien hoe die
wind met die ou ooms se baard speel, hoe die stoffies agter 'n galopperende
ruiter uitslaan en wegkwyn, hoe die wagvure opflikker en fantastiese
skaduwees ronddans. Vir al die wisselinge in die natuur het hy 'n ope oog—
vir die songetinte wolke, die wasige mis op die bergrande, die wondere van
die sterrehemel. Ook weet hy hoe die steenbokkie "sy eerste bekkie vol soet
gras onderuit 'n graspol" afknyp (p. 195), hoe die rysmiere uit hul gaatjies
glip, hoe die muggies "in sirkels van tallose spikkeltjies wals en sigsag ...
oor waterpoele" (p. 102). Telkens weef hy mooi stemmingsstukkies
inmekaar, gee hy met 'n paar trekke die atmosfeer so duidelik aan, dat dit
die werklikheidsillusie versterk.
Altyd geluk dit hom natuurlik nie. Hy is te veel geneig om iedere keer weer
te praat van gordyn, disk, karmosyn, silhoeëtteer, ens. Op p. 42 las hy op
storende wyse 'n kwasi-astronomiese opmerking in: "Die klein fonkelende
sterretjies is ligte van die eindelose Planete-wêreld ..." ens. Grotendeels
misluk is ook die tekening van Annie Bester voor die ou harmonium: "In
die voorhuiskamer, voor 'n oopgetrekte vensterraam ..." ens (p. 37-38). Uit
allerlei klein besonderhede blyk dat Maré die toneeltjie alleen as toeskouer
beskryf.[307]
In Die Nuwejaarsfees word die vrolikheid van 'n klomp olifantjagters, met
forse trekke geteken. Die kaskenades van Oom Klaas, wat 'n ankertjie egte
brandewyn op slinkse wyse bespring, is goed beskryf. Annie Bester, Japie
Moolman, Freek en sy perd Bles behandel episodes uit die vryheidsoorlog.
In Wrange Vrugte word 'n geeerde volksraadslid deur kindergebabbel en die
afskietery van klappers op Krismisaand aan sy verraad in dieselfde oorlog
herinner. Die skets gee blyk van 'n goeie psigologiese insig. Die afskeid van

Page 178

voortrekkers aan Dassieshoek in die ou Kolonie en die rit van Frans Malan
om die laers vir Dingaan te waarsku, word in twee sketse beskryf. Die Stem
van die ou Kafferkraal-Murasies is 'n poging om die mentaliteit van 'n
Soeloesoldaat te teken, 'n poging, wat herhaal word in Soeloe-Eer uit die
bundel Ou Malkop. Moebie vertel van die tobbery van 'n kaffermoeder oor
haar seun, wat toevalle kry en Joggem Helberg is 'n jongkêrel, wat in 1863
deur leeus verskeur word. Die eerste druk van Die Nuwejaarsfees het ook
nog bevat 'n retoriese beskrywing van 'n storm, wat met reg by die twede
druk weggelaat is. Drie nuwe verhale, Wrange Vrugte, Moebie en Joggem
Helberg het daarvoor in die plaas gekom, terwyl tallose taal- en
stylverbeteringe gemaak is.
Onvoldoende taalkennis gee Maré se werk 'n lelike knou. Hy maak foute,
wat skooljongens kan verbeter. Sy interpunksie is swak, sy spelling treurig.
Hy skryf b.v. lysels, geoeffende, vors (fors), vergaarderde, gesannikie, ens.
Die dubbele negatief ontbreek dikwels en anglisismes is volop o.a. "die hele
van die ander dag (p. 42); een onheil, wat moet plaas neem (p. 56); 'n
menende knik (p. 60); afwerk (p. 92); twee meer veldstoele (p. 105); (ek)
lei die weg soheentoe (p. 138); opgelig (p. 141); hy gee 'n ander gapie (p.
148); gesette kake (p. 193); as die vlamme ... opflaar (p. 201); haar bors ...
hewe op en af (p. 225); (hy) rys hom uit sy sitplek (p. 61); toe het
bloedvergiftiging in die been gesit" (p. 217) ens. ens. Woordskikking en
verbuiging van byvoeglike naamwoorde is dikwels gebrekkig, b.v. "En hy
word gou agterna gevolg, na die plek van bestemming, goed of sleg, deur sy
troue manskappe (p. 78); deftige geklede dames (p. 157); 'n spoelende en
bruisend, kristal stroom water (p. 102).
Die opdrag om 'n kort skets te skryf, waarin die woorde alleenliks en
nouliks nog nie mag voorkom nie sou seker vir Maré die swaarste straf
wees. Tot vervelens toe prop hy dié woorde in alle hoekies en gaatjies, en
naderhand weet hy absoluut nie meer, wat hul eintlik beteken nie! In Ou
Malkop kom selfs voor uiteindeliks (p. 145), oogverblindeliks! (p. 148),
natuurliks (p. 195), en die volgende: "Guillaumet kan geen woord uitkry
van verbasenheid (!) nie en blik die gouverneur alleenliks net meer in
verwondering aan" (p. 198).
Foutiewe meervoudige vorms soos die volgende kom voor: lofliede (p.
178), sugge (p. 95), streeltjies (p. 94), wandels (p. 131), getjilpe, gefluite,

Page 179

gebruise (p. 43, 45, 52) ens. Die werkwoord word verkeerd gebruik in: "Die
son kom agter die koppie uit en skitter strale van goud oor ... (p. 101); 'n
vensterraam, waardeur 'n groot hanglamp sy breë wit lig ... na buite ...
stroom (p. 37); tante sweef haar arms so voor haar uit ... (p. 35). Maar hy
gewaarword nie 'n meisie nie (p. 75); Towenaars alleen woon so 'n
kluisenaarslewe (p. 131); deur sy fluksheid het hy gou bevorder tot
kommandant ... (p. 209); Uit die gewoel ... hef 'n nat voorhoof omhoog (p.
211); agtervolg (p. 60); die doudruppels ... blink en skitter en rol
boomstamme orals af" (p. 54).
Lomp, of heeltemal onverstaanbaar is o.a. die volgende: "Haar gemoed
skiet haar diep (p. 60); Die grasdak ... skep nuwe herinneringe ... te
voorskyn (p. 98); met 'n gefynde oor (p. 79); Ek worstel om van 'n
betowerende wilskrag los te kom (p. 123); 'n stulpende onderaardse skok (p.
141); 'n Vaal hond ... vlieg ... uit sy skuilplek, haal-haal oor die gedraai of
die ruiter hou-hou met sy karwats agtertoe ... (p. 61); die vroutjie ... word
veronderstel deur haar rokende man langs aan (p. 152); die agent is
toegehul in die geheime; deur al sy omgewings van grootheid en deftigheid,
word geen ondersoek ingestel nie ... (p. 155); nog 'n terugdeinsende tree
vorentoe" (p. 228).
Die volgende rariteite gebruik Maré ook: geheelal (p. 42); die toeskou van
so 'n klomp waens ... het 'n dagbreek-oujaarsmore net toepaslik gekleur (p.
14); gewigte rapport (p. 40); 'n staanbeeld uitgehou in graniet (p. 43); met
opgestrekte lippe (p. 56); wyshooftig (p. 70); diep bewoog (p. 72); Die
jonge rapportganger ... arriveer terug (p. 114); opgedoste krygsmanne (p.
125); sissende-vurige dinamiet lonte[308] (p. 141).
Hoe die skrywer soms sukkel, blyk uit die volgende. In die eerste druk kom
voor: "'n toegerankte grennadella stoepie" (p. 43). Dit word in die twede
druk: "'n grenadella gerankte stoep"! (p. 44). Op p. 122 kry ons weer "'n
toegerankte grenadella-veranda".[309]
Soms is daar iets telegramagtigs in die styl, meestal veroorsaak deur die
veelvuldige gebruik van verlede deelwoorde. Wanneer Ter Blanche die
voorhuiskamer beskou, lees ons: "'n Mooi aardige skulpaddoppie kom
eindelik onder oog, opgestaan en oorgetree, en dit word gou opgetel van die
tafeltjie, waar 'n groen kleedjie netjies oorgetrek is, en waarop 'n groot lamp

Page 180

met 'n kleurige oorglas staan, en dit word noukeurig beskou en bewonder."
(p. 56.) Dit is 'n tiepiese voorbeeld van Maré se verwarde,
inmekaargedrukte sinne, slordig aanmekaar gekoppel. Sulke en-en-reekse is
daar soos bossies. "En eindelik sissend en stomend verlaat die lokomotief
die treinstasie stadig, en onder 'n geween en geskreeu van "hoeré!" en hoede
in die lug opgegooi. En sy(!) trek voort, en nouliks ... ens." (p. 68). Dat die
koppelwoord naderhand glad geen betekenis meer het nie, of heeltemal
verkeerd gebruik word, blyk uit sinne soos die volgende: "Onderwyl hy
besig is, kom die diensmeisie binne, en met 'n silwer teepot, en sinese
koppies en pierings ... (p. 151); Behalwe vir 'n paar opmerkinge nog oor die
mooi onweer, wat diekant in die lug lê, en die seun gaan haastig vooruit ..."
(p. 65). Ook hul-hul-sinne kom voor. "Menige van die burgers ... is ... in hul
distrik teruggekeer as versterking, maar hoewel in hul eie deel van hul land,
was hulle geskei van hul famielie-betrekkinge, want hul plase was so kaal
... en hul famielies was almal ingevoer deur die vyand na die kampe ..." (p.
69). Daar is nog meer sulke herhalings, wat aantoon, dat Maré se
klankgevoel soms erg gebrekkig is. "Bo op die kruin ... bars die son deur ...
en verlig met uitgespreide trillende strale die grastoppe van die bergtoppe,
en verlig donkere spelonke op(!) (p. 195). Maar hy gewaarword (!) nie 'n
meisie nie wat buitekant kamp drade diekant, op haar knieë neersak, haar
hande tesame omhoog vou, vertrouend op na die troue heldere wagtertjies
bo haar kyk (p. 75); Skerp flikker die staal mes voor aan die punt van sy
geweer weer ... (p. 76); 'n gekletter van perdepote van verwilderde perde"
(p. 49). Maré is ook te lief vir langdradige omskrywings, wat soos 'n
remskoen op sy verhaalgang werk. As ons lank al weet wie Annie is, dan
hoor ons nog altyd van "Oom Andries Bester se dogter Annie" of "oom se
dogter", (o.a. p 37, 38).
Nog 'n paar staaltjies van die skrywer se gebrekkige uitdrukkingsvermoë:
"Die tyd tree weer met haar sikkel soos gewoonlik in, en die uur of so se
vereniging hier word ook eindelik weer die verwyderde sny gegee[310] (p.
73); Daar verlos hy hom gou van sy swaar dik winter jas (p. 147); baie
hartseer luister die oubaas na die laaste koei vanaand op die plaas se melk ...
(p. 93); die generaal halt voor en klim uit sy saal, die manskappe uit hul
saals, en nouliks is al die tooms versamel of 'n paar burgers kyk voor
vasgehoude perde hul maats agter, wat so agter die leiers aan wegtree, met
hul mousers (p. 72); Dan maak ou oom en sy troue oujong Jonathan stoele

Page 181

en rusbanke uit aardige houtsny uit stinkhout ... (p. 203); Die hele dorp
spring in wakkerte" (p. 80).
Daar is ook voorbeelde van afgeslyte beeldspraak soos: "deurboorde harte
(p. 74 en 100); eindelik sprei die duisternis ... soos 'n swart kleed wat
neerval (p. 72); die bytende tand (p. 78); die hamer van Tyd" (p. 95).
Komiek word dit wanneer ons hoor: "haar bors bewe meteens op en neer
soos die rustelose golwe van die see"!! (p. 60).
Maar ten spyte van sulke opvallende stylgebreke ontroer Maré se prosa ons
tog, omdat, soos Jan Celliers tereg opmerk in sy voorwoord, hy "dinge so
gesien en gesê het as nog geen ander skrywer in ons land nie". Sy krag lê
nie in die tekening van groot-opgesette tonele nie; dit is die vlugge vegies,
waarmee hy op verrassende wyse 'n realiteits-illusie kan skep. In sy beste
werk is daar 'n innigheid, wat die kleinste voorval beglans met 'n sagte en
suiwer lig. Dan klink daar ook op in sy sinne 'n sterk persoonlike aksent,
dan vind hy die juiste woorde om sy emosie te vertolk. Dit is 'n gebrek aan
tegniese vaardigheid, wat sy werk hier en daar soos skooljongens-geskryf
laat lyk.
Dié gebrek is in sy twede bundel

Ou Malkop

só markant, dat mens nie anders dan van taalgemors kan praat nie.
Voorbeelde daarvan staan op byna iedere pagina, en sitate word feitlik
oorbodig. Heeltemal misluk is die beskrywing van die ontsporing van die
Engelse trein (p. 41-42). "Hy kom aangestoom en aangedroom op sy
masjienery en hardloop los vooruit met alle krag en verdelgende mag.... Die
bodem van die aarde tril! Dis of die sterre in hul blou firmament gril met
iedere naderende stamp en uit hul gewelf wil losbeef!... 'n Gehom-mmm!
van raddewerk van masjienery!—en meteens! 'n lang ry swart-kamers hol
dol en ril duiselig oë verby!—'n groot windvlaag skep alles op onder die
kranksinnige gedruis! 'n Stulpende onderaardse skok!! 'n donderende
donderslag!! en daar omrol 'n stuk swaar ysterwerk soos 'n kanon in die
lug" (p. 42). Dit is magtelose gestamel met viesie- en taalverknoeiing, wat
in die historiese skets Etienne Barbier 'n toppunt bereik en soms geheel
onverstaanbaar word. "Mnr. Guillaumet gryp sy musiek in die een hand

Page 182

fermer, laat sy krullende kop effens op sy skouer val en sy basstem rol uit sy
breë bors:

Page 183

Ons blink gespande snare!
Saam 't stem van sangster's hare;
Roep my hart van Cabo's kuste walm
Terug na Nederlandse strande kalm!

En daar volg handeklappies onder 'n toejuiging, en deur twenk! twenk!
snare alweer en 'n basstem klink ernstig deur...." (p. 168).
Enkele staaltjies moet nog gegee word om aan te toon hoe Maré se taal en
styl verwilder het: "Die skaduwees dans en flonker hier en daar (p. 11); hy
roep protestend deur 'n bol rook (p. 21); Uitgestrekte liggame van slapende
burgers is gedompel en verswak in die diepte van die nag se boesem (p. 33);
'n opgeheefde sabel (p. 43); en nouliks of hy 's te voorskyn gekom om te
ontwapend (p. 44); met verslaagde oë (p. 53); ek (het) my die vraag al gesit
(p. 72); waar ... hiënas eentonig in monotoon af en toe tjank (p. 81); ou
Loftus ... wat 'n groot moege glimlag vir hulle dra (p. 128); in 'n verre
afwykte land (p. 133); Borste hewe op en af ... (p. 142); die jagveld (is) nog
in die luim van die vroeë stilte gedompel (p. 154); Die meisie aan die sy
van G. tree die ontvlugte man uit die kasteel te voorskyn (p. 181); Vir 'n
oomblik is die voorgeneemde moordenaar ... in al sy ruheid gestem (p.
190); En die aand laat, toe daar nog 'n tippie roesrooi in die verre geskiet
langs die verhewende bergkruine opskemer ..." (p. 200).
Dit alles en veel wat nog erger is staan in die boek wat mirabile dictu in die
jaar onses Heren 1919 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir T a a l ,
L e t t e r e en K u n s bekroon is met die Hertzogprys!
Hier en daar is natuurlik nog enkele gelukkige trekke, wat ons aan die
skrywer van Die Putgrawer herinner. Veral in Fekkie, die verhaal van 'n
blomverkoopstertjie en O so 'n harde Hart, waarin die besoekers van 'n
kantien geteken word, is daar goeie gedeeltes. Die Liefling van die Korps
gee 'n skildering van die kommando-lewe; 'n Wonderlike Ongeluk en Die ou
Poskoets voer ons terug na die ou dae. In 'n brief aan Die Burger praat Maré
van "die onuitputlike bron van die lewes van ons gewesene Afrikaners" en
dit blyk dat veral "die stoere ou olifants-jagters van 1861 se dae" hom
aantrek. "In die algemeen is die rigting van my strewe om al die goudgeel

Page 184

sonstraaltjies van die verlede van ons voorgeslagte te herroep en te trag om
dit vars te laat bly in die geheues van ons jong geslag."[311]
In die skets Ou Malkop word moralisasies van die skrywer tussen die
gepeins van die kaffer ingevleg en op p. 150 is daar 'n uitweiding oor "die
ou dae". In Eensame Prospektors is die dialoog onnatuurlik.[312] Ook in sy
portret-tipiek is Maré nie gelukkig nie. As ons lees op p. 82, dat Van der
Walt 'n "dik gedraaide swart buffel-horing snor" het, en as hy lag "geluide
maak soos wat kom van wegdrentelende makoue" (p. 92), dan ontstaan daar
al twyfel; wanneer ons enige pagina's verder hoor, dat Hoard "'n stywe snor
oor die bo-lip soos gevoude swawelvlerkies" het (p. 100), dan versterk dit
die suspiesie, dat die opsetlik bedagte kenmerke meer van 'n lomp
toneelspeler afgekyk is, dan na die lewe geteken.
Sal Maré na 'n paar jaar ernstige studie alle tegniese moeilikhede oorwin, en
ons 'n kunswerk van rype voldragenheid aanbied? Dan vergeet ons sy
jeugdige malkop-onderneming, ten spyte van die onsterflikheidsstempel van
die Akademie.

§ 14. D.P. du Toit.

D.P. du Toit is 'n afstammeling van die Du Toits Van Daljosafat, waar hy
groot geword 't. Sy moeder was 'n suster van Ds. S.J. du Toit. Omdat sy
gesondheid toe nie teen plaaswerk bestand was nie, het hy van 1891 af
onder Ds. S.J. du Toit gewerk op die redaksie van Di Patriot en ander
blaaie. In 1896 was hy sekretaris van die eerste Afrikaanse Taalkongres in
die Pêrel en Ons Kleintji het hy feitlik geredigeer onder toesig van Ds. S.J.
du Toit. Later was hy aan verskillende krante verbind, by Het Westen o.a. as
redakteur. Sedert die oprigting van Die Burger is hy een van die
subredakteure van die blad.
Een van sy toneelstukke, Die Bedriegers is in 1893 geskryf. Wanneer Melt
Brink se toneelwerk buiten beskouing bly, dan is dit die eerste Afrikaanse
stuk wat gedruk en opgevoer is.[313] Op Somerset-Oos is dit vir die eerste
maal gespeel. Van Du Toit het verder verskyn die toneelstukke Geldsug of
Jaloesie en Die Herwonne Koninkryk; 'n roman, Sy Pa se Skuld (1918) en 'n
bundel grappige versies Treinnonsens (1922).

Page 185

Sy Pa se Skuld.

Lina trou teen haar vader se sin met Fred, 'n volbloed skurk, wat met die
huwelik sy finansiële ondergang wil voorkom. Sy word onterf en Fred moet
vlug na 'n hele reeks misdade. Sy seun, Gert boet vir die misdade van sy
vader en word in sy liefde gedwarsboom. Op die ou end kom alles tog reg
en selfs die berouvolle Fred word in sy eer herstel.
Du Toit doen wel 'n poging om deur te dring tot die innerlike lewe van sy
karakters, maar vir die uitbeelding van 'n geweldige psigologiese kriesis is
hy te huiwerig. "Dis te heilig, ons mag nie probeer om dit na te speur nie"
(p. 99); "Die afskeid sal ons egter nie trag te beskrywe nie, eenvoudig
omdat dit nie kan beskrywe word nie"[314] (p. 113). Op dieselfde manier
glip hy oor die smart wat Gert en Lorrie uitstaan as gevolg van die vervalste
briewe. Dit is nie 'n deurleefde verhaal nie, waarin die roersele van 'n
mensehart blootgelê word. Du Toit beskou sy persone meestal op 'n afstand
as belangstellende toeskouer. "Terwyl hy daar agter die randjie ry, raak hy
ons ook uit die gesig" (p. 106). Die handeling word nie direk in plastiese
vorm gegiet nie, sodat iedere leser onmiddellik sien en hoor wat daar
gebeur. Die skrywer self is telkens aan die woord en deur sy nugter
opmerkings en prekerige uitweidings kom die gebeurde tot ons langs 'n
groot ompad, sodat dit nie tot werklikheid kan vergroei nie. "Nou dis nie
nodig om die twee nes hul skaduwee te agtervolg nie...." (p. 48). "Die
betrokke persone het ons heeltemal uit die oog geraak" (p. 144). Daar is
meer sulke aanduidings van gebrekkige tegniek.[315] Die preek oor die teks
"Ik stond op het zand der zee" is 'n nuttelose uitweiding en die lang
beskrywing van die viskopery net so. Die skrywer vertel ons self ewe naïef,
dat Gert en Lorrie "ook maar bloed weinig van die hele toneel gesien het"!
(p. 151).
Besonder omslagtig is Du Toit se verhaaltrant dikwels. 'n Enkele keer besef
hy dit self: "Dog ons sal nie op haar hande staan en kyk om te sien hoe sy
werk nie." ens. (p. 51.) Hy vermoei deur 'n langdradige opsomming van
allerlei onbelangrike besonderheidjies (vgl. b.v. p. 212), terwyl ook die
gesprekke met reportage-noukeurigheid weergegee word.
Die styl verraai die hand van die geoefende joernalis, wat met gemak sy
sinne aanmekaar ryg, sonder juis te streef na skoonheid van klank. Maar

Page 186

selfs die haastige joernalis mag nie sulke sinne soos die volgende neerskryf
nie: "Hy herinner hom nou goed, so duidelik as kan wees, dat, toe hy
gistraand sy tabaksak uit die sak wou haal sy sakdoek bo-op die tabaksak in
sy sak was, dat hy toe die sakdoek eers uitgehaal het en toe die tabaksak en
toe weer die sakdoek in sy sak gesteek het, en na hy sy pyp gestop het, het
hy die tabaksak somar so onverskillig bo-op die sakdoek in sy sak gesteek."
(p. 104)[316] Maar sulke sinne is gelukkig uitsondering en die styl is
deurgaans helder en goed versorg. Om dié rede veral moet die roman,
ofskoon dit geen aanspraak kan maak op hoë letterkundige verdienste nie
een van die leesbaarste Afrikaanse romans genoem word. "'n Rousteen vir
die binnemure" noem die skrywer sy werk met goeie selfkennis in die
voorrede. Voorlopig kan ons sulke roustene nog goed gebruik, al bestaan
daar gegronde rede om te vrees, dat dit mettertyd sal verbrokkel.
As 'n voorbeeld van Du Toit se beeldspraak kan die volgende dien: "'n Vat
kan maar 'n sekere hoeveelheid hou. Pomp jy daar meer in, dan loop dit oor.
So is ook die menslike gemoed." (p. 87.)
Engelse invloed blyk uit die volgende: "'n Man van professie (p. 178); dit
help nie vir ons om oor gestorte melk te huil nie (p. 190); tot my dooddag
toe (p. 207); 'n buig" (p. 160).

§ 15. A. du Biel.

A. du Biel is die 27ste Oktober 1884 gebore op Geelhoutboom, distrik
Mosselbaai. Gereelde onderwys het hy nooit gehad nie en in "die bittere
publieke skool van die lewe" het hy al sy kennis opgedoen. Van sy twaalfde
jaar af het hy baie gelees en van kleins af met sy vader lang reise gedoen.
Maar reeds op vyftienjarige leeftyd moes hy sukkel om vir homself 'n
bestaan te vind en 'n weinig later het die sorg vir sy ouers ook op hom
geval.

Getrou het hy in 1914 onder baie moeilike omstandighede geskryf.[317] Die
Misdade van die Vaders het in 1919 verskyn. 'n Nuwe roman, Kain, wat oor
die periode 1870-80 handel is nou in die pers. Op die oomblik verskyn in
afleweringe Oor Berg en Vlakte of Onder die Vierkleur, 'n verhaal vir die
jeug, in die eerste nommer waarvan "pakkende awonture" in vooruitsig
gestel word.

Page 187

Die letterkunde beskou Du Biel as "die kragtigste wapen om ons volkie te
ontwikkel". Hy streef veral daarna om die leeslus van jong Suid-Afrika op
te wek.

Getrou.

Dit is 'n Hugenote-roman, die gebeurtenisse waarvan in Frankryk, Holland
en Suid-Afrika plaasvind. Die Europese atmosfeer is egter so swak
aangedui, dat dit net so goed Pole of Tibet kon gewees 't. Moet die praatjies
oor Lodewyk XIV, die "prag en praal van Versailles" en 'n paar armsalige
ma chère's ons nou onder die indruk bring, dat ons in Frankryk verkeer?
Met die innerlike kern van die tydperk kom ons nooit in aanraking nie, en
die historiese vliesie is baie dun. Met 'n komieklike naïwiteit vertel Du Biel
ons in beeldspraak, wat baie op die van Von Wielligh gelyk, hoe hy
gesukkel het om "Vader Tyd se rytuig" te laat stil hou! (p. 142). "Dit neem
dan ook heelwat inspanning van die verbeeldingskrag om die plek voor te
stel soos dit twee eeue gelede was, want die meedoënlose hand van
vooruitgang spaar nie die oudhede nie" (p. 141). Dat die koms van die
Hugenote was "die stigting van die Afrikaanse volk" (p. 127), is 'n onjuiste
bewering. Verrassend is die meedeling, dat die sewentiende eeu veral die
eeu was "waarin die hele wêreld sy eie sienswyse wou handhaaf ten spyte
van Kristelike liefde, van reg—ja, ten spyte van die Almagtige" (p. 147).
Ook die volgende slaan ons heeltemal dronk: "As ons die Amerikaanse volk
beskou ... dan vind ons oral 'n diep bewussyn van die majesteit van die
Allerhoogste" (p. 127). Sulke bewerings toon duidelik dat die skrywer 'n
primitiewe historiese insig het.
Van 'n realistiese uitbeelding is daar dan ook geen sprake nie. "So 'n man
was ds. Pierre Simond, en ons kan aanneem dat voorgaande in hoofsaak sy
lewensgeskiedenis was" (p. 146). Moet hy felle emosie beskryf, dan pas hy
die welbekende sluier-taktiek toe! "Wel, leser, ons sal die twee vanaand nie
verder volg nie. Daar is tye in die lewe van 'n mens wat te heilig is om aan
vreemde oë te ontbloot" (p. 30).[318] Gedurig dring die skrywer homself op
die voorgrond. Hy lewer prekies soos 'n teologiese student en gebruik selfs
die dialoog vir sedekundige verhandelinge.[319] Die twee "ou seerobbe", wat
op p. 160 begin te praat, het nog nooit soutwater geruik nie! Hoeveel sou
die sewejarige Marie van Henri se storie (p. 15-20) verstaan het?

Page 188

Die verhaal is van die Johannes van Wyk-soort—'n aaneenstrengeling van
awonture—soms erg onwaarskynlike. Daar is 'n toneelheld, wat wondere
verrig, 'n skurk doodsteek en selfs Adriaan van der Stel laat sidder. Die
skurk is "nie geheel sleg nie—geen mens is" (p. 99).[320] Tog kom daar van
die psigologie nie veel tereg nie. Die ontstaan van liefde is vir Du Biel
eenvoudig. "Daar is diepe agting in haar hart vir haar vriend—'n agting wat
besig is om in liefde te verander: die enigste weg waarlangs 'n edele liefde
kan ontstaan"! (p. 53)[321] Die ingewikkeldste psigologiese prosesse word
ons in een sinnetjie meegedeel. "In een uur het hy van 'n jongeling tot 'n
man geword" (p. 38). Ofskoon heeltemal slegte mense volgens Du Biel dus
nie bestaan nie, skyn hy aan heeltemal goeies tog te geloof, want Van
Bergen is stroperig braaf en daar is nog ander ook wat niks op hul kerfstok
het nie. Potsierlik is veral die toneel met Juffr. Le Notre. (p. 54 vlg.)

Die Misdade van die Vaders.

Veel beter geslaag is Die Misdade van die Vaders. Hier is die skrywer op
meer bekende terrein, want dit is 'n verhaal uit die Voortrekker-periode. Jan
Alpenveld, 'n misdadiger besluit om aan die Kaap 'n fatsoenlike lewe te
begin. Met sy hoflike maniere verower hy die hart van Annie Bester, 'n
eenvoudige plaasmeisie, die aangenome kind van Petrus Liebenberg, wat
verloof was aan sy seun Tjaart. As Oom Petrus beswaar maak teen die
huwelik, vlug Annie met Jan Kaap toe. Annie is die dogter van "'n roekelose
kêrel en 'n hopelose dronkaard" (p. 11 2de druk). "Die Heilige Skrif is vir
(Liebenberg) 'n lewendige wet en hy trag om dit letterlik te volg". Na Annie
se vlug sny hy haar naam uit die famielie-register voor in die Bybel en lees
daaruit die vervloeking plegtig voor: "Die de misdaad der vaderen bezoek
aan de kinderen, aan het derde, en aan het vierde lid dergenen, die Mij
haten." Jan Alpenveld raak na enige tyd in die hande van die gereg maar
tussen sy seun, Nikolaas en Tjaart se dogter, Lenie ontstaan weer 'n
liefdesbetrekking, wat deur dieselfde Bybelteks verydel word. Nikolaas trek
alleen na die woeste Noorde, waar hy later op geheimsinnige wyse groot
dienste aan die Trekkers bewys. Hy ontmoet Lenie weer en val in 'n geveg
met die Kaffers. Tjaart word deur sy vrou geleer, dat die grootste gebod die
van die liefde is.

Page 189

Twee motiewe uit Getrou word nog 'n keer gebruik. Soos Annette in haar
eenvoud verlei word deur die genoegens van Parys en die mooi praatjies
van La Fontaine, word ook Annie Bester bekoor deur die fyner lewe in
Kaapstad en die vername houding van "Graaf Alpenveld". Van Bergen
bewys sy ou vrinde groot dienste sonder dat sy ware naam bekend word,
Alpenveld net so. Die geheimsinnige "Verdwynende Boerewag" is 'n knap
verafrikaansing van die dolende middeleeuse ridder. In plaas van
gifbrakende monsters veg hy teen leeus; die skone dame word nie uit 'n
onderaardse kerker van 'n betowerde kasteel gered nie, maar uit die hut van
'n Kafferkaptein.
Die Voortrekkers word verdedig teen lasterpraatjies; die vrymaking van die
slawe, die kafferpolitiek van die Britse regering en die handelwyse van die
Engelse sendelinge word bespreek, 'n Poging word gedoen om dit alles
binne die kader van die verhaal te hou; die historiese uitweidings is kort.
"Dit sou te lank duur om alles hier mee te deel ... en dit is ook geskiedenis."
(p. 124). Dat Du Biel ten spyte van sy goeie verhaal tog nie daarin slaag om
ons in die volle werklikheid van die Voortrekkertydperk te plaas nie, is
hoofsaaklik 'n gevolg van sy gebrekkige en verouderde tegniek. Hy hou
gedurig 'n praatjie met die leser, gee beskouings oor die gedrag van die
karakters, las sedekundige prekies in net waar hy kan. Die hoofverhaal loop
oor drie geslagte, maar daarby moet ons o.a. ook nog kennis maak met al
die bewoners van Uitkyk. Die gevolg is dat die meeste persone baie vaag
geteken word. Selfs waar dit enigsins uitvoeriger gebeur, soos o.a. met
Lenie, kry ons selde die indruk, dat ons met werklik lewende mense te doen
het. Lenie word ons op p. 59 voorgestel as 'n digteres. Dit word verseker,
dat haar vader die "kundigheid"(!) waardeer, ofskoon ons van die
waardering nooit iets merk nie. Die geduldige leser word op p. 135 weer
aan Lenie se digterskap herinner en 'n gediggie "wat sy in dié dae gemaak
het" word meegedeel. "In die dae" is net voor die Groot Trek, maar op p.
141 word ons vertel—dis nou 'n goeie paar maande later—dat van dieselfde
gedig, wat ons al klaar gelees het nog net "enkele reëls" geskryf is! Deur
sulke onhandige sette[322] is dit, dat ons in plaas van die uitgebeelde persone
altyd sien Meneer Du Biel aan sy skryftafel, verskans agter Theal, Cory en
ander historisie!
"In 'n oomblik sien hy alles in sy ware kleure. Hy aanskou sy eie siel in al
sy naaktheid...." (p. 144). Dit is van die soort blits-psigologie, wat so

Page 190

dikwels in Getrou voorkom.[323] Van wat in die siel van Nikolaas en Lenie
omgaan na die indrukwekkende vervloeking deur Oom Tjaart hoor ons
weinig. Du Biel bly te veel aan die buitekant. Nikolaas "lyk jare ouer: die
gewone hoopvolle glimlag is van sy gelaat weg, en in plaas daarvan staat
erns geskrywe" (p. 98).—"Arme Lenie! Sy is nou maar slegs die gees van
wat sy vroeër was; en die treurige en hopelose blik op haar gesig is
onvergeetlik" (p. 99). Later slaag Du Biel daar veel beter in om ons te laat
voel die tragiese noodlot, waarteen Nikolaas tevergeefs stry. Die vloek wat
op hom rus deur sy geboorte kan selfs deur sy dapperste dade nie
weggeneem word nie. "Die misdade van sy vaders" maak 'n volkome
rehabilitasie in die trekkerslaer onmoontlik, en dat hy sy lewe opoffer vir
dieselfde mense, wat hom as 'n onwaardige uit hul gemeenskap stoot is 'n
treffende kliemaks van 'n eg-menslike drama. Met sy dood is die drama uit,
en die slothoofstuk verswak alleen die indruk.[324] Lenie behoort aan
niemand anders as aan die gevalle held nie.
Deur die kreasie van Nikolaas Alpenveld word Die Misdade van die Vaders
iets meer dan 'n gewone awonture-verhaaltjie. Die moralisasies, wat 'n groot
gedeelte van die roman inneem is van dieselfde gehalte as in Getrou. Daar
is geen sprake van mooiheid van segging of oorspronklikheid nie. "Hoe
wonderbaar is ons lewe! Alles is veranderlik; niks bly vir een enkele uur
geheel dieselfde nie." (p. 124.) Van sulke afgesaagde bewerings krioel die
boek. Of anders kry ons twyfelagtige stellings soos die volgende: "Dit is
een van die wonders van die skepping dat dit in die mag van die mens is om
te word wat hy verkies" (p. 50).
"Die taal en styl openbaar 'n bekoorlike helderheid en eenvoud", verklaar
Prof. J.J. Smith in sy voorwoord. Helder en eenvoudig is dit seker, maar dit
mis alle bekoorlikheid, omdat Du Biel geen eie stem het nie. Daar is niks
persoonliks in sy styl, nêrens iets wat ons ontroer deur fynheid van segging
of klank, nie. Dikwels stuit ons op 'n eentonige "hul-lerigheid" "Hul wou
blomme pluk. Plotseling het hul 'n aantal Kaffers na hul sien aankom, en
hul het begin hardloop. Hul het gou gesien dat hul nie sou voorbly nie, en
het na 'n dik plek bosse weggedraai, waar hul gedink het dat hul miskien
kon wegkruip. Hul het die bosse gehaal; maar hul was doodmoeg, en die
Kaffers was kort agter hul. Hul moed was al byna op, toe hul by 'n
erdvarkgat kom." (p. 187.)

Page 191

In die taal is daar 'n paar anglisismes, onder meer die volgende: "watter
goeie doeleinde kan dit dien (p. 98); ontdoen" (p. 132, 228). In Getrou: "En
die dogter, is sy skoon? (Hollandisme).—O ja, sy is gangbaar (p. 39); sy is
in geen haas om terug te gaan nie (p. 92); vroulike vorms" (p. 48). Die
gebruik van beken en erken (p. 65, 71), gelaster (p. 86)[325] is verkeerd.

§ 16. Mevrou M. Jansen-Pellissier.

Martha M. Pellissier is gebore op Bethulie. Haar grootvader was 'n Franse
sendeling. Aan die Hugenote-Kollege het sy in 1909 die B.A. graad behaal,
daarna onderwys gegee in Pieter-Maritzburg en in 1912 in die huwelik
getree met Advokaat E.G. Jansen L.V. Vir jare al is sy een van die stuwende
kragte van die Afrikaanse saak in Natal. Vir verskillende vereniginge het sy
ge-ywer en onder haar leiding het die Saamwerk-Unie die eerste openbare
eksamens in Afrikaans gehou. In verband met die eksamens het sy haar ook
toegelê op taalstudie en met medewerking van C.M. Booysen 'n Afrikaanse
grammatika geskryf. Haar Brandwag-verhale is in 1919 gebundel onder die
tietel Die Veldblommetjie en andere Verhale. Verder het sy nog geskryf
Afrikaner Harte, 'n toneelstuk.

Die meeste verhale in Die Veldblommetjie het 'n duidelike strekking. Dit is
veral pedagogiese en seksuele vraagstukke, wat behandel word. "Die
skryfster toon ons die sedebederf aan wat saam met 'n bioskoopbeskawing
tot ons oorgewaai het" sê Dr. W.M.R. Malherbe in sy voorwoord. Daar is
eintlik drie "veldblommetjies". Een volbring haar kinderplig ten spyte van
die ontevredenheid van haar verloofde, die ander twee word verlei deur die
skynskoon van die wêreld. Waarom die Agteruitgang? is geskryf "uit
oortuiging dat die agteruitgang van ons mense op godsdienstig gebied
grotendeels toe te skrywe is aan die feit dat Afrikaans nie van die kansel
gebruik word nie ..." (p. 47).
Die skryfster gaan só te werk: verskillende episodes uit die lewe word op so
'n manier samegevoeg, dat dit as afskrikwekkende voorbeeld of direkte les
kan geld. Om haar moraal beter te laat inslaan, verskerp sy die situasie
gewoonlik en eindig met 'n melodramatiese slot, wat soms nogal

Page 192

onwaarskynlik is, soos b.v. die moord op p. 169. Om meer nadruk te lê op
die didaktiese doel word die lesers direk toegespreek[326] en beskouings oor
die gedrag van die karakters ingevleg.[327]
As gevolg van dié werkwyse het Die Veldblommetjie 'n bydrae op
nasionaal-sedekundige gebied geword, wat 'n ernstige waarskuwing bevat,
en sal meewerk tot opbouing van 'n gesonde Afrikaanse kultuur. Uit 'n
letterkundige oogpunt moet egter die bewuste vooropstelling van 'n tendens
afgekeur word. Die vernaamste fout is "that the moral suggests the tale far
more frequently than the tale suggests the moral"[328]. "Zoodra je de
bijgedachte hebt: ik wil 't leven zóó laten zien, dat de menschen onder den
invloed van mijn werk op ideeën komen, die ze anders niet zouden hebben,
moet je het leven een beetje verwringen, datgene er uitkiezen, waardoor die
ideeën worden opgewekt, en zoodoende een eenigszins valsch beeld geven
van het leven."[329] Dit is 'n gevaar waaraan die skryfster in haar ywer om
ons oor te haal tot haar opvattings nie ontsnap nie, maar dit geld meer die
bou en opset van die verhale, want in die uitwerking van details word ons
dikwels getref deur raak tekening van die lewe op plaas en dorp. Natuurlik
kan tendensieuse werk ook goeie kuns wees. Volgens Frederik van Eeden is
die verskil tussen goeie en verkeerde tendens-literatuur dit: "dat de
kunstenaar, die een zuiver kunstwerk maakt, daarbij wordt bewogen door de
schoonheid van zijn idealen, ook al zijn dit ethische idealen. De mensch, die
onzuiver werk maakt, denkt om den invloed, dien hij op anderen zal
hebben, tracht zijn lezers over te halen tot zijn overtuiging. Dit nu kan een
echt kunstenaar als zoodanig niets schelen. Die let alleen op de schoonheid
van hetgeen hij voor zich ziet. Let u op een van de hoofdwerken van
Shelley, dan voelt u, dat hij in grenzelooze bewondering is voor hoog-
menschelijke eigenschappen. Maar u merkt niet in hem de kleinste poging
om iemand te bekeeren tot zijn opvattingen. Als die bekeering komt, dan
moet ze komen door de schoonheid van wat hij te aanschouwen geeft."[330]
Bedenklik lyk my die houding, wat Professor Jan F.E. Celliers in sy
voorwoord by die sketse Uit die Lewe van Gawie J. Otto aanneem teenoor
strekkings-literatuur. "Die meeste sketse laat hy heeltemal vir hulselwe
spreek. Dog as egte Afrikaner, wat voel vir sy volk, sien hy met
besorgdheid hoe gebruike en sede onder ons verander, en nie altyd in
voordelige sin nie. Daarom verwyl hy graag met liefde by herinneringe uit

Page 193

die verlede ... en kan hy nie nalaat nie om nou en dan voor die ligbeeld te
tree wat hy op die doek gooi en 'n paar ernstige woordjies met ons te
praat.... So 'n opbouende strekking vra nie in die eerste plaas of hierdie of
daardie opvatting van kuns daarmee tevrede is nie; en dit was maar altyd en
oral die kenmerk van die letterkunde van 'n jong volk, wat vir sy opbou
waarskuwing en lering nodig het. Van die ouere skrywers is daar menigeen
wat ook, so tussenin, gemoedelik met ons kan gesels." Die sedeprekery in
ons letterkunde kan op dié wyse nie geregverdig word nie. Aan 'n
letterkunde wat in die begin van die twintigste eeu pas ontluik, moet tog
ander eise gestel word, dan aan die van volke wat al vyf of ses eeue bestaan.
Is daar dan miskien sedert die tyd van Maerlant b.v. geen vooruitgang in
kunsbegrip gewees nie? Moet ons literatuur dan opgebou word op hopeloos
verouderde beginsels? Die Europese volke van vandag het seker nog net
soveel "waarskuwing en lering" nodig as in die tyd van Maerlant, en tog is
daar geen enkele kunstenaar, wat nou nog b.v. natuurlike historie op rym
gee nie. As ons skrywers voortgaan met die "gemoedelike geselsery" en
sedeprekery, dan kry ons 'n versameling van traktaatjies en geen letterkunde
nie. Wanneer iemand sketse uit die lewe skryf, dan moet dit só lewend
wees, dat die skrywer nie nog met 'n stokkie by sy beeld hoef te staan en
preek nie. Teken hy die egte Boereseuns, dan sal ons vanself weet, dat hy
nie die "bioskoopaanbidders, sigaretteverslinders, ens." bedoel nie. (p. 16.)
"Al wat werkelijk schoon is geeft een zekere veredeling en heeft daardoor
ook overeenkomst met godsdienstige dingen. Als iemand die goed begrijpt
en als iemand een stuk kunst goed begrijpt, dan wordt hij daardoor tot
nadenken gebracht en dan wordt hij er ook beter door. Het zal ethisch
werken, zooals ook de muziek ethisch werkt ..."[331] Op dié wyse werk die
kuns mee tot die opheffing van 'n nasie. Die dae van Vader Cats is verby.
Ons het tot die oortuiging gekom, dat "juist het aller-subliemste in den
mensch, het edelste, door iemand die er didaktisch naar zou streven niet kan
worden bereikt ... Zoodra je didaktisch te werk gaat, moet je de menschen al
redeneerend er toe brengen goed te zijn. Maar wanneer je de menschen kunt
ontroeren door schoonheid, dan worden zij vanzelf goed."[332]
Enkele verhale in Die Veldblommetjie is sonder strekking. Ons Heldinne
beskryf die tyding van vlugtende vroue gedurende die Anglo-Boere-oorlog;
Andries is 'n grapperige vertelling van die makmaak van 'n kwaai vrou en
Die Storie van 'n Lam 'n goeie kinderverhaal.

Page 194

Die skryfster het 'n aangename verteltoon, wat alleen in Liefdeswee spore
van retoriek vertoon. Hier hoor ons o.a. van hartsnare (p. 177) en dat "die
tand van twee lange jare byt" (p. 183). Ook die beeldspraak word troebel:
"In sy donkere kykers, skuil daar nou weemoedige skaduwees wat die
weerkaatsing is van die soet-suur liefdesbrand in die hart" (p. 174). Die styl
is egter deurgaans helder en natuurlik. In Liefdeswee is daar 'n paar mooi
brokkies natuurbeskrywing. Enkele anglisismes kom voor, o.a.:
"Perderuiters ... dring hul 'n weg deur die skaar (p. 24); ek gaan vir 'n
wandeling (p. 42); Tante ... haas na die kombuis (p. 88); klok-gesig (p. 111);
die kinders neem daar 'n pret in" (p. 142).
Foutief is: "eikeboom, wie se spreiende takke (p. 154, 171) en gesuiwer (p.
115). Die dubbele negatief ontbreek ook soms.

§ 17. J.H. Malan.

J.H. Malan is in 1874 op Groenberg, Wellington gebore. Sy eerste onderwys
het hy van C.P. Hoogenhout ontvang. Van 1894-1897 was hy onderwyser in
die Vrystaat. Daarna het hy verder gestudeer en tydens die Anglo-Boere-
oorlog Hollands gedoseer aan die Hoëre Skool op Seepunt. In 1904 begin
hy sy joernalistieke loopbaan by die Re-Echo. Vervolgens het hy gewerk by
Het Zuid-Westen en Het Westen. In Potchefstroom was hy ook redakteur van
die tydskrif Werda, wat vir ongeveer 'n jaar bestaan het. Op die oomblik is
hy op die redaksie van Die Volksblad in Bloemfontein.
Na die drie-jarige oorlog het Malan sy historiese ondersoekings in die
argiewe begin en 'n versameling van Africana aangeleg. Boer en Barbaar
het in 1913 verskyn,[333] 'n toneelstuk Na Olikheid kom Vrolikheid in 1917,
en Die Swerweling in 1921.
Tydens die veldtog van Dr. W.J. Viljoen ten gunste van die Vereenvoudigde
Spelling het Malan in Ons Land vir Afrikaans gepleit onder verskeie
pseudonieme, soos Cabo, Bonhomie, ens. Op joernalistieke gebied is hy as
Oom Fanie bekend. Hy het o.a. deur die halfkroon-fonds £4000 vir
Generaal De Wet se boete ingesamel. Vir sy aandeel in Die Dolosgooier van
Joubert Reitz word na die bespreking van dié boek verwys.

Die Swerweling.

Page 195

Die Swerweling is "'n verhaal uit die tyd van die Franse Hugenote in
Drakenstein". Lambert Lourier, wat in Frankryk baie Hugenote oor die
grense gebring het, word in Suid-Afrika "'n onverbeterlike makdroster,
swerweling en niksdoener" (p. 165). Hy is 'n sieltjie sonder sorg, wat "geen
staanplek in hierdie wêreld (wou) hê nie." (p. 40.) "Ek is wat ek nog mag
word. Ek glo aan geen instelling van die mens nie" (p. 47). Sy vernaamste
besigheid is dan ook rondkuier, jag en ipocras drink by die landdros,
Samuel de Meurs, wat ook vroeër Hugenote gehelp 't om te ontvlug. Van
dié vlugtelinge woon daar ook in Drakenstein, en in die smidswinkel ontdek
Danie Hugo, dat Lambert die melkjong van die Orleanse klooster, en De
Meurs die brandwag was, wat hom so fluks gehelp 't om met die meisies
Anne en Jeannette te ontsnap. Anne het die vrou geword van Pierre
Rousseau, maar Jeannette, Hugo se verloofde het aan die ontberings op die
vlug beswyk. Lambert toon 'n neiging om sy swerwersbestaan op te gee as
hy verliefd raak op Anna, die dogter van Rousseau. Maar hy verspeel sy
kanse, omdat sy Kaapstadse "pepermintjie" Isabella so vrypostig met hom
omgaan. Nadat Danie vir Anna uit die see gered 't, kry sy die ou-jonkman
lief, terwyl Lourier troos soek by Isabella. Op voorspraak van sy vrinde,
benoem die Goewerneur, Louis van Assenburgh, Lourier tot onder-
stuurman op die retoervloot en op die Amsterdamse skeepstimmerwerf
vergeet hy al sy swerwersideale en word 'n rustige werksman.
Die Swerweling is 'n historiese roman, die hoofdoel waarvan die
aanbrenging van geskiedkundige kennis is. Daar is tallose historiese
uitweidings o.a. oor die vervolging van die Hugenote in Frankryk, die
politiek van die Oos-Indiese Kompanjie, ens. Uit allerlei besonderhede blyk
ten duidelikste dat hier 'n historikus, wat jare lank met groot toewyding in
argiewe sy gegewens bymekaar gesnuffel het aan die woord is. "Dit is 'n
jammerte dat geen enkele brief uit die tyd bewaard gebly is nie in sover dit
die Kaapse Hugenote aangaan" (p. 17). Soms deel hy sy kennis op
betogende wyse mee, soos in hoofstuk V, of anders laat hy iemand 'n
opsetlike vraag stel. Anne wil weet, wat vir mense die Dragonders is (p.
20); Anna vra: "Maar wat is nou eindelik (eintlik?) die galeie? (p. 22); De
Smit: "Maar Aploon, wat is nou eintlik die Buddhisme? (p. 59); en op p.
105 vra Anna weer: "Maar wat doen die Hugenote en die misdadigers dan
nou eintlik op die galei?" En so is daar meer voorbeelde, wat ons telkens
laat voel, dat ons hier met geen mense te doen het nie, maar alleen met 'n

Page 196

skrywer, wat onder allerlei vermomming sy byeengegaarde kennis aan die
man wil bring.
"Koopmans heeft voor eenige jaren in De Beweging (III jg.) den
historischen roman vergeleken bij die eigenaardige soort van publieke
vermakelijkheden, die zich toen nog wel als aanhangsel van
tentoonstellingen, onder den naam van Oud-Antwerpen, Oud-Dordt, Oud-
Holland en wat niet al voordeden. Een oudheidkundige en een architect
zetten zich aan het werk; oude prenten worden geraadpleegd, en oude
kaartboeken en werken over meubel- en kostuumkunde opgeslagen en daar
verrijst na wat passen en meten, wat "woekeren met de ruimte" een
marktpleintje met een straatje en een grachtje, overschaduwd door
vierjarige iepen, alles opgebouwd uit pleister, paklinnen, riet en bordpapier.
Een vroegere keukenmeid komt er u misschien als oud-Hollandsche
kellnerin een potje peuzelaar uit Heineken's brouwerij brengen. Ge krijgt
een oogenblik een gezellige illusie, maar dat is het frissche, rijke leven niet.
Gij houdt ten slotte het besef, dat alles maar komedie en aanstellerij is,
midden in de moderne maatschappij. Achter gindsche schutting, die het
raadhuis voorstelt, snort de electrische tram voorbij."[334]
Die vergelyking pas op Die Swerweling, want ten spyte van die argaïstiese
tintjie in die styl, ten spyte van al die moeite wat die skrywer gedoen het om
histories juis te wees in die skildering van die omstandighede, gewoontes,
huisraad en klere van die Kaapse Hugenote voel ons direk, dat dit 'n
bordpapiere wêreldjie is, wat ons die moderne werklikheid nie laat vergeet
nie. Die indruk word nog versterk deur die gebruik van sulke outydse
foefies soos die volgende: "Ons mag 'n gedeelte van die gesprek by die
voordeur afluister, solang die slaaf in die kombuis aan slaap is ..." (p. 92);
As 'n mens 'n dag na die gebeurde in die vorige hoofstuk vermeld, en dit
kort na sonsondergang, saggies by die opestaande gang binnestap en by die
deur links in die kamer kyk, sou 'n mens 'n meisie van omtrent 19 jaar oud
voor 'n groot spieël het sien staan." (p. 144.) So teken die moderne
kunstenaar nie. Die laat ons geen gesprekke by die voordeur afluister nie,
maar plaas ons in die volle realiteit, omdat hy met sy eie persoonlikheid die
lewe van sy uitgebeelde persone deurleef het. "Il faut que la réalité
extérieure entre en vous; á n o u s e n f a i r e c r i e r , pour la bien
reproduire", sê Flaubert.

Page 197

Mens is halfpad deur die boek voor jy weet wie Anna en Anne is en die
ongelukkige gelykluidendheid van die name gee aanleiding tot
kindergestamel. "Anna mag wel verliefd op Lourier wees of word, maar dit
sal ten minste nie met die toestemming van Anne wees nie, as Anne weet
dat hy van Anna meer as van 'n vriendin hou." (p. 83.) Anna openbaar in
haar liefde so 'n netjies-redenerende nugterheid, dat ons twyfel aan die
egtheid van haar gevoel. Dit geluk haar uitstekend om haar vader se raad op
te volg. Sy moet "met Lourier se innerlike karaktertrekke soveel moontlik
in aanraking ... kom ... met intoming van gevoelens, sodat daar 'n
terugtrekking kan wees" (p. 127). As Lambert by haar aandring op 'n
beslissing, dan antwoord sy ewe verstandig: "Dit is ingewikkeld vir 'n
meisie van my jare en onbedrewenheid om alles so haarfyn oor my verlange
en my wense uit te pluis en te beslis." (p. 133.) Tog het sy hom werklik lief,
maar na die onthullings in die bootjie volg daar so 'n plotselinge ommekeer
in haar gevoelens, dat dit baie op geestelike akrobatiek gelyk. Vóór die
bootongeluk het sy vir Hugo "nie die minste ontferming of vriendelike
nagedagte nie" (p. 168), maar kort daarna "huil (sy) bitter en lang in haar
pynlike verlange na hom" (p. 175). Sy is ongetwyfeld 'n "fatsoenlike dame",
wat heel verstandig handel en weinig las het van 'n impulsiewe Franse
temperament, maar in so 'n koel-berekende "liefde", waarby finansiële
oorwegings 'n groot rol speel[335] is niks wat ons deur skoonheid ontroer
nie.
Dat Lourier "die onverbeterlike swerweling en niksdoener" so 'n rustige
ambagsman in Amsterdam word, waar hy "'n verantwoordelike en
winsgewende pos" beklee (p. 198) is ook in stryd met die gewone menslike
geaardheid.
Hugo, "die verstandige, kalme figuur aan die Bergrivier" (p. 125) bly ook
meestal doodbedaard. Hy vind dit heeltemal billik, dat Anna "die man se
innerlike (moet) leer ken, wat verlang dat hy haar lewensgesel sal wees" (p.
84). En as dit blyk dat sy verwagtings op 'n sandbank gebou is, bring Pascal
hom tot die heldhaftige besluit: "Hy sal losbly van homself(?), om nie te
verlang nie, dat sy vir hom liewer as vir 'n ander sal hê en dit net omdat hy
vir haar lief het" (p. 116). Van lange duur is die filosofiese wysheid egter
nie, want hy gaan slaap "met die gedagte wat streef om die holligheid in die
huis en haard tog eenmaal op te vul met die geluk waarna hy in sy
troostelose allenigheid smag" (p. 117). Dit kom my voor dat die neiging van

Page 198

die outeur om in die persoon van Hugo die Hugenote te idealiseer hom hier
parte speel. "Hy (behoor) ook groot genoeg te wees om vir hom (aan 'n
teleurstelling) te onderwerp, soos hy met sy geloofsgenote gewoon was om
te doen" (p. 116). Maar van die grootheid merk ons nie veel nie, want as hy
gaan slaap, verlang hy al weer na Anna, doen hy dus presies, wat hy hom
voorgeneem 't om nie te doen nie!
Die slemppartye van Lourier en De Meurs is miskien die besgeslaagde
toneeltjies in die boek. De Meurs met sy toegeknipte oog en knorrende
brak. Lambert in sy astrante vrindskaplikheid is goed geteken, terwyl die
dialoog meestal fris en lewendig is. Hoe styf en onnatuurlik word dit egter
op ander plekke! "Ja, as dit (die liefde) die diepte van die ware
moederliefde het en 'n vermeende liefde nie 'n bandelose drif is nie wat te
dikwels en helaas, al te gou tot 'n ontnugtering van die werklikheid (?)
kom." Sulke en nog swaarwigtiger betoë lewer Jacob de Smit op p. 137. Hy
praat van "'n nimmereindigende lewenswroeging", terwyl ook Isabella so
deftig soos 'n dominee redeneer: "Jy sien daar so beteuterd en ontredderd na
liggaam en siel uit, asof jou sterwensuur naby is." De Smit vertel Lourier
dat sy ouershuis "nou 'n droom, 'n ysingwekkende, nimmereindigende
herinnering (is). Terwille van (sy moeder) het (hy) nog teen die
verdrietelikhede van die lewe manhaftig en hygend geworstel...." (p. 46).
De Smit met sy triestige beskouings moet dien as teëhanger van Lambert
Lourier met sy lugtige swerwersnatuur. Maar die hele selfmoordepisode
behoort tot die swakste gedeeltes van die boek. Malan verstaan nie die kuns
om deur intuïtiewe deurdringende details sy persone te laat leef nie en De
Smit bly vir ons 'n skim. Sy teatrale lamentasies mis alle egtheid en die
tekening van sy geval is so alledaags, dat dit by ons geen dieper gevoel
opwek nie dan soortgelyke berigte, wat ons af en toe terloops in 'n krant
raaksien.
Die onverstaanbare praatjies van Aploon oor Boeddhisme lyk baie na
onhandige vertalings uit 'n handboek oor Oosterse wysbegeerte. Onder
ander sê hy: "Die mens het geen eie ek nie. Hy bestaan uit 'n liggaamlike
uiterlike gevoel, waarneming, begeerte en bewussyn wat hy hom kan
verbeel en as hy sterf, plof dit almal uiteen" (p. 59). Die vertalings uit
Pascal is ook nie almal gelukkig nie "Die teenwoordige is nooit ons end
nie...." (p. 115). Die Franse teks lui: "Le présent n'est jamais notre fin: le
passé et le présent sont nos moyens; le seul avenir est notre fin".[336] Dit lyk

Page 199

baie of 'n Engelse vertaling Malan hier op 'n verkeerde spoor gebring 't,
want uit die verband blyk dit dat Pascal wou sê: Die teenwoordige is nooit
ons doel nie. Onduidelik is ook Malan se vertaling van: "Si nous naissions
raissonnables et indifférents, et connaissant nous et les autres, nous ne
donnerions point cette inclination à notre volonté.[337] "As ons onverskillig
—oplettend...." ens. (p. 115).
Onverstaanbaarheid is 'n vaste kenmerk van Malan se styl. Telkens stuit
mens op sinne, wat jy drie of vier keer moet lees, voordat dit op 'n manier
duidelik word. Sy verwronge uitdrukkingswyse laat mens dink aan 'n
swaargelaaide wa, wat kreun-kreun teen 'n knaende opdraand uitgesleep
word.
Die duisterheid word meestal veroorsaak deur 'n onbeholpe sinsbou en
woordskikking, of 'n verwarde gedagtegang. "'n Halwe of hele bottel wyn
by glasieswyse genuttig in 'n aand deur een persoon, is nie juis beskou deur
die fatsoenlikste in die land nie, dat 'n mens op 'n ongeoorloofde wyse oor
jou maat gaan." (p. 92); "Ek snap dit nie, maar ek glo dat 'n Indiese bende
ook in die rigting van die onsienlike en harmonie vir hulle beweeg" (p.
122); "Daarmee is hulle die aand, byna histories vir die famielie se
geskiedenis uitmekaar" (p. 126); "Hugo redeneer, dat hier daar nou 'n mooi
geleentheid moontlik sal kom ..." (p. 101); "Die okkultistiese wysbegeerte
... had 'n vèrreikende invloed op die ongelukkige man, waaroor hy dae lang
steeds gedroom en met sy eie toestand vergelyk het." (p. 61); "In geen land
is 'n somersnag bekoorliker nie as in Suid-Afrika.[338] Die suidooste wind
het af en toe die dag gewaai en alhoewel dit in Olifantshoek byna pynlik
was, die alom-besielende stilheid in die natuur, kon die aanhoudende
dreuning van die "Sedoos" se geblaas ... nog duidelik gehoor word ..." (p.
132); "Vir sy onderwyserskap wil hy verhoging van traktement hê, wat
maar twee dae in 'n week ... duur" (p. 12); "Dit was ons leiers se grootste
fout gemaak, dat hulle ..." (p. 19); "Vir haar skyn daar met 'n oormate van
poeier aan die gesig, voorligting oor betaamlikheid en stemmigheid sonder
suur en spraakloos te wees, ten minste ontbreek te hê" (p. 144-5).[339]
Naas meer sulke voorbeelde kom daar nog baie staaltjies van onbeholpe styl
en verkeerde woordgebruik voor, waarvan enkele voorbeelde ter tiepering
gegee word: "Die geplas van die strooidak neerstromende water" (p. 15);
"oorstelp" (p. 64); "En as hy met ander honde op straat brutaal is, dan as hy

Page 200

aan die kortend kom, vlug hy tussen sy baas se bene, wat sy Nimf ... dan
met sy stok verdedig" (p. 69); "ontbreek" (p. 72); "Toe hy sy hand bo sy oë
hou, om die gedaante ... te ontsyfer" (p. 74); "herinner" (p. 124);
"onderhoud" (p. 135); "Hy het ... so skokkend geskrik" (p. 149); "bevel" (p.
178).
Storende herhaling van dieselfde woord kom maar al te dikwels voor: "Hy
kan moontlik Hugo se sukses al onmoontlik gemaak het; ongetwyfeld—
sonder twyfel; belangstelling ... gestel het of stel" (p. 82-3); "weer ... weer
... weer" (p. 86, in een sin); so ook "buurman" (p. 102); "Toe was sy ook
etlike male voor die spieël en vol van mooie bespiegelings oor haar
indrukwekkende postuur ..." (p. 146); "almal ... almal; wispelturige; Daar
was ten minste 'n kenlike gemoedsvrede ... in die kombuis van Pierre
Rousseau kenbaar" (p. 9); ens.
Die beskrywing van die verjaardagfees op die kasteel in Hoofstuk XVII
mag in alle opsigte histories juis wees, maar met kuns het dit seker niks te
maak nie. "Eindelik tree die goewerneur, onder menigvuldige buigings van
die gaste ... binne. Daaronder word opgemerk, onder meer, landdros de
Meurs, lede van die Politieke Raad, ander vernaamste ingesetene van die
stad.... Isabella was in 'n platgeplooide swart syrok, mevr. luitenant Rheede
in 'n polonnaise-plooirok...." (p. 153-4). So 'n verslag kan die jongste
rapporteur van Die Volksblad ook skrywe! In wat blykbaar as 'n kunswerk
bedoel is, behoort so iets, om die minste te sê seker nie voor te kom nie.
Malan het 'n manier om met die grootste erns uit te wei oor alledaagse
onbelangrikheidjies. "Anne wat in die kombuis besig was om te stryk, het
binnegekom nadat Anna, haar dogter, vir haar van die gaste vertel het en sy
het hulle almal hartlik welkom geheet, nadat sy vir hulle gegroet het" (p. 8).
Nou weet ons dit tog sekuur: eers groet, dan welkom heet! Maar, "intussen
sal Anna voorbereidsels vir die ete maak" en "solang die gaste en Pierre oor
die rit, die weer en die boerdery praat is die tafel gedek en verder alles in
verband met die aandete in orde gebring. Toe hulle almal aansit, was daar
genoeg vir almal." Gelukkig vir die huisvrou, maar hoe sy dit so sekuur kan
weet by die begin van die maaltyd al, is nie erg duidelik nie! Dan volg 'n
uitweiding oor die "Fransche brood". "Na die ete is die huisgodsdiens, wat
deur Pierre gelei is, waargeneem. Eers is 'n hoofstuk uit die Bybel uit
voorgelees, toe 'n psalmvers gesing, ens ..." Waarom moet sulke

Page 201

welbekende sake so plegtig meegedeel word? Hier het Malan nou 'n mooi
geleentheid gehad, om deur enkele plastiese trekkies, deur die tekening van
'n paar gebare of die aanduiding van 'n reeks klein handelinge sy persone uit
te beeld. Maar vir hom is dit, as historikus hoofsaak, dat die leser moet weet
van "die worsteling van die Camisarde, (wat) op die punt is om onderdruk
te word".
Na die huisgodsdiens gaan die gaste in die kombuis om die vuurherd sit.
Die poging om die nuwe atmosfeer aan te dui is nie erg gelukkig nie—daar
is storende herhalings en verwronge sinsbou—terwyl die volgende sin seker
uit 'n kinderboekie verdwaal het: "Anne vra vir Anna om die tessie met die
stoof asseblief te gaan haal; en nadat sy dit gebring het, (gewigtige
meedeling! P.C.S.) het sy vir haar moeder daar kole met die tang ingedoen
en dit het onder Anna se voete in die stoof gekom"! (p. 9-10).
Gevoel vir die natuur het Malan wel, maar hy vergenoeg hom meestal met
konwensionele beeldspraak. Die bergpunte gooi hul "wit musse"
ongeduldig af (p. 5); "van die sonneskyf (spat) 'n see van gloeiende vonke
(af)" (p. 6); "Statig en deftig is die son reeds agter die westerkimme
weggestap in sy fonkelende mantel van goud en oranje en violet" (p. 199).
Waag hy hom aan 'n nuwe beeld dan kry ons rariteite soos die volgende. 'n
Wyfie-kokkewiek antwoord haar maat "in 'n perfekte maat ..., met
halleluja's" (p. 63), terwyl die lenteson elke jaar "nimmerfeilend oor elke
boom en blad na 'n gure winternood halleluja's neergiet—helaas, helaas,
ook as requiem vir die voorgeslag wat verby is, wat leef, wat kom." (p. 80-
1). Halleluja's as requiem! 'n Voorgeslag wat leef, wat kom! Dit staan daar!
In hoofstuk III moet 'n vergelyking van die voortreflikhede van "eiland- en
waterleipatats" ons in die stemming bring vir 'n lofrede op die Bergrivier
"die lewensaar en voeder van die allereerste wegbaners in die nuwe
vaderland" (p. 38). "Aan sy oewers is hy die een na die ander geslag as 'n
neulende kindjie in die skommelende wieg, 'n nooit-vergete troos." Maar in
die volgende sin hoor ons: "By hulle moes die Bergrivier se aansyn en
waterrippeling die afspieëling van 'n moederportret gewees het ..." Dat "die
puriteinse gedeelte van die volk ... die rooivlag ... uitgehang het" teen die ou
bruilofsliedjies is 'n anakronistiese beeld, wat 'n snaakse indruk maak in die
agtiende-eeuse sfeer. (p. 183.) In die "aambeeldklanke aan die oewers van

Page 202

die Eersterivier" klink 'n harmoniese toon, maar waarom moet ons driemaal
hoor dat die water "haastig" is? (p. 81).
Stereotiepe uitdrukkings soos die volgende kom dikwels voor: "'n Skynende
lig in die ... dikste duisternis" (p. 108); Lourier bly "as 'n soutpilaar staan"
(p. 86), en voel "asof hy langsamerhand in 'n see van wanhoop wegsink" (p.
162); ens. Naas retoriese uitdrukkings soos: "Sy kreun van sielswroegende
spyt" (p. 173) ook die mees alledaagse beleefdheidsfrases: "By die
geleentheid het hulle vir hom met die innigste hartlikheid vir sy heldhaftige
daad bedank en Hugo het dit met die minlikste bereidwilligheid aanvaar"
(p. 176). En hoeveel "sugte" word daar nie "geslaak" nie! De Meurs "slaak
die een na die ander sielsverstorende sug" (p. 72); Anna "slaak ... 'n diep
sug van troos en verligting" (p. 174); ens.[340]
Onder die anglisismes kom voor: kyk (blik, en iemand besoek, p. 6, 13,
186, 62, 76); sieniek (sienikus, p. 84); "om daar ... so 'n ekshibiesie van
hom te maak" (p. 162); afgetrek (p. 183). Malan gebruik dikwels Hollandse
woorde en wendings: tors (p. 27); desulke (p. 32); verhole (p. 44); ens. Die
volgende voorsetsels is foutief: "Uit die gang uit gaan 'n mens by 'n rei[341]
trappe op na bo" (p. 24); "student in 'n Neerlandse Uni(w)ersiteit" (p. 48);
"die kroon was ... deur mak-roosmaryn ... versier" (p. 183); "sakdoeke aan
die vertrekkende gewaai" (p. 189); "As amptenaar van die O.I.K. het hy ...
by hom die stempel van Batavia gedra" (p. 66). Uit 'n taalkundige oogpunt
sou daar nog heelwat op Malan se sinsbou aan te merk wees. Onder ander is
sy gebruik van die dubbele ontkenning, van het en hê dikwels foutief.

§ 18. Ds. J.H. Kruger.

Ds. J.H. Kruger is in 1878 gebore op Venterstad, K.P. Aan die Teologiese
Skool, Burgersdorp het hy gestudeer en daarna enige tyd onderwys gegee.
Sy teologiese studie is in 1899 deur die oorlog onderbreek. Met die hulp
van vriende het hy deur Grootrivier gevlug en as rebel by die kommando's
aangesluit. Na herstelling van 'n wond by Spioenkop, Natal opgedoen, het
hy by Generaal De Wet aangesluit, maar in die verwarring by die slag van
Sandrivier is hy gevang en moes twee jaar as balling in Ceylon deurbring.
In 1906 het hy in Potchefstroom proponentseksamen gedoen. Sy eerste
standplaas was Elliot en van 1911 af Postmasburg. In 1921 het van hom

Page 203

verskyn 'n roman, Twee Rampe en Twee Gelukke, waaraan in die prysvraag
van die firma J.H. de Bussy die twede, prys toegeken is.

Twee Rampe en Twee Gelukke.

Bram, die eienaar van die plaas Leeukop het agteruit geboer en was verplig
om geld op te neem by sy buurvrou, ou tant Anna Smal, wat van sy
verleentheid wil gebruik maak om haar buffelagtige seun Hans met sy
fynopgevoede dogter Isabella te laat trou. Met skinderpraatjies steek tant
Anna vir Bram op teen die Breed-famielie, sy beste vrinde, wat op die
aangrensende plaas Oupos woon. Isabella het vir Piet Breed lief, maar haar
vader se afhanklike posiesie verplig haar om met Hans uit te gaan, wat haar
na 'n dansparty sleep. Tant Anna en Bram jaag die Breeds van hulle
huurplaas weg, maar Bram se gewete plaag hom so, dat hy sy dogter en die
Breeds kort voor sy dood om vergewing vra. Hans word in die pad gesteek
deur Bram se weduwee en as tant Anna die geld opsê, word Piet Breed deur
die vrygewigheid van Oom Segrys Boshof in staat gestel om Leeukop te
koop.

Die roman is hoofsaaklik in dialoogvorm geskryf. Die gesprekke word baie
breedvoerig weergegee, en as gevolg kry die verhaal hier en daar 'n
slepende gang. Heel weinig word aan die fantasie van die leser oorgelaat.
Daar is soms 'n neiging om alles tot op die been af te kluif. Groetery,
koffiedrinkery en soortgelyke dinge word oor en oor vertel. Die skikkinge
vir die begrafnis word baie omstandig meegedeel en ou Jefta se relaas (p.
37-40) kon heelwat korter gewees 't.
Die dialoog tref deur 'n besonder losse natuurlikheid. Die mense praat geen
kunstig inmekaar gesette vernufstaaltjie nie, maar hul gesprekke word
gekenmerk deur die sig-sag gang, die toevallig gebrokene van die
geselstaal.[342]
Maar, "gesprekjes weergeven is geen dialoog, hoe letterlijk de weergegeven
woordjes en zinnetjes ook zijn.... De hooge en werkelijk groote dialoog
ontstaat pas in de door de ziel van den kunstenaar herschapen taal-levingen.

Page 204

Dialoog krijgt alleen dan diepte, als hy geheel op hetzelfde
geïndividualiseerde plan staat van de waarde der menschen en omgeving.
Dialoog scheppen is even moeilijk als tragiek scheppen, of liever moet zich
geheel scheppend oplossen in de gansche uiting. Evenmin als 'n
fotografische opname eener omgeving, die alleen door de ziel van een
kunstenaar er in te brengen stemming kan weergeven van die omgeving,
evenmin kan een fonografische op- en overname van een gesprek de
stemming weergeven van de ziel der wezens die spreken. Dialoog is
stemmingskunst in de hoogste volmaking en 'n innig-levende dialoog kan
nooit 'n klankweergeving zijn van afgeluisterde zinnetjes."[343] Fonografies
korrekte sinnetjies is seker volop in die roman, maar in die pratery van ou
tant Anna bereik Kruger ongetwyfeld iets van die hoë dialoog. En dat sy
mense op natuurlike wyse gesels is ook al iets om dankbaar voor te wees,
aangesien so baie van ons skrywers nog soos Bredero van Rodenburg sê "de
Vrouwen, Dienst-meysjens, ja Stalknechts doe(n) Philosopheren ... dat ick
doch meer voor een bewijs van uwe wetenschap acht, als voor een
eygenschap in die slach van Menschen."[344]
Kruger verstaan die kuns om uit die dialoog die innerlike wese van sy
mense te laat opduik en daardeur bereik hy meer dan baie ander skrywers
met analiese of beskrywing. Tant Anna het skaars haar mond oopgemaak of
ons ken haar al deur-en-deur in al haar skynheilige vroomheid. As
skinderbek veral is sy goed geteken. Op listig-diplomatieke wyse word die
driftige Bram eers opgestook, maar as hy te ver wil gaan in sy woede laat sy
hom bedaar met 'n bybelteks! (p. 66). Deur allerlei gelukkige trekkies en
haaltjies word sy so goed uitgebeeld, dat sy naderhand lewendig voor ons
staan met die vetswam onder haar kin, die vuil-gelige tande, bleekrooi
sakdoek en snuifdosie. Ook van Hans en Jan Booise kry ons 'n realistiese
portrettekening. Ou tant Anna se vroom uitvalle, haar met bybeltekste
deurspekte taal en haar manie om almal te dokter is goed weergegee. So
ook die buffelagtige lompheid van Hans. Maar die kenmerkende eienskappe
van moeder en seun word teen die end van die verhaal só aangedik, dat die
tekening karikatuuragtig word. Kruger moet dit nie vergeet nie: "il n'y a
point d'unité complète dans l'homme, et presque jamais personne n'est tout à
fait sincère ni tout à fait de mauvaise foi."[345]

Page 205

Tog is daar 'n paar mooi realistiese toneeltjies uit die lewe op
Tweefontein[346] en die manier waarop Hans van Leeukop verwilder word
(p. 202, vlg.) is 'n gelukkige vinding, wat van diep-psigologiese insig
getuig. Dit is ook waar van die uitbeelding van die oplopende Bram, wat na
die dansparty tot inkeer kom; die kwaai-koppige Oom Segrys, wat dit nie
kan kleinkry nie, dat dit na 'n dansparty altyd so mooi reent (p. 182); tant
Martina, wat so trots is op haar "skoon geslagte" en die so fyn kan uitrafel.
Maar Piet bly 'n skim en die maklike manier, waarop hy eienaar word van
Leeukop gee hom die allures van 'n "romanheld". Dit is die swak punt in die
komposiesie van die boek. Oom Segrys se buitengewone vrygewigheid
word wel enigsins gemotiveer deur die feit, dat die Breeds hom in die
stormagtige nag gered 't, maar die oubaas, wat so 'n swak het vir famielie-
betrekkings het tog seker nog nader verwante gehad, wat meer reg op sy
geld het as Piet. Oom Segrys is eenvoudig die deus ex machina, wat die
ontknoping van die verhaal moet bewerk. Sulke goedhartige ooms is maar
bra skaars in die werklike lewe.
Die tekening van Isabella is ook net gedeeltelik geslaag. Haar ervarings op
die dansparty is meer die indrukte van 'n dood-onskuldige teologiese
student, wat vir die eerste maal iets van die sondige wêreld sien en notiesies
maak vir 'n retoriese preek teen wêreldsgesindheid. "Will Bottel het op haar
'n treurige, sonde-vieslike[347] indruk gemaak" (p. 151). Sy sien hom lê op
die vloer "soos iemand in die poel van rampsaligheid moet lê" (p. 172). "Dit
was vir haar of sy in 'n onheilige omgewing staan en 'n besoedelde
atmosfeer inasem, 'n atmosfeer, waarin verpestende sondekieme
ronddrywe" (p. 152). "Die onreinheid en onheiligheid het haar angstig
gemaak, ontevrede, ongemaklik en verwaarloos laat voel, net soos iemand,
wat vuil was en lanklaas gewas het"!! (p. 177). Sulke opmerkings bewys,
dat hier die predikant baas speel oor die outeur. Hy kon hom nie
vereenselwig met die malkop-dansers in hul "dolle gloria" nie, maar bly 'n
onwillige toeskouer van al die sondige pret. Sy aanvoeling van Isabella se
gewaarwordings is grof-manlik en nie vroulik-subtiel nie. Maar as Isabella
met Koos dans, dan maak hy 'n raak opmerking: "Sy dans en voel, dat dit 'n
genot moet wees om te dans met 'n jonkman, wat sy sou bemin" (p. 163).
Oom Freek is geen figuur wat ons tref deur indiwiduële tekening nie. Sy
mymering op p. 10-11 sit te netjies inmekaar om eg te wees. Dieselfde
indruk maak ook p. 74, terwyl Hans onmoontlik ou Jefta se woorde so

Page 206

presies in sy gedagte kan nasê (p. 78). Dat al drie reisigers dieselfde indruk
van die verlate Oupos kry (p. 138) is ook onmoontlik. Mooi word egter die
atmosfeer aangedui as Piet in die waanhuis die doodkis toeskroef (p. 20) en
treffend-eg is die uitbeelding van sy grillerig-bange gevoelens. "Piet verbeel
hom meteens, daar uit die groot, wye spinnekop-nes kom 'n grillerige
langbeen....; die verewa agter in die waanhuis kyk hom aan met groot
starende oë".[348] In die damtoneeltjies is daar stukkies beskrywing van 'n
suggestiewe fynheid.[349]
In die verhalende gedeeltes is Kruger se styl soms so kort afgebyt, nes een
wat ver gehardloop het en nog uitasem sy storie vertel.[350] Eweas in die
dialoog kom hier ook 'n breedvoerigheid voor, wat af en toe hinderlik word.
"Die predikant staan op, maak keel skoon, haal sy bril uit die skyf, vee dit
af, hak hom met albei hande agter die ore vas, gee 'n versie op, lees 'n
kapittel en begin toe, so effens oor die brille[351] loerend." (p. 30.) So 'n
eentonige reeks moment-opnames steek lelik af by realistiese skilderytjies
soos die volgende: "Ou tant Anna lag met wyd oopgerekte mond, die
vetswam onder haar ken uitdyend en die gehemelterooi agter haar vuil-
gelige tande wysend." (p. 65.) En wat maak vlak-vaal sinne, waarvan die
volgende maar een voorbeeld is in 'n letterkundige werk? "Die meeste
meisies was in die groot langwerpige eetkamer, waarin, behalwe 'n eettafel
en 'n paar ouderwetse swart stinkhout stoele, niksnie besonders was nie." (p.
152.) Onbeholpe van segging is o.a. die volgende: "'n groot misstof
stofwolk (p. 70); die om sy lyf met 'n riem vasgegorde te wye ferweelsbroek
(p. 86), Oom Freek (vra) met bewende ken, waaraan die lang yl baard skud
en vlammende oë" (p. 87); die herhaling van slaap op p. 181.
'n Voorbeeld van smaaklose klink-klank is die beskrywing van die wind op
p. 146. "Draaiende, swaaiende kom met die paaie aangewaai stowwe suile
(stofsuile?), wat soos geel krullende kuiwe opstuiwe. Die hollende, jollende
wind skop die stowwe bolle (stofbolle?) soos dwalende, malende vuilkolle
hoog in die lug in...." So rym en allitereer hy dapper voort nes 'n poëtaster,
wat sy eerste versfabriekie aanmekaar klink! Ondertussen word die stofsuile
van krullende kuiwe tot stofbolle en die weer tot vuilkolle! Komies is die
klankeffek in die volgende: "Die slappe wilkertakke ... skoppermaaie
rusteloos, moedeloos, lindelam heen en weer oor die dam"![352]

Page 207

In sy beeldspraak is Kruger 'n enkele maal fris en oorspronklik. Ou Jefta se
hemp word deur die wind bulsak geblaas tussen sy skouers (p. 147);
Isabella sidder "soos 'n voëltjie vir 'n mamba-slang" (p. 153); Jana lyk "soos
'n Bloemfonteinse straat, wat ... opgemaak (is) vir die hertog van
Connaught" (p. 149). Die gewone cliché-praatjies is egter ook volop: Die
lykpreek het "byna 'n eeu geduur" (p. 30); "Koud soos 'n stuk ys, waaraan
sy gloeiende hart raak ..." (p. 84); "Haar hart het ... gebrand van verlange,
maar sy moes daardie liefdekole in haar boesem dra"! (p. 223). Arme
meisie!
Storend is die gebruik van 'n driedubbele negatief en weglating van die
dubbele negatief. "Vir haar was daar niksnie aangenamer nie (p. 24)
nooitnie ... nie; ens. "G'n blaartjie het geroer" (p. 7); ens.
Ofskoon die gebruik van dialektiese vorme in die dialoog toelaatbaar is,
moet dit afgekeur word in die verhalende teks. Kruger gebruik o.a. suffel,
groos, espres, bebliek, ens. Wat hy o.a. met preer (p. 204), effetroon (p. 62),
eenspaier (p. 141) bedoel is my onbekend.[353] Verkeerd is: ongehawende
stemme (p. 8), kostelike gordyne (p. 214), terwyl moedvallig 'n Krugerisme
is.
Afsonderlik moet nog vermeld word, dat Kruger sy eie persoon nooit op die
voorgrond dring nie. Hy hou geen toesprake tot sy "geagte lesers" en
moraliseer nie oor sy karakters nie. Van 'n skrywer, wat in sy eerste werk so
'n psigologiese indringingsvermoë openbaar en so realisties teken, kan nog
veel verwag word.

§ 19. Mej. Sadie Bosman.

Langs Kronkelende Weë (1921). Dit is 'n verhaal van "hartverskeurende
afskeid", van eindelose gekreun en gesteun, van sugte en snikke! Dis nie die
gewoonte om statistiese tabelletjies in 'n letterkundige kritiek te gebruik nie,
maar in hierdie geval moet tog vermeld word, dat daar byna vyftig maal
gesug word! Dan nog al die trane! Emmers vol! Soms kom al om die ander
bladsy byna die uitdrukkings "met 'n sug", "met betraande oë" voor.[354]
Met sulke en dergelike huilerige woordjies, met 'n salwende
tederheidsbetoon, 'n sieklik-verweekte gevoelerigheid probeer die skryfster
om ons te ontroer. Met sielsleë frases wil sy ons in 'n droefnisstemming

Page 208

bring! "Duisenderlei bange vrese vervul steeds haar treurende hart en die
skoon oë was moeg van al die stil geween ... die oë vol skaduwees
(waaragter) 'n wêreld van wee verberg was" (p. 155). "Maar vanaand moes
die sterre hulle aangesig verberg vir die hartverskeurende strome van
mensebloed(!) wat orals vloei, en skyn die hemelse vrede verder as ooit te
wees van die oorlog-geteisterde aarde" (p. 61). "Met gebukte hoof,
verbleekte gesig, en dromende oë hervat sy haar lewenstaak; maar die
glimlag op haar lippe het vir altyd verdwyn, (So, so! P.C.S.) en haar hart
daarbinne was versteend" (p. 96). Nêrens 'n gevoelde woord, met pure
aanstellerige bombas. Of anders 'n mislike foefie om eie onmag te bedek.
"Oor die bitter skeiding en hartverskeurende vaarwel laat ons saggies 'n
sluier neer" ens. (p. 47).
As Lear uiting gee aan sy droefheid oor die dood van Cordelia, dan sê hy
met 'n eenvoudige gebaar: "Pray you, undo this button. Thank you sir". Só
werk die beeldende kunstenaar.
Groot en egte lewensgevoel kan alleen geuit word deur groot
styleienskappe. Daar is duisende diep ontroerdes, by wie alleen
hakkelwoordjies of stomme gebare 'n aanduiding gee van die lewenstragiek.
Maar alleen die kunstenaar kan die donker dieptes vir ons oopblits. Dit kan
nie gedaan word met praatjies oor "snikkende geween" en "gesmoorde
smartelike kreune" nie. In Sadie Bosman se styl is daar nooit 'n opglansing
van oorspronklikheid nie. Dit is wat Querido noem 'n "grijseffene
breikousenstijl", waarin die dooiste gemeenplaatse met 'n geroetineerde
ratsheid afgerittel word. Nooit raak sy verleë oor 'n woord nie, die naalde
klik-klik met masjinale reëlmatigheid.
Tog het sy 'n stof behandel, wat by 'n waarlik voortreflike werker tot 'n
geweldig aangrypende tragedie sou kon gegroei het. Hannes en Miemie is
verloof, maar deur die rebellie en die veldtog teen Duits Suid-Wes (1914)
ontstaan daar vyandskap tussen hul vaders. Hannes kom tot ander insigte
deur sy omswerwings in die Vrystaat en op die end van die "kronkelende
weë" kry hy tog vir Miemie. Geteken word dus die reaksie op 'n paar
persone van die geweldige konflik, wat die Afrikanerdom in twee partye
verdeel 't en vandag nog soveel bitterheid veroorsaak. Maar die twee vroue,
deur wie Hannes tot Nasionalis bekeer word is geen gewone sterwelinge nie
—hulle is engele! Veral Lida word ons voorgestel as "'n vleklose engel" en

Page 209

selfs die dokter "'n bedaarde ou Engelsman" (p. 198) verklaar, dat "vir so 'n
engel ons besoedelde aarde 'n onwaardige woonplek (is)" (p. 199). Maar
ook Miemie is so 'n voorbeeldige jongedogter, dat dit geen verbasing wek
as ons hoor dat sy "engelagtig lyk" nie (p. 16) en Hannes "met so 'n hemelse
teder blik aan(sien)"[355] (p. 44). Hannes is "'n treffende beeld van 'n flink
jongeman, wat 'n suiwer, eerbaar en opreg lewe lei" (p. 24). Sy enigste
sonde is, dat hy 'n Sap is, maar die stroopsoet seuntjie word deur die liewe
engeltjies so mooi reggehelp, dat hy ook volmaak word! Beskou ons nou
die orige figure van die limpatiese geselskap, dan blyk dit, dat Oom Gideon
ooreenkoms vertoon met die swaarmoedige grysaards uit Vergeet nie en
Teleurgestel. Hoe dat Oom Koos nou eintlik tot berou kom, word nie vertel
nie. Die bedrywige Tant Lizzie, wat gelukkig geen tyd het om te veel te sug
nie is die bes geslaagde figuur. Waar daar geen geleentheid vir sopperige
sentimentaliteit is nie, blyk dit dat die skryfster 'n goeie opmerkingsgawe
het. Tant Lizzie is ten minste 'n menslike mens.
Tot watter onsinnigheid die sentimentele neiging aanleiding gee blyk
hieruit: Miemie het "'n ondeunde kuiltjie, wat elkemaal so skelmpies uit die
wange loer, en waarin die hart van Hannes lank reeds baie diep ingetuimel
het"! (p. 3). Sy gaan na die somerhuisie waar "die roostakkies en
kamperfoelie om die latwerk heen(slinger); daar steek sy dikwels haar arms
na hulle uit "om hulle aan haar bekommerde hart te druk"! (p. 56). Stel
mens jou die dinge nou nugter voor, dan is dit om van te skater!
Die toneeltjie waarin die oue Basson, wat aan die maal geraak het oor sy in
die rebellie gevalle seun in die middel van die nag vir Hannes kom vra: "Vir
watter kant het jy gestem?" (p. 167) laat ons op plastiese wyse voel, wat 'n
lewenssaak die politiek vir ons mense is. Dit is psigologie-in-aksie en heel
wat anders dan 'n bewering soos die volgende, wat ons op goed geloof moet
aanneem, sonder dat ons daar iets van gevoel het. "In die oorlogskool het
(Hannes) geleer dat helde gebore, en nie gemaak word nie, en dat die
beesagtige in die mens soms die redelose dier ver oortref" (p. 102).
Die politieke tendens en die feit dat daar resente gebeurtenisse van
nasionale belang in behandel word, gee die roman 'n aktuele kleur. Deur die
een party kan dit as 'n wapen in die politieke stryd beskou word, maar van
letterkundige belang is dit nie. Feitlik is dit dan ook slegs 'n vertaling, want
die oorspronklike uitgawe van 1916 was in Hoog-Hollands.

Page 210

§ 20. G.J. Otto.

Gawie Joh. Otto is in 1880 gebore op Marico, Transvaal. Ottoshoop is na sy
vader genoem, wat onder die Republiek daar Mynkommissaris was. In 1896
het hy klerk geword in die Onderwys-Departement. Met drie wonde het hy
by die slag van Elandslaagte na awontuurlike ondervindings ontsnap en
deurgeveg tot 1901, toe hy gevang is en na Indië gestuur. Na die oorlog was
hy werksaam by C.N.O. skole. Hy het ook besonder aktief opgetree in
verskillende verenigings, asook op kerklike en politieke gebied. In De
Volkstem het behalwe baie ander artiekels van hom 'n feuilleton, Koen
Vermaak verskyn. Sy brosjure Vreemde Stertvere (1910) is 'n aansporing om
ons taalregte prakties toe te pas. 'n Toneelstuk, Josef het in Die Brandwag
verskyn, Uit die Lewe, 'n bundel sketse in 1921. Sedert 1919 is hy
Inspekteur van Blanke Arbeid vir die Vrystaat en o.a. ook Sekretaris van die
Raad van Advies vir Jongeliede.

Uit die Lewe.

Die skrywer vertel in 'n paar kort sketse hoe die Boereseuns in sy jong dae
skyfgeskiet, vis gevang en klippe gerol het. Hulle wys 'n Hollander, wat sy
Hoog-Hollands blykbaar eers in Afrika geleer 't, hoe om kalwers te ry en
met 'n nooi op te sit. Verder gee Otto 'n verslag van die eerste twee maande
van sy lewe en skets die ongerustheid van 'n paar arm blankes wat ure lank
op die Bloemfonteinse trein wag. Prof. Jan Celliers het in sy voorwoord die
bundeltjie goed gekarakteriseer: "Sonder te danig hoë pretensies, wil (die
skrywer) net die Afrikaanse lewe weergee, en padlangs-eenvoudig met ons
daaroor praat." Die klein stukkie lewe wat hy teken, ken hy goed, maar hy
is nie by magte om sy sintuiglike waarnemings op te hef tot 'n hoër plan nie,
omdat dit hom ontbreek aan styl en uitbeeldingsvermoë. Dat 'n paar sketse
'n strekking het, is alreeds opgemerk.[356]

§ 21. "Wolla".

Wolla vertel in My Groot Dag (1921) die vakansie-awonture van Petrus
Breytenbach, onderwyser in Ermelo, van wie se Ford-outo 'n diamante-dief
met 'n mooi vroutjie behendig gebruik weet te maak. Die drietal word deur

Page 211

speurders agtervolg en na allerlei wonderlike en soms erg onwaarskynlike
ondervindings gepak. Pietjie en Thea kom met die skrik vry, maar Pietjie
slaan 'n onnosele figuur as hy uitvind, dat hy in plaas van 'n Duitse
vliegenier 'n dief gehelp 't, en dat van sy mooi plannetjies met Thea niks
kan kom nie. Dit is 'n goed vertelde amusements-verhaaltjie, net geskik vir
spoorweg-lektuur. As die outo verby Majoeba en ander slagvelde ry, dan
vergeet Pietjie vir 'n ruk sy "verhewe romantiese gedagtes" (p. 48) en verval
in patriotiese oorpeinsings. Af en toe laat Wolla ons effentjies glimlag, maar
die humor is soms plat by die grond, "'n Kêrel het eenmaal gesê, hy dink hy
kan gewoon word om te lewe op kasterolie, as hy net lank genoeg kan
aanhou daarmee. Ek glo dit goed." (p. 64.)
Wolla vertoon 'n bedenklike ratsheid in letterlike vertaling uit Engels, soms
van die slang soort. "Om alles te kroon (p. 3 en 68); Wel, van al die pedante
snuiters ... vat die vent die koek (p. 127); Wel, ek was al net siek van die
plek (p. 93); Vir eenmaal het hy niks te sê gehad nie.... (p. 123); Ermelo
Hoger Skool" (p. 1); ens.

§ 22. "Slypsteen".

"Slypsteen" het blykbaar De Waal se romans goed bestudeer. Hy gebruik
motiewe uit Johannes van Wyk en Die Twede Grieta, maar slaag daar nie in
om sy storie so oulik inmekaar te draai nie as De Waal. Hans is die
"karakterlose wreedaard" (p. 79) van die verhaal Broerliefde (1921). Maar
hoe volleerd in duiwelstreke ook, hy word uitoorlê deur Gert, wat 'n plaas in
die heilige-kalender verdien.'n Gesteelde kind veroorsaak 'n verwikkeling,
waardeur Gert byna met sy suster trou. Daar is 'n oujonkman, wat sy bes
doen om 'n paar grappies te maak, in sy "mymering" 'n hele storie vertel en
in sy moralisasie tot by Adam en Eva verdwaal! (Hoofstuk IX). Twee
opgeskote seuns wat stroebeling kry, laat Slypsteen so praat: "Ek meen, dat
as jy jou nie verbeter nie, 'n treurige toekoms jou deel sal wees, en jy 'n
armsalige uiteinde sal hê."—"Jou kleine niksnuts!" skree Hans.... "Wag,
wag, Hans," hervat Gert, ... "Kyk, toe jy daar op Kransburg my oor 'n draai
gegee het, toe moes ek dit verdra, maar sinds daardie tyd het ek 'n bietjie
groter geword. Egter, waarom sal ons nes vuil skuim teen mekaar bruis.
Daardeur sal my karakter net besoedel word, en jy nog dieper in die modder

Page 212

sak as waar jy al reeds sit" (p. 47). Mens sou sê die brawe Gertjie was al 'n
paar jaar op die Teologiese Kweekskool!
Op die heel laaste bladsy word in die gouigheid drie huwelike gesluit,
terwyl selfs die oujonkman nog verloof raak aan 'n ryk weduwee! Hans trek
na Rhodesië. Of hy daar nog altyd "helse planne" brou word nie vermeld
nie!
Slypsteen skryf 'n eentonige styl, waarin nooit iets persoonliks opklink nie.
Hoe weinig hy sy taal beheers blyk uit voorbeelde soos die volgende:
"geondersoek (p. 17); sobat (p. 109 en 116); speuljies (p. 109); poosjie (p.
85); op plig (p. 91) en die verkleinwoorde: soenjie, swaweljie, ens.

VOETNOTAS:
[162] Hierdie feite is ontleen aan Die Brandwag, Des. 1918.
[163] Vgl. Die Burger, 23 Sept. 1921.
[164] Eerste hoofstuk in De Goede Hoop, Jan. 1904.
[165] Die Burger, 12 Aug. 1921.
[166] Vgl. vir "voorbodes" van die Twede Beweging: E.C. Pienaar, Taal en
Poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging, 2de druk, p. 195.
[167] De Waal in Die Burger, Aug. 1921.
[168] Voorwoord Vyfde Druk, waaraan al die sitate ontleen is.
[169] J. Prinsen: De Oude en de Nieuwe Historische Roman in Nederland, p. 18.
[170] Die Burger, 12 Aug. 1921.
[171] Volgens Prinsen, t.a.p., p. 51 is die "romantische roes in Scott
gekristalliseerd. Van dit kristal is Van Lennep de grove namaak in ordinair
vensterglas." Na 'n vergelyking van die twee skrywers kom Prinsen tot die
gevolgtrekking, dat al oorspronklikheid van Van Lennep is "een zekere
Hollandsche, soms lamlendige, soms goedmoedige breedsprakigheid en een
evenzeer Hollandsche ordinaire neiging tot laag-bij-de-grondsche moppigheid."
p. 53.
[172] Louis Maigron, Le roman historique, gesiteer deur Prinsen, t.a.p., p. 1.
[173] Prinsen t.a.p. p. 7.
[174] id. p., 25.
[175] id. p., 21.

Page 213

[176] Het Dagboek van Adam Tas: Leo Fouché, Hoofdstuk II § 1-3.
[177] t.a.p., p. 362.
[178] J. v. W., p. 133.
[179] Dagboek onder datum 2 Febr., p. 126. Vgl. ook p. 142 waar Tas
gewaarsku word: "ook zeijde hij mij dat ik op mijn hoede moeste weesen...."
[180] Dagboek, p. 138 onder datum 18 Feb. 1706.
[181] t.a.p., p. 142.
[182] p. 150.
[183] J. v. W. p. 133.
[184] Dagboek, p. 90.
[185] J. v. W. p. 134.
[186] Eers op p. 232 verneem ons, dat Jan van Meerland op die see gesterf het.
[187] Fouché, Dagboek, p. 236.
[188] J. v. W., p. 187.
[189] Fouché, p. 248.
[190] p. 242.
[191] t.a.p., p. XXVI.
[192] Twede Druk, 1921.
[193] Prinsen: De Oude en de Nieuwe Historische Roman, p. 91.
[194] id.
[195] t.a.p., p. 104.
[196] Taal en Letteren, 1892.
[197] Vgl. hierby nog Prinsen: Handboek tot de Nederl. Lett. Ges. p. 613-614.
[198] J. Koopmans: De Beweging, 1913.
[199] J. v. W., p. 126.
[200] t.a.p., 164.
[201] t.a.p., p. 250.
[202] Tw. Gr., p. 160.
[203] t.a.p., p. 242.
[204] Vgl. p. 217.
[205] t.a.p., p. 261.

Page 214

[206] p. 283.
[207] p. 295.
[208] Feitlik die enigste menslike gevoel, wat beide Gert en Phineas besit, is
liefde vir hul ... perde!
[209] Nederlandsche Romancières van onzen Tijd, p. 10.
[210] Tw. Gr., p. 305.
[211] t.a.p., p. 38.
[212] t.a.p., p. 306.
[213] J. v. W., p. 210.
[214] Tw. Gr., p. 331.
[215] Taal en Letteren, 1892.
[216] Tw. Gr., p. 225. Dag op dieselfde pagina is seker 'n drukfout vir nag.
[217] t.a.p., p. 233.
[218] t.a.p., p. 89.
[219] t.a.p., p. 313.
[220] t.a.p., p. 229.
[221] Tw. Gr., p. 349. Beter geslaag is die beskrywing van Johannes se kamer, J.
v. W., p. 163.
[222] Vgl. Rémy de Gourmont: Esthétique de la langue française.
[223] Ferdinand Huyck, p. 42.
[224] o.a. Ferd. Huyck, p. 91.
[225] Vgl. o.a. J. v. W., p. 101, 122, 201; Tw. Gr., p. 200, 357.
[226] Uit J. v. W.
[227] Uit Tw. Gr.
[228] Dichtbloemen, p. 150.
[229] J. v. W., p. 63 en 226.
[230] Vgl. hiermee Tw. Gr., p. 233-4 waar Krysie ook 'n kappie dra.
[231] t.a.p., p. 106. Uitgave Sijthoff.
[232] t.a.p., p. 44.
[233] Vgl. ook J. v. W., p. 174.
[234] J. Mathijs Acket: Nieuwe Taalgids, 15de jg., 6de afl., p. 275.

Page 215

[235] Tw. Gr., p. 67.
[236] t.a.p., p. 295, 311.
[237] t.a.p., p. 14.
[238] Twede Druk, p. 153, noot.
[239] Die Burger, Aug. 1921.
[240] Vgl. ook Dr. Pienaar se dissertasie, p. 151-6 en Dr. Boshoff: Volk en taal
van Suid-Afrika, p. 407-424 waar die kwessie uitvoerig bespreek word.
[241] Vgl. hiermee J. v. W., p. 210 "'n Vreesagtige hart sal nooit 'n flinke vrou
vang nie."
[242] Vgl. p. 62, 'n verhewe betrekking in die diens van die Kompanie.
[243] Vgl J. v. W., p, 226 en Tw. Gr., p. 237.
[244] Vgl. Tw. Gr., p. 296.
[245] Vgl. ook J. v. W., p. 199 en Tw. Gr., p. 333.
[246] Tw. Gr., p. 309, 51, 80.
[247] t.a.p.. p. 159.
[248] Die Burger, Aug. 1921.
[249] De Beweging, 1913.
[250] Ook in Engels verskyn as Dark Johannesburg.
[251] Lewensskets ontleen aan Prozabundel van Hoekstra en Viljoen.
[252] Die derde druk verskyn nou in afsonderlike afdelings.
[253] Vgl. Hoofstuk I, § 9.

[254] Taal en Poësie2 ens., p. 58-64.
[255] Sien Hoofstuk X.
[256] Nuwe Deel I. Sitate uit die nuwe druk word afsonderlik vermeld.
[257] Vgl. die opmerkings oor 'n eenvoudige styl op p. 190-1. In Die Banier,
Julie 1921, staan ook 'n artiekel oor: Lett. Styl.
[258] Opvloog op p. 5 is seker 'n drukfout.
[259] O.a. p. 17. Vgl. Ons Weg: "elk 'n man", p. 136.
[260] Vgl. p. 46.

[261] Taal en Poësie ens.2, p. 329. In 1921 het nog van Malherbe verskyn: Die
Timmerman, 'n Verhaal in Verse en Koringboere 'n toneelstuk; in 1922: Rivier en
Veld, 'n digbundel.

Page 216

[262] Die Brandwag, Des. 1918.
[263] Vergeet Nie (1920), p. 198. Ek kursiveer.
[264] t.a.p., p. 91. Ek kursiveer.
[265] Vgl. p. 15.
[266] p. 89. Ek kursiveer.
[267] Sy het nog wel 'n broer, "wat op die aangrensende aanleg woon", maar van
hom verneem ons net, heeltemal teen die end van die roman, dat hy na Servaas
se gevangeneming die plaasbelange behartig 't—'n rol wat erg onwaarskynlik
klink.
[268] p. 129.
[269] Over Literatuur, p. 110.
[270] p. 138.
[271] Uitgebeiteld is minder gelukkig, want terwyl ons deur die woorde
omwoon en slapende die goliat-rotse as l e w e n d e monsters voel, laat
uitgebeiteld weer aan 'n dooie materie dink. "De hoofdzakelijke schoonheid van
een "beeld" bestaat daarin, dat het de verborgen eenheidsessentie van twee
verschillende of zelfs schijnbaar tegenstrijdige begrippen, zaken of wezens
aantoont. En hoe duideliker en overtuigender ons die eenheid wordt aangetoond,
hoe grooter onze verrukking is." (M.H. v. Campen Over Literatuur, p. 138). Die
verborgen eenheidsessentie wat Malherbe ons eers so goed laat voel, verbreek
hy deur een ongelukkige woord.
[272] p. 65.
[273] Die verkeerde gebruik van bende is oor die hele land verbrei deur 'n
welbekende lied uit die Hallelujah-bundel, waarin van "'n Daniëlsbende" sprake
is! Ook Von Wielligh praat in Eerste Skrywers (p. 138, by die portret) van "die
klein bende van die Genootskap van Regte Afrikaners".
[274] 'n Germanisme.
[275] Vgl. nog p. 101, 158, 104; en p. 24, Piet met sy onnoembaar soet glimlag!
[276] Die Kommissie vir Taal en Lettere het gerappotteer: "'t Novelletje ... Twee
Susters, hoewel taal, stijl en inhoud nog veel te wensen overlaten, is nochtans
van genoegzame historiese waarde en geeft blijk van belofte voor de toekomst
..." Akademie-Jaarboek V, p. 51.
[277] Meedelings van Oud-President F.W. Reitz.
[278] Meedeling van die heer J.H. Malan. Vgl. ook voorwoord van "Oom
Fanie". Sitate volgens die 1ste druk.
[279] Die biografiese feite is ontleen aan Die Brandwag, Des. 1918.
[280] Die Brandwag, Des. 1918.
[281] Die Brandwag, Des. 1918.

Page 217

[282] Brief van 6 Jan. 1922.
[283] D'Oliveira, De Jongere Generatie, p. 21.
[284] t.a.p., p. 70.
[285] t.a.p., p. 139.
[286] Querido: Over Literatuur, p. 43.
[287] p. 8. Twede druk. Ek kursiveer.
[288] Vgl. ook p. 206 en 222. In Op Veld en Rande kry ons net eenmaal 'n
toespraak tot die "geduldige leser" (p. 101).
[289] Vgl. p. 108.
[290] In Die Burger, Nuwejaarsno. 1922 en Die Brandwag, Des. 1921.
[291] Die Burger, N.J. No. p. 19.
[292] Die Brandwag, t.a.p., p. 172.
[293] Die lewensskets is ontleen aan Die Brandwag, Des. 1918.
[294] O.a. p. 14-15, 17-18, ens.
[295] O.a. p. 7.
[296] W.L. Cross, The Development of the English Novel. (1920), p. 64.
[297] Vgl. ook p. 47: "goue velde met karmosyn geskilder".
[298] Lewensskets ontleen aan Die Brandwag, Des. 1918.
[299] Sonder jaartal. Die meeste verhale is in 1914 vir Ons Moedertaal geskryf.
[300] The Contemporary Short Story, (p. 101).
[301] Die Brandwag, Des. 1919.
[302] The Works of E.A. Poe I, p. XI (1866).
[303] t.a.p., p. XII.
[304] The Supernatural in Modern English Fiction, p. 59.
[305] Uit: Lett. Leesboek, Bot-Kritzinger.
[306] Alle sitate volgens 2de druk.
[307] Hy vergeet selfs die "groot hanglamp", want op p. 40 word die
huisgodsdiens by kêrslig gehou.
[308] So word die meeste saamgestelde woorde dwarsdeur sy werk geskryf.
[309] Vgl. hiermee: "'n wit seil bemaste Jonge Thomas", Ou Malkop, p. 168.
[310] Vgl. ook p. 100: "iedere stamp en skok, wat die wa gee is 'n verwyderende
skeur in droewige harte."

Page 218

[311] Brief van 17 Jan. 1922.
[312] Vgl. b.v. p. 74.
[313] Meedeling van die outeur.
[314] Vgl. ook nog o.a. p. 29.
[315] O.a. p. 194 "Daar dit nie goeie maniere is om af te luister wat sulke twee
jonge mense ... praat nie, word die gesprek hier nie meegedeel nie."
[316] Vgl. ook p. 238. "Die twee is getroud ..." ens.
[317] Oorspronklik as vervolgstorie in Die Huisgenoot verskyn; in 1921 in Die
Burger-Leeskring uitgegee.
[318] Vgl. o.a. ook nog p. 210. "Ek laat dit aan die verbeeldingskrag van die
leser oor ..."!
[319] O.a. p. 184.
[320] Waarom is dit "die treurspel van mislukte lewens"?
[321] Ek kursiveer.
[322] Vgl. b.v. p. 41. "Albei sê baie wat nie juis vir ons van belang is nie".
Hoofstuk XIX staan op 'n verkeerde plek, en daarom moet die leser uitgenodig
word "om 'n weinig terug te gaan"!
[323] Vgl. ook die plotselinge omkeer by Oom Tjaart, p. 234.
[324] Die sgn. proloog kan ook gerus weggelaat word.
[325] Ook gespot in M. v.d. V., p. 201.
[326] O.a. p. 61.
[327] O.a. p. 183.

[328] The English Novel: Walter Raleigh5, p. 268.

[329] Willem Kloos in De Mannen van '80 aan het Woord3: D'Oliveira p. 46.
[330] t.a.p., p. 76.
[331] Lodewijk van Deyssel. t.a.p., p. 32.
[332] Herman Robbers in De Jongere Generatie: D'Oliveira, p. 120.
[333] 2de druk 1918.
[334] Prinsen: De Oude en de Nieuwe Hist. Roman, p. 71.
[335] Vgl. p. 127.
[336] Pensées de Pascal, par A. Gazier, p. 318.
[337] t.a.p., p. 158.

Page 219

[338] Vgl. 'n dergelike naïewe opmerking op p. 178: "'n Boerenhave (sic!) was
daar nie in die ganse volksplanting nie ..."!
[339] Vgl. nog p. 80: "Die rus en kalmte ..." en p. 81: "Is dit nie dieselfde
streling ..."
[340] Vgl. o.a. nog p. 199, 29.
[341] Dwars deur die boek word dié woord en ook uitwei verkeerd gespel.
Dimunitiewe op -fie ook. Vgl. ook neervlei op p. 192, rat op p. 121. Die
sinstorende drukfoute moet, soos die skrywer my meedeel, gewyt word aan die
besonder omstandighede, waaronder die boek gedruk is.
[342] Die ketting-sin op p. 67 lyk egter wel "ghevernuftizeert".
[343] Is. Querido: Studiën, p. 219.
[344] Voorrede: Griane.
[345] Benjamin Constant: Adolphe.
[346] O.a. p. 81.
[347] 'n Ongelukkige koppelwoord.
[348] Waarom die stuitende en onnodige herhaling van spinnekop?
[349] Vgl. p. 220 b.v.
[350] Vgl. b.v. p. 7.
[351] Verstaan: glase.
[352] Vgl. nog p. 171: berge—werwe—swerwe; p. 194 dwars bars.
[353] Duister is ook: "dat die ou jong simpatie ken", p. 188.
[354] Vgl. o.a. p. 184-204.
[355] Daar is ook 'n verpleegster, wat 'n engellied sing, (p. 71).
[356] Op pag. 207.

Page 220

HOOFSTUK VI.

Page 221

Satieries-Humoristiese Prosa.
§ 1. Ds. Willem Postma. (1874-1920). (Dr. O'Kulis).

Ds. Willem Postma was 'n seun van Prof. Dirk Postma, die vader van die
Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Hy is in 1874 in Burgersdorp gebore,
waar hy hom vir die leraarsamp voorberei het onder Prof. Jan Lion Cachet,
(Ou Oom Jan). Op Bethulie, Bloemfontein en Reddersburg was hy
predikant. In die oorlogsjare (1899-1902) moes hy uitwyk na Middelburg,
K.P., omdat hy geen eed van trou wou aflê nie. Daar het hy die kos vir sy
gesin in 'n winkel en deur privaatlesse verdien.
Onder groot moeilikhede het hy die gemeente in Bloemfontein gestig. In
Mei 1905 het hy onder die skuilnaam Jong Afrika in die Hollandse Friend
begin te skryf oor die Afrikaanse taal, sonder dat hy iets van Preller se
stukke afgeweet het. As gevolg van die groot byval het Ds. Postma toe
gereeld bydraes onder die tietel Oogdruppels gelewer. Toe die setter
verstaan, dat die ondertekening van die eerste stuk, nl. Okulis, oogdokter
beteken, het hy daarvan Dr. O'Kulis gemaak en so het die naam gebly.
"Deur dié stukke het hy hom as volksman geopenbaar, het hy hom 'n weg
gebaan na die hart van die Vrystaatse volk ...," verklaar Totius.[357] In
Bloemfontein was hy ook die stigter van wat tans bekend is as die
"Voorbereidende Tegniese Skool".
In die aangehaalde artiekel gee Totius 'n paar persoonlike herinneringe en sê
o.a. dat hy "nie maar 'n merkwaardige figuur (was) nie, maar 'n
heldeverskyning". Van hom het verskyn: Die Eselskakebeen,[358] Doppers
(1918) en Die Boervrou (1919).
In Die Brandwag (1912) het hy 'n teorie oor die ontstaan van Afrikaans
uitgewerk.[359] Sedert 1918 was hy lid van die Akademie. Van belang is nog
dat sy vriende huiwerig was oor die uitgawe van die Eselskakebeen. In 1920
is hy oorlede.

Die Eselskakebeen.

Page 222

In Die Brandwag[360] het die skrywer verklaar, dat die boek 'n "suiwere
outobiografie" is met uitsondering van die laaste hoofstuk. Maar dit is veel
meer; dit is ook die biografie van etlike Afrikaner geslagte, wat nog vir 'n
tiental jare na die Anglo-Boere-oorlog gekreun het onder dieselfde treurige
onderwysstelsel deur hom beskryf. Pas in die laaste jare het daar
verbetering gekom en in sommige dele van ons land heers feitlik dieselfde
misstande noù nog.
Eers beskryf Dr. O'Kulis sy geboorte, waarby Tant Antjie met haar
medisynetrommeltjies gehelp 't. Spoedig begint die taalmoeilikhede en in 'n
donker onweersnag doen hy die ontdekking, dat ons liewe Heer ook
Afrikaans verstaan. Op skool is dit van die eerste dag af 'n gedurige stryd
teen die step-by-step-denasionalisering, wat die doel was van 'n
verpolitiekte stelsel, as so 'n onpedagogiese gedoente ten minste die naam
stelsel ooit verdien het. Mooi word die wisselwerking tussen die skool- en
huislike invloed beskryf. "Wel, die Boere het van al daardie Royal Reader
gedoente niks geglo nie as ek hulle bietjie wou vertel. Al wat ek vir my
moeite gekry het, was: "Jou Rooinek, glo jy al daardie leuns?"[361]
Langsamerhand groei die verset van die aanvanklik deur skoolwysheid
oorblufte seuntjie. Die omgang met Boerfamielies, wat vashou aan die ou
Trap der Jeugd en die Bybel versterk die Boergees in hom, totdat hy die
geleerde weefsel van bedrog wegvee en met volle selfkennis sy Engelse
meester toevoeg: Ek is 'n Boer (p. 44). Hy wil nie langer "'n agterryer in sy
eie land", 'n jingo of weeluis wees nie (p. 42). Wanneer die seun 'n man
word, maak hy 'n eselskakebeen vogtig[362] met die trane van sy lang
opgekropte spyt en dan dreun die mokerslae op "die Filistyn in die
Afrikaner". Dit word 'n geweldige wapen in sy hand, waarmee hy seker
meer as 'n "duisend man" verslaan het! In die begin is daar 'n bietjie
goedaardige skerts o.a. oor die dominee se gesukkel met die Hollandse
geslagte (p. 16), maar wanneer hy die toestande op die Engelse skool
beskryf, word die toon kwaai-sarkasties en bitter. Die eensydige onderwys
uit die Royal Reader, oor British en Cape History, Geography, ens. word
met satieriese skerpsinnigheid aan die kaak gestel. Met 'n speelse vernuf
word die oorsprong van die Engelse nasie uitgepluis. "Daar is van die
geskiedskrywers, wat die oorsprong wil aflei uit die naam, nl. Angel
(Engel) en dan wil meen dat hulle van 'n Engele-geslag is. Of dit van die
gevalle engels is of van die ander is onmoontlik om uit te maak"! Op

Page 223

aanskoulike wyse word aangetoon dat die geïmporteerde eksamenstelsel
geen rekening hou met die eise van ons samelewing nie. "Jannie het op
skool net 'n bietjie algemene kennis en die School-Higher-sertifikaat
opgetel. Vir die lewe moes hy daarna eers klaar maak." (p. 55.)
Selfs vandag het die boekie nog aktuele waarde, en dis 'n kultuur-historiese
dokument, wat selfs die verre nageslag nog met belangstelling sal lees. Al
sal dit hulle nie so heftig ontroer nie soos ons, wat al die ervarings self
ondervind het, tog moet dit altyd treffend bly deur sy raak voorstelling en
bytende spot. Daar is enkele uitweidings, wat die eenheid van die strydskrif
verstoor, 'n paar anekdotes, wat die direktheid van die aanval verminder,
maar omdat dit iets is wat werklik "uit (die) hart opgeborrel het"[363] sal dit
altyd sy waarde behou.

§ 2. Reenen J. van Reenen.

Die Agterstevoortrekkers (1917).

Johan van Heemskerck het in sy Batavische Arcadia (1637) 'n paar Haagse
here en dames 'n plesiertoggie laat doen met die doel om "onder 't soet van
minnepraetjes al spelende (te) komen tot kennisse van de vaderlandtsche
gelegentheden, daer niemandt een vreemdelingh in behoort te zijn." Van
Reenen stuur 'n aantal Bloemfonteinse geleerdes en kunstenaars met hul
famielies op die ou voortrekkerpad "om te probeer of daar nie, daar in die
bosse en klowe, in die kranse of op die bulte nog van die heldemoed van die
ou voortrekkers te bespeur is nie, en of daar op die wye ope veld nie 'n kans
is om weer die helder eenvoudige duidelike uitsig op die lewensprobleme
op te vang en in (hul) daaglikse omgang te gebruik nie" (p. 32). Die
ooreenkoms is duidelik, ofskoon daar seker van bewuste navolging geen
sprake kan wees nie. By Van Reenen is daar nie soveel "loofwerck van
liefkooserijtjes", maar die minnende paartjie ontbreek tog ook nie. Die
poging om pastorale en didaktiese motiewe te verenig is al merkbaar in die
aangehaalde sin. Oom Jakob sê ook nog: "Dis die doel van die uittog ... om
'n veldwasempie op te vang uit die Afrikaanse Son en Veld" (p. 31). Nog
duideliker straal die pastorale motief uit die volgende deur: "Daar in
Bloemfontein in 'n atmosfeer van kunsmatigheid, val die klank (van die
ossewa) weg, hier op die veld, ver van die besmetlike invloed van groot

Page 224

stede, mag die plof plof van die ossevoete nou en dan in die sand wegval,
maar die skok van die wiele bly." (p. 110). Die didaktiese motief blyk ook
nog hieruit: "Opgewonde gee ek antwoord dat dit 'n eerste klas plan was om
die sienswyse van die voortrekkers te verstaan, en hulle geskiedenis met
smaak te leer lees...." (p. 20). En die sewende trekreël lui: "Elke aand sal
een van die trekkers ... 'n lesing gee oor die een of ander in die geskiedenis
van die Voortrekkers" (p. 37).
Maar sterker nog dan die pastoraal-didaktiese motiewe van die verhaal is
die satieries-humoristiese element. Die meeste van die Bloemfonteinse
deskundiges verbeel hulle wat wonders. In die "afskeidsbrief" heet dit: "Ons
is beslote om ... ons diep kennis vir almal wyd en syd bekend te maak" (p.
40). Die Professor wil drie waens vol boeke laai "om aan die boere te
verkoop"; Jan, die "goggadeskundige" wil die boere waarsku teen skadelike
insekte, en Antoon, die musikus hoop dat deur sy musiek "nuwe ideale mag
ingeboesem word in diegene wat binne die betowerde sirkel van ons
skitterende strale inkom." (p. 31.) Oom Jakob egter voel dat die groot
geleerdheid van sy maats eensydig is. "Op seker gebiede het ons ...
vooruitgegaan, maar op ander ... is ons baie versleg" (p. 32). Hy is dan ook
gewillig om aan die voete van die plattelander te sit en lesse van hom te
leer. Ook Oom Kaas, die "diepgeleerde professor in geskiedenis" voel, dat
die hele spul dalk sal verkeerd loop, dat die Agterna-trekkers bes moontlik
Agterstevoor-trekkers sal word, en sy voorspelling kom uit.
Die vernaamste, doel van die skrywer is om die verwaandheid van die
hooggeleerde akademiese here bespotlik voor te stel. Die heel eerste
voorval gee al dadelik die toon aan. Die osse trek afdraand net so swaar as
opdraand en terwyl hulle 'n geleerde dispuut hou oor dié raaiselagtige
omstandigheid, kom 'n onnosele konstabel die moeilikheid oplos deur die
styfaangedraaide briek los te draai! Dat klein Leon aan die ossewabriek
dieselfde funksie as aan die van 'n outo se slinger toeskryf, is meer dan 'n
gelukkige grappie; dit is meteens al 'n simboliese voorstelling van die groot
afstand tussen die voortrekker- en die moderne beskawing.
Die trek is skaars aan die gang of die entomoloog vind uit, dat Oom Gert
iets oor goggas weet, wat hy nog nooit in sy diepsinnige handboeke van
gelees het nie, en met 'n ironiese laggie voeg die skrywer hom toe: "Neef
Jan, ek het gemeen jy gaan vir die boere leer, nie hulle vir jou nie." (p. 54.)

Page 225

S.K., die professor in fiesika vind uit, dat al sy gekompliseerde instrumente
en spitsvondige berekeninge minder vertroubaar is dan die kennis van die
eerste die beste ou boertjie. En dan is dit nog boonop klein Botterkoppie
wat hom tot die erkentenis bring! Op die tuinfees slaan almal behalwe Oom
Jakob 'n gek figuur. Die dorpelinge verskyn in trekkersdrag, maar die
kastige trekkers in haastig bymekaar geskraapte Europese spektakels! Alles
doen hulle agterstevoor! Die steekse motor van die dokter, wat deur die osse
dorp toe moet gesleep word is weer 'n ironiese beeld—die moderne vernuf
afhanklik van die ouderwetse trekkersmetode. Die professor kry in "'n
hoekie van die Vrystaat" 'n resep vir heuning-bier, wat hy tevergeefs in sy
geleerde foliante gesoek het, maar sy onbekendheid met die praktiese
uitwerking daarvan besorg hom 'n wetenskaplike hallusinasie, wat tot 'n
algemene bespotting aanleiding gee.
By die afgebrande huis loop die trekkers 'n gewone boer raak, met 'n
ontwikkelde kunsgevoel en so 'n fyn beskawing dat dit hulle bewondering
afdwing. Wanneer die trekkers by Kerkenberg kom, waar Piet Retief se
naam op die rots staan, word die toon van die verhaal ernstiger. Die
historiese gevoel ontwaak en Oom Kaas bevredig Emmie se weetgierigheid
deur allerlei besonderhede oor die Voortrekkers se ossewaens mee te deel.
Op die Natalse pad kom die piëteitsgevoel tot uiting in 'n humoristiese
regsaak tussen ossewa en outo. "Ek het die Afrikaner Nasie gedra toe dit
nog 'n suigeling was; en nou, op my ou dag, wil julle hê dat ek moet pad
gee vir 'n bog kind, so jong dat hy self erken dat hy nog nie eers gebore is
nie." "Grootgeraas" is 'n outo van "aanstaande jaar se model" en "Die
Dromedaris" weier om pad te gee vir so 'n "aangewaaide, buitelandse ding
—niemand weet eers wie sy ouers is nie!" (p. 210.) Hier is die soort humor
aanwesig, wat volgens Schopenhauer is "der hinter den Scherz versteckter
Ernst",[364] want uit so 'n toneel spreek die wil van 'n volk om die erfenis
van sy voorvaders te bewaar "van vreemde smetten vrij".
Dirk vind nog 'n geleentheid om die "geleerde ape", S.K. en die
Goggadoktor droog te sit. Hy verydel die grootskeepse
opgrawingsoperasies van die twee deur die egte voortrekkervurk met sy
pennemes uit te grawe, terwyl 'n verroeste valse "versigtig in watte
opgewoel" tereg kom in Jan se trommel. Dis 'n laaste verbluffende kopskoot
op die dorre kamergeleerdes!

Page 226

Die manier waarop die dansparty eindig is 'n bewys, dat die agternatrekkers
tog onder die besielende invloed van hul voorvaders geraak het en hul
onder al die malligheid goed ingeleef het in die gees van dié grootse
tydperk met sy skrynende wee. As die maan wegraak, en die uile droewig
skree, begint Antoon se viool "te huil soos 'n moeder oor haar kind se
lykie.... Soos diegene wat pas 'n dierbare vriend in sy graf gelê het,
uitmekaar gaan, so verdwyn nou stilletjies die gaste een vir een" (p. 235).
Om 'n toneel van sulke roerende stemming in al sy innigheid uit te beeld—
daarvoor was Van Reenen nie woordkunstenaar genoeg nie. Die oorgang
van uitgelate malligheid kom te plotseling. Dirk se gulle lag oor sy
welgeslaagde grap, sy "dis nou regtig 'n lekker bal" klink nog in ons ore as
ons by die "stille snikke van sterk mans" kom. Maar ons voel tog iets van
die stille plegtigheid van die oomblik en enkele dowwe dreunings van 'n
verre dodemars kom uit die verte aansuis.... Verswak die skrywer nie die
ernstige ondertoon van sy werk deur na so 'n toneel weer met
minnepraatjies aan te kom nie? En smoor hy dit nie heeltemal deur die
ragtime-klanke van die agterrede nie? Ek meen van wel.
Magteloos, totaal magteloos staan Van Reenen as woordkunstenaar teenoor
die natuur. Die trekkers mag 'n "veldwasempie" opgevang 't—ons kry nie
eers die ruik daarvan nie! "My hand het net gejeuk vir 'n kwas en verf om
die pragtige kleure op doek of kaart te skilder, maar al had ek die gehad sou
dit my darem onmolik gewees het om uit te druk wat ek gevoel het...." (p.
84). En met die pen kom hy ook nie verder as 'n gestamel oor die
onbeskryflike kleure nie (p. 138). Dit is vir hom "'n soort heligskennis om
die wonderwerke van die Natuur te veel in hulle teenwoordigheid te
analiseer" (p. 152). Daarom moet ons tevrede wees met die kennis, dat hy 'n
lekker pypie daar op die Nek gerook 't, en dat hy nooit moeg word van die
Treurwilgers rondom die damme nie! (p. 85.)
Beskouings oor bou- en skilderkuns, meubilering en musiek word in die
verhaal ingevleg. "'n Mooi sandsteengebou gepleister met sement, soos
klipwerk nagemaak" word die aanleiding om teen na-apery van vreemde
kultuurvorme te waarsku (p. 86). Tussen die sekretaris en Antoon vind 'n
kunsdebat plaas (p. 138 vlg.). As Van Reenen egter meen dat die doel van
die kuns is om "die Natuur akkuraat ... weer (te) gee" (p. 141), dan is hy
nog op 'n dwaalpad.

Page 227

Met die taal sukkel hy ook nog baie. Sy woordskikking en voorsetsels is
telkens verkeerd. "In Switserland[365], elke tien jaar voer hulle 'n toneel op
wat gebeurtenisse in die lewe van die Here Jesus voorstel.... (p. 121); om
aan die datum van die almanak te kyk (p. 102); wat ek voor strewe" (p.
141). Ook 'n hele paar anglisismes kom nog voor: "in herfs (p. 19);
Harrismith Distrik" (p. 154) ens. Gebrekkige taalgevoel blyk o.a. uit die
volgende: "Afrikaans het haar swak punte (p. 119); Basoetoeland wat haar
berge vir ons wys (p. 138); die woede eienaar" (p. 42). Die juffrou M., op p.
153 moet blykbaar deurgaan vir 'n Hollandse, maar "dat berg" het sy tog
seker nooit gesê nie! Hoe weinig "felicity in the flow of words" daar by Van
Reenen is blyk uit kreupelsinne soos die volgende: "Dan kom die
sonsondergang en asof 'n reuse skilder met 'n reuse rooi of rooskleur kwas
die landskap skilder, neem die blou berge 'n rooskleur skynsel aan. Dan
word die kleur meer en meer pers." (p. 138.) Ook die beeldspraak is weinig
oorspronklik: "die deken van die grappe (p. 137); 'n lugkombers" (p. 237).
Beets is ook versot op die banale deken- en mantelbeelde (vgl. XXI). Sou
hy nou werklik gemeen het, dat sy erbarmlike gerymel in dieselfde hoofstuk
vir poësie moet deurgaan?
Die dialoog word meestal gekenmerk deur 'n besonder losse natuurlikheid
en tallose lewendige toneeltjies getuig van groot plastiese talent. Sommige
daarvan is egter skadelik vir die eenheid van die werk en dit geld ook van
enkele langer vertellings, wat die aandag op storende wyse van die
hooftema aflei. Dit is o.a. die geval met hoofstuk XXIV, wat "Herinneringe
uit die Engelse oorlog" bevat. Daar is nog meer sulke uitweidings, wat die
verhaal soms na 'n versameling van los anekdotes laat lyk.

§ 3. Adv. C.J. Langenhoven.

(Sagmoedige Neelsie).

Sonde met die Bure, (1921).

"Die ou wêreld is nou so treurig donker.... Om my dan self 'n bietjie op te
beur—en as ek dit kan regkry, menige ander arme drommel ook wat altemit
teen dieselfde versoeking moet stry om nie maar gedurig miesrabel te voel
nie ... (het) ek hierdie noukeurige en onverbloemde verslaggie geskryf van

Page 228

'n baie gelukkige vakansieplan...." (p. 1-2). Die ou wêreld het té treurig
geword, en daarom sit Langenhoven die hele werskaf onderstebo neer. Sy
bure het hom versondig en nou sê hy: Ek maak soos e k lekker kry en kom
julle nog verder met my lol, dan koggel ek julle almal uit! Dit is so
ongeveer die stemming waarin Neelsie geskryf het.
Sy vrou wou haar nie laat vermaak deur die weelderige leefwyse van haar
bure nie—dit was in die dae van Oudtshoorn se volstruisgloria. Sy het aan
hom gekarring en al sy besware "doodgealmiskie". Hy koop "'n afgeleefde
tremwa" in die Kaap, en toe agtien osse die soort strandhuis nie kon trek
nie, verower hy op 'n sirkusvendusie die olifant, Herrie. Dwars deur die
dorp gaan die tog, Olifantsrivier op. Almal wat hom lastig val raak lelik
gepier. Die burgemeester is eerste aan die pen en sy bemoeisug gee Neelsie
'n kans om sy ergernis oor belastingkwellings te lug. Op Stolsvlakte raak
die pad versper deur die slingerende gevaarte en van weerskante word die
verkeer opgedam. Maar Herrie verwilder die spul met sy gesnork deur 'n
motorbeuel. So ver as Neelsie gaan versondig hy sy bure—maar hulle het
mos eerste begin te lol! En hy slaan nog geld uit hulle ergernis ook om vir
Engela, sy dogter se numodiese klere te betaal! Dit word 'n wraakneming
van 'n getergde man. Die magistraat, Afdelingsraad en geregtelike mag
agtervolg hom, maar moet met hangende pootjies en skoongewaste koppe
stamp-stamp huistoe ry oor 'n omgeploegde pad. In Meiringspoort vind hy
eindelik rus—vir 'n tydlank ten minste. Daar raak hy aan filosofeer oor "al
die nietige ou mensies op aarde" (p. 61) en die wondere van die skepping.
Maar die lekker rooipit perskes, wat gedienstige jongkêrels vir Engela
aandra, laat hom uitvaar teen die nuwe soorte, wat allerhande plae in die
land gebring 't. En 'n stapel koerante maak hom briesend! Vroutjie peuter
aan hom oor sy ongeselligheid en as gevolg praat hy die arme dominee
skoon dronk van pure gasvryheid. Met 'n groot reent raak die kos skaars,
maar die jongkêrels knoop al De Rust se kabeltoue aan mekaar om oor die
kranse van dertienhonderd voet nuwe voorraad en ... Engela se beste vryer
af te hys!
Een van die afdrifsels op die rivier is 'n dronk Hotnot, wat onder die sing
van "God save the King" op 'n stomp afdryf! "Ons het later gehoor dat hy
deur Oudtshoorn se distrik met Olifantsrivier af is, al singende "Rule
Britannia". En die laaste berigte wat van hom bekend is, is dat hy onder

Page 229

Gouritzrivier se brug deur is see-toe met die laaste van sy drie liedere. Dit
was "Home Fires" (p. 93). Kostelike ironie!
Oom Hendrik kom ook aangespoel om 'n goeie spook-storie te vertel. En
met sy vasgereende bure kom Neelsie gelukkig so goed klaar, dat selfs die
arm-blanke-vraagstuk aan sy geselligheid geen afbreuk doen nie. Engela is
ook in die skik met haar uit die lug gevalle vryer en die hele wêreld kom so
stadig aan weer reg.
Skaars is die pad egter rybaar of die "sondesoekery" begint weer. Twee
deputasies kom Neelsie vra om hom verkiesbaar te stel, Prins Albert vir die
volksraad en Oudtshoorn vir die stadsraad. Prins Albert hoop om op die
manier sy paaie ongeploeg te hou en Oudtshoorn sê: "Ons wil hê jy moet so
vas wees in die dorp dat jy nooit weer daar uitkom nie" (p. 118). Dit is die
laaste, maar glad nie die enigste klap wat Sagmoedige Neelsie aan sy
eieliefde gee nie. Die "sagmoedigheid" van hom is sommer bossies. Juis die
manier waarop hy daarmee omspring, sy koddige pogings om kastig eie
vernaamheid te handhaaf en homself te rehabiliteer is een van die
besgeslaagde humoristiese trekke. "Neelsie, ons bring jou De Rust se
groete. Jy weet hoe lief ons jou het. Moenie laat daar iets tussen ons kom
nie.... Bly op Oudtshoorn.... En die beswaar het ek gewaardeer.... En tot
vandag toe het daardie mense my nog lief. Ek moet darem maar 'n goeie
man wees" (p. 46).
Komieklike verdraaiings, woordspelings en paradokse, die eienaardige
nuanse wat hy in geestige maar ook in die eenvoudigste opmerkings lê—dit
is 'n paar middels wat gebruik word. "Soos die ou spreekwoord tog sê, as 'n
mens dom is moet jy slim wees." (p. 6); tafelpote "moet glo op een of ander
manier ongelyk wees om gelyk te wees." (p. 10); "Ek wil nie altyd wil nie,
maar as ek darem nou wil, dan wil ek, of as ek nie wil nie, dan wil ek nie."
(p. 23.) Met 'n paar woorde bereik hy soms 'n mooi effek. Nadat hy 'n
opsomming gegee het van al die swaar goed wat op die tremwa is, voeg hy
so ewe droog by: "En Engela se klere." (p. 48.) Anders kom hy weer met
groot vertoon van erns die mees vanselfsprekende feit vertel: "Engela en
Willem het hulle, met prysenswaardige bedagsaamheid jegens ons ouere
smaak, onderwerp om maar besonders van ons geselskap te bly en met hulle
eie tevrede te wees, by gebreke aan beter." (p. 110.)

Page 230

"The sense of the Comic is much blunted by habits of punning and of using
humouristic phrase: the trick of employing Johnsonian polysyllables to treat
of the infinitely little. And it really may be humorous, of a kind, yet it will
miss the point by going too much round about it."[366] Gelukkig kan dit nie
van Langenhoven gesê word nie. Hy maak 'n spaarsame gebruik van al die
foefies en om die bos loop hy ook nie. Mens kry by hom, wat Meredith
noem "stout animal laughter", maar ook "spiritual laughter".
"Die geagte leser kan glo wat hy wil en as hy nie wil nie kan hy laat staan,"
sê die skrywer in sy voorwoord. Maar die onwaarskynlikheid is in so 'n
verhaal 'n deug. "There is nothing more powerfully humorous than what is
called keeping in comic character ... (i.e.) consistency in absurdity; a
determined and laudable attachment to the incongruous and singular. The
regularity completes the contradiction; for the number of instances of
deviation from the right line, branching out in all directions, shows the
inveteracy of the original bias to any extravagance or folly, the natural
improbability, as it were, increasing every time with the multiplication of
chances for a return to common sense, and in the end mounting up to an
incredible and unaccountably ridiculous height, when we find our
expectations as invariably baffled. The most curious problem of all, is this
truth of absurdity to itself. That reason and good sense should be consistent,
is not wonderful: but that caprice, and whim, and fantastical prejudice,
should be uniform and infallible in their results, is the surprising thing."[367]

Nou is daar nog 'n paar "muggies"[368], wat moet katswink geslaan word,
vóórdat hulle ons slaapsiekte kan gee! In Die Brandwag (15 Mei 1912) het
Langenhoven gepleit vir "sulke handige woorde as: mistyk, baaisikkel,
drein, spiets, toast". In dieselfde artiekel kom voor: papier (krant), gedrop,
hendikep, remnant, op te dres. As 'n takhaar, soos Oom Stoffel in Doppers
en Filistyne praat van "die haai sosaaietie van die dorp", dan het ons daar
vrede mee. Ons sien hom sy neus optrek vir die hele gedoente en hoor in
die klank al sy veragting. Dit is dieselfde beginsel wat hom laat sê Broes
Dekstrooi en Makpaatrie en dit tiepeer die man meteens. Maar die gereelde
gebruik van die sogenaamde "handige woordjies" moet stellig afgekeur
word en dit kan ons met Langenhoven se eie woorde doen: "Sal 'n groot
Afrikaanse letterkunde ooit ontstaan, dan sal hy groot wees omdat hy
Afrikaans is: Afrikaans in sinsbou, idioom, taalgenie, taalopvatting,

Page 231

taalgevoel, taalstandpunt." (t.a.p.). In Sonde met die Bure stuit ons
taalgevoel op: "bargain (p. 16), trieks (p. 18), sake in order bring (p. 22),
kerrietse (p. 36), wybel (p. 98); ons dogter Engela had ook intussen
teruggekom (p. 20); nie alleen dat Vroutjie haar daaraan sou moes
versoen.... (p. 15); Vroutjie gee my weer 'n kyk" (p. 88). En is die vorm aan
die gesels (p. 41) nie veel meer Afrikaans nie as aan 't afkom, aan 't uitspan,
ens.?

Doppers en Filistyne, (1922).

"Nou ja, net soos Delila met Simson gemaak het—gekerm en gekarring tot
sy haar sin gekry het—net so het Soetlief met my gewerk tot sy my
oorgelewer het aan die dorpse Filistyne" (p. 7). Soetlief volg dieselfde
taktiek as Vroutjie. Sy is moeg vir die rustige plaaslewe en dwing dorp toe
om ook in die "adelkringe" te kom. Oom Stoffel, 'n opregte ou takhaar moet
toegee en dan begint die sonde met die dorpse bure, en die dorpse
gewoontes. Alles is "blink bedrog". In plaas van sy koele rietdakhuis trek hy
in "'n moderne ongerieflike verspotterigheid ... wat jy kon omstoot buiten
dat die uitgeknipte blikversierseltjies jou hande sou stukkend sny." (p. 18.)
Van "sonde en ergernis en dorpse modes en dorpse vleis en brood" word hy
dodelik siek. Neelsie jaag hom die stuipe op die lyf en as die dokter hom
wil opereer, slaan hy die kêrel "dwars oor die wastafel" en vlug na die
plaas.
By sy terugkoms begint die spokery met sy buurman Makpaatrie oor die
waterlei-beurt. Steekbaard, die ou plaashond bevlieg die Skotsman, want hy
reken: "'n Vroumens met 'n lang rooi snorbaard en rokkies bokant die kaal
knieë—nee, soiets moenie wees nie" (p. 63), En hy veroorsaak nog meer
moeilikheid deur 'n slagting onder die Skot se "uitheemse soorte bog-
ongedierte".
Die anderkantse buurman was "Ja-mes Wénderbaail". Miesies Ja-mes gee
Soetlief 'n kursus in dorpse beskaafdheid, maar Oom Stoffel hou sy lyf nog
altyd takhaar. Die onderhoud tussen hom en Miesies Ja-mes is 'n
meesterstuk van vlymende satiere. (p. 73-75.) Soos Langenhoven die
verengelste Van der Byl-famielie geteken 't sal hulle bly lewe in ons
letterkunde. Hier is hy werklik 'n "virtuoos van het sarcasme".

Page 232

Neelsie se joernalistieke ervaring kom Oom Stoffel te pas as hy die Taaims-
vaatdoekie aan flenters skeur en die hele redaksie met sy karreekierie
deurloop. Die Progressiewe Hollandse predikant word ook ongenadig
geroskam. As Neelsie met 'n vernuftige varkeberekening bewys, dat Oom
Stoffel koninklike bloed in sy are het skaam die ou hom bitterlik. "Ek het
gedog my peddekrie was skoon"! (p. 113.) Dit is die ou Boeretrots wat met
al sy veragting van uitheemse tietels hier opflikker.
Engela se klererekening bring vir Neelsie "in die verknorsing" en dit gee
aanleiding tot 'n humoristiese hofsaak. Die gedig wat hy in die tronk maak,
het egter onder sy verdrietige stemming gely.
"Die dorpse duiwels se naam is legio" en in die loop van die verhaal kry
meer as een 'n goeie raps onder Oom Stoffel se kierie. Dit word 'n
deurlopende veroordeling van alle nuwe boggedoentes, van die "met blink
klatergoud-beslane doodkis", die "Mayoral Sunday", die ingevoerde
Engelse honde tot die vrot perskes, pere en appels met fensie-name en
fensie-wurms om maar 'n paar te noem. Oor alles moet hy sy takhaar-
wysheid lug, en as hy nie te kwaad word nie, laat hy ons glimlag oorslaan in
'n onbedaarlike skaterlag. Al die nuwerwetse verspotterigheid word met die
ou plaaskierie goed deurgeloop.
Dan kom egter "'n groot versoening ... my ou teëparty is almal bekeerd; wat
my vyande was is vandag my vriende" (p. 136). "Soos met 'n towerslag is
ons gevoelens teen mekaar verander en van onverdraagsaamheid tot liefde
oorgegaan. Makpaatrie en Broes is nie meer uitlanders nie; hulle is
Afrikaners.... Op die ent van vergaderings en konserte sing ek God save the
King uit volle bors ... (p. 67). Die groot versoening het nie alleen van die
Engelse Jingo's Afrikaners gemaak nie, maar ook die Afrikaner-Jingo's
bekeer (p. 86). Voortaan werk Oom Stoffel saam met Miesies Ja-mes by die
verkiesings.
Maar die kastige "versoening" is juis die toppunt van alle ironie! Oom
Stoffel gee homself sy eie doodsteek! Hy het die teëparty so ongenadig
gekneus en gelooi, dat ons voel dat húlle nooit ofte nimmer met hom kán
saamwerk nie. Hoe moet ons dan die psigologiese raaisel van die
versoening verklaar? Delila-Soetlief het die ou takhaar se baard afgeskeer!
Nie alles nie—hy het nog heelparty van sy ou swaap-nukke—maar Soetlief

Page 233

"knip elke oggend (s)y bokbaardjie vir (hom) met die skêr reg volgens die
nuutste S.A.P.-mode" (p 142). En al die tyd verbeel hy hom, dat Soetlief en
sy ou vyande "aan (s)y kant kom staan het en saam met (hom) voel vir die
beginsels en ideale, wat (hom sy) lewe lank besiel het ..."! (p. 141.) So kom
daar 'n vlymende politieke ironie in die boek. En dit is 'n raak hou, omdat
Langenhoven dit reg gekry het om die ou takhaar homself te laat
veroordeel.
"If you detect the ridicule, and your kindliness is chilled by it, you are
slipping into the grasp of Satire. If instead of falling foul of the ridiculous
person with a satiric rod, to make him writhe and shriek aloud, you prefer to
sting him under a semi-caress, by which he shall in his anguish be rendered
dubious whether indeed anything has hurt him, you are an engine of Irony."
[369]
Die "satiric rod" was Oom Stoffel se kareekierie; die "semi-caress" het
van Soetlief gekom.
"The foppish irony fretting to be seen, and the irony which leers, that you
shall not mistake its intention, are failures in satiric effort pretending to be
treasures of ambiguity"[370]. Omdat Langenhoven so goed daarin geslaag
het om ook hierdie fout te vermy, daarom sal die satiere ook vir later tyd sy
oorspronklike frisheid behou, wanneer die politieke koaliesie daarin
gehekel al lank reeds tot die geskiedenis behoort. Hy het self die grootste
gedeelte van Oom Stoffel se ervarings deurleef en kon die oubaas teken in
'n stemming van vergewende spot. Sy humor is soos Höffding sê "das
Gefühl des Lächerlichen auf Grundlage der Sympathie". Al is hy vandag
Oom Stoffel se politieke teenstander, hy het die ou bondgenoot nog lief.
"Der Humor trägt die Versöhnung im Gemüte. Er unterscheidet sich von
dem Witze, dasz er an den Dingen mit denen er spielt einen innigen
Herzenanteil nimmt, und das die Lust des Lachens ein inniges Mitgefühl
der Rührung für das Verlachte begleitet und durchklingt."[371] Die simpatie
behoort Langenhoven in staat te stel om ook die langsame groeiproses van
die versoening in Oom Stoffel se gemoed uit te beeld.
Oom Stoffel word ons voorgestel as 'n ongeletterde takhaar. Sagmoedige
Neelsie, sy neef skuld hom 'n klompie geld en die moet sy spelling en
interpunksie verbeter. Dat Neelsie die Akademie-spelreëls op krietiese wyse
toepas—daaroor sal weinig hom seker berisp; maar van die kommas het hy
seker 'n goeie honderd vergeet. "Inhoud woordekeus en styl"—alles is van

Page 234

Oom Stoffel. Hoe goed Neelsie hom ingeleef het in die psiege van die ou
takhaar blyk uit iedere pagina. Oom Stoffel word vir ons 'n lewende
persoonlikheid. Hy redeneer met die egte boere-logika. "Soetlief het
rooihare. Met 'n rooihaar-ding—of jy hom ruil of koop of aanteel of trou;
hoé jy hom ook kry—steek jy jou in 'n waag." (p. 19.) Dié stelling bewys
Oom Stoffel deur sy ervarings met vosperde. "Onder al ... die klomp was
maar een goeie. Nou kan die leser by homself uitsyfer wat die kanse is
wanneer 'n man 'n rooihaar-ding aanskaf." Dit is 'n raak psigologiese
uitbeelding, wat ons direk tref deur sy egtheid. Ook Oom Stoffel se
gesukkel om die hoe en die waarom van al die dorpse instellings en
gewoontes te verstaan is goed weergegee. "Hoe dít uitwerk weet ek nie en
Neelsie kan my dit ook nie uitlê nie.... Waarom kan die Engelse kerk my
kerk vat en hom uit 'n blote dorp optel en in 'n city neersit?" (p. 29.) Dit is
deur sulke trekke, dat Oom Stoffel lewendig voor ons kom staan. Hy bly nie
in die boek nie. Die dorpelinge het straatlampe, "om hulle op hulle pad hel-
toe te verlig" (p. 34). Die dokter "kap met die punte van sy vingers oral oor
my bors en my maag rond nes 'n houtkapper aan 'n vrot wilgerboomstam"
(p. 46). "Waarom sou ek daardie ou koeie uit die sloot opgrawe en aan hulle
dooi beendere kou en gallamsiekte kry?" (p. 136). "Ou Ja-mes wat anders
so suinig is dat hy 'n vlooi sal afslag en dan die soutkorreltjie viermaal
middeldeur maak om die vel in te pekel" (p. 84). Uit sulke en tallose ander
voorbeelde blyk hoe diep Langenhoven ingedring het in Oom Stoffel se
gedagtewêreld. Oom Stoffel is 'n afsonderlike persoonlikheid. Hy leef, en
hy leef sy eie lewe. Hy praat ook sy eie taal, maar wanneer hy skryf, dan
herken ons af en toe Neelsie se gladdigheid, regsgeleerdheid en humor.
Opvallend is dit nie, maar ons voel dit tog in sinne soos die volgende:
"Maar toe die ou weer met my oor die muur aan 't raas gaan, beskuldig ek
hom dat hy met vrou en kinders en volk, en met die medepligtigheid en
korrupsie en kollusie van ou Broes Dekstrooi, my stelselmatig van my
water besteel." (p. 66.) Só kan 'n ou takhaar nie skryf nie.
Enkele minder gelukkige uitdrukkings kom voor: "gedryfde gelukjag (p.
17); dat ek aan 'n boek aan 't skrywe was"[372] (p. 1); ook 'n paar
anglisismes, o.a. "die doem van die Adamskind (p. 26).
"Ek het geen rede om te dink dat Oom Stoffel Multatuli lees nie," sê
Sagmoedige Neelsie (p. 83 voetnoot). Ons ook nie, maar vir Neelsie self
moet Multatuli in baie opsigte 'n simpatieke skrywer wees. Fonkelende

Page 235

vernuf, bytende sarkasme, 'n voorliefde vir paradokse en soms ook vir oud-
testamentiese wendings, dit en nog meer het Langenhoven met Multatuli
gemeen. Ook sy spelling-opstandigheid en afkeer van "hooggeleerde
akademiese here" en deskundiges herinner ons aan Multatuli. "Die geleerde
mense is alleen geleerd—die verstandige mense is ongeleerd" (p. 135). "Die
land wemel van skitterende deskundiges" (Die Burger, 14 Aug. 1922). En
dat hulle self so weinig presteer en net "die verstandige mense" se werk wil
kritiseer—dit steek Langenhoven in die krop. Is dit nie of ons Multatuli se
uitdaging hoor aan die "hooggeleerde Muurling": "Laat zien wat gij voor
den dag brengt, gij ... geen doctorandus meer, maar doctor, leeraar! Gij,
geen doctor meer, geen leeraar meer, maar hoog-doctor, hoog-leeraar,
leeraar van doctoren, doctor van leeraren, opperleeraar, opperdoctor!" (Idee
279.) "Komäan, hoog-geleerden en zeer-geleerden, lever eens wat volkeren-
wijsheid aan 't volk dat uwe wijsheid in huur heeft, en betaalt!" (Idee 281.)
Sou Langenhoven hom nie met Multatuli vrolik maak nie oor "den armen
speciaal-professor die gestruikeld is over 'n speciaal eigenschapje van 'n
speciaal-atoom zijner specialiteit"? Ons gun hom die plesier, as hy maar
onthou dat 'n kunstenaar nog iets anders is as 'n hooggeleerde.[373] En ons
lag saam met hom oor "taal- en spelling-grille" as hy net nie in ernstige
letterkundige werk daaroor peuter nie![374]

Page 236

VOETNOTAS:
[357] In Die Huisgenoot, Jan. 1921, waaraan hierdie lewensskets ontleen is.
Enkele feite kom uit Die Brandwag, Des. 1918.
[358] Twede druk 1909. Die datum van die eerste druk is my onbekend.
Doppers en Die Boervrou word in hoofstuk X bespreek.
[359] Vgl. Boshoff: Volk en Taal van S.A., p. 76 vlg.
[360] Des. 1918.
[361] Derde druk, p. 31.
[362] Vgl. Richteren 15:15.
[363] Voorwoord by die 3de uitgaaf.
[364] Welt als Wille und Vorstellung II, p. 109.
[365] Bedoel word Oberammergau, wat tog nie in Switserland lê nie. Vollendam
op p. 120 moet wees Volendam.
[366] An Essay on Comedy by George Meredith, p. 65.
[367] English Comic Writers: W. Hazlitt, p. 10. (Bohn's edition).
[368] Sien voorwoord, No. 4.
[369] Meredith, t.a.p., p. 79.
[370] id., p. 83.
[371] Backhaus: Das Wesen des Humors, p. 70.
[372] Vgl. Sonde met die Bure: "En toe gaan ek aan 't skiet aan die haan", p. 24.
[373] Oor die onvrugbaarheid van akademiese professore het Langenhoven hom
herhaaldelik uitgelaat. In Die Banier, Julie 1921, beweer hy selfs, dat dit daarna
lyk of 'n akademiese opleiding vir die vorming van 'n kunstenaar noodlottig is—
wat seker 'n onjuiste bewering is. So 'n opleiding "het uitgeloop, nie op 'n
mislukking nie, maar op 'n sukses: op die sukses van 'n beoogde mislukking,
want hy was opsetlik bereken om te misluk"! Vir sulke spitsvondigheidjies is
Langenhoven maar àl te lief!

[374] Vgl. b.v. Ons Weg deur die Wêreld2, p. 81: "gesteelde—nee, gestole moet
ek sê—...." In Aan Stille Waters is daar ook spellinggrappies.

Page 237

HOOFSTUK VII.

Page 238

Didaktiese Prosa.
§ 1. Adv. C.J. Langenhoven.

Ons Weg deur die Wêreld I, IV, VI, IX.[375]

Die eerste afdeling: Naarheid en Waarheid bevat aforismes. Bestaande
spreekwoorde word aangevul, verbeter of ontken. "Dis wáar, klere maak nie
die man nie. Maar slordigheid nog minder." "Een swaaltjie maak geen
somer nie. Hy maak nie eers 'n nes nie." "Daar mag halwe eiers wees wat
beter is as leë doppe, maar die halwe eiers wat naar my koers toe gekom het
was nog altyd vrot." 'n Groot aantal spreuke is woordspelings: "Om te weet
is net so maklik as om nie te weet nie. Wat swaar is, is om te weet wát jy
weet deur te weet wat jy nie weet nie." In andere klink daar 'n sarkastiese
toon: "In 'n vrye land behoort elke koerantskrywer die reg te hê om
dwaasheid te verkondig." Die sonde-met-die-bure-motief is hier ook
aanwesig: "Dis makliker om die gemeente lief te hê as jou buurman, en die
hele menslike geslag as jou vrou se famielie." Oom Stoffel sal seker instem
met die volgende: "As die son nou met die beskawing wil saamgaan, moet
hy in die nag skyn wanneer die mense wil wakker wees en in die oggend
ondergaan wanneer hulle wil slaap." "Vroutjie" se redeneerkuns word so
getiepeer: "Oortuig 'n vrou dat sy nie reg is nie, sy klap jou om met simpel
almiskié."
Die spreuke is 'n pittige samevatting van die skrywer se lewenswysheid.
Daar is raak opmerkings, wat getuig van 'n helder, logiese gedagtegang en
'n uitgebreide ervaring; nuwe waarhede, op pakkende wyse uitgedruk; ou
waarhede, in 'n nuwe, oorspronklike vorm. As voorbeelde van sy kernagtige
styl kan die volgende dien: "Waar die vader op 'n donkie gery het en die
seun op 'n galop, kry jy die kleinkinders te voet." "Kleinserigheid is die
voorkant van seerkleinigheid."
In die Ligte Leekprekies (IV) is daar 'n preek vir kinders oor wedywer. "As
julle nie weet wat kompetiesie is nie, soek 'n handvol koring en gooi die vir

Page 239

'n klompie hoenders. Dan sal julle kompetiesie sien." (p. 71, Derde druk.)
Die verskille tussen "hoender- en mens-kompetiesie" word dan uitgewerk
na aanleiding van wedywer op sportgebied. Die deurmekaar Engels en
Hollands pratery "is my skoolmeester se skuld" verklaar Langenhoven.
Mooi is dit seker nie!
In 'n Preek vir Nooiens word die deugde van die voorouers teenoor die
hedendaagse nuwighede geplaas, en die vergelyking val nie ten gunste van
die laaste uit nie, soos blyk uit die volgende lang-asem sin met sy
komieklike nadraaitjie: "En onse jonge dogters begint in te teken vir ryk ge-
illustreerde mode-joernale en 'n aangeleerde smaak te ontwikkel vir
bloedsomloop-versperrende nou-ryg borste-rokke, voet-martelende en
senuwee-renewérende spyker-polfytjies; vir die gesig-belemmerende wa-
wiel-hoed en die bene-belemmerende hobbelskirt; vir die lae-nek blous en
die ope-werk kous." (p. 80.) Teen die wedywer in huweliksgeskenke word
ook protes aangeteken: "Maar onder die teenswoordige opjaagvendusie wat
van menige bruilof gemaak word, weet jy nie watter geskenk 'n
konvensionele pligvervulling verteenwoordig en watter werklik van harte
gemeen is nie...." (p. 83).
In Beweging word die ontwikkeling van ons vervoermiddels geskets en die
voorgeslag verheerlik: "Baie van ons voorouers had stoomharte by die
remskoenwaens; baie van ons het remskoenharte by die stoomwaens." (p.
88.) Al die menslike voertuie is egter onvolmaak, wanneer dit vergelyk
word met een "deur die liewe God gemaak." "So stil, so absoluut eengalig,
loop die ou aarde wat vir ons oor en deur die peillose afgronde van die
hemelruim veilig meevoer, dat die oorgrootste meerderheid van die
mensdom vandag nog oortuig is dat sy dood-stil bly staan in een plek,
beweegloos, roerloos." (p. 89.) Die aarde is "ons ou moeder-wa" waarop die
lewensreis afgeleg word. Dan ontstaan die vraag: "Waarheen? Waartoe?
Waarom?"
In die kinderprekie oor Ideale word die volgende spreuk nader uitgewerkt
"Die grootste gebeurtenisse in die geskiedenis van die wêreld is maar die
oeste van ongesiene gedagtesaadjies."
In die sesde afdeling word Die Betekenis van Opvoeding op aanskoulike en
helder wyse uiteengeset en nagegaan wat Die Kenmerke van 'n goeie

Page 240

Toespraak is.
In die negende afdeling, waaraan die boek sy naam ontleen, tree
Langenhoven op as 'n gids op Ons weg deur die Wêreld. In 'n honderdtal
kort prekies, elkeen voorsien van 'n pittige teks word onderwerpe van 'n
groot verskeidenheid behandel. Daar is preke oor die mode, dronkenskap,
skindery, politiek, sedelike kwessies, ons eksamenstelsel, opvoeding,
skuldmaak, fariseïsme, liefdadigheid, eerlikheid, borgstaan, godsdiens, die
dood. Ook maatskaplike vraagstukke, soos die verhouding tussen kapitaal
en arbeid word bespreek. Hy probeer om homself en sy bure grondig te leer
ken. Hoe moeilik die ken jouself is, weet hy maar al te goed: "Die enigste
mens in die wêreld wat in die posiesie is om jou te beoordeel is jyself, maar
jy is die onbevoegdste, want jy is tegelyk regter en beskuldigde. Jy alleen
kan in jou hart inkyk: maar ongelukkig dis jy wat inkyk—die baas en
dienaar van die hart." (72.)
Op sy weg deur die wêreld vind hy baie dinge wat verkeerd is, maar tog bly
hy optimisties: "Laat ons moed hou, maat, die ou wêreld is darem nie so
sleg nie!" (92.) "Die grote waarhede van godsdiens en wetenskap en
idealisme en vaderlandsliefde: immers dié regeer die wêreld." (id.) Tog
moet hy af en toe peins oor die volmaakte wêreld, wat sou ontstaan as die
menslike natuur anders was: "Veronderstel die hele mensdom sou volkome
waarheid-sprekend word, wat sou almal nie win daarby nie!" (50.) "Die
wêreld kon 'n soort van lushof gewees het waar ons al singende en
huppelende 'n lower-beskadude en bloem-bestrooide weg vervolg het van
ons wieg tot aan ons graf." Maar ons moet "met skaamte bely: ... Alles is
hier skoon en edel en groots behalwe die inwoners." (53.)
Enkele volkstiepes word raak gekarakteriseer; in nommer 10 die man wat
by alles voor-op-die-wa wil wees, in 64 die lastige kuiergas, wat "nie gesels
nie, maar gesels-maak". In 78 kom een van die weinige anekdotes voor,
want die direkte preektoon word maar uiters selde deur 'n verhaal
onderbreek.
In die honderdtal preke vind ons veel wat fris en oorspronklik is, en selfs
die ou waarhede word op 'n besonder persoonlike wyse uitgedruk, sodat dit
prikkel tot nadink. "As jy op trou staan sal jy geen goeie raad aanneem nie,
en as jy op sterwe lê sal jy dit nie kry nie." (14.) "My liewe man, moenie

Page 241

vrees vir jou dood nie: vrees vir jou lewe. By jou dood sal jy verby kom: hy
sal nie te swaar wees nie; want as hy te swaar sou wees, sou hy onmooglik
wees; en as hy onmooglik sou wees, sou jy onsterflik wees. Wees gerus oor
daardie laaste plig wat van jou gevorder sal word op die aarde: jy sal nie
kortkom nie—daardie laaste skuld sal jy betaal tot op die uiterste greintjie
van die uiterste penning" (55). Dit is deur so 'n ongewone manier van sê,
deur sulke verrassende wendings, dat Langenhoven meestal daarin slaag om
ons aandag vas te hou, want sy preke is pure pit-kos, wat nie in oomblikke
van verstrooiing moet gelees word nie. Die oorvloedige gebruik van
abstrakte begrippe, die epigrammatiese styl met sy vernufspelings,
paradokse en parallele sinsbou vorder die grootste opmerksaamheid van die
leser. "'n Bekwame booswig sou minder van 'n booswig gewees het als hy 'n
onbekwame booswig was. Dáár, o mens, is jou kostelikste besitting: jou
karakter wat jou bekwaamheid bekwaam kan maak ten goede" (68). "Die
meeste wyse mense wat ek nog raak geloop het is dom mense, en die
meeste slim mense dwaas" ens. (9). "Al ons geluk is verbeelding en alle
verbeelde geluk is geluk" (Aan Stille Waters). "Leugenliewende
waarheidgierigheid (92), die ontsag vir sy gesag (93), die onreg dat 'n ander
die reg ... het" (77)—vir sulke knal-effekte is Langenhoven besonder lief.
Dat hy met sy puntige gesegdes soms 'n mooi indruk maak is seker; maar
die vuurwerk van sy vernuf verteer ook soms die gedagte wat hy wil uit. Op
die manier gaan die eenvoudigheid wat hy bo-alles na streef verlore. "Die
eenvoudigste sprekers, die eenvoudigste skrywers, is die wat die diepste,
diepste denkers is.... 'n Suiwere gedagte, 'n suiwere waarheid, is van self
soveel wêrd dat hy die beste indruk maak as hy op sy eie verdienste, op sy
eie waarde, ten toon gestel word in plaas van deur 'n misdamp onduidelik
bespeurbaar te wees." ('n Goeie Toespraak.)
Op enkele minder gelukkige taalvorme kan hier nog gewys word: "Die man
wiens raad (21 et passim); toe hulle van alle invloede van Kerk en Skool en
Wet ontstoke was (27); die taktieke voordeel (37); meineders (85);
verrottenheid (86); om te wanregeer (91); ons beweeg die graaf in die grond
in" (p. 85, Derde Dr.). Die woordskikking is soms foutief o.a.: "Anders
maklik kan jou eie redenasies jouself naderhand ... verlei" (p. 218). Troebel
is die volgende beeldspraak: "die lente van nuwe lewe en bottende,
bloemende, bloedgalop." (p. 90, Derde Druk.)

Page 242

Afgesien van die storende gebruik van Engelse woorde soos: dres, mistyk,
blackmailer, safe, snobbery, jollie, shabby, independent, ens. is die aantal
anglisismes taamlik groot. Die volgende voorbeelde is aan afdeling IX
ontleen: "'n Klassiek van die literatuur (12); in growwe opsigte (20); naar 'n
gevolgtrekking te spring (21); op die lange baan verydel die luiaard sy eie
doel (25); sy professie van reine bedoelings (37); nou en dan trek ons 'n
blank; om deliberaat meineed te pleeg (48); raar (Eng. rare) (52); die eerste
plig is die makliker plig (61); die wilde-hawer-saaiers in hulle jeug ...; sy
iedere woord (71); die ou vriende van jare lange stand" (83). In 'n Goeie
Toespraak hoor ons van welsprekendheid, wat platval (p. 216). Ook in die
sinsbou stuit mens op Engelse wendings.
Uit die reeks artiekels Aan Stille Waters kan ons Langenhoven se
letterkundige opvattings leer ken. "Die hedendaagse Europese dekadensie
van die kubiste en futuriste en impressioniste (volgens wie 'n ding moet
lelik wees om mooi te wees)" moet nie "aan ons Afrikaanse waarheidssin en
eenvoudsgevoel ... af(ge)smeer" word nie. (Die Burger, 14/8/22.) In
dieselfde artiekel spreek hy hom teen 'n beroepstoneel uit: "Ek (sou) liewer
ons kultuur op die gebied van die drama onontwikkeld sien bly as dat ons
beroepsbeoefenaars sou hê.... Ek hoef nie meer te sê nie as dat volgens my
insigte 'n klas van beroeps-vermaak-skaffers nie tot genoeg nut vir die
samelewing is om op te weeg teen die besware wat daar in te bring is nie."
As 'n beroepstoneel niks anders dan "vermaak-skaffers" oplewer nie, sal
baie die bewering seker onderskryf; maar van 'n goeie toneelspeler verwag
ons tog veel meer dan bloot vermaak! Ook "vir die gewone mens" moet die
kuns méér wees as "ontspanning ... tussen die harde en dikwels onlieflike
pligte van die lewe." (28/8/22). Maar hoe hoog Langenhoven sy roeping as
kunstenaar opvat, blyk uit die volgende: Vir die kunstenaar sal die kuns "nie
'n afwisselende tydverdryf wees nie; dit sal sy hele lewe wees." (id.)
Die Bybel, die psalms en gesange is vir hom die toppunt van alle bereikbare
skoonheid. "Hy (d.i. Langenhoven) haal uit die Bybel aan, omdat hy van
geen letterkunde in die wêreld weet wat, as 'n saak van blote verhewenheid
en skoonheid, in die verte daarby kom nie; en uit ons Psalms en Gesange,
omdat hy van niks in die Nederlandse lettere weet wat daarby kom nie"
(31/7/22).[376] By so 'n uitspraak het die gewyde inhoud van die
aangehaalde werke met hul geheiligde herinneringe seker swaar geweeg.
Veral die gekursiveerde stelling wek verwondering, want wanneer die

Page 243

Bybel, weens sy unieke posiesie as die geïnspireerde Woord buiten
beskouing bly, dan is daar tog seker genoeg geestelike liedere wat 'n
vergelyking met die offisiële gesange glansryk kan deurstaan.
Langenhoven se ideaal is om 'n boek te skryf "wat genot verskaf by die
veewagterskraal en nie benede die aandag van die hoogsgeleerde
uniwersiteits-professor (is) nie." (12/6/22). "Skryf ek vir die geleerde
mense, met die veronderstelling van kennis en ontwikkeling wat hulle reeds
klaar besit, dan word ek vir die grote meerderheid van die volk onleesbaar
—dan kan hulle geen vattigheid by my kry nie. Skryf ek met die oog op die
onbevoorregtes, waar my hart van jammerte en medelye is, dan loop ek die
gevaar dat teen die hoof van my nasie die vernederende vreemde verwyt
kan geslinger word: Julle is onbeskaaf; julle kultuur is benede die
hedendaagse ontwikkelde peil" (id). Die "versoening tussen hierdie twee
teenstrydige uiterstes" vind hy in die Bybel en by Homerus. "Daarin is die
verhewenste bereik waartoe die kuns van die lettere in staat is, en bereik
langes die weg van die allernederigste eenvoud."[377]
Duidelik word sy didaktiese standpunt uiteengeset in Hoe skryf 'n mens?
(17/14/22). "Wat ons roeping en plig is, ons wat skryf, is om naar ons broers
om te kyk wat die opvoeding van node het wat aan hulle in hulle jonge dae
weerhou is en wat hulle nergens anders kan kry nie as by ons.... Met ons
boeke, met ons tydskrifte, met ons koerante, behoort ons veral diegene te
help wat hulle nie self kan help nie." Langenhoven streef na
gemeenskapskuns. Sterk ontwikkel is by hom die liefde vir die massa, vir
"die onbevoorregtes, waar (s)y hart van jammerte en medelye is." Op hom
is die woorde van Frans Bastiaanse toepaslik: "Als een kunstenaar zoo veel
houdt van die massa-idee als een ander bijv. van zijn geliefde of zijn
moeder kan houden, dan kan die massa-idee in hem dien ontroeringsstaat
wekken, die tot het kunstenaarsschap aanleiding geeft."[378] Langenhoven
begaan egter die fout om aan àl ons skrywers 'n didaktiese dwang op te lê
en in sy ywer en liefde vir die "arme sukkelaars op die nederigste onderste
sportjie" vergeet hy, dat die waaragtige kunstenaar geen skoolmeester is
nie. Die waaragtige kunstenaar is iemand wat deur skoonheid ontroer is en
wat die wondere gawe besit om sy ontroering in taal of klank of kleur of
marmer so te uit, dat die oorspronklike verrukking wat hy by sy
skeppingswerk ondervind het, vir ander navoelbaar is. Dat daar van alle
goeie kuns 'n veredelende werking uitgaan, is vir die kunstenaar iets

Page 244

bykomstigs; doel mag dit nooit wees nie. "Het primaire van een kunstwerk
is de ontroering die er in schuilt, en of die ontroering bij den kunstenaar nu
gewekt wordt doordat hij haar krijgt uit het massa-sentiment, of door het
natuurleven, of wat dan ook, dat blijft ten slotte hetzelfde, mits de diepere
ontvankelijkheid en het kunstenaars-temperament er zijn."[379] 'n Kristen-
kunstenaar b.v. sal in sy werk, ja m o e t as dit eg is, sy godsdienstige
gevoelens openbaar, omdat hy in 'n kunswerk vorm gee aan die innerlikste
roersels van sy wese. Maar as die self-openbaring van die Kristen-
kunstenaar ontstaan, nie uit 'n suiwer-estetiese drang nie, dog met die
bedoeling om ander te bekeer, dan word dit 'n preek, wat met kuns niks te
maak het nie. As die Kristen alleen uiting gee aan sy godsdienstige
ontroering en alleen daardeur gedryf word tot skepping van sy werk, dan
kan dit kuns wees. Op dieselfde wyse kan iemand wat diep ontroer is deur
die nood en behoefte van ons arm blanke, soos Langenhoven b.v., kuns
skep wat hul harte sal raak. Maar gaat al ons skrywers nou voor hul
skryftafels sit met die bewuste, vooropgestelde doel: Ons moet "die
duisende onbevoorregtes van ons volk", wat nou vir die eerste maal boeke
in hul eie taal kan lees, help, tot 'n hoër trap van beskawing ophef, dan kan
daar wel goeie didaktiese verhandelinge, ens. ontstaan, skoolboekies vir
grootmense, maar nooit ofte nimmer kunswerke nie. Eenvoudig omdat kuns
nie gefabriseer of gekommandeer kan word nie, omdat kuns sy ontstaan
dank aan 'n spontane ontroering van 'n begenadigde eenling. "An essential
in creative art is the artist's temperamental absorption in his own work. Art
in that respect is essentially aristocratic, however democratic its appeal may
be. That is what Meredith meant when he said, 'Do not democratize
literature'. Beer or blankets or biscuits or braces may be manufactured to
please the taste of the average man, but art cannot be so dealt with under
penalty of losing its quality as art."[380]
Langenhoven beweer: "Die meesterstukke van die wêreld, die klassieke wat
die toets van die tyd deurgestaan het, is nie dié wat te hoog vir die volk was
nie, maar juis die wat elementaal (verstaan: elementêr) was en hulle beroep
gemaak het op die ewige gevoelens en behoeftes en ervarings van die
ongekunstelde volkshart." (17/4/22). Om dié snaakse bewering te bewys,
neem hy die Bybel as voorbeeld. Maar afgesien van sy letterkundige
waarde, wat ongetwyfeld groot is, het die Heilige Skrif deur sy
godsdienstige inhoud só 'n bevoorregte posiesie, dat daarop geen argument

Page 245

kan gebou word nie. Shakespeare, Dante, Vondel—aan sulke kunstenaars
moet ons die bewering toets. Hulle was en is nog altyd "te hoog vir die
volk", soos in hoofstuk II al aangetoon is. Dit is pure onsin om van 'n
kunstenaar te verwag dat hy hom na die publiek moet rig. Hy moet
eenvoudig getrou wees aan die innerlike stem, aan die heilige ontroering,
wat die skepping van kunswerk vir hom tot plig maak.

"Wer den Dichter will verstehen
Muss in Dichters Lande gehen"

sê Goethe. "Dat is een wet van alle tijden voor de poëzie.... Een dichter
moet in niets anders leven dan in de aandoening, in de idee die hij aan het
dichten is. Hij moet niet met zijn verstand een geleidertje bij zijn werk
zetten, dat toekijkt of hij wel zoo schrijft dat vele menschen het zullen
kunnen lezen. Dan is de toestand niet zuiver meer en is de poëzie
vertroebeld."[381]
Met dit alles word volstrek nie beweer, dat die kuns buiten die maatskappy,
buiten die volk hoef te staan nie. "Goede en groote kunst heeft steeds in de
maatschappij gestaan; al werkt ze niet rechtstreeks op de massa, zij is en
blijft een macht in de gemeenschap. Het voortbrengen van goede, groote
kunst is iets zeer persoonlijks en individueels. Als toevallig dat persoonlijke
en individueele dwingt tot het scheppen van gemeenschapskunst, prachtig!
Maar zoo iets opzettelijk aan te kweeken of bij politieke leuze voor te
schrijven is een dwaasheid. De hoogste en teerste en tevens machtigste
kunst oefent haar levenden invloed rechtstreeks meestal slechts in beperkten
kring, zal wel zeer zelden spreken tot het gevoel en begrip van de grove
massa...."[382]
Laat dié kunstenaar wat deur sy innerlike geaardheid en natuurlike aanleg
tot gemeenskapskuns geroep word, dit voortbring; maar laat ons dit nie as
enge dogma aan almal voorskryf nie, want iedere waaragtige kunstenaar
dien die mensheid op sy eie manier. Kloos sê: "Een gedicht is de
individueelste expressie van de individueelste gevoelens", en Adama van
Scheltema se formulering is presies die teenoorgestelde: "Een gedicht moet
zijn een muziekstuk van woorden en gedachten, dat door zooveel mogelijk
onzer medemenschen kan worden gevoeld en begrepen."[383]. Tog het albei
skoonheid geskep. Maar die indiwidualis, wat in stryd met sy roeping die

Page 246

hele gemeenskap wil dien met sy kuns gaat ten gronde. Ons hoef alleen aan
Gorter te dink. En didaktiese kuns wat nie is "ontvangen en geboren uit de
onweerstaanbare schoonheidspassie, gesteund door kennis en arbeid" kan
wees "leerzame propagandistiese lectuur ..., maar dat gaat voorbij, daaruit
vloeit niet de koesterende warmte van het stralend vuur, the joy for ever."
[384]
"Even in novels of a superior order, which may be marked by some
psychological insight, atmospheric truth, and a highly consciencious
exposition of character and motive, we find that the didactic touch often
robs the story of the qualities of flexible grace and naturalness which are
essential to fine craftmanship."[385]. Dit is 'n waarskuwing wat ons
kunstenaars gerus kan oorweeg.
Gelukkig hoef ons in Suid-Afrika voorlopig nie te vrees vir
indiwidualistiese verwildering nie. Ons kunstenaars sluit hul nie op in
ivoren torens, gaat nie op in egoïstiese aanbidding nie, maar staan in die
middel van die volk. En as daar nog baie onbevoorregtes is, wat selfs ons
nasionale kuns nie kan waardeer nie, dan is dit omdat die weg tot ware
kunsbegrip lank is. Deur aan die volk hul moedertaal op die skool te gee het
Langenhoven die enigste weg ingeslaan waarlangs hul gelei kan word tot 'n
waardering van egte kuns.[386]

§ 2. Dr. C. Louis Leipoldt.[387]

Praatjies met die Oumense, (1918).

Die grootste gedeelte van die bundel bestaan uit 'n populêr-wetenskaplike
behandeling van mediese onderwerpe, soos kanker, geslagsiektes en die
drankkwessie. 'n Vyftal opstelle behoort egter tot die didaktiese literatuur.
Die Praatjies is geskrywe "om oumense, veral die wat ouers is, aan te spoor
om vir hulleself te dink".[388] Groot nadruk word gelê op die
noodsaaklikheid om logies te redeneer en die skrywer toon dan ook dat hy
dié kuns goed verstaan. Sy rustige betoogtrant munt uit deur klare
eenvoudigheid. "Soos dit nou gaan, is die meeste gepraat selfs oor
belangrike sake net maar babbelpraat, omdat diegene wat in die bespreking
deel neem nie die moeite gedoen het om vooraf die feite, wat op die
onderwerp van toepassing is, te leer ken nie." (p. 17.)

Page 247

Die kuns om te lees, verbeelding, opvoeding, vryheid en verdraagsaamheid
—dit is die didaktiese onderwerpe wat behandel word. Sy pleidooi vir 'n
suiwer Afrikaanse beeldspraak verdien die aandag: "Ons hoef vir geen nasie
agter te staan nie, wat vergelykenisse, geput uit ons natuur, ons geskiedenis,
ons alledaagse lewe, betref, maar waar sien of hoor jy dat ons publieke
sprekers van sulke nasionale beelde 'n algemene gebruik maak?" (pag. 43.)
Telkens word Multatuli met groot ingenomenheid aangehaal en die lesing
van sy werk aanbeveel[389]. 'n Paar van Leipoldt se denkbeelde is taamlik
rewolusionêr en sal, deur ons land ten minste, seker 'n klein Multatuliaanse
"rilling" laat gaan. Hy is 'n teenstander van godsdiens-onderwys op skole.
"Is dit nie veel beter nie om uit die Bybel te put stories en stukkies wat 'n
rein opvoedkundige waarde het, en dit voor te dra in die skool as deel van
die algemene geskiedenis soos dan ook die Herbartse volgelinge dit doen?"
(p. 84.) Sendingwerk beskou hy as 'n uiting van onverdraagsaamheid. Die
sendelinge is "uitstekende, mensliewende persone.... En tog, dieselfde
beminnelike mense gaan naar ander mense, wat nie juis bely wat hulle bely
nie, en kwets die mense in hulle diepste en heiligste gevoelens op 'n manier
wat hulle van jou en my nooit sal verdra nie." (p. 150.) Op p. 34 is sprake
van "die middeleeuse hipotese van erfsonde" en "die predestinasie of
verdoemingsleer van die Kristelike kerk." Predikante en prokureurs kry 'n
opslagskoot op p. 16: "Die meeste van ons is geneig om die deskundige te
wantrou. Daar is net twee van die soort mense aan wie onder ons mense 'n
algemene roem toegeken word, naamlik die predikante en die prokureurs,
en op die keper beskou is hulle deskundigheid tog maar van die minste
waarde"!
Leipoldt se helder prosa bevat ongetwyfeld 'n belofte. "Ek weet dat wat ek
aanvoer van belang is vir ons volk, en dat dit algar dinge is, waaroor 'n
verstandige mens behoort na te dink" verklaar hy in sy voorwoord. Die
waarde van sy Praatjies lê daarin, dat dit 'n aansporing tot selfstandig dink
bevat. Op enkele minder gelukkige taalvorme kan nog gewys word: "Ons
herinner, hoe sy ewe manmoedig ... pal gestaan het (p. 12); as ek dus iets
verbeel (p. 29); hy is een van die mense wat ... die naam van mistiek mag
dra" (p. 32). "Die strikte onderwyser" (p. 87) en "vandag is ons begrip nog
geverwe deur gewoonte" (p. 145) is anglisismes.

Page 248

§ 3. G. Jordaan.

G. Jordaan vertel in Die Muurkassie (1919) hoe Oom Andries "deur
oppassendheid en sorg ryk geword het". Hy hou vas aan die voorvaderlike
gewoontes en gereeld kom die Bybel uit die muurkassie. As klein Andries,
uit wie se jeug allerlei awontuurtjies meegedeel word, egter groot is, trou hy
met Florence McWire. Hy word een van die "society-mense" en dit duur nie
lank nie of die muurkassie word die bewaarplek vir kaarte en brandewyn.
Armoede volg en na 'n beskouing oor die arm-blanke-kwessie roep die
skrywer sy lesers, "wat ook grond geërf het van hulle ouers" toe: "Daar kom
'n stroom van immigrante uit Europa. Vele oë is op die erwe van die
voorgeslagte (die plase van die boere). Laat ons met rotsvaste beslistheid
Naboth nasê: Dit zij verre van mij dat ik u geven (of verkopen) zal de erve
mijner vaderen!"

Jordaan "skryf as gewone boer aan (s)y landgenote"[390] 'n eenvoudige
lekeprekie oor 'n aktuele kwessie. Ter afwisseling vertel hy 'n paar grappies:
Oom Willie val in die stampkarring, Oom Andries in 'n bad water, ens.
Maar sy waarskuwing is ernstig, en ofskoon van geen letterkundige, seker
van kulturele belang. Hy is ook die skrywer van: Hoe zij stierven.

VOETNOTAS:
[375] Twede Dr. 1919. In afd. IX word by sitate die nommers van die stukke
aangegee. Waar nie vermeld nie, word volgens die twede druk gesiteer.
[376] Ek kursiveer.
[377] Ek kursiveer.
[378] E. D'Oliveira: De Jongere Generatie p. 93.
[379] t.a.p., p. 94.
[380] Edward Garnett: Friday Nights, p. 257.
[381] D'Oliveira, t.a.p., p. 233. P.N. van Eijck.

[382] Prof. Dr. J. Prinsen: Handboek2 ens., p. 554. Ek kursiveer.
[383] D'Oliveira, t.a.p., p. 211.
[384] Prinsen, t.a.p., p. 671.

Page 249

[385] Garnett, t.a.p., p. 265.
[386] Vgl. my artiekel oor die kwessie in Die Huisgenoot, Aug. 1922. In sy
repliek (Die Burger, 4/9/22) slaag Langenhoven daar nie in om die persoonlike
element buiten die kwessie te hou nie. Dit word 'n kriewelrige filippika teen
"akademiese Fariseërs" en "skrifgeleerde ape", onder wie Kloos, Van Deyssel,
Van Eeden en Robbers gereken word!! Hoe weinig begrip Langenhoven van die
letterkundige kritiek het, blyk o.a. uit die volgende: "Die grootste vyande van
alle kuns is die katedrale (sic!) kuns-eksperte." Die feite wat ek aangevoer het
bly onaangetas staan, soos in een van die volgende nommers van Die
Huisgenoot aangetoon word.

[387] Vir 'n lewensskets kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar: Taal en Poësie2
ens, p. 300 vlg.
[388] Voorwoord.
[389] O.a. p. 88.
[390] Voorwoord.

Page 250

HOOFSTUK VIII.

Page 251

Dierebeskrywing.
§ 1. A.A. Pienaar. (SANGIRO).

Sangiro is in 1894 in die distrik Pretoria gebore. Op elfjarige leeftyd het hy
met sy ouers die voortrek na Duits-Oos meegemaak. Groot was die
ontberings op die lang trek van die kus af na Kilimandjaro. Eers was dit
malaria, toe vrek die trekdiere en eindelik was al die voedselvoorraad op—
verweg in wilde bosstreke, waar niks te kry was nie. Kort na die aankoms
by Kilimandjaro, waar toe al 'n paar Boerfamielies was, is twee van sy
broers dood aan die gevolge van malaria en die ontberings langs die pad.
Daar was geen ander maats naby die plaas nie en dus het hy alleen
opgegroei tussen die diere. Van die tyd vertel hy: "Die grootste plesier het
toe nog bestaan in die jagawonture en die doodskiet. Maar ek het baie behae
daarin geskep om jong wilde diere lewendig te vang en aan my gewend te
maak. Daardie eerste jare was 'n gedurige worsteling om die vee snags teen
roofdiere te beskerm. Dié werk het hoofsaaklik op my gerus. Deur gedurige
aanraking—jag en naspoor gedurende die dag en opsit in die kraal snags,
het ek natuurlik 'n baie intieme kennis van die roofdiere veral gekry. Hierdie
lewe het vier jaar geduur. Toe is ek na Suid-Afrika om te studeer.
(Heidelberg, Tvl. en Stellenbosch). Toe ek in 1917 gaan kuier na Duits-Oos,
was my lewensbeskouing baie verander. Ek het dit nou swaar gevind om
wild dood te skiet, en het die jag alleen nog geniet wanneer dit gevaarlike
teenstanders, soos die leeu en renoster geld. Die grootste plesier het ek nou
daarin gevind om die diere in hulle eie omgewing gade te slaan. Die
gebeurtenisse in my boekie het gedurende hierdie twee jaar plaasgevind.
Die stories is waar. Die leeus het ek 'n weeklank elke maanlignag sit en
beskou uit 'n boom. Ek kon elke beweging bespeur en later weergee in my
boek. Die jagters wat daarin voorkom is my broer, ('n jonger een) en ek
self."
In 1920 het Sangiro aan die Stellenbosse Uniwersiteit gegradueer. Hy is nou
op die redaksie van Die Burger, en uit die blad is sy sketse Uit die Lewe
bekend. In 1921 het van hom verskyn: Uit Oerwoud en Vlakte, Sketse uit

Page 252

die Oos-Afrikaanse Dierewêreld[391]. Daarvan vertel hy: "Die boekie is
geskryf in Quarta, Stellenbosch, waar 'n groot verlange na die wildernis van
my besit geneem het, sodra ek in 1918 weer teruggekeer het uit Duits-
Oos.... Ek kan dit nie help nie, maar ek het 'n gedurige heimwee na die
wildernis—nou ook weer." So skryf Sangiro net na sy terugkeer van 'n lang
jagtog. Die jag was egter bysaak en die volgende keer neem hy miskien net
sy kamera saam. Sangiro is die bynaam wat die Kaffers hom gegee het.

Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld.

M.H. van Campen het opgemerk, dat in die loop van die eeue die
beroemdste skrywers die dierewêreld "nimmer om zich-zelfs-wil in literaire
kunst" uitgebeeld het nie. In die Pancatantra, die fabels van Aesopus, die
Reinaert-sage en ook vir La Fontaine is die dier alleen van belang "voor
zoover het als acteur te gebruiken viel, wien een menschelijke rol kon
worden toebedeeld."[392] "Zeer zeker ging al dezen schrijvers het
eigenaardige van het dier-leven niet onopgemerkt voorbij, maar dat leven
zagen zij niet als een schoonen stroom, machtig, diep en hunner aandacht
ten volle waardig, ook al hadden zij er nooit de spiegeling van der
menschheid gelaat in gezien.... De dieren spelen (in de Indo-Europeesche
dierensage) wel de eerste rol, maar die dieren denken en handelen met
menschelijk verstand, die dieren zijn verkapte menschen, zijn menschen in
een dierenhuid gestoken, gelijk in Rostand's Chantecler." Natuurlik erken
Van Campen dat "door spel en tegenspel dezer als 't ware psychologisch-
kunstmatige en niet naar de doorgronde-werkelijkheid gebeelde dierfiguren,
tafereelen van tot schoonheid gestegen schalkheid, satyre, wijsgeerig en
mensch-kundig inzicht ontstaan (zijn), die voor geen andere werken van
letterkunde onder hebben te doen."
In die diere-epos en diereroman van ons tyd word die dier om sy eie ontwil
uitgebeeld. Jack London se Pittah noem Van Campen: "een dierenverhaal,
dat ons den schrijver doet zien, zóó verzonken in de contemplatie van het
dier-leven, dat dit op het allereerste plan van het werk staat, en de menschen
er slechts in optreden voor zoover zij invloed hebben op geest of lichaam
van het dier." So langsamerhand het daar 'n uitgebreide literatuur ontstaan,
heeltemal gewy aan diere van allerlei soort. Charles Derennes raak in sy
bestiaire sentimentale selfs in geesdrif oor 'n vlermuis en in Le Roman de la

Page 253

Rivière van Georges Ponsot is die held 'n jong snoek. By sommige
kunstenaars is dit die herlewing van die ou pastorale idee, 'n wegvlugtery
uit die smoor-atmosfeer van die moderne beskawing. Edward Garnett vertel
ons van W.H. Hudson "who, (flings) off the soiled dust of our human
thoroughfares, and (goes) into nature's wilderness to escape the sight of the
pale civilized faces, with the mean round of petty human interests of their
artificial indoor lives."[393] In Suid-Afrika met sy wyd uitgestrekte vlaktes,
wat nog so dun bevolk is, kan daar van so 'n motief egter geen sprake wees
nie. By ons is daar nog maar weinig "kinderen van weelderige
overbeschaving",[394] want die grootste gedeelte van die volk leef nog in
landelike eenvoudigheid. Maar deur die gedurige rondtrekkery in woeste
streke het die Boere in intieme aanraking met die natuur gekom, en had hul
die geleentheid om die lewe van die groot wild van naby te bestudeer. In
ons letterkunde is daar dan ook tallose jagverhale. Maar so 'n digterlike gees
soos Sangiro is nie tevrede met die optekening van sy jagervarings nie.
Deur 'n langdurige verblyf in woeste streke geraak hy onder die mistieke
bekoring van die oerwoud, gaat hy geestelik heeltemal op in die geweldige
drama van die natuur. "Man ... can only enter into the vast world of
(nature's) myriad sentient life by employing all the old emotional tools—his
sense of mystery, love of beauty, poetic imagination, and human love—to
supplement and vivify the impassive truths of Science."[395] Dit is wat
Sangiro doen. 'n Leeu is vir hom nie alleen "'n aantreklike wit" en "na 'n
goedgeslaagde skoot ... 'n stuk dooie vleis" nie, maar in elke leeu sit "'n fyn
georganiseerde lewe ..., 'n persoonlikheid in sy soort ruim so interessant as
dié van die mens" (p. 83). "Ook onder die wilde diere bestaan daar 'n soort
van geesteslewe, wat die opmerksame waarnemer telkens weer met
verwondering vul; vir hom word dit naderhand moontlik om die diere se
gewaarwordinge uit hul uiterlike beweginge te verstaan" (Voorwoord).
Maar Sangiro is veel meer as 'n "opmerksame waarnemer"; sy liefde vir die
diere maak hom die digterlike vertolker van al hul emosies en instinkte en
deur middel van sy plastiese uitbeelding laat hy ons dit ook navoel. "Wild
nature's life being a natural drama of instinct, an unceasing play of hunger,
love, battle, courtship, fear, parental emotion, vanity, and most of all,
perhaps, pure enjoyment of physical powers, it is obvious that every man
who is irresponsive in his feelings, or possessed of a dull artistic
imagination, or weak aesthetic sensibilities, must remain practically aloof
from wild nature and its infinite feast of characteristic displays."[395]

Page 254

Edward Garnett het in die aangehaalde artiekel duidelik aangetoon, dat die
noukeurige wetenskaplike waarnemings van die beroepsnatuurkundige
aangevul en vertolk moet word deur artistieke en poëtiese verbeelding. Tot
die wetenskaplike ondersoeker sê hy: "You tell us countless facts about the
laws of life, but the actual spirit of life, its living feeling, which is the
essential volatile principle of life, can never be fully assessed by you." Dié
artistieke verbeelding en innige aanvoelingsgawe besit Sangiro en daarom
is sy sketse ook 'n kunswerk geword.[396] Hoe diep en innig die liefde vir
diere kan word, blyk uit die volgende verklaring van Dr. Jac. P. Thijsse: "Ik
heb nu al zoovele voorjaren met de vogels bewust meegeleefd, dat ik ook
de Aprilmaand min of meer op vogelmanier gevoelen kan en ik voel 's
morgens bij 't ontwaken, welke vogels in den nacht aangekomen kunnen
zijn."[397]
In die eerste skets beskryf Sangiro die lotgevalle van 'n leeufamielie. In al
hul houdings het hy die diere bespied, op al hul dwaalpaadjies het sy oog
hul gevolg. Die speelse vrolikheid van die kleintjies, die versigtige
sluipgang op die jagveld, die kennismaking met nuwe vrinde en die
nagtelike smulpartye word op mooi realistiese wyse geteken. Hy probeer
om al die fyn klanknuanserings in die leeuegebrul te verstaan. Wanneer hy
die smart van die trotse bosreuse oor 'n doodgeskiete wyfie beskryf, die
hulpelose verlatenheid en swerftogte van die bangerige kleintjies, dan
bereik hy 'n diepte en innigheid van plastiese uitbeelding waar 'n roerende
skoonheid in bewe. Die langsame ontplooiing van die jaginstink by die jong
diertjies word met treffende waarheid geskilder. Die wilde natuur waarin
die geweldige dieredrama afgespeel word is nie alleen dekor, is nie louter
omlysting nie, maar maak onafskeidelik deel uit van die handeling. In die
stilte van sy donker wegkruipplek, in die lange ure van sy spannende
nagwake het die geheimsinnige gees van die wildernis hom aangeraak. Hy
het die glans van die maanspatsels oor donker blare gesien, die
wegskuiwende skaduwees in hul trage gang gevolg; die blitsoë van getergde
leeus het hom laat huiwer; die geritsel van die gras, die gekreun van die
bome, die jagkrete van al die oerwoud-bewoners het hy leer verstaan; die
slagtande van gulsige hiënas het hy hoor kners op die afgevrete bene van
hul prooi. En deur die skoonheid van sy woord laat hy ons dit ook alles sien
en hoor.

Page 255

"Ek sou ... vandag die geweer opsy laat en net met kamera en dagboek ter
hand 'n beeld uit die daaglikse lewe van die oerwoudbewoners probeer
opvang." (p. 169.) So ontstaat die skets: In die Oerwoud. By 'n
reënpannetjie is sy wagplek en al die lewe rondom hom word met raak
trekke geteken, terwyl ook die hele atmosfeer van die oerwoud goed
aangedui word.
Die derde skets Renosterlewe is 'n deurlopende verhaal van die vrindskap
tussen 'n renostertjie en 'n jong seekoei, wat albei hul ouers deur die koeëls
van die jagters verloor het en troos en veiligheid in mekaar se geselskap
vind. Al hul awontuurlike ondervindings op lang swerftogte deur oerwoud
en oor vlaktes word met liefdevolle oorgawe in treffende tafereeltjies
uitgebeeld. Die hele tropiese omgewing met sy miljoene dier-bewoners en
weelderige plantegroei word vir ons 'n skone realiteit, trillende van intense
lewe tot in sy donkerste wegkruipplekkies. In so 'n geweldige oerwoud is
die mens maar 'n nietige stippeltjie, en in die atmosfeer van plegtige stilte,
waar elke geritsel 'n betekenis het vir duisende ore, besef ons, "that man's
mind, though the most marvellously complex instrument of all, is still, as it
were, but a human eyelet hole, through which the Universe can only be
refracted back to us in certain aspects of its incalculable whole."[398] Hoe
dankbaar moet ons wees, dat daar kunstenaars soos Sangiro is, wat ons
nader aan die natuur bring, wat ons iets laat begryp van die intieme lewe
van die diere. Hy is op die jagveld nie alleen 'n vernielende oorwinnaar nie,
aangehits deur 'n primitiewe uitroeiingsinstink, maar ook die digterlike
aanskouer, wat voel dat daar in die krioelende lewe om hom heen skoonheid
te vind is. Dat hy protes aanteken teen die onridderlike praktyke van party
jagters kan ons verstaan.[399] Maar sy hele boek is so 'n welsprekende
aanklag teen menslike wreedheid, dat 'n direkte pleidooi, wat ook uit
kunsoogpunt nie kan goedgekeur word nie, oorbodig is.
Treffend is die tekening van die eensame renosterwesie. "Sy ongeduldige
geproes, waarmee hy eers die seekoeitjie wou uitlok, onderwyl hy
opgewonde op die oewer ronddrentel en die sagte brak vol ronde spoortjies
trap, het langsamerhand, namate sy maat verder en verder swem, in 'n
smekende gepiep oorgegaan.... Nog 'n rukkie staan die donker figuurtjie
daar op die wit brak, af en toe sag kwiekende onderwyl hy oor die water
staar, die knoestige koppie vooruitgestrek in 'n poging om verder te sien
met die klein ogies. Eensaam en verlate genoeg lyk hy, met sy kneukelige

Page 256

dik lyfie, gerimpelde moddervelletjie en swaarmoedige renostergesiggie"
(p. 204-6). So vind Sangiro vir al die woudbewoners die juiste, tekenende
woord. Van 'n gekweste seekoei kry ons die volgende realistiese skildering:
"In stomme wanhoop-staar hang die massiewe kop omlaag, die verbryselde
kakebeen bloederig-kwylend in aanhoudende vergeefse poginge om tande
op mekaar te knars." (p. 225.) Ook die atmosferiese verskynsels, die
tropiese sonsondergang, die miswolke teen die hang van die berge, die
sombere reënseisoen laat Sangiro in fyn stemmings-beskrywinge vir ons
leef. "Dae het verbygegaan, en nog duur die sonskyn. Met die groei van die
maan het die weer skielik verander, en na 'n week van woeste, stikdonker
nagte en droefskemerige reëndae wasem die oerwoud weer geur uit onder 'n
sonnige safierhemel; en wellustige dae word gevolg deur toweragtige
maanlignagte, wanneer vuurvliegies oor 'n misties-glimmende watervlak
dans en dowwe eggo-klanke van nagdiere onder 'n donker, vogtige oerwoud
rondom weerklink." (p. 229.) Mens voel dat die skrywer sy gedagtes
gekoester het, sy woorde liefhad en hul met sorg neergeskryf 't. Daar is 'n
vloeiende buigsaamheid, 'n musikale streling in sy sinne. Telkens word ons
verras deur raak seggingskrag en fyngevoelige uitbeelding, sonder dat
aanstellerige en bygemaakte woordpronksels die klare eenvoud van sy styl
bederf.
'n Enkele maal skryf hy aan die diere miskien te spesifiek menslike
gevoelens toe, en soms twyfel ons aan die juistheid van sy psigologie. "Die
renostertjie (staan) nog snuiwend in die rondte, gereed om te storm ... en
heeltemal seker dat hy nou vreeslik boos en luidrugtig is." (p. 233.) In so 'n
geval bring die skrywer sy eie waarneming op die dier oor en oortuigend is
dit seker nie. Maar daarteenoor staan, dat hy hom so ingeleef het in die
diereverstand, dat sy intuïesie hom selde op 'n dwaalspoor bring.
Oor die beeldspraak nog 'n opmerking: maak dit nie 'n komiese indruk nie,
as ons lees dat renosters "in alleryl die hasepad gekies het"? (p. 188.)

§ 2. Hans Anton Aschenborn.

Aschenborn is in 1888 gebore in Kiel. Sy vader is 'n Duitse admiraal. In
Mecklenburg het hy op 'n groot landgoed prakties leer boer. Van Prof.
Burmester in Kassel het hy skilderles gehad en sedert 1910 boer en skilder
hy in Suid-Wes-Afrika. Op die gebied van die artistieke afbeelding van ons

Page 257

wilde diere is hy 'n baanbreker en verskeie uitgawes is al deur hom
geïllustreer.[400] In 1921 het verskyn: Uit die Lewe van 'n Gensbok, die
eerste van 'n reeks, waarin Aschenborn ook die koedoe, wildebees en eland
wil beskryf en afbeeld. "Die gensbok het ek op my plaas in Suid-Wes so
noukeurig gadegeslaan, dat hy vir my 'n intieme vriend geword het",
verklaar hy in sy voorwoord. Maar so 'n woordkunstenaar soos Sangiro is
hy nie. Sy boekie is van meer betekenis vir die skilderkuns as vir die
letterkunde. In eenvoudige, soms gebrekkige taal skets hy 'n paar insidente
uit die lewe van 'n gensbok.

VOETNOTAS:
[391] Oorspronklik in Die Huisgenoot verskyn.
[392] Over Literatuur, Twede Bundel: Pit-tah, De Grijze Wolf, door Jack
London, p. 205 vlg.
[393] Friday Nights: Hudson's "Nature Books," p. 15 vlg.
[394] Vgl. J.H. van den Bosch, Inleiding by Hooft's Granida, Zw. Herdr.
[395] Garnett, t.a.p.
[396] Wanneer hy ons in sy voorwoord verseker, dat die verbeelding geen rol
speel nie, dan bedoel hy alleen dat sy interpretasie op self waargenome feite
berus.
[397] Het Intieme Leven der Vogels, p. 221.
[398] Edward Garnett, t.a.p.
[399] Vgl. o.a. p. 83 vlg.
[400] Ontleen aan Die Huisgenoot Des. 1920.

Page 258

HOOFSTUK IX.

Page 259

Reisbeskrywing.
§ 1. A.J. Jacobs.

Reisavonture op Land en See deur 'n Dómine, (1920).

Volgens De Goede Hoop, Augustus 1919 is Dómine die skuilnaam van A.J.
Jacobs. Hy het oor Madeira 'n reis gemaak na Buenos Aires en vandaar na
die Boerekolonie in Argentinië om vir die geestelike belange van die
uitgewekene te sorg. 'n Lywige boekdeel het hy nodig om al sy ervarings te
vertel. En dan betreur hy dit nog, dat hy nie alles haarfyn kan meedeel nie!
"Dis tog jammer dat hulle nog nie 'n instrument soos 'n gramafoon
uitgevind het nie, wat mens op reis by jou kan dra nie. Dit moet nes 'n
sakkamera wees en daarmee moet mens alles wat jy hoor kan opvang en
bewaar. Daar gebeur so baie dinge, wat mens hoor en dis moeilik om alles
akkuraat weer te gee."[401] Die neiging om alles mee te deel is juis Dómine
se fout. Hy veronderstel, dat tallose besonderhede, wat vir hom persoonlik
van belang is, ook die leser sal interesseer en weet eenvoudig van geen
ophou nie. En dit is jammer, want hy het ongetwyfeld slag om 'n anekdote
smaaklik te vertel, soms met so 'n droog-humoristiese draaitjie, dat iedereen
daarby moet glimlag. Maar sulke onderhoudende gedeeltes lê diep toegepak
onder wavragte van onbelangrike sake. So kry ons b.v. allerlei banaliteite
oor die Saxon; tot selfs die tonnemaat van die skip word meegedeel! (p. 18.)
Soms lyk dit of die skrywer hom 'n klein agterveldse leserskring voorstel,
wat hy met groot syfers kan dronkslaan! Is dit nou nodig om nog in 1920 te
vertel: "Eendag is die pond sterling veel meer waard as op 'n ander keer"?
(p. 61.) Dit is maar een voorbeeld van die tallose uitweidings, wat allermins
op 'n fris oorspronklikheid kan aanspraak maak en eenvoudig 'n herkouery
van oorbekende sake word.
Soms lyk dit weer of die skrywer 'n handleiding vir toekomstige emigrante
wou skryf.[402] Hy gee selfs kook-resepte![403] En so word sy
reisbeskrywing 'n sonderlinge byeenskraapsel van allerlei wysheid.

Page 260

Dat Dómine op spellinggebied geen deskundige is nie, blyk al uit die tietel
van sy boek. Afgesien van die tallose drukfoute kry mens op byna iedere
bladsy rariteite soos die volgende: "vollende, dokse, hemdjie, kerritse,
nuwes, baik, stadte, raste (i.p.v. rasse), geflatter" ens. Ook anglisismes is
volop en dwarsdeur die boek stuit mens telkens op sinne waarin die
negatief, woordskikking en voorsetsels verkeerd is. Lomp uitdrukkings soos
"puur bloed inboorlings" (p. 169), "die besnedenis van sy gesig" (p. 148)
ens. toon duidelik, dat Dómine sy taal glad nie beheers nie. Hoe sou hy
anders so iets, soos die volgende kan skryf: "Verre van in 'n soort
afsondering, as in 'n groewe, vas te sit, het hulle met hul sedelike en
nywerheids talente gewoeker. Die rykes het die armes voortgehelp deur
onderlinge geselskappe om hout te saag, land van bosse rein te maak en alle
soorte ambagte te beoefen." (p. 184.)
Natuurbeskrywings kom daar baie in die boek voor, maar gewoonlik word
die land uit die oogpunt van 'n boer gesien. "Die plek waar ons sou staan,
was besonder waterryk; groot kuile en helder strome loop deur die ganse
breedte van die kañedón of vlei. 'n Boer se hart sal bly word, as hy die
rykdom van gras en water kan aanskou" (p. 227). Hy is gedurig in die
stemming van 'n boer, wat 'n nuwe landstreek opneem om die beste plek vir
'n plaas uit te soek, en ondertussen bereken watter soort boerdery daar die
voordeligste sal wees. In 'n handboek vir emigrante sou sulke aanwysings
seker onmisbaar wees, maar die skrywer wou tog iets anders gee. As hy by
die glanspunt van sy reis kom, en sy tog oor die mere en deur die oerwoude
moet beskryf, is hy 'n opmerksame toeris, wat gedurig syfertjies en
berekeninge in sy sakboek opteken. "Die formasie van mere tussen hoë
berge is in veel opsigte merkwaardig. Op gesag van Delgado weet ek dat
hierdie een 12,000 vt. bokant die oppervlak van die see geleë is" (p. 174).
Gevoel vir skoonheid het hy ook, maar wanneer dit tot uiting kom, blyk sy
volslae magteloosheid as taalkunstenaar. "Alles skyn omtower in iets
onnatuurliks, denkbeeldigs, fantasties!... Nee, geen kunstenaar kan op die
doek verewig, wat daar ieder dag afgespeel word nie. Die Skepper wat
daardie onbeskryflik heerlike gloed van lig as met 'n towerslag op berg en
bos heenwerp ... laat Sig nie naboots nie!... Bokant ons hoofde verskiet
bundeltjies agterblywende sonstrale verby.... Dit word aand en die stil maar
guur lug voel skerp teen hande en gesig.... Van alles wat mens sien en
ondervind, skyn die bloedsomloop vinniger en warmer in sy werk te gaan:

Page 261

geen honger of koue hinder in hierdie towerwêreld nie...."[404] Wie sou nou
in só 'n omgewing praatjies verkoop oor honger, kou en bloedsomloop—en
nogal teenstrydige praatjies ook! "Majestueuse en reuse-berge, ontsaglike
kratermond, onpeilbare diepte, toweragtige effek" ens.—dit is almal holle
frases, wat ons gladenal nie kan ontroer nie.
By die beskrywing van die oerwoud kom die sakboekie weer te pas. Die
"sirkelvormige bek van die onderaardse blaasbalk ('n krater) moet enorm
groot wees ..." (p. 177); ongelukkig kon Dómine hom nie meet nie! Maar
die bome is 150 vt. hoog, die uitholling vir die pad 20 vt. diep en die
boomstamme lê 15 vt. dik op mekaar gestapel in 'n moerassige plek. "Een
boom was 6 vt. dik, as die vet humus van varens en struikgewas wat
daaraan kleef, meegereken word". Sulke duimstokbeskrywings kan nou
eenmaal geen "onvergetelike afdruk op die geheue" maak nie. Dit doen
Sangiro wel, al meet hy sy bome nie.
Beter slaag Dómine as hy die toestande en gewoontes in Suid-Amerika
beskryf. Hier val sy neiging om oor-akkuraat te wees nie so in die oog nie.
Ook die ervarings van die trekkers en hul moeilikhede in die vreemde land
het hy op lewendige wyse geteken.

VOETNOTAS:
[401] p. 85. Ek kursiveer.
[402] Vgl. o.a. p. 103 vlg.
[403] p. 173.
[404] p. 175. Ek kursiveer.

Page 262

HOOFSTUK X.

Page 263

Historiese Prosa.
§ 1. Inleiding.

Reeds voor die oprigting van die Genootskap van Regte Afrikaners het 'n
paar voorstanders van die moedertaal gewerk aan Die Geskiedenis van ons
Land, in die Taal van ons Volk.[405] By die verskyning van die boek in 1877
word opgemerk: "Engelse, mar gen Hollanse Geskiedenis van ons land
bestaan daar tot nog toe. En dat ons op die Engelse Geskiedenisse nie so
mar o'eral kan afgaan nie, sal elke leser wel sien voor hy ons boek uitgelees
het." Nog lange jare het dit geduur voordat Theal en Cory dié uitspraak in
sy algemeenheid geloënstraf 't, en telkens moet ons historisie nog optree
teen 'n uitgebreide laster-kampanje. Preller het op een van die oorsake
daarvan gewys in die voorrede by die sewende druk van Piet Retief (1911),
waar sprake is van "die gaotiese en primitiewe toestand waarin ons
openbare dokumente-versamelinge asnog verkeer.... As die dokumente
beskikbaar was ... dan is daar net een geskiedkundige waarheid bestaanbaar;
dié naamlik, wat stap vir stap gesteun staan op die oorspronklike stukke."
[406]
'n Stelselmatige geskiedverdraaiing wortelende nie alleen in politieke
animositeit nie, maar met voorbedagte rade as politieke wapen gebruik—dit
is een van die grootste prikkels wat tot historiese studie aangespoor 't. Die
navorsingswerk van ywerige historisie met liefde en groot opoffering
gedaan, het 'n felle lig gewerp op ons eeu van onreg. Onder sulke
omstandighede is dit verstaanbaar dat naas die besadigd-wetenskaplike
weerlegging ook die bitterste verontwaardiging opgelaai het.
Die verhoogde belangstelling in ons vaderlandse geskiedenis is 'n uiting van
die groeiende volksbewussyn, want eers wanneer 'n nasie volkome oortuig
is van sy eie selfstandigheid ontwaak die begeerte om die helde van die
wordingstydperk te eer. Die grootste gedeelte van ons historiese prosa
bestaan dan ook uit biografieë. Rondom groot figure soos Piet Retief,
President Steyn, Generaal De Wet en ander word die geskiedenis van 'n hele
tydperk gegroepeer.

Page 264

Die historisie wat daartoe bygedra het om die eer van ons nasie te
rehabiliteer en aan die volk 'n gevoel van eiewaarde en selfrespek te gee kan
reken op die eerbiedige hulde van 'n jonger geslag, wat nog maar gister
verlos is van die benoude nagmerrie van hul skooljare. En hul aantal is veel
groter dan die wat vir die volgende paragrawe in aanmerking kom. Hier
word alleen 'n oorsig gegee van die vernaamste historiese werke in
Afrikaans onder die Twede Beweging en 'n ondersoek ingestel na die
letterkundige gehalte daarvan, 'n Bespreking van die historiese waarde val
buiten die kader van hierdie werk.[407] Dit spreek natuurlik vanself, dat ook
die dorste kroniek vir die historikus groot waarde kan hê.
Die herstelling van die Voortrekkerskerk in Pieter-Maritzburg en die
inrigting daarvan as museum, die Vroue-monument en tallose ander
gedenktekens—dit is maar 'n paar bewyse, dat die Afrikanervolk ontwaak
tot 'n besef van die betekenis van sy nasionale verlede. Die oprigting van
die Historiese Bond in 1920 met die doel om bronne op te spoor en te
versamel, die tiende druk van Preller se Piet Retief in dieselfde jaar is ook
tekens in dié rigting, terwyl op die jaarlikse Dingaansvierings die tradiesies
van die voorgeslag bestendig word.

'n Nuwe nasie het besit geneem van sy
erfporsie en is besig om sy geestelike
onafhankelikheid uit te werk! Die
Afrikaanse Bestemming is "wyd en breed
soos die Afrikaanse veld."[408]

§ 2. Gustav Schoeman Preller.

Preller is 4 Okt. 1875 gebore op die Plaas Klipdrif, distrik Pretoria. Sy
oorgrootvader Preller was wat ons ou mense nou nog 'n "blommesoeker"
noem, d.i. natuurkundige. Hy het aan die Kaap gewoon, terwyl die
grootvader veeboer geword 't in Natal, waar sy Friese beeste die aandag
getrek 't. Komdt. Robert Preller (✝ 1916), die vader van die skrywer het na
die Vrystaat verhuis en in die oorlog onder Genl. De la Rey gedien. Hy was

Page 265

getroud met 'n dogter van H. Schoeman (✝ 1890), wat met die Voortrek
saamgekom 't en in die tyd van President Pretorius generaal en
waarnemende president geword 't.
Gustav Preller se eerste herinneringe gaan terug na 'n plaas in die nabyheid
van Standerton, Paardekop, wat destyds aan sy vader behoort 't. Op sy
vyfde jaar is hy te perd met sy vader saam na die Swasielandse bosveld. In
1886 is hulle verhuis na Rietspruit, ook in die distrik Standerton. Toe kort
daarop hy en sy suster egter moes skoolgaan, het sy vader die
skaapboerdery opgegee en dorp toe gegaan, omdat losjies vir die kinders
nie te kry was nie. In 1891 gaan die famielie na Pretoria, waar Gustav eers
'n rukkie in 'n Boere-winkel gewerk 't, toe op 'n prokureurskantoor en later
in staatsdiens getree 't. Voordat hy egter sover was moes hy verskeie jare
hard werk onder private onderwysers en ook daarna het hy sy studie
voortgeset. Hy was eerste klerk op die hoofkantoor van mynwese toe die
twede vryheidsoorlog uitbreek. Dié stryd het hy meegemaak met die derde
battery van die staatsartillerie tot vier maande voor die vrede, toe die hele
res van sy afdeling oorrompel en gevangegeneem is. Na sy terugkoms uit
Indië was al wat hy besit 't skoon weg. Op versoek van Eugène Marais word
hy toe redakteur van Land en Volk. Voor die oorlog al het hy dikwels
artiekels geskryf vir die koerante en tydskrifte—dikwels in Engels!—o.a. in
The Moon en De Pers. Vir De Volkstem het hy gedurende enige jare al die
mynnuus gelewer en Land en Volk voortgeset tot Maart 1903, toe hy
subredakteur van De Volkstem word, 'n pos wat hy vandag nog beklee. Die
meeste opstelle en stories wat tussen 1905-'10 in dié krant verskyn 't as
feuilletons is van sy hand. Die bekende artiekels getietel: Knop oor
Landsake is ook van hom. Hy is lid van die S.A. Akademie, van die
Historische Genootschap in Utrecht en die Maatschappij van Nederlandsche
Letterkunde. Van hom het verskyn: Laat 't ons toch Ernst Wezen (1905);
Piet Retief (1906); Baanbrekers (1915); Kaptein Hindon (1916); Dagboek
van Louis Trigardt (1917); Voortrekkermense I en II (1918 en 1920);
Generaal Botha (1920). Saam met Dr. Engelenburg het hy ook geskryf:
Onze Krijgsofficieren (1903) en De Familie Kruger (1904). Charley's Aunt
het hy vertaal, (Piet s'n Tante), Les Héritiers Rabourdin, (Erfgename van
Erasmus) en Jock of the Bushveld van Sir Percy Fitzpatrick. Die
voortrekkers-rolprent is onder sy leiding opgestel. In 1919 het hy met C.J.

Page 266

Langenhoven geskryf: Twee Geskiedkundige Opstelle. Op sy aandeel in die
taalstryd en sy werk as redakteur van Die Brandwag is alreeds gewys.[409]
Sy vernaamste werksaamheid is op geskiedkundig terrein en sy navorsings
oor die Voortrekkersperiode veral verseker hom 'n plaas as baanbreker
onder die Afrikaanse historisie. "Uit 'n aantal oorspronklike historiese
dokumente, in die koerant (De Volkstem, 13 Des. 1905) openbaar gemaak ...
is langsaam gegroei" die kloeke boekdeel Piet Retief, waarvan die oplaag in
1920 al veertienduisend eksemplare bereik 't.[410] "Sedert die tyd (1905) het
daar ander werke van Preller oor die Voortrek gevolg. Want hy set sy arbeid
onvermoeid voort.... Wie op sy studeerkamer kom, sal kan sien die reeks
gekatalogiseerde lewens van Voortrekkers, soveel moontlik met die portret
of portrette van die betreffende man of vrou daarby.... Preller leef i n , leef
v i r daardie tyd. Die naspeur en die bekendstel daarvan het langsamerhand
sy eintlike lewenstaak geword, sodat ons vandag oor die lengte en breedte
van ons land tevergeefs sal soek na die eweknie van Preller as kenner van
die Voortrek en sy mense, tot selfs van die kleredrag wat in die tyd gedra
is."[411]
'n Hele reeks belangrike dokumente oor die Voortrek het Preller bymekaar
gemaak in

Voortrekkermense, I en II, (1918 en 1920).[412]

Daarin kom o.a. voor die herinneringe van Van Gass, J.H. Hatting, L.C. de
Klerk, Karl Trichardt, Anna Steenkamp en 'n herdruk van Erasmus Smit se
dagboek. Die laaste is oorspronklik uitgegee deur Ds. H.F. Schoon (1896).
'n Groot gedeelte van die gegewens het Preller in sy Piet Retief verwerk.
L.C. de Klerk het hy in 1908 "teruggeneem naar die Natalse slagvelde Van
die Voortrek, en dáar ter plase opgeskryf wat hy daarvan te vertelle had" (I,
p. 211). "Hier had ik een van die Voortrekkers op die eienste grond van die
Voortrek; my doel was om, as 't kon, die ander Voortrekkers as mense daar
te sien herleef, inplaas van die steriotiepe "itinerant prayer-meeting", waar
ander van vertel." (id., p. 212.) Die dokumente stel ons in staat "om die
Voortrekkers te leer ken soos hulle hulself gesien het, op die trek, in die
laer, op die jag en in die huislike kring; aan hul arbeid, hul godsdiens en
vermake, in hul gewoontes en in die kleredrag van hul tyd. Buitendien

Page 267

verskaf 't uitsluitsel oor tal van belangwekkende historiese gebeurtenisse"
(id., p. 1). Die krietiese opmerkings van Preller getuig van groot
skerpsinnigheid en 'n intieme kennis van die voortrekkerperiode. In die
twee dele het hy dokumente van die grootste belang op wetenskaplike wyse
uitgegee.
Op dieselfde manier het hy ook (1917) in opdrag van die Akademie
uitgegee die

Dagboek van Louis Trigardt (1836-8).

"Vir die kennis van ons volk besit ons uit die tyd van die Voortrek geen
ander dokument wat hiermee te vergelyke is—die daaglikse aantekeninge
van 'n Afrikaner wat die grote, ja grootse in die historie volbring sonder dit
nogtans as bewuste doel voorop te stel, maar tevrede is om 't vanself, as
dominante gevolg van sy handeling voor 'n dag te laat tree uit 'n kroniek
van die kleine" (p. XI). Preller toon verder aan hoe belangrik die Dagboek
is "vir ons kennis van die inboorling bevolking van Transvaal, vir verskeie
seer merkwaardige historiese uitkomste, vir (ons) aankomende nasionale
letterkunde, vir die volkekundige en ons kennis van Suid-Afrikaanse
meteorologiese toestande." (XII vlg.). Die belangrikheid van die Dagboek
word seker aanmerklik verhoog deur die voortreflike inleiding en note,
asook deur die feit dat die teks op 'n wetenskaplike wyse behandel is.
Ontroering tril daar in die woorde waarmee die resultate van Trigardt se
trek beskryf word: "Die voorste Voortrek is volbring! Dis slegs 'n
Verkenning gewees vir die Afrikaner,—van die Vryheid en die See. 'n
Verkenning egter, net soos dié van Piet Retief, wat nie vrugteloos is nie....
Hans van Rensburg se ongelukkige trek had tot eind-bestemming die
oseaan; en die 49 manne, vroue en kinders wat daar aan die Limpopo-
boorde geval het onder die Soeloe-asgaai, was die eerste dúre offer wat die
Boere Nasie gebring het aan 'n ingeskape vryheidsdrang. Trigardt se trek en
ál die mensewee, wat uit hierdie Dagboek soos 'n seëning oor die nageslag
saggies snik, was aangeleg op éen-selfde hoë nasionale Bestemming...."
(cxxvi vlg.)

Piet Retief, (1906).

Page 268

Dit is Preller se hoofwerk, wat hy met jarelange ywer en groot liefde tot
stand gebring het. Alles wat van die groot Voortrekker bekend is word
meegedeel. Maar uitsluitend biografie is dit allermins. Ons kry 'n volledige
beeld van die moeilikhede op die Kaapse grens, die oorsake van die Trek,
die onderlinge verhoudings en geskille tussen die aanvoerders, die
internasionale status en grondwettelike instellings van die Trekkers, die
moeilikhede van hul togte en hul betrekkinge met die naturelle. Die
gebeurtenisse wat aanleiding gee tot Dingaan se groot verraad word haarfyn
uitgepluis en die konklusies van die skrywer se ondersoek op helder wyse
uiteengeset en gestaaf. Ook die gebeurtenisse na Retief se moord tot aan die
Bloedrivierslag word beskryf en die betekenis van Retief se optrede bepaal.
Dit gaan uiters moeilik om objektief te staan teenoor 'n boek soos Piet
Retief, want die tragedie daarin uitgebeeld is op sigself al só roerend in sy
dramatiese afwikkeling en só betekenisvol vir die lot van ons nasie, dat
selfs 'n uitgedroogde kroniekskrywer sonder 'n vleugie verbeelding nog
daarin sou slaag om ons die grootsheid van die worsteling te laat gevoel.
Dit het Preller blykbaar ook besef, want hy gee 'n onopgesmukte verhaal, in
sober gehoue styl waarin die tragiese gebeurtenisse self tot hul reg kom,
sonder dat die aandag afgelei word deur bykomstige woordfraaiigheid.
Treffend is dit veral by die hoogtepunt van die verhaal, waar in die
beskrywing van die oorrompeling deur die dansende kaffers alleen 'n
joernalistieke draaitjie in die styl hinderlik is. In 'n Volkstem-artiekel mag so
'n uitdrukking soos "die welwillende leser" (p. 272, 10de dr.) op sy plek
wees—híer seker nie! Nadat die posiesie van die dramatis personae
aangegee is, word die dansbeweging mooi beskryf:
"Drieduisend pare voete kom in forse beweging om tyd te hou na 'n wild-
eentonige maatsang, wat al naarder en wilder word na gelang Dingaan se
improwisasie hul opwinding aanspoor, sodat naderhand die nugtere aarde
dril en dreun onder die neergehurkte Boere...." (p. 273). Wanneer Retief
protesteer as "die bokspringende rye" teen sy vrinde aanstort in hul
lawaaierige dans, vervolg Dingaan sy onheilspellende deuntjie: "Drink, o
drink van die bier! Jul brandende kele roep daarom! Drink soveel jul kan;
want môre sal jul nie meer drink nie." (p. 274.) Dan klink meteens temidde
van die "barbaarse orgie" die fatale sein: "Boelàlánie abatágatie!" Juis deur
die sobere eenvoud in die styl, die kalme weergawe van die historiese
besonderhede raak die toneel ons tot in die hart, moet dit ook iemand van 'n

Page 269

ander nasie raak. Saggies huiwer die ontroering in die woorde: "Retief ...
troue, moedige Retief, regskape, opregte Afrikaner, siel van die
aankomende Afrikaner-nasie!—sy marteling moes die onmenslikste gewees
het van almal!... Met knopkieries werd hy afgemaak—laat ons hoop vóórdat
Dingaan se laaste bevel aan sy afgebeulde liggaam voltrek was!" (p. 277.)
Hoofstuk XXIX is 'n meesterlike samevatting van Retief se optrede en die
betekenis daarvan. Hier kom Preller se forse styl meer tot sy reg, omdat hy
geen historiese dokumente hoef aan te voer nie. Met breë blik oorsien hy
die hele Trek en met simpatieke aanvoeling van die Boere-standpunt en
lewensbeskouing deel hy in helder, logiese redenering sy gevolgtrekkinge
mee. "Piet Retief het 'n nasie gestig; of, as dit histories te veel gesê is, het
hy ten minste met volkome bewustheid die grondslag gelê waarop 'n nasie
ontstaan is. Hy was idealis in nasionale sin—dit is te sê, hy het hom met die
Voortrekkers, met sy volk, duidelik voor oë gestel die nastrewing van 'n
ideaal, wat insluit 'n onafhanklike ontwikkeling en voortbestaan van dié
volk as nasionale eenheid op die wêreld." (p. 345.) Retief het "die
Afrikaanse Bestemming in woorde ontwerp—wyd en breed soos die
Afrikaanse veld...." (p. 351.) "Hy is die eerste gewees wat die gebore
Afrikaner se nasionaliteit in woorde gebring het, toe hy van Suid-Afrika as
sy "vaderland" gewaag het; terwyl die meeste ander die land sowel as
hulself nog maar beskou het as 'n volslae willose aanhangsel van een of
ander Europese ryk." (p. 350.) Hy het "deur sy werk, sowel as deur sy dood,
die Hollands-Afrikaanse Emigrant laat begryp ... dat hy nie somar 'n op
sigself rondswerwende eenling is nie, maar deel uitmaak van 'n groot
volksverband, met een belang en een bestemming." (p. 355.)
Solank daar 'n Afrikaner is "jaloers op sy geskiedenis, jaloers op die
waaragtige waarheid daarvan" sal Piet Retief gelees word, want Preller het
daarmee 'n duursame monument opgerig van die wordingstydperk van ons
nasie. Buitendien het Piet Retief deur sy verskyning in 1906 'n besonder
plaas in ons letterkundige geskiedenis. Saam met Johannes van Wyk, wat in
dieselfde jaar in boekvorm verskyn 't is dit die eerste prosawerk van
betekenis onder die Twede Beweging.

Kaptein Hindon, (1916).

Page 270

Dit is die Oorlogsaventure van 'n Baas-Verkenner, "'n getroue weergawe
van die middellike dagboek-aantekeninge van die krygsman self."
(Voorwoord). Maar groter waarde het Preller se bewerking: "Die toevallige
omstandigheid, dat die outeur die grootste gedeelte van dieselfde
gebeurtenisse as Hindon—al was 't ook soms op 'n afstand,—meegemaak 't,
(is) vanself bevorderlik gewees aan 'n lewendiger opvatting by die
beskrywing dan anders die geval kon gewees 't; en ... 'n gevolgelik dieper
ingeleefde voorstelling." Hieraan is dit te danke dat Preller se bewerking
van die dagboek nie geword 't 'n eentonige relaas van awonture nie, maar 'n
lewendige voorstelling van belangrike episodes uit die twede
vryheidsoorlog. Daarby verloor hy nooit die historiese verband uit die oog
nie, en word al die alleenstaande oorlogsfeite ingeskakel in die groot
geheel. So word dit 'n saamhangende verhaal van die gebeurtenisse tussen
1895 en die vrede van Vereniging. Deur 'n handige gebruik van Engelse
bronne, soos die outobiografie van Sir William Butler, geluk dit Preller om
tallose belangrike historiese feite te staaf en onverdiende laster aan die kaak
te stel. Onder ander word die opstokery van die Kaffers op oortuigende
manier bewys.
Die tallose heldefeite van Hindon en sy maats word op aanskoulike wyse
beskryf. Dit geld ook veral van die veldtog in Natal, wat met groot
uitvoerigheid geteken word. Vermaaklik is Hindon se awontuur by die huis
van die Middelburgse volksraadslid (p. 291 vlg., 2de druk). Deur talryke
anekdotes, wat 'n helder lig werp op die toestande tydens die stryd en die
mentaliteit van albei vegtende partye word die beskrywing van die militêre
gebeurtenisse op aangename wyse afgewissel.
Hoe mooi Preller daarin slaag om sy veldslag-indrukke te verklank, blyk
o.a. uit die volgende: "Die eienaardige dubbele koe-ka knal van die Engelse
lee-metfordgewere, wat mens in die begin duidelik kon onderskei van die
dowwe mouser s'n énkele dodelike doef-slaggie, smelt nou saam in éen
gelykmatige kraakgeluid, wat soos springmielies in 'n vetpot sing deur die
laagte en teruggewerp word van die bergkante af, deurmekaar in 'n sware
dreuning, waarin net die kanonne-bas naderhand oorheers. By die
skansmuurtjes zip-zip die klein koëltjes teen die klippe, en stukkies fluit
vrolik een-kanttoe, of 't skuur met so 'n snaakse sing-sangetje skielik deur
die lug oorheen, waarvan mens die dodelike vyandskap eers merk as 't raak
is, en 'n man inmekaar sak op die grond, of die fyn blaartjes van die

Page 271

mimosa-boompies hier bokant afspat, op die vilthoede" (p. 58). "Bom na
bom breek briesend op hul klipskanse uitmekaar, en bars met brullende
giering bôkant hul toegewyde hoofde in nydige moment-blitse oop, om hul
inhoud oor die Boere uit te braak, soms vyf, ses tegelyk, wat die kante van
die kop omkarn in kokende kraters en 'n onweer van skerwe en rotse opjae."
(p. 125).

Baanbrekers, (1915).

Hierdie brosjure, 'n herdruk van Brandwag-artiekels bevat "'n Hoofstuk uit
die voorgeskiedenis van Transvaal", waarin die moord van ag-en-twintig
persone by Moorddrif in 1854 en die belegering van Makapaansgat deur 'n
strafkommando beskryf word. By dié ekspediesie was ook Paul Kruger en
besonder interessant is die waagstukke wat van hom meegedeel word.
Preller moet weer verskillende verdraaide voorstellings weerleg. "Die dinge
is verby, en die laster-kampanje het sy uitwerking gehad. Praktiese,
materiële voordeel kan 't nie meer aanbring om 't te weerleg nie. Tog is 't
tyd om, terwille van die waarheid alleen, 'n oordeel wat op dié manier
gevorm werd teen die Boere-volk, in hersiening te neem, en inplaas van die
fantasie-beelde van politieke feuilletoniste, of die sentiments-oorweginge
van 'n wekelike altruïsme, die onweerlegbare feite alleen te laat spreek" (p.
33). Met die optekening van so 'n "heroiese insident" het Preller
ongetwyfeld nuttige werk gedoen.
Preller en C.J. Langenhoven het saam uitgegee:

Twee Geskiedkundige Opstelle, (1919).

Eersgenoemde se opstel oor Suid-Afrika s'n Boere-Republieke is 'n bondige
opsomming van die vernaamste feite uit ons geskiedenis in die tydperk
1486-1910. In enkele pagina's word daarvan 'n handige oorsig gegee en juis
die snelle opeenvolging van die gebeurtenisse laat 'n sterk indruk van ons
"eeu van onreg" na.
Langenhoven gee 'n Paar Algemene Oorweginge omtrent Geskiedenis-
studie. Met aanskoulike beelde toon hy aan "dat die hele wilde natuurlewe
'n onafgebroke stryd is" (p. 114.) Een van die vernaamste stellings in die

Page 272

betoog is "dat die geskiedenis 'n eindelose ketting is van oorsake en gevolge
wat nie plotseling begin en nie plotseling afbreek nie." (p. 130.) Na 'n paar
opmerkings oor die kudde-instink word die ontwikkeling van ons
volksbewussyn geskets en daarop aangedring, dat geskiedenis-studie meer
behoort te wees as 'n ondersoek van "die blote geraamte van uitwendige
datums en gebeurtenisse" (p. 143). "In ons vurige idealistiese vaart word
ons skielik nugter geskok teen 'n feit van die guurste en nakendste realisme"
(p. 147)—ons honderd-duisend arm blanke naamlik. "Dit is 'n baie ernstige
siekte-verskynsel. Die geskiedkundige moet die diagnose van die kwaal
vind en daaruit moet ons die remedie soek" (p. 154.) Preller beweer
daarenteen in sy Eksplanasie: "Die diagnose is egter die werk, nie van die
Geskiedenis nie, maar van die Staat. Die geskiedenis word eers daaruit
opgebou" (p. XII). Preller wil die statistiese metode van ondersoek op die
arm-blankevraagstuk toepas.

Generaal Botha, (1920).

In hierdie brosjure het Gustav S. Preller 'n paar artiekels oor Genl. Botha
verenig. Dit is "meer brokstukke van die boustof (vir 'n lewensbeskrywing)
as dat 't aanspraak wil maak op 'n afgeronde behandeling." (Voorwoord.)
Hy deel dan verder mee dat hy op hom geneem 't "die byeenbrenge van die
materiaal vir 'n uitvoeriger 'lewe' van Suidafrika s'n grootste staatsman".
Die brosjure bevat enkele herinneringe van persone wat Genl. Botha intiem
geken 't en 'n herdruk van 'n artiekel uit Neerlandia deur Dr. J.H. Kiewiet de
Jonge. Daar is meedelings oor die generaal se famielie en kindsdae,
oorlogservarings, sy politiek en huislike lewe. In kleine omvang is heel wat
interessants bymekaar gebring.

Vir die kennis van Preller se letterkundige opvattings is van belang een en
ander uit sy reeks artiekels: Eerstelinge—'n Persoonlike appresiasie van
J.H.H. de Waal s'n Roman, Joh. van Wyk. (De Volkstem, 18 Aug. 1906 vlg.).
Joh. van Wyk is volgens die artiekel "op s'n best 'n vernuftig inmekaar
gewarde verhaal van 'n paar mense met hul haat, afguns en liefde, wat s'n
'boeiendheid' ontleen aan die manier waarop dit inmekaar geset is, aan die

Page 273

ontknoping en aan 'n gemaklike verhaaltrant. Die mens-tragedie daarin blyf
klein ... die romantiek is partykeer voos, die stylmiddele gebrekkig, die
psychologie hopeloos vals." Tog kon hy die kulturele waarde van die roman
insien: "Dis net die ding wat ons nodig het om te leer lees. Al die ander sal
later kom." Maar dit is merkwaardig, dat hy van die staanspoor af sy
mening sonder doekies omdraai uit, en sy letterkundige oordeel nie deur
bykomstige omstandighede laat benewel nie. Eerstelinge open die literêre
kritiek van die Twede Beweging op waardige wyse. Onder ons
prosaskrywers is daar seker weinig wat al in 1906 so 'n fors, persoonlike
styl had. Wie kon toe al iets so raak sê, soos die volgende: "Die klompie
afgejakkerde woorde ... wat 'n sukkellewe bymekaar gesweet het ...; Die
hele wereld bekyk hul van die hopie waar húl op staan; ómdat húl die hang
anderkant die bult nie kan sien nie, is die aarde pannekoek-plat op syn
pilare gegrondves." Ook met sy Inleiding tot Jan Celliers in Die Vlakte
(1908) het Preller 'n kloek stuk prosa gelewer wat uitmunt deur fris
beeldspraak en kragtige geluid.
Vir sy taalgebruik is die volgende van belang: "Dis glad nie nodig om voor
wat hul taal-barbarisme noem ... juis so wild te wees als 'n histeriese jong
meisie voor 'n groot miskruier-gogga...." En in sy werk is woorde soos
touchant, subiet, marsiale, parafernalië, imminente, violente, skrupules ens.
glad nie skaars nie.[413]
Oor dialoogkuns maak hy die volgende juiste aanmerking: "Dialoogkuns ...
is in algeval nie die nakende natuurlikheid nie; maar, gepaard aan grondige
mensekennis die neerslag van 'n skeppende verbeelding; iedere stenograaf
sou 'n mens kon verseker dat jij die grootste onsin van die wereld sou hoor
als jij presies moes neerskrijf, woord voor woord, wat daar gesproke
word...." Dan leg hy die vinger op 'n tegniese fout, wat vandag nog deur
byna àl ons verhaalskrywers gemaak word: "'n Techniese fout wat De Waal
nou en dan maak is om telkens self so 'n gemoedelike gesprekkie met sijn
lesers te hou, wat totaal nie te pas kom nie." Hy wys ook daarop dat De
Waal "Adam Tas als historiese figuur ... geen reg laat wedervaar nie."
Die volgende pleidooi vir fris beeldspraak is vandag nog net so nodig as in
1906: "De Waal sal in sijn latere werke ... 'n groter en 'n warmer liefde (krij)
voor sijn woord, voor die afgebeulde, seerrug woord, wat waarlik tog nie
meer kan nie. Die sal hij bêre, en alleen gawe, ronde, hele woorde inspan,

Page 274

en mooi agtermekaar, so's 'n span breed-gerugde vaarlandse osse, wat
gelijkweg beur om sijn mening te trek en te draag. 'So geseg, so gedaan' ...
gaat ons perbeer opvolg, maar als 'n vorm van uitdrukking voor éwig
begrawe, en in die uitbeelding van gedagte en gevoel gaan ons altijd soek
naar die raakste woorde, en al die verslonste ou plunjes en toiens
weggooi.... Gee ons maar 'n kans; ons gaat ons woorde navoel, en wik en
weeg iedereen, sodat iedereen naderhand weer inbom, en dreun en gons so's
die ko'els van 'n pompom, in plaats van so's 'n uitgewaaide ou stofstorm op
ons neer te sak." Word hier nie op tiepies Afrikaanse wyse die denkbeelde
van die Tagtigers weergegee nie? Dat Preller dit al aan die begin van die
Twede Beweging gesê het, is merkwaardig. En dat die strewe na 'n
persoonlike woordkuns by hom erns was, blyk uit al sy prosawerk. Dit sou
seker nie moeilik wees om daarin ook pagina's aan te wys, wat nie meer as
goeie joernalistiek is nie, bladsye waarin "die afgebeulde, seerrug woord"
nog gemoor word, uitdrukkings met die haastigheid van 'n koerantskrywer
neergeklits. Maar meestal klink uit sy prosa op 'n eie stem en telkens verras
hy ons deur skoonheid van segging en mooiheid van klank.[414] Omdat by
ons nog soveel muwwe, onpersoonlike stylkuns is, so 'n oorvloed van
"verslonste ou plunjes en toiens", of anders aanstellerige woordpraal,
daarom is dit 'n ware verademing om te luister na die harmoniese deining en
wieging, wat Preller se periodes vorentoe stoot. Hy is ten minste iemand,
wat nie sommer die eerste die beste frases wat in sy gedagte opkom afskryf
nie; sy sinne maak nie die indruk van "so gemaak en so gelaat staan" nie; hy
hoor nog die taalklanke, deurvoel die nog in hul volle betekenis.
Dat Preller historiese gegewens ook kan omwerk tot 'n aangrypende
verhaal, daarvan het hy die bewys gelewer in Moedersmart.[415] Op
treffend-realistiese wyse word daarin uitgebeeld die foltering van 'n moeder,
wat die sterwensgeroep van een kind moet veronagsaam om 'n ander
gesonde uit die hande van die kaffers te red. In sy historiese werk word die
moordlustige bedrywe van die kaffers op saaklike wyse meegedeel, maar
hier is dit deur plastiese tekening tot 'n roerende tragedie gegroei.
Oor Preller se taalgebruik hoef na die genoemde bespreking van Dr. E.C.
Pienaar nie uitgewei te word nie. Op enkele minder mooie uitdrukkings kan
hier nog gewys word: "In die tyd het hy en hy alleen in breë en diepe trekke
in die kinders van Suidafrika uitgehou die wye omvang van 'n selfstandige
Afrikaner-nasie" (P. R. p. 350); "Die werke van dié manne ... wat verminder

Page 275

aan die nasionale onbewustheid ... (id. p. 347); "sodat honderde gesinne ...
van gebrek sou moes krepeer" (id. p. 300); "Die Nylstroom ... wat hier
breed is en ruig bewas met bos en riet; twee stamme ... van die
oorspronklike ras afgespring (Baanbrekers, p. 9, 12); "g'n kopere bendes
om begeestering van buite in of uit te blaas nie" (K. Hindon, p. 31); "dan
kan jy enige tyd jou weg uitkry" (id. p. 293); "In die verdere loop van
dieselfde gesprek sê hy te glo, dat...." (id. p. 317); "Weinig wonder, dat baie
van hulle die voorkeur daaraan gegee het...." (Trigardt, LXXIII); "die
welsprekende wond in sy hofie" (Moedersmart).

§ 3. J.H. Malan.[416]

Boer en Barbaar, (1913).

By die twede druk in 1918 het Malan sy werk in omvang byna verdubbel.
Hy gee "die geskiedenis van die Voortrekkers tussen die jare 1835-'40 en
verder van die kaffernasies met wie hulle in aanraking gekom het," soos die
ondertietel lui. Dit is "volgens sy beskeiden mening, ('n) volledige
geskiedenis van die eerste Voortrekkers tydperk" (p. IX).[417]
Malan begint met Slagtersnek, bespreek die oorsake van die Groot Trek
breedvoerig, asook die kafferoorloë van dié tydperk. Hoofstuk V bevat 'n
kultuur-historiese beskouing, waarin uitvoerige meedelings oor vee- en
wynboerdery voorkom en 'n beskrywing van die huislike lewe van die
Afrikaner tydens die Trek. Dan volg 'n oorsig van die eerste trekke onder
Trigardt en Van Rensburg, en 'n breedvoerige verhandeling oor die
verhoudings, oorloë en swerftogte van die talryke kafferstamme, asook die
betrekkinge van die emigrante met hulle. Groot aandag word ook gewy aan
die optrede van die Engelse en Amerikaanse sendelinge. Vervolgens kry ons
'n breedopgesette geskiedenis van al die ander trekke, die opkoms en
ondergang van die Soeloenasie, die eerste Engelse kolonie in Natal, die
moord van Retief met die daarop volgende moorde en veldtogte en die
vestiging van die Boere-republiek in Natal. As aanhangsel volg nog 'n
verhandeling oor die argitektuur in die westelike provinsie.
Sedert 1901 is Malan besig met sy ywerige navorsingswerk en die groot
aantal bronne deur hom ondersoek getuig van 'n onvermoeide vlyt en 'n

Page 276

hartstogtelike speursin. Hy het dan ook heelwat interessants en belangriks
opgediep uit die voortrekkersperiode. Maar tot die historisie wat die
uitkomste van hul ondersoek in skone vorm weet om te werk behoort Malan
nie. Sy styl mis artistieke kwaliteit en die gawe om op helder, logiese wyse
die gang van 'n groot beweging te teken, ontbreek by hom maar al te
dikwels. Die beeldende fantasie, wat al die tallose feite en besonderheidjies
moet orden en rangskik, sodat dit tot 'n grootse tafereel vergroei, die
besielende asem wat die stof van die ou foliante wegblaas en die vergete
helde in lewende lywe voor ons laat staan—die besit Malan slegs in geringe
maat. Dit help nou eenmaal nie om net te praat van "die hartroerendste
episodes" (p. 286), "onuitwisbare tonele" (p. 299), "hartdoorborende reise"
(p. 301), "ontsettende toestande", "verbryselde manne" (p. 302), want dit is
tog maar niksseggende woorde, só banaal, dat dit ons alleen hinder. As die
toneel dan werklik "onuitwisbaar" is, teken dit dan in al sy kleure en geure,
in al sy roerende droefheid, met al sy tragiese nasleep, sodat ook óns daar
iets van kan voel. Toon ons die ding self, moenie net daaroor praat nie.
Want Malan wil meer gee as 'n gekatalogiseerde feiteversameling of 'n
wetenskaplike verhandeling. Hy raak telkens aan die moraliseer en wys op
die deugde van die voortrekkers, wat dan met die teenswoordige sedebederf
gekontrasteer word. (o.a. p. 317-8). Die geskiedenis is vir hom "die
leermeesteres des lewens" (p. 396). As die nageslag "afdwaal van die
eienskappe van welvoeglikheid, statige fatsoenlikheid, ysterklip karakter en
godsvrug van ons wegbaners", dan raak hy op die pad wat lei "tot
ondergang en vernietiging".
Malan probeer ook om deur te dring tot die gevoelslewe van die trekkers.
Hy laat vir 'n paar bladsye die kroniekstyl met al sy feite en syfers staan en
beskryf "die laaste aand" in die ou Kaapse woning (p. 136 vlg.).[418] Hier sê
hy nie: "Niemand kan sig inbeel, welke tonele deur die brein van elkeen ...
gevlieg het" (p. 285); hy is nie meer 'n blote toeskouer op 'n distansie van 'n
"onuitwisbare toneel" nie, maar die trekker self wat afskeid neem. Omdat
hy die geval werklik deurleef het in sy eie gemoed, daarom hoor ons ook
die ontroering in sy woorde, al stuit ons taalgevoel telkens op wanklanke en
al verdwyn die weemoedige stemming geheel en al deur so 'n potsierlike
beeld: 'n Maanstraaltjie is "'n teken van die Ewigheid, sag, op wolle slippers
wadend oor die menslike stipjes...."! (p. 140). Daar is nog tallose
voorbeelde van viesie-verknoeiing, o.a.: "'n hartebranding, wat

Page 277

onuitspreeklik was" (p. 275); "snoewende woordegloed" (p. 398); "Shaka
rol die golwe van kaffers oor die Drakens Berre soos 'n grote bosbrand" (p.
156); ens.; ook onbeholpe uitdrukkings soos: "'n diepheuse buiging" (p.
123); "geen Britse leërmag met hulle destyds verwaande Europees-
Waterloo militêre geflikker.... (p. 348); hy "was bestemd, om die finale
verwoesting van Dingaan se kolossale mag ... te help vernietig (p. 381); die
gevolg was 'n sieklike jammerte ... wat as 'n hitte stroom deur Europa
gestroom het...." ens. (p. 49); "hy had egter intussen 'n groot verlies van
bloed wat die mensliewende, dappere Afrikaner in 'n floute skok (p. 310).
Die onbeholpenheid bereik sy toppunt in onleesbare sinne: "Piet Retief was
seker een van die merkwaardigste leiers onder die voortrekkers gewees en
besonder bekwaam en—lankmoedig sowel as takvol om oor die grootste
swakhede, veral in die begin, onder die emigrante: 'n volslae gebrek aan
disipline, sug naar eer en 'n possie bekwaam of onbekwaam, te kom." (p.
186.) "Stuart vertel, dat die weduwee van P. Retief, wat 'n nooi de Wet was,
en na eers met Jan Greijling gehuud te wees, na sy dood met P. Retief in
1814 was getroud, en dat hy in 'n huis aan die Mooi Rivier die veldfles van
Piet Retief aan die muur het sien hang, synde in die huis van die heer H.S.
Lombaard en daarop was die simbole van vrymetselary te sien" (p. 289).
Sulke voorbeelde van 'n verwronge, hopeloos verwarde sinsbou staan by
klompies op byna iedere bladsy. Skoonheid uit letterkundige oogpunt hoef
ons seker nie te soek in 'n boek waar die argitektuur van die sinne so 'n
gaotiese warboel is nie—'n ordelose hoop klippe van alle moontlike soorte,
—agteloos op mekaar gesmyt, sonder vaste plan, sonder sierlike lyne.
Watter fyngevoelige leser sal nie struikel oor sinne soos die volgende nie:
"Ek het dadelik enige poorte van die laer laat opemaak, skryf hy op die 23ste
Des., 1838 naar Kaapstad en verskyn in die Zuid-Afrikaan...." (p. 349);
"Hulle noem die raad deur 'enige persone' te syn gekies." (p. 202); "Op die
28ste Jan., 1837 was ... die Kommando terug, sonder een enkele man,
behalwe vier van Moroko se Barolongs gesneuwel, verlore te hê." (p. 186);
"toe Paul Kruger hem die hand in sy stoel gesete en waarom sy kinders en
kindskinders geskaard was, druk, ..." (p. 147).
Dan is daar nog staaltjies van mislukte hoogdrawendheid soos: "Die
Mayflower kwaker pelgrimvaders is nou verander in 'n weelde baaiende,
onsindelikheid en bedrog...." ens. (p. 133).

Page 278

Die taalkundige sal ongetwyfeld 'n paar wavragte onkruid in Malan se akker
kan oplaai. Hier kan alleen gewys word op die storende inwersie van
onderwerp en gesegde wat dwarsdeur die boek voorkom, om van ander
foute in die sinstelling en onafrikaanse wendings nie eers te praat nie. Tot
die anglisismes behoort o.a.: "'n warme tyd" (p. 30); "die Londen Sending
Genootskap" (p. 35); "China skoteltje" (p. 132); "Wat die opvolging van
Shaka betref, het Mbopa vir Mahlangana vals gespeel" (p. 235).
Wat ook al die streng-historiese waarde van Boer en Barbaar mag wees, dít
staat in elk geval vas: deur sy gebrekkige styl en taal is die letterkundige
waarde daarvan gering. Laat ons hoop dat die boek van Malan, wat met
soveel toewyding gewerk 't en daarby gewillig was "to scorn delights, and
live laborious days" vir die historikus groter waarde het. Deur die
belangstellende leek sal dit meer geraadpleeg as gelees word.

§ 4. Dr. S.P.E. Boshoff.

Stephanus Petrus Erasmus Boshoff is in 1891 gebore op Vaalbank, distrik
Senekal. Eers het hy in die Boland skool gegaan en later na die Grey
Kollege gekom. Na sy M.A. eksamen in 1912 het hy aan die Uniwersiteit
van Amsterdam in die Nuwe Lettere gestudeer. Met die uitbreek van die
oorlog het hy na Suid-Afrika teruggekeer en daar deelgeneem aan die
rebellie. Sy ondervindinge op kommando en in die tronk het hy beskryf in
Vaalrivier, die Broederstroom (1916)[419] en Rebellie-Sketse (1918).
Na die troebele is hy aangestel as professor aan die Potchefstroomse
Uniwersiteitskollege. In 1921 het hy sy studie in Amsterdam voltooi en cum
laude gepromoveer tot doktor in die Nederlandse Taal en Lettere op 'n
dissertasie: Volk en Taal van Suid-Afrika.
Hy sê self "dat hy hom nog nie en miskien nooit sal reken tot die Afrikaanse
skrywers nie. Wat hy doen is maar houthakkers- en waterputterswerk vir
ons ontluikende letterkunde" (Die Brandwag, Des. 1918). Hy is in die
eerste plaas dan ook filoloog, en sy dissertasie is 'n monumentale werk, die
vrug van jarelange arbeid. Ook uit bowegenoemde sketse blyk sy voorliefde
vir taalkundige waarneming. In samewerking met L.J. du Plessis het hy ook
uitgegee twee deeltjies Afrikaanse Volksliedjies, 'n versameling van
piekniek- en minne-rympies. Die inleiding getuig van onvermoeide

Page 279

nasporingsywer op die gebied van folklore. Meer as een fyn liedjie, wat in
een of ander uithoek van ons land lê en roes, sal deur die bundels algemeen
bekend word.
Van Boshoff het verder nog verskyn 'n toneelstuk Jannies, Johnnies en
Jantjies en 'n gewysigde bewerking van Ds. S.J. du Toit se Magrieta
Prinsloo. Hy is onlangs tot lid van die Leidsche Maatschappij benoem.

Vaalrivier, die Broederstroom en Rebellie-Sketse.

Vaalrivier behandel veral die laaste dae van Generaal C.F. Beyers, terwyl
Rebellie-Sketse uit my Dagboek 1914-1915 verskillende gevegte en ook die
tronklewe beskryf. Dit is feitlik alles persoonlike ervarings, wat die skrywer
meedeel en hy doen dit op 'n aangename verteltoon, in 'n goed versorgde
styl. Hy het daar mooi in geslaag om die taamlik eentonige militêre en
topografiese meedelings af te wissel met lewendige dialoog, waardeur ons
'n goeie kyk kry op die stemming onder die burgers. Veral die beskrywing
van die tronklewe munt uit deur aanskoulikheid en raak humor. Mooi
staaltjies van boerekwinkslae word ook gegee en o.a. die knaende rooklus
goed uitgebeeld. Daar is burgers wat selfs van die dominee twak kry "want
die predikante was prakties en hul roltwak was gewoonlik langer as hul
predikasies" (R. S. p. 132). "Na die preek kon 'n mens dan ook gewoonlik 'n
gelukkige roker hier en daar onder die skare onderskei aan die blou
rookwolkies om hom heen, en aan die streep minder gelukkige broeders,
wat agter hom aanstryk om tog maar net die ruik van die rook te kry."
(t.a.p., p. 133.) Daar is meer sulke voorbeelde van goeie waarneming, wat
getuig van intieme kennis van die boere-mentaliteit. Die rake slag, waarmee
sommige persone uitgebeeld word is 'n aanduiding, dat die skrywer ook op
die gebied van die roman sukses sou hê.
Die styl word gekenmerk deur 'n besonder voorliefde vir alliterasie,
waarvan reeds die eerste sin van Vaalrivier 'n voorbeeld is. In die
beeldspraak verras meer as een oorspronklike wending, b.v. "'n eensame en
blykbaar verlate woonhuis ... waarby 'n lang en nog eensamer ou
bloekomboom half staan en slaap, nes 'n reier op sy een been langs die vlei"
(Vaalrivier p. 92). 'n Paar maal word die as relatief gebruik o.a. "Genl.
Maritz, die hy in daardie geval...." (R. S. p. 5). Telkens kom vyandige i.p.v.

Page 280

vyandelike voor, b.v. "vyandige perderuiters" (Vaalrivier p. 55). Die
anglisisme op p. 36 "die Jingoes (het) my 'n vreeslike lewe gelei" moet
seker op rekening van die spreker gestel word. Die bewering, dat kuns "'n
lukseartiekel" is (R. S. p. 122) moet blykens die verband nie au sérieux
geneem word nie. 'n Voetnoot, soos die eerste op p. 24 (Vaalrivier) kan
gerus weggelaat word.

§5. J.A. Smith.

Johannes Anthonie Smith is gebore op Grootfontein, distrik Aberdeen in
1886. In sy jeug het hy Ons Kleijntji gelees en vir Afrikaans geywer. Toe hy
byna vyftien jaar was het hy weggeloop na die Boere-kommandos en tot die
vrede geveg. Aan die Hoëre Skool in Stellenbosch het hy sy studie
voortgeset en daarna gaan boer. Die groot droogte van 1915 het aanleiding
gegee tot die keuse van 'n joernalistieke loopbaan. Eers was hy tydelik
werksaam by De Nieuwe Tyd, 'n Aberdeense krant en later redakteur van
Het Westen. Sedert 1917 is hy redakteur en bestuurder van Onse Courant,
Graaff-Reinet. Dit is die eerste krant wat in die Kaapprovinsie oorgeslaan
het in Afrikaans. Smith het daarin en ook andersins aktief opgetree in die
stryd om Afrikaans as voertaal erken te kry. Die gevolg was die invoering
van die Afrikaanse medium in die Hoëre Skool op Graaff-Reinet. Hy
versamel tans gegewens oor die mense en toestande in dié distrik vóór die
Groot Trek, en werk aan 'n brosjure oor die teregstelling van Komdt.
Scheepers. Van hom het verskyn: Brit en Boer, van Slagtersnek tot Jopie
Fourie (1917) en Naar Bloedrivier en Paardekraal (1918)[420].

Brit en Boer.

Die skrywer gee 'n kort oorsig van die historiese gebeurtenisse van 1814 tot
1915. "By ons volk is 'n groot behoefte aan 'n kort, duidelik, onpartydig en
in Afrikaans geskrywe historieboek...." verklaar hy in sy voorwoord. Deur
gebrek aan 'n lewendige, persoonlike styl het dit egter alleen 'n versameling
van feite geword. As voorbeeld van die dikwels gebrekkige styl en
kanselagtige beeldspraak kan die volgende dien: "Hier werd Afrikaanse
lewens ontneem deur die Engelse, vir die eerste maal en werd later nog
weer herhaal.... Die diepe wond is nooit geen balsem toegedien, maar steeds
meer nuwe wonde in die boesem van die diepgeteisterde volk geslaan." (p.

Page 281

21.) Vorme, soos die volgende laat mens twyfel of die boek wel in
Afrikaans geskryf is: "Op s'n treurigs (p. 22); Retief en de syne (p. 39); Die
Regering ... het moe geword ... en dag dit best.... (p. 64). Na veel moeite
kreeg men die inwoners so ver.... (p. 66); Goud werd gevonden" (p. 82) ens.
Dan krioel dit nog van taalkundige rariteite o.a. kalmtjes (p. 110); Men sal
herinner (p. 77); Southey het lang reeds in sy verstand gehad ... (p. 81) ('n
Anglisisme); sy bedriegelik invloed (p. 85); vermompte despotisme (p. 96);
Mettertyd het die uitlander populasie, die op sigself nie 'n presiese
dreigende gevaar was ... (p. 107); die ver-engelsen van die hele aardbol" (p.
108) ens. As die dubbele negatief reg gebruik word is dit 'n uitsondering.

Naar Bloedrivier en Paardekraal.

Op eenvoudige wyse gee die skrywer 'n beknopte oorsig van die
gebeurtenisse, wat in verband staan met Bloedrivier en Paardekraal, volgens
sy beskouing "'n onuitputtelike bron van sede- en nasionale lesse" (p. 11).
Hy wou 'n werk lewer "wat vir die opkomende geslag onmisbaar moet wees
in verband met die hedendaagse Dingaanfees." Of die onmisbaarheid van
lange duur sal wees val te betwyfel, omdat die styl, ofskoon beter versorg
dan in Brit en Boer so weinig artistiek en dikwels onbeholpe is. "Na hierdie
aanval is die laers in vier groot laers verdeel en teruggeset en het onder die
bevel van Maritz ... gestaan" (p. 41). Daar is meer sulke voorbeelde. Die
dubbele negatief ontbreek nog telkens en uitdrukkings soos "skatte-buiters
(p. 59), verpeins (p. 82); 'n bewering te maak uit denkbeeldige inisiatiewe"
(p. 70) is 'n aanduiding van gebrekkige taalbeheersing.
Nadruk word veral gelê op die verband tussen Bloedrivier en Paardekraal:
"As 'n mens Dingaansdag kan of mag vier, dan kan en moet 'n mens die
herstelling van die onafhanklikheid in 1880 ook vier. Albei jaartalle het
dieselfde betekenis vir die volk." (p. 93.)

§ 6. Dr. J.D. du Toit (Totius).[421]

Ds. S.J. du Toit in Weg en Werk, (1917).

Page 282

"Een omstandigheid moet by die lees veral nie vergeet word nie. Ds. du Toit
was 'n Ismaël: sy hand was teen almal, en almal se hand was teen hom....
By die beskrywing van sy lewenstaak was dus wysheid en tak 'n
hoofvereiste, en die skrywer wil hier die opregte versekering gee, dat hy sy
uiterste bes gedoen het om by oue gevoelighede verby te skram en om oue
wonde nie seer te maak nie. Vandaar dat deurgaans geen kritiek geoefen en
geen beoordeling van persone en gebeurtenisse gegee word nie. Die dag
daarvoor sal wel later aanbreek. Die skrywer wou volstaan met die blote
meedeling van feite (soveel molik in sitaat)...." (Voorwoord). Met dié
woorde het Totius sy werk goed gekarakteriseer. Dit is 'n feiteversameling
van die grootste belang oor "'n periode van Afrikaanse oplewing", soos die
ondertietel lui. Die rangskikking van die feite, die ordening van sy
biografiese materiaal het Totius met talent gedaan. Van alle oorde het hy
met groot vlyt en nasporingsywer sy boustowwe bymekaar gemaak. Netjies
opgepak lê die stene in afsonderlike stapels. Die fondament is ook al gelê
en daarop moet die boumeester nou vir ons 'n sierlike skepping van
monumentale skoonheid oprig. Dit is 'n taak waarvoor die digterlike seun
van 'n groot vader allesins berekend is. Maar hy deel ons mee: "Die dag
daarvoor sal wel later aanbreek". Die redene wat Totius voorlopig van 'n
interpretasie van sy feite laat afsien het, moet ongetwyfeld gebillik word, as
ons onthou, dat sy vader se hand "teen almal was, en almal se hand teen
hom". Addison het in 1716 al verklaar: "The truth of it is, as the lives of
great men cannot be written with any tolerable degree of elegance or
exactness within a short space after their decease; so neither is it fit that the
history of a person who has acted among us in a public character, should
appear, until envy and friendship are laid asleep, and the prejudice both of
his antagonists and adherents be, in some degree, softened and subdued."
[422]
Maar die opmerking van Samuel Johnson is nie minder juis nie: "If a
life be delayed till interest and envy are at an end, we may hope for
impartiality, but must expect little intelligence; for the incidents which give
excellence to biography are of a volatile and evanescent kind, such as soon
escape the memory, and are transmitted by tradition."[423] Dit is juis dié
soort insidente wat Totius, blykbaar met opset verwaarloos het. "Die
skrywer van hierdie reëls was toe maar vyf jaar oud. Tog styg daar nog
verskeie witte wolkies van skerpe herinnering op bo die wegduisterende
gesigseinder van kinderverlee. Die skrywer sal daarmee die leser nie te veel
lastig wees nie." (p. 243). Doodjammer, want deur die verswyging van sy

Page 283

persoonlike herinneringe ontbreek daar lewenswarmte aan die biografie.
Die beeld van sy vader is groot en imposant, maar daar is weinig lewe in.
Soos 'n reusagtige silhoeët staan dit teen 'n agtergrond van die bontste
verskeidenheid. Maar Ds. Du Toit se pelgrimsreis van die wieg tot aan die
graf, sy titaniese worsteling met die lewe, die dramatiese afwikkeling van
dié geweldige stryd, die diepe kneusing van 'n groot siel wat van smaad en
hoon meer as sy volle deel gehad 't—daarvan val alleen 'n dowwe flikkerlig
op die beeld. En die indruk kom Totius self bevestig: "Van Ds. du Toit se
inwendige lewe weet ons nie veel nie" (p. 248).[424] "Ons het tot dusver veel
gesê van Ds. du Toit se werk en weinig laat deurstraal aangaande sy
persoon. So hoort dit, want dis ons in die eerste plaas te doen om die grote
werk wat Ds. du Toit verrig het. Maar daarom mag 'n beskrywing van sy
persoon nie agterwege bly nie" (p. 378). Die "persoonsbeskrywing"
(Hoofstuk XVII) bring ons egter nie veel verder nie. Dit bly aan die
buitekant; ons mis daarin die vermoë om deur te dring tot die innerlike
psiege. Dit kan ons al weer met die skrywer se eie woorde bewys: "Nou
oorgaande tot die beskrywing van Ds. du Toit se meer inwendige lewe,
natuurlik soos dit sig naar buite geopbenbaar het (want "wie weet wat in de
mens is dan de geest des mensen die in hem is?") sal ons eers bespreek sy
emosionele lewe." (p. 381).[425] En hier wou Totius tog meer wees as 'n
feiteversamelaar, hier wou hy ons iets van die persoonlikheid van sy vader
laat voel. "The biographer must be more than the mere realist who can
photograph facts—he must be something of the idealist as well, for he has
to create as well as to reproduce: and we value a biography exactly in
proportion as its author has succeeded in creating for us the character of a
new man or woman to be added to our own personal acquaintance."[426]
Nou lyk dit vir my of Totius met die metode wat hy volg, soiets nie kán
bereik nie. Hy verklaar: "Nou gaan ons oor tot 'n beskrywing van Ds. du
Toit se verstand en wil. Vanself hoef dit nie so uitvoerig te wees nie. Sy
ganse lewe en werk deur ons beskrewe lê getuigenis af van die grootte van
sy verstand en die krag van sy wil." (p. 396). Dit mag nou wel waar wees,
maar so 'n bewering help ons geen druppel om die persoonlikheid van 'n
mens te begryp nie. En buitendien, het ons nie die reg om van die biograaf
'n artistieke sintese, 'n psigologiese interpretasie te verwag nie? Ons is nie
tevrede met hier 'n raps en daar 'n raps nie, ons wil 'n volledige beeld hê.
Die skrywer vervolg: "Ook moet hier die opmerking gemaak word dat dit
ons nie te doen is om 'n strenge groepering van die sielsfunksies nie. Ons

Page 284

het 'n skema gemaak wat prakties aanwendbaar is. Bowedien is die siel van
'n mens 'n eenheid, wat sig nie uit mekaar laat kerf nie. Op die feit wys
veral die nuwere sielkunde. Vandaar dat ons reeds die verstand en wil laat
inwerk het op sommige van die beskrewe emosies of
gemoedsaandoeninge." (p. 397.) Almal netjies beredeneerd, maar hier help
al die skemas en tabelletjies van die hele wêreld jou totaal niks! Die
biograaf staan voor dieselfde probleem as die romanskrywer: Hoe moet ek
die mens laat lewe? En as hy dié groot wonder reg kry, dan is dit nie omdat
hy 'n knap psigoloog is nie, goed op die hoogte van die allerlaaste
emosionele formulae, maar enkel en alleen omdat hy kunstenaar is. Hoe die
wonder geskied weet hy miskien self nie, en ons kan dit alleen by
benadering uitrafel; maar as ons sy boek gelees het, dan is daar nog 'n man
of vrou toegevoeg by die getal van ons intieme vriende. En in die
sielkundige skema van Totius mis ek die warme intimiteit; ek ken sy vader
na meer as 450 bladsye nog nie so goed as my eie vader of een van my
vriende nie. Die "witte wolkies" van sy herinnering, die moes hy nie laat
wegwaai het nie!
Beskou ons Totius se biografie nou alleen as feiteversameling, dan is dit
inderdaad 'n handige kompilasiewerk, wat onmisbaar is vir die kennis van
ons letterkunde en geskiedenis. Hy het die outobiografie, briewe en sitate
op bekwame wyse inmekaar gevleg, sodat iedereen na bestudering van die
bewysstukke sy eie oordeel kan vorm. Daarmee het hy seker bereik, wat hy
Kuyper op die tietelblad laat sê: "Niet vergeten van onze doden is niet
genoeg. Er kan zo dikwels veel ook voor onze doden nog gedaan worden.
Om hun eer en goede naam te verdedigen tegenover miskenning en laster....
Bitterheden weg te nemen, die als onkruid tussen hen en hun omgeving
waren opgeschoten...." Hy het as onpartydige historikus sy vader sy eie
saak laat voordra, hom uit sy werke, self tot ons laat spreek; nou moet hy
nog as seun sy vader vir ons uitbeeld met al die warmte van 'n liefdevolle
kinderhart. Die voorwoord laat ons hoop, dat "die dag daarvoor wel later
(sal) aanbreek." Vir ons letterkunde kan dit 'n blye dag word!
Die biografie bevat besonderhede oor Du Toit se jeug, sy werk as predikant
van die gemeente Noorder-Pêrel, sy stryd vir die beginsel van Christelik
Nasionale Onderwys. Die oprigting van die Genootskap van Regte
Afrikaners, Die Patriot en ander blaaie word uitvoerig bespreek, asook die
stryd vir die Afrikaanse taal. Duidelik blyk hoe groot die invloed van Ds.

Page 285

S.J. du Toit sedert 1875 was, en van hoeveel bewegings hy die eintlike
vader kan genoem word. Die oprigting van die Afrikaner Bond, die
oplewing in die Kaap-Kolonie en die aandeel van Die Patriot in die
Transvaalse Vryheidsoorlog is ook breedvoerig uitgewerk. Uit die
belangrike sitate kan ons 'n helder beeld van die kulturele lewe van dié tyd
saamstel. Ds. Du Toit se werk as Superintendent van Onderwys en
polietikus in die Transvaal, sy Bybelvertaling en reise word ook behandel.
Dan volg sitate oor sy houding tydens en na die Jameson-inval. Die
verklaring van Adv. J.H.H. de Waal, soos aangehaal op bladsy 2 word deur
Ds. Du Toit se eie woorde bevestig: "Die houding deur my in Patriot en
Getuige ingeneem teenoor die Transvaal-regering van die laaste tyd was
egter nie populêr in die Kolonie nie, veral sedert die Jameson-inval. Dit het
gemaak dat die blaaie agteruit gegaan het." (p. 313.) Oor Du Toit se stryd
teen sektes en kettery word ook meedelings gedaan. Met 'n beskrywing van
sy persoon en laaste dae sluit die boek, waarin ook nog enige gedigte van
hom afgedruk is.
Van Du Toit se veelsydige bekwaamheid, sy onvermoeide ywer vir
godsdiens, taal en nasie is op byna iedere bladsy bewyse te vind. Sy
lewensbeskrywing is meteen ook die geskiedenis van die ontwaking van die
Afrikaner bewussyn en sy aandeel daarin was ongetwyfeld belangrik.
Of ons die deur moet oopset vir woorde soos die volgende, is twyfelagtig:
leaders (o.a. p. 41); waiter (p. 283); debater (p. 350); smoking-cap (p. 379),
wasies (p. 380).

§ 7. Ds. W. Postma (1874-1921), (Dr. O'kulis).

Doppers (1918).

Dr. O'kulis verklaar in sy inleiding: "Ik het die egte ou Doppers nog goed
geken en hulle opregte nasate leef ik nog mee saam, sodat ik meen in staat
te wees om enigsins 'n suiwere portret te skilder van 'n eienaardige groep
van ons volk...." Hy het 'n ruim opvatting van die woord Dopper. "Al die
Doppers (is) nie in die Dopperkerk nie, en ... nie alle lidmate van die
Gereformeerde Kerk van S.A. (is) egte Doppers nie." (p. 8.) "Ons profeteer
dan ook beslis ... dat ons volk altyd meer terug sal draai naar die Backveld,

Page 286

al meer Dopper sal worde, naarmate ons nasionale selfbewustheid ontwaak
en ontwikkel" (p. 15). Op kernagtige wyse word die hele lewensbeskouing
van die Dopper uiteengeset en alles wat daarmee in stryd is afgekeur. Die
oorsprong van die Doppers, hul isolement, godsdiens en beskawing word
geskets en hul beginsels met warmte verdedig. Ten slotte word daar 'n
staanplek gevra vir die Dopper in die Afrikaanse samelewing: "Ons vra
geen guns, geen medelyde, geen beloning, geen verering nie. Ons vra net
staanplek in die Boer-geledere om saam te werk en saam te stry vir die
heilige pand ons saam toevertrou" (p. 116). In die bylae volg die opienies
van ander skrywers oor die Doppers.
Die grootste gedeelte van die boek is van godsdienstige aard en kan buiten
beskouing bly. Dat ons hier egter te doen het "met 'n faktor, wat geweldig
invloed uitgeoefen het op die kultuurlewe van ons volk" (p. 71) is
ongetwyfeld waar, en Dr. O'kulis se pleidooi vir die Doppers is 'n
belangrike bydrae op kultuur-historiese gebied. Daaruit kan ons die Dopper
se standpunt teenoor die wetenskap, die kuns, opvoeding, sport, ens. leer
ken. Die skrywer het 'n persoonlike kyk op al die probleme van ons tyd, al
is sy behandeling daarvan dan ook dikwels sketsagtig. Kapitalisme en
sosialisme kan seker nie met so 'n paar sinnetjies soos die volgende
afgemaak word nie: "Geen van bei ken soiets as 'n lewens- of nasionale
ideaal nie—hulle klim nooit hoër op as hulleself nie. Daar is niks
verhewens of opheffends in hierdie rigtings nie—dit is net:—"Laat ons eet
en drink en vrolik wees, want more sterf ons." Ook die definiesie van
modernisme is vaag en misleidend, (p. 65.)

Die Boervrou, (1918).

Die Boervrou, "Moeder van haar Volk" is saamgestel op versoek van die
Nasionale Helpmekaar- en Kultuur-Vereniging, Reddersburg. Die skrywer
verklaar: "Dis my doel om die lewe en dade van die Boervrou in die
geskiedenis op te spoor en voor te stel op eenvoudige en heldere wyse."
(Voorwoord).[427] Hy wil probeer om self "so min molik te sê en soveel
molik getuienis van vreemdelinge (ook vyandige), wat die mense geken het
invoer." (p. 20.) In hoofsaak is dit dan ook 'n kompilasiewerk, waarin veral
die periode van die Groot Trek en daarna uitvoerig behandel word. Onder
ander word die gedenkskrif van Anna Stenecamp afgedruk en 'n paar

Page 287

krante-artiekels oor Maria Koopmans-de Wet. Daar is nog naklanke van die
Eselskakebeen: "Ongelukkig dat ons altyd op skool nog moet ly aan die
verouderde Engels-Turkse stelsel van afgryslike geestesmoord." (p. 104.)
"Dis nodig om die wissels van die spoor van ons Vaderlandse Geskiedenis
eers reg te sit vir ons, wat op skool deur Cape History en Jingo-laster so
hopeloos verknoei is...." (p. 44.)
"Die godsdienssin van die Boervrou is die sleutel van haar hele geskiedenis;
die wat dit nie vooropstel, en gedurig voor oë hou nie, kan haar nie begryp,
haar portret nie skilder nie" (p. 66). Godsdienstige beskouings neem dan
ook 'n groot plaas in, en telkens word 'n klein prekie ingelas (o.a. p. 160,
179). Die streng-Kalvinistiese lewensbeskouing van die skrywer laat hom
dikwels teen allerlei maatskaplike euwels te velde trek, teen "die sonde van
kinderbeperking" (p. 157), die vrouestemreg en allerlei vreemde sedes.
"Hoe geleerd en ontwikkel ons ook al word, laat ons Boer bly. Praat van
beskaaf—wel ik het nergens hoër, fyner beskawing gesien as by ons egte
kristen Boer voorouers nie." (p. 109.) Hy is nie teen vooruitgang nie: "Die
Boervrou mag die kappie en die manteltjie vaarwel sê en tog haar
grootmoeder in alles gelyk bly." (p. 177.) Maar ons moet voortbou op "die
hegte breë Boerfondament" en alle "vreemde modelle" vermy. "Daar is geen
hoër adel, geen fyner beskawing, geen edeler siel as die van die Boervolk
self nie. Al wat ons daarvan afwyk, gaan ons verkeerd, breek ons onsself af,
ondermyn ons ons indiwidualiteit. Ons mog dan wat vreemds byspyker, en
daar uitlandse vernis oor smeer, maar dit sal nie hou teen die Afrikaanse son
nie.... Wat ons het is egte goud, al mag dit nog nie gelouter en bewerk wees
nie, wat ons in die vreemde naloop is klatergoud." (p. 206.) Hier ontaard die
gevoel van nasionale eiewaarde in chauvinisme, en werk die ou isolasie-
drang van die Boer, en sy afkeer van alle vreemde beskawing nog na. Op 'n
ander plaas is sprake van "die gesonde lewenswyse en wêreldbeskouing van
die Boervrou, so afkerig van die verfynde en demoraliserende uitlandse
'beskawing'...." So voer die groot nadruk wat op die Afrikaanse
voortreflikheid gelê word en die waarskuwing vir alles wat vreemd is tot
die stelling, dat alles in Afrika goed is en alles daarbuite sleg. Dit was seker
nie die bedoeling van die skrywer nie, maar wanneer 'n goeie beginsel te
veel op die spits gedryf word, lei dit tot bekrompenheid.
Die neiging vir allerlei moeilik verdedigbare generalisasies, wat ook in
Doppers aangetoon is, blyk uit so 'n bewering: "Is die teenwoordige oorlog

Page 288

nie vrug van die onvrouelikheid van die vrou van Berlyn, Parys, Brussels,
Londen?" (p. 180.)
Die portret en karakter van die Boervrou het Dr. O'kulis met liefde geteken.
Veral in die sewende en agste hoofstuk, waar die skrywer self meer aan die
woord is, kom juiste opmerkings en 'n persoonlike uitdrukkingswyse voor.
Die nuwere geskiedenis wil hy verbygaan, maar oor die konsentrasiekampe
kán hy nie swyg nie. (p. 141.) "Die geskiedenis swyg nie, al vergeet ons
ook al graag." (p. 148.) "Dwars deur ons land loop die bloedspoor van die
Boervrou" (p. 114). Met eerbiedige hulde volg hy die spoor deur ons
geskiedenis. Van die politieke vroueverenigings verwag hy weinig heil. Ook
die foute van die Boervrou word beskryf. In Mevrou Marie Koopmans-de
Wet "sien ons die Boervrou soos sy ontwikkel op die hoogste sport" (p.
181.) Die bylaes bevat hoofartiekels van die Mediator oor die trekkers en
oor vaderlandsliefde, asook 'n stuk uit Preller se Voortrekkermense.
Tot die minder juiste uitdrukkings behoort o.a.: "'n daghelder feit"
(Doppers, p. 63); "die ster-rol speler in die bioskoop" (id., p. 66); "Die
meisies was ... op reken van die moeder...." (Boervrou, p. 59); "oor
algemeen" (id., p. 94); "meedoen met allerhande lewensdrukte" (id., p. 97);
"geleerdheid bring in 'n groef" (id., p. 105); "om oor die toekoms te praat en
te plan (id., p. 149); "omdat men hiervoor geen oog had" (id., p. 24); "om
die verdrukte landgenote te help met tonne van selfgemaakte en geofferde
versagting" (id., p. 92). As staaltjies van retoriese beeldspraak kan dien:
"Twee feite het hulle diep in die hart deurboor" (id., p. 118); "die
hartverskeurende skouspel; die vlym nog dieper voel" (id., p. 148).

§ 8. Thos. Blok.

Thos. Blok is in 1879 gebore. In Holland was hy 'n tydlank onderwyser en
sedert 1913 in Bloemfontein, waar hy tans hoof van die Voorbereidende
Tegniese Skool is. Hy het hom dadelik na sy vestiging in Suid-Afrika op
Afrikaans en geskiedenis toegelê. Hy streef daarna om die resultate van sy
argiefondersoek in aantreklike vorm uit te gee en bewerk veral die periode
van die Oranje Rivier Soewereiniteit. Van hom het verskyn 'n serie
leesboeke Ons Eie Taal, Klein Jannie, Oom Willem, Hendrik Afbeen en
Willem Kruger, skool- en kinderlektuur, 'n paar bundels kinderversies en
Grensboere (1918).

Page 289

Grensboere.

Dit is 'n verhaal uit die dae van President Hoffman, "'n inleiding tot die
geskiedenis van die (Basoeto)-oorloë." Blok wil "'n duidelike beeld ... gee
van die toestande, wat geheers het, en die moeilikhede, waarmee die Boere
te stry gehad het op die grens van Basoetoland.... Behalwe die vorm, waar
die storie in verskyn, is alles suiwer geskiedenis."[428] Die geskiedenis
smoor dan ook die verhaal dood; die argieflug is te sterk. In die begin kry
ons nog iets van die mense te sien, maar ons verloor hulle gou tussen al die
historiese feite en dokumente. In 'n suiwer historiese vorm sou Blok se werk
meer voldoening gee, want die feite wat hy meedeel is belangrik en van sy
simpatieke inlewing in die Boerekarakter getuig iedere bladsy van die
boekie. Die helder, eenvoudige styl, wat alleen op enkele plekke spore van
Hollandse invloed vertoon, maak Grensboere uiters geskik vir die jeug.
Hinderlike herhaling kom voor o.a. op p. 21: skaf—skaap; op p. 57: gekies
—kiesers—kies.

§ 9. Ds. G.B.A. Gerdener.

G.B.A. Gerdener is in 1881 gebore op Wupperthal, 'n Rynlandse
sendingstasie in die Sederberge, Clanwilliam, waar sy vader, 'n Duitse
sendeling gearbei het. Sy gehele opvoeding het hy feitlik in Stellenbosch
geniet, en daar is hy ook tot predikant opgelei. Sy teologiese studie het hy
in 1922 voltooi aan die uniwersiteit in Tübingen, waar hy die graad Dr. Phil.
cum laude verwerf het en hom veral op die nuwere geskiedenis en die
tydperk van die Hervorming toegelê het. As sekretaris van die Christelike
Studente-Vereniging het hy in 1907 en 1910 groot buitenlandse reise
gemaak. Gedurende 1912-17 was hy onder die Mohammedane in Kaapstad
werksaam en daarna as twede predikant op Stellenbosch. Van hom het
verskyn 'n bundel gedigte: Uit Mijn Jonkheid en verskeie godsdienstige
werke, alles in Hollands. Sarel Cilliers, Die Vader van Dingaansdag is egter
in Afrikaans (1919). Hy was ook redakteur van Het Gereformeerd
Maandblad.

Sarel Cilliers.

Page 290

Piet Retief word die martelaar van die Groot Trek genoem, Andries
Pretorius, die krygsman en Sarel Cilliers die profeet (p. 3). "Beter tiepe van
die diepe godsvrug en die innige vroomheid, wat in dae van donkerheid en
droefheid aan die hart van die Trekkers lig en troos verskaf het is daar nie
dan Sarel Cilliers" (p. 4). Sy kinderjare en uittog na die noorde word
beskryf, terwyl ook in vlugtige trekke die verloop en betekenis van die
beweging van 1836 geteken word. Episodes waarin Cilliers 'n groot aandeel
gehad 't, soos die slag by Vegkop en die aflegging van die gelofte word
uitvoerig behandel en op helder wyse toegelig. Cilliers se ervarings in Natal
en later in die Vrystaat, sy rol in die kerklike lewe is op aanskoulike wyse in
die laaste hoofstukke geskets. Deur verskillende anekdotes kry ons 'n helder
beeld van sy persoonlikheid. In die slothoofstuk word sy betekenis so
saamgevat: "Hy was 'n onverskrokke baanbreker van die beskawing, 'n
dapper stryder vir vryheid, 'n edel patriot en 'n vroom Godsman" (p. 90.)
Die geskiedenis van die Dingaansfees en die beste manier om dit te vier
word bespreek. Dit was dan ook die aanleiding tot die ontstaan van die
biografie (p. 4). Die aanhangsels bevat 'n joernaal en verskeie briewe van
Cilliers.
"Die meeste mense van die twintigste eeu sal (Cilliers) noem 'n
onbuigsame, ouderwetse puritein" (p. 84). Deur sy verwante
lewensbeskouing kon Gerdener so 'n figuur met 'n begrypende liefde
aanvoel en hy slaag dan ook daarin om veel wat vaag was te verduidelik. As
hy ons egter vertel dat hy liewer "die sluier van vergetelheid" (p. 34) oor die
onaangenaamheid tussen Cilliers en Smit wil trek, dan twyfel ons aan sy
objektiwiteit. Vir 'n geskiedkundige werk kan die omsluieringsmetode nóg
noodlottiger wees as vir 'n roman! Deur so 'n sinnetjie bring die
lewensbeskrywer homself onder die verdenking dat hy te werk gegaan 't
volgens die gesegde: De mortuis nil nisi bene. Onwillekeurig vraag ons:
Wat het nog meer onder "die sluier van vergetelheid" geraak? In die
aangehaalde geval is dit alleen getuigenis uit 'n ander bron wat Gerdener tot
'n bespreking dwing. Maar die feit dat hy dit met blykbare teësin doen, kan
ons die indruk gee, dat hy alleen 'n lofrede op "die vader van Dingaansdag"
wou skryf. En selfs die vaagste sinspeling in dié rigting moet die biograaf
vermy, as hy geen agterdog wil opwek teen sy onpartydigheid nie.
Ook die volgende verklaring is 'n erkenning deur die skrywer self van wat
daar nog ontbreek in sy werk: "Ons sluit hierdie Hoofstuk "Bloed en Trane"

Page 291

met die gevoel dat daar taferele in die geskiedenis is, wat niemand kan
beskrywe nie. Neem b.v. Piet Retief, bo-op die Drakensberg met sy
aangesig in die rigting van die Indiese Oseaan.... Gebeurtenisse kan 'n mens
nog beskrywe, maar sulke manne, so groot, so onsterflik: die Martelaar, die
Profeet en die Staatsman van die Grote Trek. Hier moet die digter en die
skilder ons te hulp kom!" (p. 47.) Die kunstenaar-biograaf mag egter sy taak
nie so maklik op ander skuiwe nie! Dit spreek vanself dat iemand wat uit
stowwige oorkondes en fragmentariese oorlewerings 'n beeld van 'n mens
moet opbou daarin slegs gedeeltelik kan slaag; die tydgenoot, steunende op
intieme kennis en persoonlike omgang is daartoe veel beter in staat. Maar
waar die tydgenoot dit nagelaat het is 'n biografie soos die van Sarel Cilliers
vir ons van groot belang. Uit die beskikbare gegewens het Gerdener 'n
duidelike beeld van die man en sy betekenis saamgestel. By 'n twede druk
sal hy seker die onafrikaanse vorme wat daar nog in sy styl voorkom vermy,
en ook nie die piëteitlose afkorting Maritzburg vir die ou Voortrekkerstad
gebruik nie (o.a. op p. 31).

§ 10. A.J. van der Walt.

Andries Jacobus van der Walt is gebore op Grootfontein, Middelburg, K.P.
Van sy tiende tot sy vyftiende jaar het hy skool gegaan op Ratelpoort, waar
hy leer hoera skree het, toe die anneksasie van Transvaal (1877) bekend
word. Maar nadat hy enige jare skool gehou 't is hy Transvaal toe en daar
het hy gou tot 'n ander oortuiging gekom. Kort na die Jameson-inval is sy
Hollandse roman Afrikaner wees u zelf geskryf.[429] Gedurende die Twede
Vryheidsoorlog moes hy saam met ander die wyk neem na Delagoabaai en
vandaar na Holland. In Europa het hy byna twee jaar gebly, baie rondgereis
en sy ondersoekings oor Andries Hendrik Potgieter begin, wat nog op 'n
uitgewer wag. Na sy terugkoms was hy eers tien jaar lank by 'n
versekeringsmaatskappy en toe weer onderwyser in die distrik
Potchefstroom, waar hy nog is. Noordwaarts, wat in 1906 al klaar was het
hy in Afrikaans omgewerk vir die Burger-leeskring (1919).[430] In 1920 het
ook nog verskyn Vastrappers I.

Noordwaarts.

Page 292

In 1877 het 'n groot aantal huisgesinne die Suid-Afrikaanse Republiek
verlaat en noordwaarts getrek. Die skrywer het historiese gegewens oor
hierdie Dorsland-Trek versamel en dit as Deel II van Noordwaarts uitgegee.
Die verhaal van D.J. Erasmus word afgebreek deur die volgende opmerking
van Van der Walt: "En dan volg 'n hele reeks van kostelike informasie ...
wat vir 2/3 as boustof verstrek ('t) van Boek II" (p. 217). Boek II is 'n
gedeelte van 'n romantiese verhaal, wat aan die Boustowwe voorafgaan.
Hier het ons dus te doen met 'n onwetenskaplike vermenging van waarheid
en verdigting, wat die boek vir die historikus vrywel waardeloos maak.
Selfs op die boustowwe kan ons nie reken nie: "Die skrywer het eers
gemeen, by die omwerking en besnoeiing van die handskrif, om die
verdwaal-episode maar agterweë te laat....[431] Nog duideliker blyk sy
werkwyse uit die volgende: "Ons moes dus by die skrale bedeling van
boustof, nadat ons ons so goed moontlik onder ons omstandighede op
hoogte van die Land- en Volkkunde van die streke waardeur die twee van
Stadens denkelik getrek het, gebring het, toe maar verder die regte van 'n
romanskrywer ons aanmatig, om so op dié manier die leemtes enigsins aan
te vul." (p. 185.) Teen 'n historiese roman oor die Dorsland-trek bestaan
daar natuurlik geen besware nie, maar die onoordeelkundige vermenging
van fantasie en waarheid in 'n boek, wat die ondertietel Historiese Sketse
draag, moet ten sterkste afgekeur word.
Van der Walt het verskillende episodes uit sy boustowwe tot een verhaal
saamgeflans. Hy gee 'n reeks gekleurde historie-prente en laat op
bioskoopagtige wyse die vernaamste episodes voor ons verbytrek. In die
uiterlike omstandighede van die trekkers het hy hom goed ingeleef. Hul
ontberinge en eindelose gesukkel in die dorsland word op skilderagtige
wyse geskets. "Die opeenvolging van ellendes" (p. 58), die lyding van mens
en dier in woeste oorde, die moeilikhede met die inboorlinge is op duidelike
en aanskoulike wyse voorgestel, sodat die geheel 'n treffende rolprent van
die volhardingsvermoë van die Afrikanerpioniers word. Maar ons mis die
hand van die kunstenaar wat só kan skilder, dat die figure van die doek af
na ons toe kom, met ons praat en die roersels van hul innerlikste menssyn
openbaar. Want daarvoor deins die skrywer terug. "Ons laat maar liewer die
sluier val!" (p. 112);[432] "Maar laat ons maar liewer van Tys van Wyk, die
vader en van Roelf, die liefhebbende oom, swyg—swyg van algar se
verdriet, wat elkeen op sy eie manier getoon het...." (p. 136); "O, geen pen

Page 293

kan die aakligheid van die reis beskrywe nie!" (p. 139); "Wie sal 'n
vroumens se trane deurgrond?" (p. 162). So soek die skrywer altyd maar
uitvlugte. Net waar hy 'n kans kry om die dieper menslikheid te teken,
getuig hy sélf van sy onmag. Hy bly meestal die belangstellende toeskouer,
wat nie die ellende self deurleef nie, maar op 'n goeie distansie
aantekeninge maak: "Laat ons, Leser, hulle afkyk in hulle doen...." (p. 65).
Die kranksinnige Mieta is "die ware beeld van wanhoop" (p. 51) en 'n paar
reëls verder weer "die beeld van verregaande onverskilligheid". Tog het hy
daarin geslaag om 'n hele paar lewendige toneeltjies te teken, soos o.a. die
dood van Joggie (p. 68 vlg.). Ook die vaste vertroue op die Voorsienigheid
onder die bangste gevare, en die stille godsvrug van die trekkers is goed
weergegee.
Die gebeurtenisse deur Van der Walt beskryf was vanself al danig
romanties. Maar hy is nog nie tevrede nie! Dit word so aangedik, dat mens
jou naderhand verbeeld dat jy onder die oud-testamentiese bedeling leef.
Daarom verbaas dit ons nie dat die steenbokkie reguit in Tys se knipmes
inloop nie! (p. 144). Die meisie wat deur die kaffers ontvoer word, ontbreek
ook nie, nog minder die paartjie wat mekaar "kry". "Leser, ons paar het
mekaar nou. Sal ons ook nou maar ophou?" (p. 157.) Asseblief tog neef,
want ons het dit al só baie gehoor! As jy van die verliefde paartjie nie twee
lewendige mense kan maak nie, wat op hul eie manier liefhet en nie mekaar
sommer "kry" en "het" nie—bly dan maar liewer stil! Die bruilof ens.—ja
kyk—soiets lees ons elke dag in Die Burger en De Volkstem. Ons weet
presies hoe dit gebeur en daar in die wildernis is 'n mens ook maar 'n mens!
Hou tog maar liewer op!
In plaas van plastiese uitbeelding kry ons moralisasies en godsdienstige
oorpeinsings, soos by die beskrywing van Sarie Swarts se lotgevalle. Hoe
sterk die moraliserende tendens is blyk duidelik uit

Vastrappers I.

In die voorwoord al staan 'n heftige tirade teen allerlei "onruswekkende
verskynsels". Daartoe behoort: "die prysgewing van ons jeug aan die
Rugby-Moloch, ... die goddelose Rugby-gedoente" (p. 7); "die gruwelike en
gevaarlike sigarette-draak, gemengde baaiery, die Malthusiaanse euwel"

Page 294

ens. Ook in die teks kom sulke uitvalle voor. Van der Walt het seker die
volste reg om vir sy lewensbeskouing propaganda te maak, maar in 'n
historiese werk kom sulke sedeprekery nie te pas nie.
Die eerste afdeling van Vastrappers bestaan uit sitate van "wat ander mense
so ongeveer van Boer geskryf het." Waarom ons dit eers moet lees, is nie
duidelik nie. Dan volg: "Die Historie van seker vier Potgietergeslagtes", 'n
reeks "oorspronklike famielieverhale", wat "so orgineel moontlik" afgedruk
word. Hy hoop dat "veral Jong S.A. se oë meer mag oopgaan om die egte
goud van ons skone Verlede te onderskei van baie namaaksels en klatergoud
van ons tye." (p. 37.) Die derde afdeling "Baanbrekers en Vastrappers" is 'n
soort sedekundige verhandeling om aan te toon, dat daar "'n goue streep van
Kalvinisme deur heel ons Vaderlandse Geskiedenis (lê)" (p. 200). Afdeling
IV dra 'n uit taalkundige oogpunt onjuiste tietel: "Uit vanmelewe ou
Potchefstroom se dae". Dit is 'n herdruk van 'n artiekel uit Het Westen van
1908, met 'n naskrif van 1919 waarin gedeeltes uit ou Potchefstroomse
krante afgedruk word. III en IV is albei "onvoltooide sketse".
"Omstandighede het ons belet om al die informasie behoorlik te verwerk
soos dit eintlik behoort. Dit het gekom deels omdat ons nog nie klaar het
met ons histories ondersoek" (p. 211). Met dié woorde veroordeel die
skrywer sy eie werk. Die wanordelike allegaartjie wat hy ons aanbied, met
sy doolhof van inleidings, aanhangsels, naskrifte, note en
bymekaargeskraapte sitate is 'n duidelike bewys dat naas liefde vir die
voorgeslag 'n deeglike, wetenskaplike voorbereiding onmisbaar is. As
Vastrappers I enige waarde het, dan moet dit gesoek word in die
Potgieterverhale, wat die grootste gedeelte van die boek beslaan. Die
beoordeling daarvan kan egter aan die historisie oorgelaat word.
In Noordwaarts skryf Van der Walt 'n gemaklik-vloeiende taal, wat egter
weinig persoonliks het. Die invloed van die Hollandse skool van vóór '80
blyk nie alleen uit sy "bewerkte" sitate van Ten Kate nie, maar ook uit
beeldspraak soos: "'n vlym deur sy siel" (p. 152). Hinderlik is die gebruik
van "geword" (p. 60), en die verkeerde sinstelling: "Sy het vooroorgeval, en
het haar liggaam 'n skok gekry" (p. 90). In Vastrappers[433] is die styl
minder versorgd. Daar kom voor o.a.: "Die Barbaar gevaar" (p. 202);
"verhaalde" (p. 232); "Soiets sou wel meer konsekwent, ... en op tot datum
(up to date) gewees het, as al die onnasionale dus egoïsme in die hand
werkende voetbal-gedoe." (p. 215.)[434].

Page 295

§ 11. Senator G.G. Munnik.

Kronieke van Noordelike Transvaal, (1920).

In die eerste hoofstukke word die nedersetting van blanke onder Generaal
Hendrik Potgieter in Soutpansberg beskryf. Dan volg 'n uiteensetting van
die moeilikhede met die talryke kafferstamme en die gebeurtenisse wat
gelei 't tot die belegering van Makapaan in sy grotte.[435] Ook die politieke
kibbelarye tussen verskillende Transvaalse leiers en die toestande op die
goudvelde word geskets. Uit die lewe van die goudsoekers en jagters vertel
die skrywer interessante voorvalle. Sy ondervindings as mynkommissaris
en landdros lewer die stof vir meer as een vermaaklike anekdote, wat op
lewendige toon vertel word. Ons kry ook 'n goeie kyk op die verhouding
tussen die regering, die amptenare en die burgers. Die skrywer slaag daar
goed in om ons 'n kleurige beeld te gee van die lewe van die baanbrekers in
die noorde, die wisselvallighede van hul swerwersbestaan, hul moed en
uithou-vermoë. Veel beter as deur 'n lang betoog word die toestande geskets
met 'n voorval soos die volgende: "Uit die getuienis blyk ..., dat elkeen van
twee vyandige gemeentes die kerk, 'n sinkgebou, eis. Daarop breek die
wakkerste gemeente die kerk, die van hout en yster was, af, en karwei dit
weg op bokwaens, voordat hulle teenpartyders daar iets van wis" (p. 69).
Ook die talryke Kruger-anekdotes word op aangename wyse vertel. Sonder
dat dit aanspraak kan maak op groot letterkundige verdienste is die
herinneringe van Senator Munnik ongetwyfeld 'n aantreklike boek, waarin
die algemeen-menslike kant van 'n so goed as onbekende historiese tydperk
mooi belig word. Sulke bydraes kan ook vir die geskiedkundige navorser
van groot belang wees en die skrywe van soortgelyke herinneringe verdien
navolging. Van Oud-Pres. F.W. Reitz het in verskillende tydskrifte ook
sulke memoires gestaan, wat behoorlik bygewerk 'n interessante bundeltjie
oor die ou dae kan word.
Volgens 'n meedeling het Munnik sy werk nie oorspronklik in Afrikaans
geskrywe nie. Sy taal en styl laat nog heelwat te wense oor. Hy gebruik die
as relatief; daar is 'n klompie anglisismes o.a. raar (Eng. rare) (p. 21); "om
vir verlore kanse op te maak" (p. 72); "hy was ook gemeng met die
affêres...." (p. 82). Die woordskikking is telkens verkeerd b.v.: "Met die
vooruitsig (anglisisme) van 'n Hooglander het hy hom 'n massa kruit

Page 296

saamgebring en het dit die Republikeinse Goewernement aangeneem...." (p.
53).

§ 12. Ds. J.D. Kestell.

Ds. Kestell is 15 Des. 1854 gebore op Pieter-Maritzburg. In sy jeug is hy
persoonlik met verskeie Voortrekkers in aanraking gewees. Hy vertel:
"Sarel Cilliers het ek gesien in die huis van my vader, en later op sy eie
plaas, Doringkloof. J.N. Boshoff het ek as kind op Pieter-Maritzburg geken.
Marthinus Oosthuijse het ek dikwels ontmoet, en uit sy eie mond die
geskiedenis van die Trek gehoor. Daniel Bezuidenhout het my self verhaal
wat sy wedervaringe was."[436] Na sy teologiese opleiding op Stellenbosch
het hy 'n jaar lank gestudeer aan die Utrechtse uniwersiteit. As predikant het
hy gestaan op Kimberley, Harrismith, Ficksburg en Bloemfontein. Daarna
was hy redakteur van De Kerkbode en op die oomblik is hy rektor van die
Grey-Uniwersiteits-Kollege.
Sy eerste geskrif was 'n toneelstuk oor Slagtersnek, The Struggle for
Freedom. In sy studiejare het hy ook 'n Engelse roman oor dieselfde
onderwerp geskryf. "Onse Jan" het dit vir Het Z.A. Tijdschrift vertaal. Uit
het Afrikaansche Boerenleven (1897) is 'n bundel dorpsnovelles.[437] De
Voortrekkers of Het Dagboek van Izak van der Merwe (1898) is in
samewerking met Nico Hofmeyr geskryf, Johanna Cloete in 1899.
Gedurende die Twede Vryheidsoorlog het Ds. Kestell Pres. Steyn en Genl.
De Wet vergesel op hul togte en die stryd meegemaak tot die bitter einde
toe. Na die vrede het verskyn: Met de Boerencommando's of Mijn
Ervaringen als Veldprediker en De Vredesonderhandelingen tusschen Boer
en Brit (1909), die laaste in samewerking met D.E. van Velden.
Sy skoonvader se biografie het Ds. Kestell in 1911 uitgegee onder die tietel
Het Leven van Prof. N.J. Hofmeyr, die van Christiaan de Wet in 1920.[438]
Die Voortrekkers (1920) is 'n omwerking van 'n reeks voorlesings op
Kimberley gegee. Ds. Kestell is lid van die S.A. Akademie, die Leidsche
Maatschappij en die Historische Genootschap van Utrecht. Op kerklike en
nasionale gebied is hy een van die volksleiers. Volgens die redakteur van
Die Brandwag is hy "in baie opsigte vir ons die verpersoonliking van die
beste wat daar in ons Afrikaanse volk woon."[439] Aan die redakteur het hy

Page 297

ook vertel "hoe dit hom spyt, dat hy in die ou dae nie deelgeneem het aan
die stryd vir die regte vir Afrikaans nie." Hy is nou besig om al sy verhale
in Afrikaans te vertaal.

Die Voortrekkers.

Dit is "'n kort geskiedverhaal", waarin die oorsake en die vernaamste
gebeurtenisse in verband met die Groot Trek tot op 16 Desember 1838
beknop en helder uiteengeset word; 'n handige boekie vir iedereen wat die
groot gang van die emigrasiebeweging wil begryp, sonder om daarvan
eintlik 'n studie te maak. Van Gardiner en Owen word gesê: "Maar so bitter
vyandig teen die Boere was hulle ook nie, dat hulle 'n barbaarse opperhoof
kon aanhits tot 'n gruwelike bloedbad." (p. 76). Die bewyse vir die stelling
ontbreek egter.
"Ek vertrou dat wat aan my werk iets wat op sigself staan sal gee is, dat ek
persoonlik met eminente Voortrekkers in aanraking is gewees." (p. VI.)
Gedeeltelik is dit waar, maar daar is tog geen figuur, wat so geteken is nie,
dat ons na die lesing van die boekie voel, dat ook ons in persoonlike
aanraking met 'n Voortrekker gewees is. Kestell mis die plastiese gawe wat
vir so 'n uitbeelding nodig is. Hy verseker ons trouens self, dat dit
onmoontlik is. "Onbeskryflik[440] was die aandoening in (Retief se) siel, toe
hy staar op die land wat daar aan sy voet lê: Natal, met sy golwende berge
en dale" (p. 60). Ook die beskrywing van Retief se eerste blik op Natal toon
duidelik, dat Kestell geen woordkunstenaar is nie, wat deur die mag van sy
skilderende woord 'n beeld kan laat lewe nie. "In die jonge groen van die
vroeë lente was alles gedos.... Oral sien hy die veld met 'n ryke oorvloed
bedek met[441] blomme van allerhande vorm en kleur en geur...." (p. 60).
Ook die moord van Retief is "onbeskryflik" (p. 76), en in die
Bloedrivierslag beleef die Trekkers "onbeskryflike ure" (p. 101). Of anders
is die tonele weer "ontsettend, hartverskeurend" (p. 86), retoriese
skrikmaak-frases, wat geen ontroering wek nie. In die eerste hoofstuk (§ 6)
het ons al gesien, dat Kestell van die Hollandse kuns van na 1880 niks wil
weet nie en in sy werk kom dan ook versteende beeldspraak soos die
volgende voor: "onuitwisbar(e) littekens in die hart ... gebrand" (p. 8); "'n
golf van onuitspreeklike smart" (C. de Wet, p. 64).

Page 298

Die taal van Die Voortrekkers is erg onafrikaans. Die dubbele ontkenning
word selde reg gebruik; die as relatief, hem en vorme soos die volgende is
storend: Het is nie swaar ... (p. 15); die droewig pad (p. 103); Hulle het nie
beter op die hoogte kon gewees het nie (p. 1);[442] geontbied (p. 71).
Onbeholpe is die volgende: Dingaan (het) in sy stad in druk gesprek gesit
praat met twee van sy vernaamste kapiteins (p. 78); Toe die dag breek kon
dit beter gesien word om sig te verdedig. (p. 82.)

Christiaan de Wet.

In die eerste hoofstukke word 'n oorsig gegee van sy jeug en die moeilike
jare wat op sy huwelik gevolg het. Op lewendige wyse word sy aandeel in
die Transvaalse Vryheidsoorlog meegedeel. Nadat hy 'n tydlank veldkornet
en volksraadslid gewees 't in die Transvaal, keer hy terug Vrystaat toe, waar
hy ook gou op politieke gebied optree. "Sy breë kyk op sake" word veral
geroem. Dan volg 'n historiese oorsig van die gebeurtenisse wat aanleiding
gee tot die Twede Vryheidsoorlog. De Wet gaan op kommando as gewone
burger, maar word gou veggeneraal en na die oorgawe van Cronjé
hoofkommandant. Met gebruikmaking van De Wet se oorlogsboek gee
Kestell dan 'n oorsig van die vernaamste krygsgebeurtenisse. Die besoek
van die Boere-generaals aan Europa word beskryf en ook Mevr. De Wet se
ondervindings gedurende die oorlog. Onder die verantwoordelike bestuur
word De Wet minister van landbou.
Die gebeurtenisse na 1914 is breedvoerig behandel. Hier gee die skrywer
nie alleen 'n relaas van die uiterlike feite nie, maar hy toon duidelik aan wat
daar in die siel van die generaal omgegaan 't en hoe sy besluit om te
rebelleer geryp 't. Die laaste gedeelte van die biografie is die bes geslaagde,
omdat ons daar werklik in aanraking kom met 'n persoonlikheid. De Wet se
laaste veldtog, sy verhoor en gevangenislewe word op gevoelvolle wyse
beskryf. Met verskeie historiese bylaes sluit die boek.
Op die gebrek aan sielkundige analiese maak die skrywer ons 'n enkele
maal self weer opmerksaam: "Geen woorde kan beskryf wat daar op die
oomblik deur die siel van C. de Wet gaan nie" (p. 84).[443] Die plastiese
skildering is meestal geslaag, ofskoon die gemeenplaatse soms hinderlik
word: "Daar kom generaal De Wet aangery van die voorpunt, en hy roep die

Page 299

burgers bymekaar. Hy bly sit op sy perd, en die burgers kom voor hom
staan. Hy is woedend kwaad. Hy byt op sy tande. Deur sy tande kom die
woorde sissend ... Daarna word hy kalmer, en eindelik haal hy sy hoed af.
"Kom ons bid", sê hy. Wat 'n gebed was dit uit die mond van dié man, daar
op die perd! Dit roer elkeen tot op die bodem van sy wese. Elkeen voel dat
die hare op sy hoof rys...." (p. 68-9). Meer as een lewendige kommando-
toneeltjie is treffend deur juiste tekening. Die begin van hoofstuk XIII is
daarvan 'n mooi voorbeeld. Ook uit die generaal se jeug het die skrywer
heelwat voorvalle opgeteken wat ons 'n goeie insig in sy persoonlikheid
gee. De Wet se eie meedelings is op aangename wyse verwerk en munt uit
deur aanskoulike voorstelling. Kestell het gesegdes van hom opgeteken, wat
'n kosbare bydrae is tot ons kennis van die groot heldefiguur, terwyl die na-
oorlogse periode van sy loopbaan op treffende wyse verduidelik is.
Vergeleke met Die Voortrekkers is die meeste on-Afrikaanse wendings uit
die styl verdwyn. Slegs selde stuit mens op 'n sin wat minder goed in
mekaargeset is, soos die volgende: "As hierdie manifes nou gelees word,
dan tref dit dadelik dat daarin uitdrukkinge voorkom soos dié nie sou
verwag word as uit die pen van Beyers te gevloei het nie, maar wat dikwels
van die lippe van De Wet geval het" (p. 202).[444]

§ 13. Dr. N.J. van der Merwe.

Hy is gebore in 1888 op Senekal, O.V.S. Aan die Grey-Kollege het hy in
1907 gegradueer met honneurs in moderne tale. Twee jaar lank was hy
onderwyser in Fauresmith en daarna het hy teologie studeer aan die
Stellenbosse Kweekskool, waar hy in 1911 ook die B.D. eksamen afgelê
het. In 1914 was hy reisende sekretaris vir die C.S.V. en daarna predikant
op Wepener. Sy teologiese studie het hy voortgeset aan die Vrye
Uniwersiteit op Amsterdam, waar hy in 1921 gepromoveer het op 'n
dissertasie Die Sosiale Prediking van Jesus Christus. Op die oomblik is hy
predikant op Theunissen O.V.S. Hy is in 1916 gehuud met 'n dogter van
President Steyn. Sy skoonvader se lewensbeskrywing Marthinus Theunis
Steyn het in 1921 verskyn in twee dele.

Marthinus Theunis Steyn.

Page 300

Die skrywer van 'n politieke biografie staan voor 'n groot moeilikheid wat
deur Winston Churchill goed aangedui is in sy voorwoord by die lewe van
Lord Randolph Churchill. "The style and ideas of the writer must
throughout be subordinated to the necessity of embracing in the text those
documentary proofs upon which the story depends. Letters, memoranda,
and extracts from speeches, which inevitably and rightly interrupt the
sequence of his narrative, must be pieced together upon some consistent
and harmonius plan. It is not by the soft touches of a picture, but in hard
mosaic or tessellated pavement, that a man's life and fortunes must be
presented in all their reality and romance. I have thought it my duty, so far
as possible, to assemble once and for all the whole body of historical
evidence required for the understanding of Lord Randolph Churchill's
career." Op dieselfde manier het Van der Merwe te werk gegaan. Die
grootste gedeelte van sy biografie bestaan uit historiese dokumente,
waaronder 'n uitgebreide diktaat van Pres. Steyn, briewe, redevoerings en
offisiële stukke. Tereg verklaar hy dan ook in sy voorwoord: "Met die volle
bewussyn dat daar in die voorliggende werk dikwels eenvoudig boustof
gelewer word waar die leser miskien 'n gebou sou verwag, dog met die
oortuiging dat dit onder die huidige omstandighede voorbarig sou wees om
meer te doen...."[445]
John Morley het voor dieselfde probleem gestaan in sy Life of William
Ewart Gladstone: "Where the subject is a man who was four times at the
head of the government—no phantom, but dictator—and who held this
office of first minister for a longer time than any other statesman in the
reign of the Queen, how can we tell the story of his works and days without
reference, and ample reference, to the course of events over whose
unrolling he presided, and out of which he made history?... Assuredly I am
not presumptuous enough to suppose that this difficulty of fixing the precise
scale between history and biography has been successfully overcome by
me. It may be that Hercules himself would have succeeded little better."[446]
Selfs by 'n gewone lewensbeskrywing het die biograaf al 'n moeilike taak.
Hy moet 'n verslag gee van die uiterlike wederwaardighede van die
persoon; maar hy moet ook sy intellektuele en geestelike groeiproses teken
en die gestadige wisselwerking tussen die twee nooit uit die oog verloor nie.
Is die onderwerp van die lewensbeskrywing so 'n buitengewone persoon
soos Pres. Steyn, wat gedurende die periode 1896-1916 feitlik aan die hoof

Page 301

van die hele volk gestaan 't, dan word dit nog noodsaaklik om die
geskiedenis van die nasie ook te vertel. Op die manier loop die biograaf
gevaar om die eenheid van sy werk te verstoor, presies soos die skilder van
'n groot veldslag, wat probeer om àl die soldate van weerskante op sy doek
in te druk. Die verstandige biograaf sal soveel moontlik aan die historikus
oorlaat en dit het Van der Merwe dan ook meestal gedoen o.a. met die
twede Vryheidsoorlog en die vredesonderhandelinge. Sulke gebeurtenisse
behoort tot die terrein van die historikus. "To make some roughly effective
summary of (such) doings, in the way of epitome or extract, will be all that
can fairly come within the province of biography"[447]
Edmund Gosse het verklaar, dat dit 'n groot fout is om, wat genoem word
Life and Times van 'n mens te probeer beskryf. "History deals with
fragments of the vast roll of events; it must always begin abruptly and close
in the middle of affairs; it must always deal, impartially, with a vast number
of persons. Biography is a study sharply defined by two definite events,
birth and death. It fills its canvas with one figure, and other characters,
however great in themselves, must always be subsidiary to the central
hero."[448]
Per slot van rekening bly dit 'n moeilikheid wat iedere biograaf op sy eie
manier moet oplos. Dit verdien in elk geval die noukeurige oorweging van
ons toekomstige lewensbeskrywers. Die lewensbeskrywing van Pres. Steyn
sou m.i. aan eenheid gewin het, as daar 'n skeiding gemaak was tussen die
historiese en biografiese gegewens. Die diktaat van die president, sy
redevoerings en die offisiële dokumente kan gemaklik as historiese
aanhangsel gegee word. Omdat dit alles in die teks van die biografie geskuif
word, verloor ons telkens die persoonlikheid van die president uit die oog.
By die behandeling van die Hertzog-kriesis (II, Hoofstuk XII), en die
Rebellie (II, Hoofstuk XIII) is dit veral die geval. Hier word die
lewensbeskrywing feitlik 'n offisiële blou-boek, 'n bronnepublikasie. Maar
dit is dan ook van dié gebeurtenisse waarvan die skrywer in sy voorwoord
sê: "Die rook trek nog uit meer as een brand ... en daarom word hier 'n
poging aangewend om so objektief moontlik te wees; om die ipsissima
verba van die verskillende persone wat op die toneel verskyn, letterlik weer
te gee; en om alle kommentaar wat aan partygevoel kan toegeskrywe word,
te vermy." (I, p. 11.) Waar dit sulke delikate kwessies geld, sou dit seker
onbillik wees om nou al van die skrywer 'n samevattende oordeel te verwag.

Page 302

Maar as die rook eendag weggetrek 't is dit sy plig as biograaf om ons te
laat voel wat daar in die siel van die groot staatsman omgegaan het in die
tyd. Dan sal sy boek waarlik 'n lewensbeskrywing word, want ten spyte van
die moeilikheid waarop Churchill sinspeel, bly dit tog waar dat 'n
versameling briewe, dokumente en redevoerings nog geen biografie
uitmaak nie, al word dit ook hoe netjies gerangskik. Die volgende bewering
bevat ongetwyfeld veel wat juis is: "A correspondence worth preserving
should be preserved apart. What the true biographer has to do with it is to
use it. The more he can extract of its purport; the more he can absorb of its
spirit; the better will be his book. The more he thrusts it in bodily—how
admirable so ever in itself—the more will his book be a thing of shreds and
patches. To depict worthily and enduringly any human life really deserving
to be depicted, is a task which was never yet achieved without a strain on
all the faculty the writer could upgather for the occasion. That fact should
suffice, one imagines, to convince a man that letter-copying can go but a
little way. Any penman can transcribe letters—or without even inking his
fingers—can put them together, scissors-and-paste fashion, much quicker
than any printer can put them into type."[449]
Van der Merwe het dikwels die skêr-en-lympot-metode toegepas, soms uit
noodsaak, soos in die laaste gedeelte van sy werk, maar gelukkig het hy ons
ook nader gebring tot die mens in Pres. Steyn. In die eerste ses hoofstukke
slaag hy daar uitstekend in om 'n duidelike beeld te gee van Steyn as kind,
boereseun, student, regsgeleerde en staatshoof. Met groot liefde het hy alle
beskikbare gegewens so verwerk, dat selfs iemand wat die president nooit
geken 't nie, die man vlak voor hom sien staan. Hier spreek die biografie nie
alleen tot ons verstand nie, maar ook tot ons hart; hier is die warm tinteling
van 'n aanraking tussen mens en mens, die intiem-gesellige sfeer en nie
alleen die bloot serimoniële "kennismaking" tussen wildvreemdes nie.
Alleen teen een opmerking het ons 'n bedenking: "Talryke staaltjies word
vertel van Steyn se jowiale natuur as student en sy hartlike verkeer met sy
Nederlandse vriende. Dit is egter nie nodig om die leser met hierdie
studentegrappies langer op te hou nie. Die lewe van elke gesonde en vrolike
student, soos Steyn was, is daar vol van" (I, p. 36). Dit kan ons alleen
betreur, want Plutarchus merk tereg op in sy Alexander: Οὔτε ταῖς
ἐπιφανεστάταις πράξεσι πάντως ἔνεστι δήλωσις ἀρετῆς ἢ κακίας ἀλλὰ
πρᾶγμα βραχὺ πολλάκις, καὶ ῥῆμα, καὶ παιδιά τις ἔμφασιν ἤθους ἐποίησεν

Page 303

μᾶλλον ἢ μάχαι μυριόνεκροι, παρατάξεις αἱ μέγισται, καὶ πολιορκία
πόλεων. [450] Samuel Johnson het ook 'n juiste opmerking gemaak.
Sommige biograwe, sê hy, "rarely afford any other account than might be
collected from public papers, but imagine themselves writing a life, when
they exhibit a chronological series of actions or preferments; and have so
little regard to the manners or behaviour of their heroes, that more
knowledge may be gained of a man's real character by a short conversation
with one of his servants, than from a formal and studied narrative begun
with his pedigree and ended with his funeral."[451] Wanneer die skrywer sy
boustof omwerk tot 'n gebou, verdien die gekursiveerde woorde seker nader
oorweging.
In die volgende hoofstukke word die onderhandelinge, wat gelei 't tot die
nouer vereniging van die twee republieke beskryf. Dan volg die diktaat van
President Steyn waarin die staatkundige gebeurtenisse vanaf 1896-1899
uiteengeset word. Vervolgens gee die skrywer 'n gedokumenteerde verslag
van die onderhandelinge wat aan die oorlogsverklaring voorafgegaan 't.
"Die tak, geduld sowel as staatsmansbeleid en beslistheid van die Vrystaatse
President word daardeur duidelik geopenbaar" (I, p. 235). "Hoewel hy ook
lank reeds aan vrede gewanhoop het, was hy egter beslis om nie na die
wapen te gryp nie voor hy met 'n rein gewete sy volk kon verseker dat elke
moontlike middel te baat geneem was om die onheil af te keer" (I, p. 246).
Die President se houding blyk duidelik uit sy antwoord aan 'n paar offisiere
wat gesê 't: "Laat ons maar veg": "Ek stem nie toe tot oorlog 'n minuut voor
dit nie anders kan nie, maar weet dit, as ek die dag sê "Oorlog", dan moet
julle nie met my van vrede kom praat nie. Dan moet dit gaan tot die bitter
einde" (I, p. 273). Manlike woorde van een, wat ook met dade bewys 't, dat
hy tot die grootste van die Bittereinders behoort! Hoe graag sou ons meer
wil weet van die "sieleworsteling" daar in die eensame veld, op 'n stille
sabbatsmore, 8 Oktober 1899—net voor die versending van die ultimatum.
(I, p. 275.) Maar dit is een van die dramatiese momente wat die biograaf net
vir ons aanstip. Wanneer Steyn, gebroke in die liggaam, maar onverwinlik
in die gees afskeid neem van sy getroue by Vereniging, dan sê Van der
Merwe ook: "Geen pen kan dit ooit beskryf nie" (II, p. 51). En as die sterke
man, gedeeltelik herstel terugkeer na sy geannekseerde vaderland, dan roep
die skrywer weer uit: "Wat dié middag deur die hart van die Vrystaters by
Kaalspruit-stasie (naby Onzerust) gegaan het, sal geen pen ooit beskrywe

Page 304

nie" (II, p. 148). Maar sulke verklarings help ons nie om die tragiek van
Steyn en sy volk se lyding te begryp nie. Hier moet die kunstenaar-biograaf
deur die skoonheid van sy beeldende woord, deur die innigheid van sy
weergawe ons ontroer, hier kan hy nie volstaan met 'n blote vermelding van
feite nie!
In die twede deel word Steyn as "die siel van die vryheidstryd" geteken.
"Om sy ware grootheid te leer ken, moes 'n mens hom egter in sy daaglikse
handel en wandel onder sy offisiere en burgers sien" (II, p. 34). Hier word
Van der Merwe in waarheid weer lewens-beskrywer, want uit die
kommando-anekdotes leer ons Steyn as mens veel beter ken as uit sy
offisiële depêches. Sou "die half-barbaarse gesegdes van Ruiter" (II, p. 37)
wat ons weerhou word, "uit vrees dat die leser wat Ruiter nie geken het nie"
dit "wat ru en plat sal vind", sou dit nie die realiteit van die skildering
verhoog 't nie? Hier geld Plutarchus en Johnson se opmerkings weer.
In die volgende hoofstuk is die president weer self aan die woord en vertel
hy van die "poginge tot vrede". Mev. Steyn se oorlogservarings en haar
ontmoeting met die president na die vrede, hulle vertrek na Europa om
herstel van gesondheid te soek word dan beskryf. Onder die geneeskundige
behandeling van prof. Winkler kom die langsame herwinning van
lewenskragte en eindelik keer die volksheld weer tot sy vaderland terug.
Die beskrywing van die lewe op Onzerust is goed geslaag, en op treffende
wyse word Steyn, as "volksiener en raadsman" geteken. Sy bemoeiings om
selfregering en die vereniging van die verskillende state te verkry is die
onderwerp van die volgende hoofstukke. Wanneer die politieke
verdeeldheid na die totstandkoming van die Unie begint, is Pres. Steyn weer
die raadsman van al die leiers. "Die enigste plek waar al die partye so nou
en dan in die gesonde lug van vertroue kom asem skep het, was daardie
boerplasie op die vlaktes van Kaalspruit. Almal het daar hulle hart kom lug.
Niemand het tevergeefs na Onzerust gekom nie. Soos 'n vader innig besorg
oor dreigende onenigheid onder sy kinders, het President Steyn alles in sy
vermoë gedoen om vrede en eenheid te bewaar" (II, p. 242).
Die onderhandelinge tydens die Hertzogkriesis en die rebellie word in
extenso afgedruk. Daar is ook 'n uiteensetting van die president self oor sy
houding tydens laasgenoemde gebeurtenis. In die slothoofstuk word die
laaste dae van die president, sy begrafnis en die roudienste beskryf.

Page 305

In sy voorwoord het die skrywer die hoop uitgedruk, dat sy arbeid "iets sal
bydra om die inspirasie van president Steyn se lewe vir die Volk te bewaar
en lig te werp op 'n seer belangrike deel van ons volksgeskiedenis...." (p.
VII). Dié doel sal hy ongetwyfeld bereik, nie alleen omdat sy stof van
soveel nasionale belang is nie, maar ook omdat sy lewensbeskrywing
uitmunt deur 'n helder, goedversorgde styl.

§ 14. Mevr. Lenie Boshoff-Liebenberg.

Moedersmart en Kinderleed, (1921).

"Dis van die grootste belang dat persoonlike ondervindinge, soos hierdie in
verband met die lewe in die Konsentrasiekampe, vir die nageslagte bewaard
bly. Dis almal kosbare materiaal vir die toekomstige skrywers wat ernstige
werk sal maak van ons geskiedenis en ons volk se geaardheid noukeurig sal
bestudeer." Aldus Jan Celliers in sy voorwoord, en daarmee het hy die
waarde van die boekie goed aangedui. Die skryfster het agtien maande in
die konsentrasiekampe gesit en deel haar ervarings op ongekunstelde wyse,
sonder enige literêre pretensies mee. Sy praat so reg uit haar hart oor die
dae van bitter swaarkry en ons luister met ontroerde gemoed.... In algemene
trekke ken ons die lydensgeskiedenis van die kampe, maar dis juis die
persoonlike element van herinneringe soos die van Mevr. Boshoff wat daar
'n inniger lewe aan sal gee vir die nageslag. Daar is ander vroue wat hul
ondervindings ook te boek gestel 't, en dis 'n voorbeeld wat navolging
verdien, want daar gaat nog meer as een vertelling uit dié tyd van mond tot
mond, wat vir ons geskiedenis nie mag verlore gaan nie.
Die twede gedeelte van Moedersmart en Kinderleed bevat "herinneringe uit
die laaste oorlog", o.a. 'n verhaal van 'n huisgesin verwoes deur drank", wat
oor die algemeen minder geslaag is as die eerste gedeelte.
"Alles hierin meegedeel is die waarheid en niks minder dan die waarheid,"
verklaar die skryfster. Dit verhoog die waarde van die meedelings, wat dus
van historiese belang is en ons ook 'n merkwaardige kyk gee op die lyding
van die Boerevrou en die heroïese wyse waarop sy dit gedra 't.

Page 306

VOETNOTAS:

[405] Vgl. Dr. L. v. Niekerk: De Eerste Afr.-Taalbeweging1, p. 18 vlg.
[406] t.a.p., p. VII (10de druk).
[407] Vgl. Hoofstuk I, § 9.
[408] Piet Retief, p. 351.
[409] Vgl. Hoofstuk II en III.
[410] Voorwoord, 7de druk.
[411] Die Brandwag, Des. 1918.
[412] In 1922 het Voortrekkermense III verskyn. Dit bevat dertien
geskiedkundige dokumente.
[413] Oor die taal van Preller kan vergelyk word: Dr. E.C. Pienaar, Taal en
Poësie2, (p. 146-151).
[414] Vgl. b.v. die aangehaalde voorbeelde uit Kaptein Hindon.
[415] Oorspronklik verskyn in die Jaarboek van Het Westen(1909), later in Die
Burger-Nuwejaarsnommer (1922).
[416] In Hoofstuk V, § 17, is 'n lewensskets al gegee.
[417] So staan die saamgestelde woorde deur die hele boek los van mekaar.
[418] Hiermee moet vergelyk word 'n soortgelyke toneel van F. Lion Cachet.
[419] Sitate volgens 2de druk (1917).
[420] Gedeeltelik ontleen aan Die Brandwag, Des. 1918.

[421] Vir 'n lewensskets kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar: Taal en Poësie2
ens., p. 256 vlg.
[422] Freeholder, No. 35.
[423] Rambler, No. 60.
[424] So 'n bewering is beslis onjuis, as ons onthou dat die tietels van Ds. S.J. du
Toit se boeke sewe paginas in beslag neem! (p. 426-432). Daaruit moet tog 'n
volkome beeld van die man se inwendige lewe op te diep wees.
[425] Ek kursiveer.
[426] Rev. Thomas Davidson: Chambers's Encyclopaedia in die artiekel
"Biography".

Page 307

[427] 'n Werk van dieselfde geaardheid het onlangs verskyn: Die Afrikaanse
Vrou, "'n Beknopte oorsig van die rol wat die vrou in die Geskiedenis van S.A.
gespeel het in die 350 jaar tussen 1568 en 1918" deur Eric Stockenström.
[428] Voorberig.
[429] Vgl. Dr. G. Besselaar: Z.A. in de Letterkunde, p. 80.
[430] Lewensskets ontleen aan Die Brandwag, Des. 1918.
[431] p. 228. Ek kursiveer.
[432] Vgl. ook p. 130.
[433] Die tipografiese uitvoering van die boek laat veel te wense oor.
[434] Ek kursiveer.
[435] Ook deur Preller in Baanbrekers beskryf.

[436] Voorberig, Die Voortrekkers2.
[437] Oor Kestell se Hollandse werk kan vergelyk word Dr. G. Besselaar: Z.A.
in de Letterkunde.
[438] In 1922 het die twede uitgebreide druk van Christiaan de Wet verskyn, te
laat egter om hier nog bespreek te word. Die sitate is volgens die eerste druk.
[439] Des. 1918.
[440] Kursivering van my.
[441] Kursivering van my.
[442] Vgl. hiermee: "Hulle was te ver vooruit, anders het hy 'n grote voorraad
ammuniesie kan opgelaai het wat op die trein was." (C. de Wet, p. 82.)
[443] Vgl. ook p. 61, 143.
[444] Vgl. ook op p. 215 die sin wat so begint: "Hierop het Smuts aan hom
meegedeel...."
[445] p. VII. Ek kursiveer.
[446] t.a.p. vol. I, p. 1-2.
[447] Vgl. Edwards and Hole: A Handbook to the Literature of General
Biography, p. 13-22.
[448] Encyclopaedia Britannica, in die artiekel: Biography.
[449] Edwards and Hole, t.a.p., p. 24-5.
[450] Gesiteer deur James Boswell in sy Life of Samuel Johnson. Hy gee daarby
die volgende vertaling van Langhorne: Nor is it always in the most distinguished
achievements that men's virtues or vices may be best discerned; but very often
an action of small note, a short saying, or a jest, shall distinguish a person's real

Page 308

character more than the greatest sieges, or the most important battles." Uitgawe
Napier, I, p. 6.
[451] Rambler, No. 60.

Page 309

NAAMREGISTER.
Alleen die name van Suid-Afrikaanse skrywers en persone is hier
opgeneem. Die plek waar die vernaamste bespreking(s) voorkom, is met
kursiewe syfers aangedui.

A.
Aschenborn, Hans Anton,
269
B.
Boshoff, Dr. S.P.E., 292-
Beyers, Generaal C.J., 292.
293.
Bezuidenhout, Daniel, 313. Bosman, Sadie, 225-228.
Biel, A. du, 58, 200-205. Brink, Melt, 2, 3, 197.
Blok, Thos., 304-305 Bruggen, J. van, 21, 23, 46,
Boonzaaier, 121. 47, 161-176.
Booysen, C.M., 205. Bruggen, J.R.L. van
Boshoff, J.N., 313. (Kleinjan), 47, 58.
Boshoff-Liebenberg, Mevr. Brümmer, Ds. N.J., 14, 29,
Lenie, 324. 32, 33, 43, 44.
C.
Cachet, Prof. Jan Lion, 231. Celliers, Prof. J.F.E., 5, 7,
10,
Cillié, Dr. G., 12. 11, 12, 15, 17, 22, 31, 47,
48-53, 194, 207, 228, 285,
Cillié, Hettie, 46-53. 324.

Conradie, Ds., 27.
D.
D'Arbez, Sien Oordt, J.F. Dugteren, C.J.L. Ruysch
van. van, 55.
Dómine, Sien Jacobs, A.J.
E.

Page 310

Engela, J.G., 135-136. Erasmus, D.J., 308.
Engelbrecht, J.F., 55. Euvrard, Chris. C, 158-159.
Engelenburg, Dr. 277.
F.
Fagan, Adv. H.A., 36, 57,
Fouché, Dr. Leo, 105.
181-183.
Fanie, Oom, Sien Malan,
Fourie, Chris, 185.
J.H.
G.
Gieljam, Stoffel, Sien
Gass, Van, 278.
Langenhoven.
Gerdener, Ds. G.B.A., 305-
Goldblatt, Sarah, 182.
307.
H.
Hatting, J.H., 278. Hermanus, 59.
Heerden, Ds. J.P. van, 11. Hertzog, Genl., 6, 101.
Heerden, Mevr. Iz. van Hoffman, Pres., 304.
(Tannie Hofmeyr, J.H. (Onze Jan),
van die Brandwag), 46. 41, 313.
Heerden, Iz. van,
Hofmeyr, Marjorie, 182.
(Vaalswaer), 54.
Heever, Adv. F. v.d., 60. Hoogenhout, C.P., 209.
J.
Jacobs, A.J. Dómine, 270-
Jeppe, Carl, 55.
273.
Jansen-Pellissier, Mevr. M.,
Jordaan, G., 261.
46, 205-209.
K.
Kamp, Prof. J., 18. Klerk, L.C., de 278.
Keet, Prof. B.B., 36. Koopmans-de Wet, Mevr.
Kestell, Ds. J.D., 17, 313- Maria,
317. 41, 302.
Kleinjan, Sien Van Bruggen,
Kruger, Ds. J.H., 219-225.
J.R.L.
Kruger, Pres., 7, 23, 283.

Page 311

L.
Langenhoven, Adv. C.J., 21, Leipoldt, Dr. C. Louis, 34,
24, 58,
37, 38, 39, 40, 136-140, 259-261.
239-248, 249-259, 277, 284. Lombaard, H.S. 291.
Linde, M., 58. Lub, J., 21, 133-135.
M.
Malan, Dr. D.F., 13, 31. Malherbe, Mevr. K., 60.
Malherbe, Dr. W.M.R., 33,
Malan, Essie, 182.
45, 206.
Malan, J.H., 21, 159, 160, Maritz, Genl., 53, 293.
209-219, Merwe, Dr. N.J. van der,
288-291. 317-324.
Marais, Adv. Eugène, N., 47, Meurant, L.H., 1.
48,
60, 276. Mimmie, Nig., 54.
Marais, Prof. I.J., 16, 17. Moorrees, Prof. A., 17.
Maré, Léon, 23, 46, 188-197. Muir, Dr., 177.
Maré, Steph, 55. Muller, Dr. T.B., 34-36, 176.
Munnik, Senator G.G., 311-
Marius, 45.
313.
Malherbe, Dr. D.F., 43, 60,
94,
141-158.
N.
Neelsie, Sagmoedige,—Sien
Langenhoven.
O.
O'Kulis, Dr.,—Sien Postma, Oordt, J.F. van, 55.
Ds. Willem Oosthuyse, Marthinus, 313.
Oldendorf, Helene, 182, 183. Otto, G.J., 207, 228-229.
P.
Postma, Rikie,
Pannevis, A., 1.
58, 182.

Page 312

Pienaar, A.A., (Sangiro), 23, Postma, Ds. Willem (Dr.
58, O'Kulis),
262-269, 293. 231-233, 300-304.
Pienaar, Dr. E.C., 11, 29, 42, Preller, G.S., 5, 21, 24, 30,
57, 31,
128, 137, 141, 287. 37, 42, 45, 46, 47, 137, 274,
Pierneef, 184. 275, 276-288.
Plessis, L.J. du, 292. Pretorius, President, 276.
R.
Reitz, Pres. F.W., 2, 312. Roux, Frina, 184.
Reitz, Joubert, 159-161, 210. Rozenburg, Jan van, Sien
Waal,
Rey, Genl. de la, 276. Adv. de
Reenen, Reenen J. van, 11,
Roubaix, E. de, 45, 46, 53-
23, 59,
54.
183-188, 234-239.
S.
Smuts, Generaal Jan, 65,
Sangiro, Sien Pienaar, A.A.
100.
Schoon, Ds. H.F., 278. Steenkamp, Anna, 278.
Schumann, T., 182. Steyn, Dr. H.J., 11, 15.
Slypsteen, 230. Steyn, President, 275, 313.
Smit, Erasmus, 278. Steytler, Ds. A.I., 40.
Smith, J.A., 294-295. Swart, C.R., 182.
Smith, Prof. J.J., 1, 2, 15, 34,
36,
40, 55, 57, 176, 205.
T.
Tannie van die Brandwag, Toit, Dr. J.D. du, (Totius),
Sien 16,
Mevr. Iz. van Heerden. 231, 232, 296-300.
Tomlinson, G.C., 36, 176-
Theunissen, N.H., 59, 182.
180.
Toit, D.P. du, 24, 197-199. Totius, Sien Toit, J.D. du,

Page 313

Toit, Ds. S.J. du, 1, 2, 41,
197, Trichardt, Karl, 279.
292, 297, 298, 300.
V.
Vaalswaer, Sien Iz. van
Viljoen, Dr. W.J., 210.
Heerden.
Velden, D. van, 313. Villiers, F.E. de, 182.
Veritas, 182.
W.
Waal, Adv. J.H.H. de, 21, 24, Wet. Mevr. De, 316.
29, 30, 41, 42, 43, 47, 100- Wielligh, G.R. von, 28, 62-
133, 99,
230, 285, 286, 300. 182, 183.
Walt, A.J. van der, 307-311. Wijk, Eugène C. van, 182.
Wessels. D.W., 182. Wolla, 229.
Wet, Generaal De, 313.
Z.
Zinn, Christian, 140-141.

Page 314

STELLINGE.
I.

Die aandeel van Gustav Preller in die Twede Afrikaanse Beweging word
deur Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie oorskat.

II.

By die literatuuronderwys behoort die hoofdoel nie te wees die uitpluisery
van taalkundige vraagstukke nie, maar wel die opvoeding tot 'n begrip van
skoonheid.

III.

"Wanneer de schaduw valt, en dat het sterflijck Dal
Snachts vleughelen bespreet, zoo slaept den grooten Al,
De Son, in Thetis schoot, ..."

Pascha, (739-41)
Verklaar met Diferee, dat de schaduw des nachts de aarde met vleugelen
bespreidt en dat "den grooten Al" de zon is die 't alles verlicht, en niet 't
heelal zoals Van Lennep en Unger menen.

IV.

In het geding tussen Dr. Leendertz en Dr. Sterck of Eusebia, aan wie
Vondels Peter en Pauwels werd opgedragen, Anna van den Vondel of
Maria Tesselschade Roemers zou zijn, heeft Dr. Sterck gelijk.

V.

Page 315

De bewering van John Middleton Murry, dat James Boswell een absolute
pionier op het pad der biografie was, is onjuist.

VI.

De mening van Dr. Theal, dat Jan van Riebeeck uit lage stand in
Kompanjiesdienst is opgeklommen kan niet als juist worden aanvaard.

VII.

"In sommige van sy liedjies en in 'n heel enkele reël ook, is daar
onmiskenbare bewys van ware poëtiese gevoel en digterlike uitdrukking. Al
wat mankeer is die handskaaf en die sandpapier." (Adv. E.N. Marais in Die
Brandwag, Maart 1920.) So 'n bewering is in stryd met die wese van alle
egte poësie.

VIII.

Gemeenskapskuns behoort nie as algemene leuse voorgeskryf te word nie.

Transcriber's notes
Ons Kleintji standardised from Ons Klyntji, and Ons Klintji

Page 316

*** END OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK DIE PROSA VAN
DIE TWEDE AFRIKAANSE BEWEGING ***

Updated editions will replace the previous one—the old editions will be
renamed.

Creating the works from print editions not protected by U.S. copyright law
means that no one owns a United States copyright in these works, so the
Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United States
without permission and without paying copyright royalties. Special rules,
set forth in the General Terms of Use part of this license, apply to copying
and distributing Project Gutenberg™ electronic works to protect the
PROJECT GUTENBERG™ concept and trademark. Project Gutenberg is a
registered trademark, and may not be used if you charge for an eBook,
except by following the terms of the trademark license, including paying
royalties for use of the Project Gutenberg trademark. If you do not charge
anything for copies of this eBook, complying with the trademark license is
very easy. You may use this eBook for nearly any purpose such as creation
of derivative works, reports, performances and research. Project Gutenberg
eBooks may be modified and printed and given away—you may do
practically ANYTHING in the United States with eBooks not protected by
U.S. copyright law. Redistribution is subject to the trademark license,
especially commercial redistribution.

START: FULL LICENSE

Page 317

THE FULL PROJECT GUTENBERG™ LICENSE
PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK

To protect the Project Gutenberg™ mission of promoting the free
distribution of electronic works, by using or distributing this work (or any
other work associated in any way with the phrase “Project Gutenberg”), you
agree to comply with all the terms of the Full Project Gutenberg License
available with this file or online at www.gutenberg.org/license.

Section 1. General Terms of Use and Redistributing
Project Gutenberg electronic works

1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg electronic work,
you indicate that you have read, understand, agree to and accept all the
terms of this license and intellectual property (trademark/copyright)
agreement. If you do not agree to abide by all the terms of this agreement,
you must cease using and return or destroy all copies of Project Gutenberg
electronic works in your possession. If you paid a fee for obtaining a copy
of or access to a Project Gutenberg electronic work and you do not agree to
be bound by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the
person or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8.

1.B. “Project Gutenberg” is a registered trademark. It may only be used on
or associated in any way with an electronic work by people who agree to be
bound by the terms of this agreement. There are a few things that you can
do with most Project Gutenberg electronic works even without complying
with the full terms of this agreement. See paragraph 1.C below. There are a
lot of things you can do with Project Gutenberg electronic works if you
follow the terms of this agreement and help preserve free future access to
Project Gutenberg electronic works. See paragraph 1.E below.

1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation (“the Foundation”
or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection of Project
Gutenberg electronic works. Nearly all the individual works in the
collection are in the public domain in the United States. If an individual
work is unprotected by copyright law in the United States and you are

Page 318

located in the United States, we do not claim a right to prevent you from
copying, distributing, performing, displaying or creating derivative works
based on the work as long as all references to Project Gutenberg are
removed. Of course, we hope that you will support the Project Gutenberg
mission of promoting free access to electronic works by freely sharing
Project Gutenberg works in compliance with the terms of this agreement for
keeping the Project Gutenberg name associated with the work. You can
easily comply with the terms of this agreement by keeping this work in the
same format with its attached full Project Gutenberg License when you
share it without charge with others.

1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern
what you can do with this work. Copyright laws in most countries are in a
constant state of change. If you are outside the United States, check the
laws of your country in addition to the terms of this agreement before
downloading, copying, displaying, performing, distributing or creating
derivative works based on this work or any other Project Gutenberg work.
The Foundation makes no representations concerning the copyright status
of any work in any country other than the United States.

1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg:

1.E.1. The following sentence, with active links to, or other immediate
access to, the full Project Gutenberg License must appear prominently
whenever any copy of a Project Gutenberg work (any work on which the
phrase “Project Gutenberg” appears, or with which the phrase “Project
Gutenberg” is associated) is accessed, displayed, performed, viewed, copied
or distributed:

This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States
and most other parts of the world at no cost and with almost no
restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it
under the terms of the Project Gutenberg™ License included with
this eBook or online at www.gutenberg.org. If you are not located in
the United States, you will have to check the laws of the country
where you are located before using this eBook.

Page 319

1.E.2. If an individual Project Gutenberg electronic work is derived from
texts not protected by U.S. copyright law (does not contain a notice
indicating that it is posted with permission of the copyright holder), the
work can be copied and distributed to anyone in the United States without
paying any fees or charges. If you are redistributing or providing access to a
work with the phrase “Project Gutenberg” associated with or appearing on
the work, you must comply either with the requirements of paragraphs
1.E.1 through 1.E.7 or obtain permission for the use of the work and the
Project Gutenberg trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9.

1.E.3. If an individual Project Gutenberg electronic work is posted with the
permission of the copyright holder, your use and distribution must comply
with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any additional terms imposed
by the copyright holder. Additional terms will be linked to the Project
Gutenberg License for all works posted with the permission of the
copyright holder found at the beginning of this work.

1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg License
terms from this work, or any files containing a part of this work or any
other work associated with Project Gutenberg.

1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this
electronic work, or any part of this electronic work, without prominently
displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with active links or
immediate access to the full terms of the Project Gutenberg License.

1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary,
compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including any
word processing or hypertext form. However, if you provide access to or
distribute copies of a Project Gutenberg work in a format other than “Plain
Vanilla ASCII” or other format used in the official version posted on the
official Project Gutenberg website (www.gutenberg.org), you must, at no
additional cost, fee or expense to the user, provide a copy, a means of
exporting a copy, or a means of obtaining a copy upon request, of the work
in its original “Plain Vanilla ASCII” or other form. Any alternate format
must include the full Project Gutenberg License as specified in paragraph
1.E.1.

Page 320

1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying, performing,
copying or distributing any Project Gutenberg works unless you comply
with paragraph 1.E.8 or 1.E.9.

1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing access to
or distributing Project Gutenberg electronic works provided that:

• You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from the
use of Project Gutenberg works calculated using the method you
already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed to the
owner of the Project Gutenberg trademark, but he has agreed to donate
royalties under this paragraph to the Project Gutenberg Literary
Archive Foundation. Royalty payments must be paid within 60 days
following each date on which you prepare (or are legally required to
prepare) your periodic tax returns. Royalty payments should be clearly
marked as such and sent to the Project Gutenberg Literary Archive
Foundation at the address specified in Section 4, “Information about
donations to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation.”

• You provide a full refund of any money paid by a user who notifies
you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he does
not agree to the terms of the full Project Gutenberg™ License. You
must require such a user to return or destroy all copies of the works
possessed in a physical medium and discontinue all use of and all
access to other copies of Project Gutenberg™ works.

• You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of any
money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the
electronic work is discovered and reported to you within 90 days of
receipt of the work.

• You comply with all other terms of this agreement for free distribution
of Project Gutenberg™ works.

1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project Gutenberg™
electronic work or group of works on different terms than are set forth in
this agreement, you must obtain permission in writing from the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation, the manager of the Project

Page 321

Gutenberg™ trademark. Contact the Foundation as set forth in Section 3
below.

1.F.

1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable
effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread works
not protected by U.S. copyright law in creating the Project Gutenberg™
collection. Despite these efforts, Project Gutenberg™ electronic works, and
the medium on which they may be stored, may contain “Defects,” such as,
but not limited to, incomplete, inaccurate or corrupt data, transcription
errors, a copyright or other intellectual property infringement, a defective or
damaged disk or other medium, a computer virus, or computer codes that
damage or cannot be read by your equipment.

1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except
for the “Right of Replacement or Refund” described in paragraph 1.F.3, the
Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project
Gutenberg™ trademark, and any other party distributing a Project
Gutenberg™ electronic work under this agreement, disclaim all liability to
you for damages, costs and expenses, including legal fees. YOU AGREE
THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT
LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT
EXCEPT THOSE PROVIDED IN PARAGRAPH 1.F.3. YOU AGREE
THAT THE FOUNDATION, THE TRADEMARK OWNER, AND ANY
DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE LIABLE
TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL,
PUNITIVE OR INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE
NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH DAMAGE.

1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you
discover a defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you
can receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a
written explanation to the person you received the work from. If you
received the work on a physical medium, you must return the medium with
your written explanation. The person or entity that provided you with the
defective work may elect to provide a replacement copy in lieu of a refund.
If you received the work electronically, the person or entity providing it to

Page 322

you may choose to give you a second opportunity to receive the work
electronically in lieu of a refund. If the second copy is also defective, you
may demand a refund in writing without further opportunities to fix the
problem.

1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth in
paragraph 1.F.3, this work is provided to you ‘AS-IS’, WITH NO OTHER
WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING
BUT NOT LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTABILITY OR
FITNESS FOR ANY PURPOSE.

1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied warranties or
the exclusion or limitation of certain types of damages. If any disclaimer or
limitation set forth in this agreement violates the law of the state applicable
to this agreement, the agreement shall be interpreted to make the maximum
disclaimer or limitation permitted by the applicable state law. The invalidity
or unenforceability of any provision of this agreement shall not void the
remaining provisions.

1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the
trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone
providing copies of Project Gutenberg™ electronic works in accordance
with this agreement, and any volunteers associated with the production,
promotion and distribution of Project Gutenberg™ electronic works,
harmless from all liability, costs and expenses, including legal fees, that
arise directly or indirectly from any of the following which you do or cause
to occur: (a) distribution of this or any Project Gutenberg work, (b)
alteration, modification, or additions or deletions to any Project Gutenberg
work, and (c) any Defect you cause.

Section 2. Information about the Mission of Project
Gutenberg

Project Gutenberg is synonymous with the free distribution of electronic
works in formats readable by the widest variety of computers including
obsolete, old, middle-aged and new computers. It exists because of the

Page 323

efforts of hundreds of volunteers and donations from people in all walks of
life.

Volunteers and financial support to provide volunteers with the assistance
they need are critical to reaching Project Gutenberg’s goals and ensuring
that the Project Gutenberg collection will remain freely available for
generations to come. In 2001, the Project Gutenberg Literary Archive
Foundation was created to provide a secure and permanent future for
Project Gutenberg and future generations. To learn more about the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation and how your efforts and donations
can help, see Sections 3 and 4 and the Foundation information page at
www.gutenberg.org.

Section 3. Information about the Project Gutenberg
Literary Archive Foundation

The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non-profit 501(c)
(3) educational corporation organized under the laws of the state of
Mississippi and granted tax exempt status by the Internal Revenue Service.
The Foundation’s EIN or federal tax identification number is 64-6221541.
Contributions to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation are tax
deductible to the full extent permitted by U.S. federal laws and your state’s
laws.

The Foundation’s business office is located at 41 Watchung Plaza #516,
Montclair NJ 07042, USA, +1 (862) 621-9288. Email contact links and up
to date contact information can be found at the Foundation’s website and
official page at www.gutenberg.org/contact

Section 4. Information about Donations to the Project
Gutenberg Literary Archive Foundation

Project Gutenberg™ depends upon and cannot survive without widespread
public support and donations to carry out its mission of increasing the
number of public domain and licensed works that can be freely distributed
in machine-readable form accessible by the widest array of equipment

Page 324

including outdated equipment. Many small donations ($1 to $5,000) are
particularly important to maintaining tax exempt status with the IRS.

The Foundation is committed to complying with the laws regulating
charities and charitable donations in all 50 states of the United States.
Compliance requirements are not uniform and it takes a considerable effort,
much paperwork and many fees to meet and keep up with these
requirements. We do not solicit donations in locations where we have not
received written confirmation of compliance. To SEND DONATIONS or
determine the status of compliance for any particular state visit
www.gutenberg.org/donate.

While we cannot and do not solicit contributions from states where we have
not met the solicitation requirements, we know of no prohibition against
accepting unsolicited donations from donors in such states who approach us
with offers to donate.

International donations are gratefully accepted, but we cannot make any
statements concerning tax treatment of donations received from outside the
United States. U.S. laws alone swamp our small staff.

Please check the Project Gutenberg web pages for current donation methods
and addresses. Donations are accepted in a number of other ways including
checks, online payments and credit card donations. To donate, please visit:
www.gutenberg.org/donate.

Section 5. General Information About Project Gutenberg
electronic works

Professor Michael S. Hart was the originator of the Project Gutenberg
concept of a library of electronic works that could be freely shared with
anyone. For forty years, he produced and distributed Project Gutenberg
eBooks with only a loose network of volunteer support.

Project Gutenberg eBooks are often created from several printed editions,
all of which are confirmed as not protected by copyright in the U.S. unless a

Page 325

copyright notice is included. Thus, we do not necessarily keep eBooks in
compliance with any particular paper edition.

Most people start at our website which has the main PG search facility:
www.gutenberg.org.

This website includes information about Project Gutenberg, including how
to make donations to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation,
how to help produce our new eBooks, and how to subscribe to our email
newsletter to hear about new eBooks.

Page 326

PDF language

简体中文 https://pdftoflip.com/view.php?t=9b2b39503ea87d2a617d9d7c88cd6121&bl=zh Translating…
Español https://pdftoflip.com/view.php?t=9b2b39503ea87d2a617d9d7c88cd6121&bl=es Translating…
Français https://pdftoflip.com/view.php?t=9b2b39503ea87d2a617d9d7c88cd6121&bl=fr Translating…
Deutsch https://pdftoflip.com/view.php?t=9b2b39503ea87d2a617d9d7c88cd6121&bl=de Translating…
日本語 https://pdftoflip.com/view.php?t=9b2b39503ea87d2a617d9d7c88cd6121&bl=ja Translating…
한국어 https://pdftoflip.com/view.php?t=9b2b39503ea87d2a617d9d7c88cd6121&bl=ko Translating…
Português https://pdftoflip.com/view.php?t=9b2b39503ea87d2a617d9d7c88cd6121&bl=pt Translating…
Русский https://pdftoflip.com/view.php?t=9b2b39503ea87d2a617d9d7c88cd6121&bl=ru Translating…
العربية https://pdftoflip.com/view.php?t=9b2b39503ea87d2a617d9d7c88cd6121&bl=ar Translating…